Artikels

Titel: Moord en Doodslag – Die Werklikhede

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Mense leef verby of booor die werklikhede van die geweld en misdaad in Suid Afrika. Sommige mense, omdat hulle vanuit gerieflike en ‘veilige platforms’, apaties daarteenoor staan. Die veilige euforie waarin hul onkunde en apatie hul plaas, maak sommige selfs arrogant teenoor die waarskuwingstekens wat andersins, vir die bewuste mens duidelik is. Die meerderheid andere is bewus van hierdie dinge, maar weens gebrekkige insae en beperkte toegang tot inligting begryp hulle nie die aard en omvang van die werklikhede en realiteite wat verskans word nie. Dít skep ‘n wesenlike probleem by die Suid Afrikaanse wit mens, deurdat daar ‘n gebrek aan gesonde oordeel hieruit ontspring en met die gebrek aan oordeelsvermoë, ‘n gebrek om die verskynsels te identifiseer vir wat dit in werklikheid is.

Ek was gedurende my laaste ses jaar in die mag, verbonde aan die destydse Kriminele Buro van die Suid Afrikaanse Polisie. Dit was tussen 1985 en 1991 - die dae toe geweld misdade en plaas moorde nie naastenby so veelvuldig was as wat dit vandag is nie. As misdaad fotograaf was dit in genoemde tyd my werk om alle ernstige misdaad, onnatuurlike sterfgevalle, grusame moorde, strafbare manslag gevalle, ernstige motorongelukke, tonele van terrorisme aandag te gee, en gespesialiseerde ondersoek aldaar te doen. Die area wat ek daardie tyd alleen een week elke maand vir 24 uur moes dek en hanteer het gestrek vanaf halfpad na Witbank en Delmas. Die hele Bronkhorstspruit en Cullinan distrikte tot by Warmbad en dan om na Assen, Brits en Rustenburg. Die hele Stedelike Pretoria en omgewing was uit die aard van die saak my primêre area. Die reuk van die dood het letterlik aan my klere gekleef. Al hierdie sake is deur die hof gevoer en elke nuanse daarin het deel geword van my wese. Van die vaslegging van elke fynste waarneembare en versteekte of verskanste detail op ‘n toneel en die hele ondersoek tot by die uiteindelike intensste beredenering in die geregshof daaroor... So ek kan praat van ondervinding, onherroeplike eerstehandse ondervinding. Nie “spoeg en plak” pogings soos bismarck kommentaar lewer sonder om sy ondervinding te motiveer of onderskraag met teen feite...

Ek wil die lesers net vermaan dat dit wat ek hier gaan skryf en openbaar gaan maak, nie vir diegene bedoel is wat liggevoelig en fyngevoelig is nie. Hierdie werklike gevalle is die gevalle wat die algemene publiek en die volk in hul massas nie alles oor hoor nie en allermins nie sien nie! Ter wille van die mense wat hier betrokke is gaan ek name en plekke verander om hulle belange te beskerm, maar dit is al wat ek verander – die res is tot in die diepste greintjie die hele waarheid...

Toe ek die plaas se twee spoor paadjie na die opstal neem speel die laaste woorde wat ek oor die radio gehoor het soos ‘n vas gehaakte grammofoon oor en oor in my verwarde ore. “Gewapende roof en verkragting, plaas Lelievlei Witpoort, sit spoed aan hulle jaag op die oomblik die verdagtes!” Toe ek vra oor die moontlike slagoffers toe kom die skoknuus “Blykbaar is die vrou van die plaas gewelddadig aangerand en herhaaldelik verkrag” My God, tant Miems, kan dit moontlik wees. Ek ken tant Miems en oom Stefan nou al ‘n geruime tyd. Ek ry nie die plaas verby sonder om in te draai vir ‘n koppie koffie. Hierdie keer vir ‘n ander rede. Toe ek onder die jare oue akkerbome by die opstal stop is daar reeds ‘n kommosie...dit is blou ligte en etlike polisievoertuie om die rustige huis met die rondom stoep. My hart klop in my keel en ek sien vlugtig hoe die tannie se Rode Island Red hoenders lustig rond skrop asof alles is, soos altyd. Mens neem mos hierdie tipe dinge in detail in met sulke tye. Oom Stefan staan eenkant onder die druiweprieel en ek stap reguit na hom. Hy draai na my toe hy my voetstappe hoor. So het ek hom nog nooit gesien nie en wil ek hom nie weer sien nie. Hy is aansienlik ouer as ‘n week tevore en pyn voue in sy gesig het hom reduseer tot ‘n pateties biologiese wese “Vier van die vuil bliksems het my liewe, liewe vrou om die beurt vir meer as ‘n uur onteer in my teenwoordigheid, my God adjudant ek sal die pyn in haar oe nooit vergeet nie”

Ja, vier jong agtergeblewenes het die gesette 75 jarige Boere tant Miems om die beurt verkrag toe hulle net kom roof. Ek gaan tant Miems nie aan julle beskryf nie, maar ek gaan ‘n vraag vra. Hoe verkrag ‘n jong man ‘n vyf en sewentig jarige ou vrou, of is ‘jong man’ ‘n te menswaardige status? Ek daag die leunstoel, reënboog wiggelaars om ons ‘n voorbeeld te bring van die omgekeerde: ‘Vier Boere seuns verkrag ‘n 75 jarige agtergeblewene’ – toe kom!
Wie van julle het al die reuk van liters gestorte mens bloed geruik, of daarin gegly, of versigtig op die tone daardeur moes loop? Daardeur moes loop terwyl die spatsels daarvan teen die mure en plafon van die plaashuis waarheen jy ontbied is gestippel is? Daardeur moes loop tot waar die liggaam van ‘n tengerige, gryse bejaarde tantetjie in ‘n plas bloed op die vloer van ‘n badkamer lê. Agt en sewentig jaar oud en ‘n skamele 48 kilogram op die skaal. Op haar maag met die verkreukelde hande met doringdraad aan die enkels vasgetrek. Haar keel van oor tot oor oopgeskeur met ‘n stomp kombuismes wat langs haar op die grond lê, en in die glaserige oopgesperde oë is die laaste vrees en pyn vasgevries. Sy het hulle alles gegee waarvoor hulle gevra het, maar dit was nie genoeg nie. Sy is voordat hulle haar keel af gekerf het deur drie swart mans wat ingebreek het verkrag. Terwyl twee haar bene wyd oor ‘n tafel oopgetrek het, het ‘n derde haar verkrag en andersom en andersom. Die lykskouing het onder andere gewys dat haar heupe aan beide kante uit die potjies geskeur is... En hierdie was nie gepleeg deur Trompie en sy Boksombende nie – nee, dit was Jonas et al.

Die verdwaasde kinders en kleinkinders sal my altyd bybly...vernietig en ewig geskeur tot in die diepste deel van die Christelike siel. Die 13 jarige kleindogter is dit nie deur Jesus gespaar om op haar geliefde ouma so af te kom nie! Laat alleen die oumatjie self, wat nog dae tevore met daardie draad gebonde hande gebid het en koek vir die kerk gebak het!

Die eerste indruk wat ek gekry het toe ek voor die pragtige huis in die vooraanstaande buurt van Pretoria stilhou en my forensiese en kamera tas uit die kattebak haal, was dat die huis en tuin ‘n rustigheid uitstraal... behalwe, daar was polisievoertuie voor die huis, en natuurlik die lykswa ook... Die man wat by die agterdeur na die swembad op sy rug gelê het, met ‘n buiteband op sy maag, se keel was afgesny tot deur die nekwerwels. Daar was bloed teen die skuifdeur, die siersteen die buitemuur en oor die ‘Delicious Monster’ in die hoek. Die bedding was vertrap en stukke van die blare het oral rond en in die plas bloed op die plaveisel gelê. Die man het etlike steekwonde aan sy liggaam gehad en beide hande was deurboor soos hy probeer keer het. Die regterduim was af en het aan ‘n velletjie gehang soos wat hy die mes aan die lem gegryp het... maar hy was in elk geval te laat. Sy pragtige vrou en twee laerskool kinders was klaar wreed een vir een opgehang in die stoorkamer. Die drie volwasse agtergeblewe mans het in een van die kinders se kamer gesit en polonie eet en musiek luister vanwaar hulle kon sien hoe almal een vir een huis toe kom...

Hulle het die vrou eers oorval waar sy gesit en naaldwerk doen het. Haar verkrag en toe met ‘n nylon tou net so aan ‘n balk opgehang, polonie geëet en toe die seuntjie eerste by die huis kom, hom gegryp en gesleep na waar sy ma was en hom daar langs sy ma opgehang Toe eet hulle verder polonie en wag vir die dogtertjie toe sy van die skool af opdaag – haar fiets het nog langs die swembad gelê waar sy dit neergelê het om waarskynlik haar ma opgewonde te gaan groet, maar ons het haar gekry waar sy aan die voete van haar ma en boetie gele het die een punt van die nylon tou wat op die grond gelê het is om haar nekkie gedraai vasgetrap en so is sy stadig gewurg. Toe wag hulle vir die pa, terwyl hulle polonie eet en die tee drink wat die huisbediende wat al vyftien jaar vir die mense werk hulle mee bedien het. Sy het uiteindelik die man se voete vasgehou toe hulle sy keel afsny... Hulle het die gesin se kombi bussie gevat, maar ons het die ousie bietjie ‘mooi gevra’ – ou Suid Afrika styl - en kon daardeur die skuldiges naby ‘n plattelandse dorp, 500 kilometer weg, met die kombi en ‘n paar gesteelde goed opspoor. Daar moes natuurlik op pad terug gestop word vir uitwysings en die drie manne het probeer ontsnap en is doodgeskiet...

Nie vêr van waar die hele gesin vermoor is nie is ‘n bejaarde, bekende godsdiens skrywer en sy vrou in hulle huis oorval. Die skrywer is herhaaldelik met messe gesteek maar sy vrou... Sy het op haar rug op die dubbelbed gelê en in haar gorrel dwarsdeur tot in die bed het ‘n bajonet regop gestaan. Die lykskouing - wat ek uiteraard ook moes bywoon – het getoon dat die bajonet stadig in die ou dame se gorrel ingedraai is en so pynlik deur forseer is. Hoe dink die leser lyk so ‘n gesig? Is dit iets om met ‘verpapte’ pasifisme en hensop versoenings praatjies weg te lispel soos ‘n Eden Slang?
En die ou oompie en sy skoothondjie wat in die skuur van sy kleinhoewe, vasgebind met elektriese draad in ‘n vlak graf lewendig begrawe is nadat hy erg aangerand is en die hondjie aan sy lyf vasgemaak is! En so kan ek werklik aangaan en aangaan... Hoeveel mense weet dat daardie bekende video opname van die vrou wat daardie tyd in die lokasie aan die brand gesteek is terwyl etlike om haar toy, toy het, duidelik wys hoe een van die dansende jeugdiges wat haar met rotse bestook het, haar brandende arm afgepluk het en al dansende daaraan gevreet het? Waarskynlik baie min.

Die apatie teenoor die werklikhede agter die ‘motivering’ vir hierdie tipe barbaarse dade wat met primitiewe, gewetenlose, wreedheid gepleeg word, en die inherente karaktertrekke van die mense wat hierdie dade pleeg, word versinnebeeld in die kommentare wat soortgelyke artikels van my uitlok. Daardie tyd toe hierdie genoemde dade gepleeg is was daar toestroming beheer, die bewysboek wette en het ons ‘n harde kern polisiemanne gehad wat geweld met ewe veel geweld beveg het. Gewetenloosheid met gewetenloosheid, genadeloosheid met genadeloosheid. Die ‘vredes ikoon’ wat opdrag gegee het vir die Kerkstraat bom (en ek was op daardie afgryslike toneel), was in die tronk en ons het ten minste ‘n president gehad wat die kleur en klas van intellek gehad het dat hy nie sou glo dat mens ‘n Vigs virus onder ‘n stort kan afspoel nie... Ingewortel in daardie tipe intellek wat jy by so ‘n president kry, is die katalisator wat maak dat sý jeugdige manlike burgery ‘n verkragting ereksie kan kry om ‘n agt en tagtigjarige vrou te verkrag...

Maar die oë het nie oopgegaan nie. Oor hierdie dinge is daar redenasies vanuit verskeie oogpunte. Die redenasies en beskouings kan gevind word in die aard van kommentare soos: “Ek huil nie oor gister nie ,daar is nog tyd oor om te lewe, koop die tyd uit en behou die geloof . As jy ‘n verloste is, is Suid Afrika die beste plek om te wees, jy het die beste kans om gouer in die hemel te wees as in enige ander land”.

“Huil nie oor gister nie” – herhalings van hierdie tipe moorde en dade het sedertdien meer as verdubbel, nadat die bordjies verhang is en ‘versoening’ bewerkstellig is. Maar ten minste is een aspek korrek. “Suid Afrika is die beste plek” om gouer in die hemel te wees – jou kanse om prematuur vermoor te word is baie goed, dit moet ek toegee!

Andere noem hierdie klas verwysings en statistieke ‘n “...ketel vol stink visse” en “...eentonig en vervelig...” en rond die beredenering af met “...Maar jy hoef mos nie die goete te lees of kop toe te vat nie. Loop gewoon verby die dinge wat jou so ontstel, of omgord jou lendene met die wapenrusting en kom teem daaroor my chaaina!” Nou ja, ek is nie ‘n “chaaina” nie, die dinge wat ek hier en elders noem oor die onherroeplike dade en verskynsels moet perse nie met ‘skrefie’ oë bekyk word nie. Dit is omdat met die ‘beperkte’ visie van “chaaina” oog liberalisme, wat mens aan die “stink visse” streel en die versoenings handjies deur die ‘piranhas’ gevreet gaan word!
Ek is in 2004 tydens ‘n verlof uit Irak deur sewe ‘mans’ (soos die liberales hulle graag eerder noem) met messe en stukkende bottels 03h00 aangeval. Ek het om my lewe geveg en het vyftien hegsteke aan die agterkant van my bobeen en nege aan ‘n steekwond aan my rug gekry. As dit nie vir die dapper optrede van my tengerige tweede oudste dogter was nie was ek dood. En hier op Woes is ‘n lieflike, opregte en bedeesde lid. ‘n Geliefde persoon wat net mooi woorde het en wat briljant skryf. Die persoon se broer en skoonsuster is wreedaardig en genadeloos vermoor kort na hul aftrede. Ek het albei baie goed geken en het saam die broer in die polisie gewerk...dierbare mense.

So, moord en doodslag, gekoppel aan ‘n sekere groepering van die mensdom is ‘n gegewe – dit is nie verdigsels wat ek uit my duim suig, of soos grevilman skryf: “...absolute twak wat as die waarheid verkondig word...” Hierdie is die waarheid wat in Afrikaans oorkom, en nie met woorde soos “my chaaina” nie. Kan die waarheid “haat spraak” wees of moet die mense ter wille van “haat spraak” nie weet wat werklik gebeur nie? Hulle sê mos dit is amusant dog ‘n gegewe: Die liberalis omhels sy vyand.















Kommentaar

Beste ou epos

Jis! Ampoer het ek jou naam verkeerd getik! Gelukkig onthou ek toe betyds dat ‘n epos soos jy, van geen nut vir mens of dier is nie. Daarom moét die spelling korrek wees en kan jy inderdaad maar net ou epos wees!

Van kleintyd af het mens mos stofpoepers gekry wat aan almal loop en vertel hoe taf, woes, rof en onbeskof hulle is. Sulke lawaaiwaters het ons nie eers in ons kleintyd beïndruk nie. Soos die tyd aangestap het, het die minagting waarmee ek sulke tipes bejeën, egter toegeneem. Ek sal volstaan met die feit dat grootbekkigheid bloot ‘n aanduiding van allerhande skete en tekortkominge is. Met die klem op kort…bwhahahaha!!!

Ek het nie eintlik iets om meer oor hierdie onderwerp te sê nie. Jou taalgebruik en kleinlikhede vertel alles van jou eie dinge, waarvoor daar helaas, geen medikasie bestaan nie. Hoef myself in ieder geval nie aan ‘n epos soos jy, te verduidelik nie.

Beste groete
bismarck*

*skuilnaam hehehe
2 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 22 ure 40 minute oud


skuilnaam bismarck
u kritiek is ongegrond en belaglik, ek glo nie dat u gedien het nie, miskien ´n kantoorjoppie, daar is baie van julle wat deesdae hulle bekke rek, ek glo u lieg.
Ons vyande is dit ook nie werd om met wolwe vergelyk te word nie, want daar is geen dier wat soos hulle optree nie.

Soek tog asseblief vir u ´n ander skuilnaam wat by u pas. Marcuse, Adorno of Horkheimer aangesien u meer gemene delers met hulle het as met die staatsman Bismarck, of wat van Kasrils, Slovo, Suzman, Wolpe of Goldstein.

Die stukke wat Waldor in stuur is in ´n suiwer verstaanbare Afrikaans die woordkeuse is so goed dat die leser presies kan aanvoel wat gebeur. Mens kry van tyd tot tyd koue rillings of soos in ander kommentare waar lesers erken dat dit hulle laat ween dit is skryfkuns waarvoor "skuilnaam bismark" bang voor is, want hy het´n agenda wat nie noodwendig die oorlewing van die Afrikaner en sy Taal is nie (chaina).
2 jaar 2 maande 3 weke 5 dae 13 ure 24 minute oud


Verlore Seun
Is jy uit dieptes gans Verlore Seun?

Watter gedeeltes van die volgende kan jy nie so lekker kop nie?

“Jy moet miskien vrede daarmee maak dat daar heelwat meer van ons is, wat hierdie paaie gestap het, waaroor jy so baie te sê het. Dikwels was dit meer intens en baie nader aan die huis, as wat jy sou weet.”

en

“Want daar is eenvoudig te veel respek vir die slagoffers en hul naasbestaandes, om dit op webwerwe soos hierdie, bloot te lê. Die NSA se skeef getrekte misdaadsyfers sedert 1994, bevestig in ieder geval die aaklige werklikheid.”

Volgens jou profiel was jy te jonk om deel te hê aan die dinge wat voor 1994 plaasgevind het. So eintlik is jy die ene wat vanuit die “peanut gallery” praat, of hoe? Tja, daar is ook nie pille wat gaan help nie.

Om jou verder te jelp…Bismarck was oud genoeg om vanaf 1970 tot 1994 baie aktief deel te neem aan die stryd om vir wolf van die deur af te hou. Maar soos die oorgrote meerderheid van my makkers, sal jy ons nie vang dat ons stofpoeper stories, op webwerwe verkoop nie.
2 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 50 minute oud


Vir die wat teenstydig is met Waldor se boodskap het ek net een raad : Maak oop jou oë...
Ek was in oorlog geteisterde gebiede met die VN in Afghanistan,Chad,Congo ens om 'n paar te noem.
Die ding wat by my uitgestaan het in my tyd in volskaalse oorlog gebiede is dat ek meer bekommerd was oor my vrou in Pretoria, as my eie veiligheid. SA is heeltemal vergelykbaar met die Congo of Afghaanse scenario. Klein groepe moordbendes ( hit squads )wat verkrag,verdruk en vermoor. Om jou ogies toe te knip en al die "stink vis" artikels te vermy verander nie die uituindelike uitslag nie. Nie jou geld of die privaate sekuriteits maatskappy gaan jou beskerm nie. "Cloud nine" het geen plek in Afrika nie. Nieteenstaande die feit dat die ou wolkie vinnig sy gat gaan sien nie, met verkragtings elke 28sekondes.( uit wat gerapporteer word )
Kyk maar gerus die poliesie video van een van die sake wat Waldor hier noem. Dit wys hoe die ma en kinders opgehang is, die pa met al sy wonde ter skoue. http://dienuwesuidafrika.blogspot.com/
Ek kan net aanneem dit is Waldor se stem agter die kamera, maar dit is egter treffend hoe die kommentator agter die kamera bewoë raak toe hy by die kinders kom.
So aan die "peanuts" in die gallery:
Pik 'n bietjie wakker seuns en dogters
2 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 3 ure 19 minute oud


JIs, Waldor, ek probeer tussen die trane deur tik...mag dit my nooit oorkom nie..haatspraak is dit nie..want wat jy hier sê is die waarheid. Mens is selfs te bang om die polisie uit te roep...hulle is nie meer wat julle was nie..en niemand het ooit eers dankie gesê vir wat julle moes deurmaak nie....diep kniebuiging vir jou en jou soort!! DANKIE
2 jaar 2 maande 4 weke 7 ure 40 minute oud


Ek glo mens kan baie goeie en akkurate interpretasies uit statistiek kry en dan 'n behoorlike beplanning/optrede doen. Sonder statistiek gaan jou beplanning faal. Ek twyfel of iets daaraan gedoen wil word.

Ek glo die meeste mense voel al magteloos teenoor al die geweld en misdaad en dit is ook waar dit eindig.
2 jaar 2 maande 4 weke 15 ure 19 minute oud


Waldor (jis! Ampoer sê ek ou chaaina!*)

Duidelik sukkel jy om jou kop om die feit te kry, dat jy nie die enigste siel is wat al die aaklighede eerstehands beleef het nie.

Jy moet miskien vrede daarmee maak dat daar heelwat meer van ons is, wat hierdie paaie gestap het, waaroor jy so baie te sê het. Dikwels was dit meer intens en baie nader aan die huis, as wat jy sou weet.

Wat uiteindelik niks met jou, of die res van die wêreld te make het nie. Want daar is eenvoudig te veel respek vir die slagoffers en hul naasbestaandes, om dit op webwerwe soos hierdie, bloot te lê. Die NSA se skeef getrekte misdaadsyfers sedert 1994, bevestig in ieder geval die aaklige werklikheid.

Waldor, wanneer iemand nie jou oortuiginge deel nie, beteken dit nie dat hy/sy noodwendig ‘n liberalis is nie. Dit raak nog meer simpel wanneer jy mense se woorde verdraai, terwyl jy etikette om hulle nekke probeer hang. Siele wie jy nie eers ken nie. Dit was hoeka ‘n ou triek van jou held, Oompie Jaap, gewees.

Terloops, daar is regtig baie en goeie geskrifte oor hoe en wat Liberalisme eintlik is. Jy kan selfs Google of Yahoo daarvoor inspan.

De skaai is de limmit!

*Sinonieme vir ‘ou Chaaina’ in hierdie geval, is oa ‘ou Gabba’ en ‘ou Beesblaas’. Dit het wragtag niks met Veter oë te make nie.
2 jaar 2 maande 4 weke 18 ure 15 minute oud



TRILOGIE

deur Warra-Warra

Bundel Naam: not ‘n f#& ISBN #: 978-0-620-46799-5 Inhoud: Gedigte (selfmoord; aanranding & mishandeling; egbreek & egskeiding; prosa) Bundel Naam: liefde se g$# ISBN#: 978-0-620-46800-8 Inhoud: Gedigte (liefde; romanse; vriendskap; SielsGen♫t versugtinge) Bundel Naam: alle'ander K#& ISBN#: 978-0-620-46801-5 Inhoud: Gedigte (tussen die lyne; tussen'in woorde; woord'affair; digters'waan; duet gedigte)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar