Titel: Moses 2 vers 2 - Wat moet ek doen, bly of weggaan na 'n ander land?
Weergawe:
Aantal woorde: 3501
Kere gelees: 1223
Datum gepubliseer: 21 Nov 2007
Die vraag wat ek graag wil vra, is: Suid Afrikaner, waar gaan jy heen? Hardloop jy weg na Australië, Nieu Seeland, Kanada, of Europa. Of is dit dalk Dubai? Of het jy besluit dat jy nie oor die fondse beskik om weg te hardloop nie, en het jy maar besluit om hier te bly in die hoop dat die toekoms goed sal uitdraai vir jou en jou kinders? Nou staan jy maar soos ‘n volstruis met jou kop in die sand en blameer jy maar soos die meeste Suid Afrikaners die vorige geslag politieke leiers vir die toestand in die land, of dalk die huidige regering, of dalk die Voortrekkers. Dit is vir my altyd interesant dat ‘n mens altyd die rede by ander mense of groepe gaan soek, maar nooit by jouself begin nie. Miskien is ons bang dat ons sal uitvind dat onsself ‘n groot deel van die blaam dra.
Ek dink ons almal is dit eens dat die afgelope 40 jaar ‘n baie groot invloed op ons lewe gehad het. Maar waar staan ons? Watter invloed het die verlede op ons gehad? In watter groep het jy beland?
Is jy dalk in die eerste groep wat slagoffers is van die manipulasie en beheer van persone in beheer, of soos ons dit ken, regstellende aksie? Is jy op soek na antwoorde en heling van die verlede? Wil jy graag weet hoekom mense ander persone so manupileer en beheer?
Of dalk in die tweede groep wat ook slagoffers is soos die in die vorige groep, maar jy het toegelaat dat ‘n wortel van bitterheid posgevat het in jou lewe?
Of dalk in die derde groep, die ongedisiplineerdes wat weier om aan enige iemand rekenskap te gee, of om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle dade?
Dan is daar die groep wat vir verskeie redes in posisies is waar vandaan hulle ander persone manipuleer en beheer. Dit word gewoonlik gedoen in die naam van orde en menseregte.
En dan, dan is daar die "weglopers".
Die vraag is: In watter groep val jy? Een, of dalk twee, of dalk almal.
Toe ons voorvaders na Suid Afrika gekom het, het meeste hierheen gekom omdat hulle vervolg is oor hulle stand as Christene, en om hulle roeping as Christene uit te leef. Vandag hardloop ons weg omdat ons kwalifikasies of ondervinding niks werd is nie, en ons ons kinders nie in hierdie barbaarse omgewing, waar lewe niks werd is, wil grootmaak nie. En diè van ons wat bly, weet nie hoe om aan te pas in die nuwe Suid Afrika nie, waar, vir menige ‘n blanke persoon, dit net een ding beteken, en dit is om werkloos te wees, en teen gediskrimineer te word.
Wat is jou antwoord?
Het ons gedoen waarvoor ons voorvaders na die suidpunt van Afrika gekom het? Ek glo nie, want indien ons dit gedoen het, sou ons nie nou in die situasie gewees het waar ons vandag in is nie. Jy mag dalk sê: Ja, maar ek is nie ‘n persoon wat die evangelie kan uitdra nie, en buitendien betaal ek my sending bydrae by my gemeente om dit te doen. En, my leraar het nou die dag gesê nie almal is geroep om te gaan nie, so ek hoef slegs my bydrae te gee om die gaaners te ondersteun. So moet asseblief nie met my daaroor praat nie, ek doen my deel.
Dit is nie waaroor ek praat nie. Maleagi 3 vers 18 leer ons as volg:" Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom nie dien nie". Ek praat ook nie net van die uiterlike lewe nie. Paulus leer ons in 1 Tess 1 vers 5: " Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid, soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het." So, Paulus het gekom nie met mooi woorde alleen om die evangelie te verkondig nie, maar ook in krag. Vertoon jy die krag in jou verhouding met die Here? Is dit die beeld wat jy uitstraal? Onthou, kommunikasie is eerstens nie-verbaal, en dan verbaal. Straal jy die beeld van Jesus uit in alles wat jy doen? Ons sien selfs in die nuwe testament dat mense die vertoon van krag wou koop by die apostels, so ‘n verskil het dit in mense se lewens gemaak. Het ons in die verlede die beeld uitgestraal na die res van die bevolking?
Wat vertel Paulus ons sal in ons tyd gebeur? 1 Tim 2 vertel ons: "Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af. Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word, wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie. En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof. Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook dié van daardie manne geword het. Maar jy het my navolger geword in leer, lewenswandel, planne, geloof, lankmoedigheid, liefde, lydsaamheid, vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het in Antiochíë, in Ikónium, in Listre. Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos."
So, waar staan ons nou? Leef ons in godsdiens sonder krag, of, met krag? Godsdiens sonder krag kan wel ‘n verskil maak in ‘n persoon se lewe. Maar dit het geen fundamentele invloed nie. Soos water verander van vloeibare vorm na stoom en ys en weer na vloeibare vorm, bly dit fundamenteel dieselfde. So verander kragtelose godsdiens ook ‘n persoon se lewe oppervlakkig, maar los hom presies soos hy was voorheen. Dit is waar die probleem lê. Die veranderings is in vorm alleen, en nie in die hart nie. Die motiewe van ‘n ongelowige en een wat die Boodskap sonder krag ontvang het, is dieselfde. Agter beide is ‘n ego, ‘n self, ‘n eie ek. Die enigste veskil is dat die godsdienstige persoon het geleer om dit beter te verbloem. Sy sondes is meer verfyn, en minder aanstootlik as voorheen, maar die persoon is nog steeds nie aanvaarbaar vir God nie. Om die waarheid te sê, hy is dalk meer afstootlik vir God, want Hy leer ons dat indien ons lou is en nie warm of koud nie, Hy ons sal uitspuug. Open 3:17 "Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug." Hierdie ego, of selfsugtigheid, is dus nog steeds die heerser van die persoon. Die persoon is nog steeds in beheer van sy eie lewe. Ek wil dit eintlik ‘n eie geregtigheid noem.
Hoeveel keer het ek in die verlede gehoor: "Ek het my Kerk en ek dien die Here, los my uit". Of miskien nader aan vandag: "Ek pak op. Ek kan nie langer hier bly nie", of dalk "Jy verstaan nie wat het ek deurgemaak die afgelope ruk nie". Hieruit is juis die bewys van jou eie geregtigheid. Jy het nog nie by die plek uitgekom waar jy alles verloor het nie, en jou met die Here beklee het nie, waar jy jou eie geregtigheid neergelê het, vir Sy geregtigheid.
Maar, wat is Sy geregtigheid?
Alles wat Jesus gedoen het om die nuwe verbond mee te bevestig, is Sy geregtigheid. Dit is ‘n identifiseëring met die sondaar, en ‘n voorloop op die pad na geregtigheid. Alhoewel Jesus geen sonde gehad het nie, het Hy begin deur na die Jordaanrivier te gaan, en deur Johannes gedoop te word vir afwassing van sondes. Dit is ‘n identifiseëring van Homself met ons as sondaars, om in ons plek sonde te word aan die kruis. Maar, juis by die doop, het Hy Krag ontvang toe die Heilige Gees op Hom gekom het, en kon Hy Sy bediening op aarde begin.
Maar waar het dit alles begin? Johannes 1 begin met die woorde,"In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God." So, voor die begin van die aarde was Jesus reeds daar, het Hy in volmaaktheid reeds gelewe. Het Hy reeds gehad waarna ons almal begeer om eendag te besit, en dit is ‘n ewigheid saam met die Vader. Besef ons dat Jesus gehoorsaam was aan die Vader, deur as mens te kom woon op aarde, om daardie heerlikheid te verruil vir ‘n lewe op aarde? Dit is gehoorsaamheid en geregtigheid. Om Sy volmaakte te verruil vir ons onvolmaakte. Sal jy jou lewe ruil vir iemand anders s’n? Ek praat nie eers van ‘n mede broer of suster in die geloof nie. Sommer net vir die persoon wat op die hoek bedel, of dalk die straatkind wat jy elke oggend op pad werk toe sien. Ek glo nie. Tog het Jesus dit vir ons gedoen. Hy het nie aan Homself gedink nie, maar aan ons.
Een van die probleme waarmee ons sit, is dat mense die Bybel verkeerd verstaan, en dan tree hulle as leermeesters op vir ons en dan leer hulle ons weer verkeerd. Kom ons kyk na die verskillende gedeeltes in die Bybel waar Jesus mense uitstuur. Watter opdragte gee Hy hulle? Matteus 28:19 "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het." Maar selfs vroeër het Jesus hulle ook uitgestuur. Wat was hulle opdrag toe? Matt 10:8 "Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee."
Hoe beskryf Lukas van die gedeeltes. Lukas 10:9 "En maak die siekes gesond wat daarin is, en sê vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom." En in Handelinge beskryf Lukas dit as volg: Hand 1:7 - 8 "7 En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; 8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde."
Nou wat probeer ek eintlik te sê? Nie een van die gedeeltes verklaar vir my dat ek moet gemeentelede gaan maak nie, maar dit is wat ons vandag in byna al die gemeentes kry. Jesus het gevra dat ons dissipels moet gaan maak. Die verklaring wat ek vir dissipel in die Grieks kry is iemand wat soos sy leermeester is, wat optree soos sy leermeester en doen wat sy leermeester doen.
Nou wil ek graag vra: Is dit hoe u optree? Tree u so op dat u ten alle tye die beeld van Jesus uitstraal? Indien u dit nie doen nie, is u nog nie ‘n dissipel nie. Dan moet u nog leer hoe u moet optree. Dit is wat u by u gemeente moet leer. U moet tot die volle beeld van Christus kom. Dit is wat Paulus verklaar in Efesieërs 4. Vers 11 "En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, 12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, 13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot 'n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; 14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; 15 maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, 16 uit wie die hele liggaam--goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate--die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde."
So wat staan my te doen? Volg die Handleiding van die Here, soos opgeteken in die Bybel. Leer wat die Bybel ons leer.
Waar kry ek die Krag om dit alles te kan doen? Aanvaar die krag van Jesus wat Hy jou bied, wees die voorbeeld wat Hy gebied. Volg die opdrag van die Evangelies. Die gebed wat Jesus ons geleer het, bevat ook deel van die antwoord. "Vergewe ons ons oortredinge, net soos ons die vergewe wat teen ons sondig". Het jy geweet dat as jy nie vergewe nie, die Vader jou ook nie kan vergewe nie, maar dat jy ‘n vloek oor jouself bid. Dat jy Vader se hande bind deur jou onvergifnis. Begin deur vry te spreek, te vergeef, en sien hoe die kettings van jouself afval, want jou onvergifnis bind nie die ander persoon alleen nie, maar jouself. En, miskien nie in ons lewe nie, sal daar vir ons land uitkoms kom.
Luister na die laaste gedeelte van die Ou Testament. Maleagi 3 van vers 17 tot hoofstuk 4 vers 6: "En hulle sal My tot ‘n eiendom wees, sê die HERE van die leërskare, op die dag wat Ek skep, en Ek sal met hulle medelyde hê soos ‘n man medelyde het met sy seun wat hom dien. Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom nie dien nie. Want kyk, die dag kom, en dit brand soos ‘n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, ‘n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie. Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal. En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê die HERE van die leërskare. Dink aan die wet van Moses, my kneg, wat Ek hom beveel het op Horeb vir die hele Israel—insettinge en verordeninge. Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die HERE aanbreek. En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie".
Noudat ek weet dat ek soos Jesus moet optree, hoe maak ek nou ‘n verskil in my daaglikse lewe? Eerstens moet ek Sy krag aanvaar. Dit word ons sin as deel van die nuwe verbond. Die volgende stap is om te doen wat Jesus gebied. As u reg onthou noem Jesus dat die samevatting van die wet en die profete as volg is: Jy moet die HERE jou God liefhê met jou hele verstand en al jou kragte, en jou naaste soos jouself. Uit die gedeelte kom daar ‘n verdere punt te voorskyn, en dit is om lief te hê. Ons almal leer dat om die HERE lief te hê, is om Sy gebooie te onderhou. Maar, nou om my naaste lief te hê, is daar altyd ‘n gestryery oor wie my naaste is. Jesus het ook vir die gedeelte ons die antwoord gegee in Mattheus 23:23 ; "Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat."
Jesus beveel ons om drie punte te onderhou:
Die reg - Elke persoon het die reg om te lewe. Hieruit vloei daar sommer ‘n hele aantal vereistes wat aan voldoen moet word. Elke persoon het water, kos, klere en ‘n dak oor sy kop nodig. Het ons in die verlede seker gemaak dat aan elke persoon in Suid Afrika aan die basiese behoeftes voldoen is? Ek glo nie. Net so het ek ook nou die reg dat aan my basiese vereistes voldoen moet word.
Die barmhartigheid - Indien ek weet van iemand wat in die basiese behoeftes soos hierbo genoem self nie kan voorsien nie, is dit my plig om in die behoeftes te voorsien. Ek kan dit nie afskuif op iemand anders nie. Ek moet self, miskien deur van ander mense se gawes gebruik te maak, in die behoefte voorsien.
Die trou - Indien daar onregverdig teenoor iemand opgetree word, moet ek die persoon kan bystaan. Ek moet in al my weë betroubaar optree.
Nou mag u dalk vra waarheen is ek oppad. Hoe kom ek by ‘n antwoord vir die vrae wat ek in die begin gevra het. Sien u nie dat meeste van dit wat met u en my gebeur het en nog steeds gebeur, ‘n reaksie is op hoe ons opgetree het nie? Miskien voel u dat u nie direk deel gehad het daaraan nie. Ek het ook nie. Maar, deur stil te bly en nie die regering van die dag aan te spreek oor hoe hulle moes optree nie, en die kerk toe te laat om alles wat die regering gedoen het, goed te praat, het ek en u deel aan die probleem. Ons het toegelaat dat daar verkeerd teenoor ons naaste opgetree word. Ons het nie gedoen wat die gedeelte hierbo leer nie. Nou moet ons die straf verdra wat die HERE aan ons uitmeet. Maar, gelukkig is dit nie waar dit bly nie. Ons kan die HERE nader vir vergifnis. 1 Johannes 1 vers 8 stel dit juis dat God ons sal vergewe as ons Hom vra.
Nou mag u dalk sê dat u saamstem met my dat dit so is, maar dat spyt altyd te laat kom. Ek weet. Maar hoe stel ons dit reg? Deur te begin om die evangelie uit te leef. Maar, sal dit my omstandighede verander? Sodra ek besluit om ander te help en my ingesteldheid te verander, sal die HERE ook jou omstandighede verander. Die vraag is vir ons beantwoord in Jesaja 58 al. Verse 6 tot 14 : 6 "Is dít nie die vas wat Ek verkies nie: dat julle losmaak die bande van goddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek? Is dit nie dat jy jou brood breek vir hom wat honger het, en ellendiges, swerwelinge in die huis inbring nie? As jy iemand sien wat naak is, dat jy hom klee, en jou vir jou eie vlees nie verberg nie? Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitspruit; en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan, die heerlikheid van die HERE jou agterhoede wees. Dan sal jy roep, en die HERE sal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy van jou verwyder die verdrukking, die uitsteek van die vinger en die leuenagtige woord, en jou siel laat uitgaan na die hongerige, en die neergeboë siel versadig; dan sal jou lig opgaan in die duisternis en jou donkerheid wees soos die middag. En die HERE sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak; en jy sal wees soos 'n tuin wat goed besproei is en soos 'n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie. En die wat uit jou voortkom, sal die ou puinhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak. As jy jou voet terughou van die sabbat--om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat 'n verlustiging noem en die heilige dag van die HERE hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie; dan sal jy jou verlustig in die HERE, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van die HERE het dit gespreek."
Dit is ook my bede vir jou, vir myself, en vir ons toekoms in Suid Afrika. Amen.
Lees ander artikels deur Moses
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Artikels
Algemeen

deur Elzabe Young Heyns
'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.
Bravo, er.. Moses!
Hoekom moet ons dit waarvoor ons ons liefgebloei het, verlaat? Daar is geen Kanaan opdrag vir ons nie, net die een van Moses 2:2 en die een wat ons voorvaders oorspronklik in geloof hiernatoe gelei het, saam met die buitelandse voorvaders van die Nguni en alle ander volke hier behalwe die San. Ons is almal setlaars net soos die Jode setlaars uit Ur was. Ons het almal 'n geloofsaak om te verteenwoordig.
Ons sal jou nooit verlaat nie
al sou dit ons niks meer baat nie
as om steeds te soek
meer bloed te stort
daar’s ʼn paradys, paradys
weggesteek, agtergebly
(Aldus Paradys 2 :2)