Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Hierdie is nou ’n onderwerp waaroor Wolf nie graag sy bek rek nie.
Hierdie ding van Geloof.
Van tyd tot tyd steek die ding sy kop uit op Woes. Soms as besprekingspunt, soms as tool in ’n ongevraagde teregwysing.
Meer kere word verwys na Bybelverse as bewys of stawing dat die punt wat gemaak word, wel die waarheid is.
Meer kere is dit uiters duidelik dat die oortuigers elkeen in sy eie kamp sit met sy eie idiologie oor geloof.
Dit is, wat my aan betref dan ook heeltemal korrek omdat geloof Universieël is en elke indivudie op Aarde geregtig is om op sy eie manier en aan sy eie God gelowig te wees.

Dit is net die Bybel verwysings wat ’n doring is, omdat die Bybel wat tans in omloop is, saamgestel is deur politieke aanhangers van sekere skrywers.
Daar was talle skrywers maar net die bestaande klomp se bydraes is gekies om saam gebind te word en as ‘Die Waarheid’ versprei en gebruik te word.

Die Geloof konsep het ’n hele spul vertakkinge waarin elke soort gelowige die ander soort gelowige afkraak.
Onpartydig gesien is die Musslim Geloof met sy verskeie Mohammids, die populêrste een.
Ek weet nie hoekom nie maar dit kan dalk wees omdat die vrou met haar stille krag heerlik onderdruk kan word.
Uit die Mitologie blyk dit dat een Mohammid se een vrou ’n dogtertjie van twaalf blyk te wees.

Wat vir my persoonlik treffend is, is dat slegs die Mushlims werklik glo aan die Hiernamaals.
Ek aanvaar ook dat daar ander gelowe is wat die Hiernamaals begeer en be-glo, veral in die Ooste.
Hier by ons twyfel ek baie sterk of enigeen aan die Hiernamaals glo.
Bloot omdat ek sien dat ’n verskriklike vrees vir die dood bestaan.
Dit maak dat ek werklik twyfel aan die egtheid van die kamtige Glo wat so uit bassuin word.

Of /en:
Ons, die manne en (vir ’n verandering) die vroue tesame, kom bymekaar vir ‘n ‘tuis formele geselligheid en ete’. Sulke aande moet geboekstaaf word bloot uit die uniekheid daarvan
Die een karakter; Tom Scrooge ( weens sy onuitspreeklik rykdom as die deel eienaar van die land se grootse franchise boekwinkel) het meer punte as n ster.
Dat sy pad geteer is tot binne-in die Hel, aanvaar ek sonder twyfel.
Suinig, inhalig en ’n Vrek. Dit is in my oë een van die paar onvergeefbare sondes.
Die ander is: Onreg teenoor ’n vrou (wat insluit jou weiering om haar na haar bed te vergesel, indien sy jou nooi.). Onreg teenoor ’n kind.

Wel, die hoofdis, deur my persoonlik voorberei vir die aand, was Potjie kos. My liefling invoegsel is knopie sampioene.
Verstom, woordloos, geskok, sien ek hoe Tom , sonder skroom , skaamte of huiwering, eerste spring en netjies en sorgsaam die sampioene uitvis en in sy bord skep.
Noodeloos om te sê, dat ek sy bord gegryp het, die sampioene terug geplaas het in die pot en vir hom ingeskep het soos wat die skeplepel vind.
My woorde het ingesluit die slotsom waartoe ek in die lewe kom as ek so na gelowiges kyk, hulle aanhoor en my gevolgtrekking maak:
“Jy as godsman, kerkman en voorbeeldige in julle kring, bewys met jou dade hoe keurig julle uitsoek, net dit wat pas om julle happy gelowiges te maak.”

Ek stel dit kategories.
Ek wil eintlik nie hier op hierdie Aarde wees nie. Die tuin van blomme. Vrugte, musiek en Engele van die Hiernamaals, is ‘n veel beter woning.
My GOD het die ander oggend vroeg my gewek. Ek het SY stem duidelik gehoor:
“Willem, jy moenie haastig wees nie, ek het nog twee take vir jou,”
Die ontsettende stilte wat in die vroegoggend op alles om my, buite en ooral, neergedaal het, was tasbaar,.
Selfs die duiwe en voëltjies buite het gestil in stille Eerbied vir die Heilige oomblik.
“My God, wat is dit wat U verlang?” het ek duidelik gevra.
HY het SY versoek gerig en ek het besef, ek moet myself nog vir 15 jaar oppas.
Ek het nie nodig om ’n geloof aan te hang nie.
Ek en my GOD is ’n eenheid. Glo vir my, want HY is by wanneer ek my Nar, kolletjies pajamas aantrek en ’n show vir julle lewer. Kyk maar. HY sit heel agter en watch my.

Ek het hierdie snipper E-pos ontvang en dit al vir ’n paar vriende deurgegee, van wie ek die adresse het.
Ek wil dit weer lys. Indien dit bekend is, lees maar weer die Waarheid.

Lees en geniet dit. ( My E-pos adres is op my profiel, indien jy die oorspronlike weergawe wil hê)

’n Kerk in Singapoer het hierdie advertensie van God in die koerante geplaas:

Moenie drink en bestuur nie, jy is nog nie reg om MY te sien nie.

Dink daaraan hoeveel suurstof sou kos indien iemand anders dit sou voorsien.

Wat moet EK doen om jou aandag te kry? ’n Advertensie in die koerante plaas?

Liewe aarde mense, moenie MY behandel soos ’n wese vanaf Mars nie.

EK het oorweeg om die aarde swart en wit te maak, toe sê ek : “Glad nie” en toe KLEUR EK dit.

Indien jy die sonsondergang vandag gemis het, maak dit nie saak nie. EK gaan môre weer een maak.

Hoe kan jy jou beskou as ’n selfgemaakte skepsel.EK onthou nog goed toe EK jou gemaak het.

Indien jy dink dat die Mona Liza fantasties is, kyk in die spieël en sien MY meesterstuk.

Moenie jou sambreel vergeet nie, EK moet die plante water gee.

Na MY mening is jy die mooiste skepping op Aarde – OK, EK is bevooroordeeld.

Kom asseblief eers na MY huis Sondag, voordat jy na die wedstryd gaan.

Kom en bring ook die kindertjies.

Watter deel van : Jy mag nie . . . verstaan jy nie?

Ons twee moet praat.

EK hou van troues, nooi my na joune

Hierdie : “Jy moet jou naaste lief hê.” Bedoel EK

EK is lief vir jou, en jou, en jou en jou en jou . . .

Die pad waarop jy besluit, sal jy MY saamneem?

Volg MY

Lees jou Bybel, dit is die “Beste Verkoper”

EK sal jou dra, jy is nie alleen nie, jy het vir MY.

Vertrou MY.

Willie F van Tonder
2012/07/02



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kom asseblief eers na MY huis Sondag,



voordat jy na die wedstryd gaan
7 jaar 4 maande 2 weke 10 ure oud


Willie
Ek se weer: Jy is uniek, spesiaal en laat ons op 'n ander, vars manier na die waarheid kyk. Dankie daarvoor en ook 'n spesiale dankie (regtig) vir jou e-posse. Jy is werklik iemand spesiaal en ek stuur somer 'n stywe druk vir jou. *PS Al mag jy vir sommiges soms kategories onvanpas voorkom, weet dat daar mense is wat jou unieke wese waardeer!
7 jaar 4 maande 2 weke 18 ure oud


Rook die bleddie mushrooms!
Oulik geskryf. Soos gewoonlik.
Me maaiself glo nie aan pratende donkies en slange, water wat in Cabernet Sauvignon verander, perdedrolle wat eintlik vye is en allerlei dinge wat 'n stewige skeut gelowiggeit benodig om jou deur die lewe te help nie.
Het egter nie probleme met piete en pietinne wat in die dinge glo nie. Hier op Woes lees ek gewoon nie die orakels nie. Is maklik.
Each to his own soos my slim Ma altyd sê.
Indien daar nòg 'n hel wag, hoop ek wragtag om eerder soheentoe te gaan.
Jirre! Want as ek in die ander plek moet opeindig waar ouens soos ou Raakvat met sy langdradige kerms en ander heilige koeksusters gaan wees, hol of vlie ek skoon moertoe!!!
Sjee veel eerder vir bismarckie daai lekker stout anties wat saam met Oom Niek en die res van ons heidene om die vuur kan sit en waar ons allerhande lekker dinge kan doen en bedrink.
7 jaar 4 maande 2 weke 20 ure oud


Mushrooms
Sommige dinge is waar, hetsy almal of niemand of net 'n paar dit glo. Sommige dinge is verkeerd hetsy almal of niemand dit doen nie. Geloof in die waarheid bly 'n vrye keuse.
7 jaar 4 maande 2 weke 20 ure oud


Knap
Sneeu kabouter ;-)
7 jaar 4 maande 2 weke 21 ure oud



n Vergane Era

deur neels claasen

n boek met verhale en staaltjies uit die skrywer se eie eie spoorwegloopbaan



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar