Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Hurriaanse Liedere (Hurrian Hymns) is ‘n versameling musiek wat op kleitablette aangebring is en dateer terug na ongeveer 1 400 VC. Een van hierdie tablette, wat bykans heeltemal behoue gebly het, bevat die Hurriaanse Lied aan Nikkal, ‘n Semitiese godin van wingerde. Hierdie spesifieke lied staan ook bekend as h.6 en is die oudste opgetekende musiekstuk bekend. Die komponis is anoniem.

Die h.6 tablet bevat lirieke vir Nikkal se Lied, asook instruksies vir ‘n sanger en harpspeler as begeleier. Die spesifieke harp hier beskryf, beskik oor 9 snare en toon ook ooreenkoms met ‘n lier. Sommige van hierdie tablette bied selfs instruksies aan oor hoe ‘n harp gestem moet word.

Die teks van h.6 is moeilik om te ontsyfer, juis omdat die Hurriaanse taal nie volledig verstaan word nie en ook omdat klein gedeeltes van die tablet afgeskilfer het. Ten spyte van moeilike ontsyfering, is dit duidelik dat die teks godsdienstig van aard is en handel oor offerandes aan Nikkal, die vrou van die maangod.

Die liriek word aangebied in vier lyne en die sewe laaste lettergrepe van elk van die eerste drie lyne word aan die omgekeerde kant van die tablet aan die begin van die volgende lyn herhaal. Die eerste gepubliseerde poging om die teks van h.6 te vertaal was in 1977 aangedurf deur Hans-Jochen Thiel.

Die Hurriaanse Lied is selfs die voorloper tot ander vroeë musikale stukke, soos die Seikilos Grafskrif en die Delfiese Liedere. Die tablet kan gevind word in die Nasionale Museum van Damaskus.
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Corina
Nou het jy weer my nuuskierigheid gekielie. Sal jy ons laat weet asb?
7 jaar 4 maande 1 week 6 dae 5 ure oud


Interessant!
Hoe oud is die Psalms? Ek gaan 'n bietjie oplees, jy het nou my nuuskierigheid gekielie.
7 jaar 4 maande 1 week 6 dae 16 ure oud


Interessant
Dis nou baie interessant - dankie!
7 jaar 4 maande 1 week 6 dae 20 ure oud


hahaha
Nee, BT, toe niks so prettigs nie! Cheers!
7 jaar 4 maande 1 week 6 dae 22 ure oud


Ja-Nee
Gedink die gesingery gaan weer iets met drank te doen he :-). Toevallig het die oudste Resep ook te doen met drank wat altyd lei na n gesingery. Die oudste Resep is n Resep vir Bier. Laat ons drink en vrolik wees want more sterwe ons ?
7 jaar 4 maande 2 weke 3 ure oud



Van ons ander lede

Die Skree van Stilte

deur Alex Fan Moniz

37 spesifieke gedigte gekies uit ‘n versameling van oor 300 wat ek oor die afgelope 25 jare gedig het, wat ek graag met julle wil meedeel, daar is ook ‘n paar nuwe gedigte spesiaal vir die bundle gepen.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar