Artikels

Titel: My Denke
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het my eie idees van hoe mens die lewe kan hanteer. Baie sal nie met my saamstem nie, maar vir my werk dit goed. My een belangrike “motto” in die lewe is, verander dinge wat jy kan, na die beste wat jy kan, of aanvaar dit soos dit is, wat jy nie beter kan maak deur verandering nie. Wat sal dit help om te tob oor iets wat jou pla, maar jy kan dit nie verander nie? Jy maak jouself oud en moeg. As ek 'n probleem kry, dan besluit ek: “Kan ek dit verander na die positiewe, of kan ek dit nie verander nie?”. Dit beteken dat as ek dit nie kan verander nie, moet ek dit aanvaar en die beste daarvan maak, maar as ek dit wel kan varander, wat is die opsies. Ek weeg die opsies op teen mekaar en probeer dan die beter opsie kies.
Nog 'n werklikheid is, is dat daar 'n God is, wat ons liefhet. Ek glo aan gebed, hoop en liefde en dat ons paadjie vorentoe vir ons beplan is. Die Here sal na ons luister as ons in Hom glo, en vir Hom iets vra, en sy gesindheid in die wereld uitdra. As dit wat ons vra goed vir ons is, sal hy dit gee. Ons sien baie keer nie die rede dat iets nie vir ons gegee word nie, maar God weet of dit goed is vir ons of nie goed is vir ons nie.
Ek sien nie die “goed” daarin, om onvriendelik teenoor enigiemand te wees nie. Wat wen ek daardeur? Niks! Die lewe is te kort, en ons is sterflike mense. Ons kan net sowel ander se lewens probeer ophelder, in plaas van om dit te versuur. Ek sien hoop en liefde as God se beeld na die wereld. Dit is tog lekker on lief te hê!
Die wêreld het baie mooi in hom. Ek het geleer om klein dingetjies wat mooi is te waardeer. Dit maak vir my, net meer die moeite werd om te lewe. My gesin is vir my kosbaar. Ek waardeer elkeen onbeskryflik. Ek geniet goeie kos, goeie geselskap en lekker kuier, en die belangrikste, opregte vriende. As mens al die dinge, nie as vanselfsprekend aanvaar nie, maak dit die lewe net lekkerder en die moeite werd. Dit word alles vir ons gegee, gratis, so wie is ons om dit nie te waardeer en te geniet nie?
Doen dinge wat ander óm jou, gelukkig maak. Voor jy iets doen, dink daaroor, wat sal die gevolge wees en hoe sal dit ander raak. Daarna dink jy, hoe sal dit jou raak. Dink aan ander voordat jy aan jou eie voordeel dink. Maak dit 'n gewoonte om “te dien”, sonder om 'n slaaf te wees. Daar is niks fout om ander te bevredig nie. As dit iets goeds is wat gedoen kan word, en dit is moontlik vir jou om dit te doen, moenie skroom om dit te doen nie.
As iemand met my praat, hoe luister ek? Luister met gevoel en empatie, dan sal dit wat die persoon probeer oordra, duidelik oorkom. Dit skep die geleentheid om dalk iemand moreel te steun of op 'n ander manier van hulp te wees. Dit sal weer terugkom na jou toe. Mens sal verbaas wees hoeveel keer “luister” jy na iemand, sonder om werklik te hoor wat die persoon sê.
Na my ongeluk in Julie 2004, waarin ek amper my lewe verloor het, het 'n sekere liedjie, vir my baie betekenis gekry. Mattys Roets se, “Die Gebed”. Van die lied se woorde is: “Elke dag is 'n gedagte, elke kamer net gehuur, elke aardse droom van rykdom en roem, net 'n skadu teen die muur”. Dit laat my net weer besef, hoe nietig ons eintlik is, en dit spoor my aan om te probeer goed doen aan ander, deur my toenadering en houding teenoor hulle. Dit gee myself ook genot!

Johan Matthysen.
25 Oktober 2006.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gedagtes
Beste Johan,

Dit is 'n ryk artikel. Jy is deeglik bewus daarvan dat die mens 'n gedagte maker is. Jy is ook bewus daarvan dat 'n mens se gedagtes opbouend of afbrekend kan wees.

'n Mens se gedagtes bepaal sy/haar wisselwerking met ander mense. Jy is ook daarvan bewus.

Skryf nog meer sulke artikels wat ons almal kan help om ryk (nie geldryk nie) te kan lewe.

Mooi loop
10 jaar 6 maande 3 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar