Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Winter het ook groter moeilikheid.
Marlene werk in die Mediese Eenheid en dit is juis vol van ouer mensies en sy vertel hulle het verlede week agt mensie verloor.

Ek stem nie saam met die ‘verloor’ woord nie.

Dit mag vir die mensdom en familie ‘n verlies wees, maar dit is beslis vir die Hemel ‘n wins.

Hemel, Hel, Aarde . . . .?

Die program : Hoe verklaar jy dit - wat Sondae oggende op die Radio is, het wye bespiegelinge oor hierdie dinge.
Ek sê dit is bespiegelinge opdat die Wetenskap is platvoet op die grond en praat slegs van bewese.

Die program Sterre en Planete het ook die onderliggende “Wil weet” of “Wil graag bewyse kry”
Hulle het die mees gevorderde toerusting en gereedskap om tot in die uiterste van die buiteruim te ondersoek . . .
En weet jy waarna ?

Die hele lot van hulle soek na bewyse van ‘n Hemel of Hel.

Ek stel dit kategories:
Hulle krap hulle se gatte met ‘n mikstok.
Hulle het almal die kat aan die stert beet.
Daar is ‘n Hemel
(Van ‘n ding soos die Hel, weet ek nie so mooi nie)

Ek noem my Hemel: my Annerwêreld
En
Daar is ‘n GOD.
‘n Bestuurder
‘n Skepper en Maker van alles
‘n Beheerder oor alles en almal

En HY het ‘n Plek

Dit werk so:

Die bestaande Wetenskap, Meganika, Ingenieurswese en slim mense is totaal nog by onvermoë om by te kom.

Bloot opdat hulle spoed, die snelheid wat hulle met hulle gemaakte tuie kan bereik te stadig is.
Dit is maar ‘n slakke gang.

Klank is vinnig.
Lig trek teen ‘n hoog spoed
Elektries is ook vinnig maar selfs dit vat etlike sekondes om van Oorsee af tot hier te kom.
Vanaf seker ruimte tuie vat dit tot agt maande om tot hier te kom.

Maar – stry met my . . .
Die gedagte is die vinnigste.

Verstil.
Maak toe jou oge.
Dink>
Dink aan die Eifel toring in Parys – vind jouself bo-op.
Dink weg – dink China toe. Vind jouself daar.
Dink weg. Dink maan toe – vind jouself bo-op die Maan.

Dit, my liewe Vriend en Vriendin, dit is vinnig.

Dan, dink aan jou Hemel.
Dit – dit is so vêr soos wat hierdie Wetenskaplikes nie kan bereik nie

En
Dit
Dit is . . . .

Wag eers:
Die dood.

Eugene Marais het die oorgang beskilder in sy gedig Diep Rivier.

Dit word beweer dat die oorgang deur Diepe Donker Waters is
Dit mag so wees.

Die verskiet egter . . .
Die verskiet daarna van die siel na die Hemel is egter blitsvinnig en wonderlik.

Kyk –
Kyk maar net na die wonderlike vrede en berusting en tevrede op die oorledene se gelaat.

Laat dit so wees.

Amen.

2015/07/06



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

glo
Ek ditto vir Vic hier. Mens kies maar self hoe om te leef en oorleef.
4 jaar 2 maande 1 week 1 dag 2 ure oud


***
Dis nou interessant -- ek dink die afgelope paar dae aan die feit dat die spoed van gedagte vinniger is as die spoed van lig! Seker 'n geval van "great minds think alike".

Goed geskryf, Willie.
4 jaar 2 maande 1 week 4 dae 16 ure oud


Glo..
Interessante inhoud.. Ja, mens kan sonder Hom lewe, maar jy durf nie
sónder Hom sterf nie . . . Gelukkig is die mens wat Hom KEN!
4 jaar 2 maande 1 week 5 dae 13 ure oud


Glo
'n Wins vir die hemel, sowaar ... en vir sommige van die wat verloor word ook!! Beslis vir die wat reg gekies het. 'n Mens kan nogal uitsien.
4 jaar 2 maande 1 week 5 dae 21 ure oud


Glo . . .
Dankie Henkst,

Dit maak die lewe vol en ryk

Elkeen mag glo soos hy goed dink.

Geloof laat die Aarde draai . . .

Thanks
4 jaar 2 maande 1 week 6 dae 19 ure oud


My glo en weet
Die siening dat die hel die finale woning is van die veroordeeldes nadat die laaste veroordeling plaasgevind het, het die Zoroastrianisme as oorsprong. By die dood wag die siel drie nagte om geoordeel te word, en gaan op die vierde dag na die Brug van die Vergelder/Regter, waar sy lewensdade geweeg word. As die goeie dade meer gewig dra as die kwade of sonde, gaan die siel oor die brug wat breed is en betree die hemel. Indien die sonde egter swaarder weeg, word dieselfde brug só nou dat die siel daarvan afval en in die ysige, stinkende hel beland, waar dit onderworpe is aan foltering, kastyding en tugtiging tot die Opstanding. Diegene wie se goeie en slegte dade in ewewig is, gaan na hamēstagān ‘die gemengde plek’ of vaevuur, waar die siele onderworpe is aan beide koue en hitte.
4 jaar 2 maande 1 week 6 dae 22 ure oud


glo
En so glo ek ook oom Willie. Niemand sal die hemel bereik sonder God se besluit nie en dis net Hy wat ons siel kan kom haal soos oom Willie se so vinnig soos n gedagte.
Dankie ek het die artiekel geniet. Mooi week vir oom en my beste wense.
4 jaar 2 maande 2 weke 2 ure oud



VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar