Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Afrikaner volk se geskiedenis is van die vroegste tye deurspek met helde en heldinne. Dit was mense wat hulle lewe opgeoffer het om ander te red. Daar was ook die wat in die oorloë teen die swart stamme onverskrokke was. Daar was ook die wat in die Anglo- Boere oorlog onverskrokke was. Helde en heldinne is opgelewer in twee wêreld oorloë en in n uitmergelende bos oorlog teen terroriste.

In die moderne “nuwe Suid-Afrika” het daar n nuwe vorm van helde na vore getree wat deur die massas, die pers en die tv. opgehemel en voorgehou word as helde. Dit is die sogenaamde vryheidsvegters, tronkvoëls en bomplanters wat die Afrikanervolk, saam met verraad, tot oorgawe gedwing het om afstand te doen van sy geboortereg. Sy geboortereg om in n land te kan leef wat met heldemoed en sweet opgebou is waaraan hierdie volke geen deel in die opbou gehad het nie, behalwe dat hulle gewerk het en daardeur geld verdien het om hulleself aan die lewe te hou.

In hierdie proses van nuwe heldeverering moet die Afrikaner volk se helde van die laaste dekade plek maak vir hierdie nuwe generasie helde en word hulle nou as die onderdrukkers uitgekryt maar in elke ware Afrikaner hart sal hierdie helde bly voortleef.

Laat ek julle voorstel aan my drie helde wat n ereplek in my heldegalery beklee. Hulle was nie op n gevegsfront nie maar hulle was manne wat vas by,dit wat hulle geglo het, gestaan het en dit maak van hulle in my oë helde. Hierdie manne was groot manne in die politiek maar hulle was ook, wat ek noem, ons laaste boereprofete wat hierdie volk gewaarsku het teen die gevolge van swart magsoorname. Vandag, twintig jaar later, besef ons hulle was reg in hulle waarskuwings, maar dit is te laat.

Die eerste van my helde is adv. J.G. Strijdom, ook bekend as die leeu van die Noorde. Hans Strijdom word op 30 November 1954 eerste minister van Suid-Afrika na die uittrede van dr. D.F. Malan.

Wat van Hans Strijdom n held maak is die feit dat hy die apartheids beleid onverskrokke voortgesit het omdat hy onwrikbaar geglo het in die aparte ontwikkeling van volke.

Wat egter ook van Hans Strijdom n held maak is sy onverskrokke werkywer om Suid-Afrika weer na n onafhanklike republiek te lei.
Hy het geen geheim daarvan gemaak dat hy n onafhanklike Suid-Afrika as doelwit het nie, ten spyte van baie teenkanting van oorsee en die plaaslike teenstanders van die republiekgedagte.

Dit was hom egter nie beskore om sy droom te verwesenlik nie.Strijdom was die laaste jaar of wat n baie siek man en sterf hy op 24 Augustus 1958 maar die fondament vir n onafhanklike republiek was reeds stewig gelê vir sy opvolger, dr. H.F. Verwoerd, om net voort te bou daarop.

Wat van Hendrik Verwoerd n held maak is die feit dat hy ook onverskrokke bly staan het by wat hy in glo, nl. die aparte ontwikkeling van volkere. Dit is in sy tyd wat die swart bewussynsmag en die vyandelike pers al sterker na vore begin tree het maar dit het hom geensins van standpunt laat verander nie.
Sy standpunt was: “Dit gaan nie oor een man een stem nie, dit gaan oor die totale oorname van my land deur n swart regering wat die blanke sal onderdruk net waar hy kan”.

Hendrik Verwoerd het met die besoek van die Britse eerste minister, Harold macMillan, kaalvuis in die Kaapse parlement aangevat na macMillan se “winds of changes’ toespraak waarin hy dit genoem het dat Suid-Afrika sal moet verander.

In sy antwoord het dr. Verwoerd dit baie duidelik gestel dat Suid-Afrika nie sal afwyk van sy beleid nie.

Op 31 Mei 1961 word Hans Strijdom se droom vervul toe Dr. Verwoerd Suid-Afrika in n onafhanklike republiek inlei na n referendum wat die volk toestemming daartoe gegee het. Hy was ook die man wat Suid-Afruika uit die Statebond uitgeneem het toe dit vir hom duidelik geword het dat Suid-Afrika nie sonder n swart regering anvaar sal word nie.

Vir nog vyf jaar lei Hendrik Verwoerd die Afrkanervolk onwrikbaar op die pad waarin hy geglo het ten spyte van toenemende politieke druk, sabotasie en terrorisme.

In hierdie tyd ondersteun hy ook Ian Smith om Rhodesië (nou Zimbawe) tot onafhanklikheid te lei. Toe die wêreld Rhodesië deur boikotte en sanksies Rhodesië afsny van die buite wêreld af, was Suid-Afrika sy lewensaar omdat Verwoerd besef het dat Rhodesië as n buffer tussen die swart magte en die republiek dien.

Op 6 September 1966 word Hendrik Frensch Verwoerd in die parlement deur n bode, Dimitrio Tsafendas, aangeval en vermoor.
Suid-Afrika verloor een van sy grootste helde ooit.

Baie vra is gevra hoe Tsafendas die werk as bode gekry het maar is daar nooit werklik antwoorde gekry nie. Feit bly staan dat hy Suid-Afrika van n volksheld beroof het.

In die tyd na Dr. Verwoerd het die ommeswaai begin wat tot dit gelei het wat Dr.Verwoerd ernstig teen gewaarsku het, mags oorname aan n swart regering wat hierdie land verwoes en vernietig.
Behalwe dit het dr. Verwoerd ook gewaarsku dat oorgawe aan n swart regering tot die vertrapping van die Afrikaner volk sal lei.
Vandag weet ons dat hy reg was en dit wat hy teen gewaarsku het werklikheid geword het.

Die laaste manne in my heldegalery van die verlede is manne wat nie gehuiwer het om die regering teen te staan toe hulle die pad onder Vorster begin byster raak het nie.

Albert Hertzog Jaap Marais en Eugene Terreblance was helde op hulle eie en het hierdie volk aanhoudend gewaarsku teen wat gaan gebeur as die regering sy beleid van magsverdeling voortsit. Vandag weet ons hulle was reg maar helaas te laat.

Die laaste van my helde uit die verlede is dr. A.P. Treurnicht
Ten spyte van die feit dat hy n minister was het dit hom nie weerhou daarvan om die regering aan te vat oor sy veranderde rassebeleid nie. Nadat hy en pres. P.W. Botha begin vassit het het Treurnicht nie gehuiwer om weg te breek en die Konseratiewe Party te stig nie. Dit was n wegbreek wat die Nasionale Party seer gemaak het maar ongelukkig nie gebreek het nie.

Andries Treurnicht het gestaan by wat hy geglo het en is myns insiens die laaste van ons boereprofete wat hierdie land gewaarsku het teen wat gaan gebeur as die swart magte oorneem.

Debatte in die parlement met dr. Treurnicht het heftig geword en was hy n slag n week geskors omdat hy die regering verraaiers genoem het en geweier het om dit terug te trek. Hy het de Klerk reguit verwyt dat hy nie meer die land regeer nie maar uit die Victor Verster gevangenis voorgeskryf word.

Toe F.W. de Klerk mety sy groot verraad begin het nadat die volk deeglik mislei was, was Andries Treurnicht die man wat die moed gehad het om de Klerk aan te vat en hom daarop wys dat hy afwyk van die mandaat waarmee die kiesers hom aan bewind gestel het toe hy met sy oorgawe politiek begin het. Hy het de Klerk in n referendum ingedwing maar ongelukkig was die volk op daardie stadium so bedrieg en mislei dat de Klerk die referendum gewen het en vandag dra ons die gevolge van hierdie verraad.

Die nuwe bedeling bring ook nuwe helde en heldinne na vore.
Mense soos Sonnet Bridges wat naby Krugersdorp n hele nedersetting vir armblankes skep. Carel Boshoff met Orania wat uitgebou is tot n vooruitstrewende blanke gemeenskap.

Manne soos Steve Hofmeyer wat staan by wat hy in glo.

My helde sal seker nie in almal se smaak val nie maar dit is hulle,M HELDE.








Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Helde
Ek was baie klein toe Verwoerd vermoor is. Onthou net hoe my Ma gehuil het. Dit was 'n hartseerdag.

Jou artikel is insiggewend en goed geskryf. Ons dapper helde het geval en word nou in kelders weggebere.

Dankie vir die goeie skrywe.
1 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 23 ure oud


helde
Puik geskryf Neels
1 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 5 ure oud


Helde
Ja wat kan ek se. Ek dink ek gaan eerder konsentreer oor hoe jy hierdie artikel geskryf het as om kommentaar te lewer oor die helde

Alles in die artikel is goed gedoen. Kort en kragtig gestel, soos dit moet wees. Die verering is goed uitgebeeld. Die slot pas goed san by die outydse verering van die helde.

Goed geskryf.
1 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 7 ure oud


Helde
Interessante artikel, Neels!
1 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 9 ure oud


Helde
Ook ek stem saam N,
Verwoerd se beleid was tog dat elke volk homself regeer. Nou is daar nog steeds haat tussen al die verskillende volke van Suid-Afrika onder 'n korrupte regering.

Ons Vootrekker Monument is ook nou in die moeilikheid. Hoewel dit 'n groot toerisme aantrekkingskrag is, wil die regering nie meer vir die instandhouding daarvan bydra nie, terwyl hulle miljoene gee (ons belastingbetalersgeld) vir die Mandela monumente.
1 jaar 6 maande 2 weke 4 dae 6 ure oud


My heldegalery
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die SA HELDE projek.
1 jaar 6 maande 2 weke 4 dae 6 ure oud


Helde
So bek moet jam kry! Ek stem 100% met jou saam. Daar is te veel wat kla en huil oor Sunette en Steve, maar hulle is te slapgat om self iets te së en op te staan vir ons Boervolk.
1 jaar 6 maande 2 weke 5 dae oud


helde
Nou praat jy van ware helde. Knap galery hier geskep ek ditto dit.
1 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 6 ure oud


Helde
Al wat ek kan sê Neels is : AMEN!!! Laat ons as die oorblywendes van die Afrikanervolk nou ons eie helde wees. Daar is nie 'n ander pad nie.
Dankie vir jou uitstekende skrywe!
1 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 9 ure oud


HELDE
Ek stem saam met die helde wat jy noem.
Dit laat my terugdink aan my kinders se kleintyd toe ek hulle vertel het van ander helde: Wolraad Woltemade, Dirkie Uys, Rageltjie de Beer, Chris Barnard, en nog baie meer.
1 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 10 ure oud


helde
baie dankie Arnold vir jou kommentaar en jy is heeltemal reg. elke Woesskrywer wat di waarheid skryf is n held en my innige dank aan hulle ook
1 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 15 ure oud


MY HELDEGALERY PROJEK HELDE
En die laaste helde wat jy vergeet het om te noem is die Woes skrywers wat ook hul bydrae maak om die volk bewus te maak wat in hierdie land aangaan. Dit is net jammer dat hul werke nie so baie gelees word nie.
1 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 18 ure oud


Helde
Dankie vir die terugblik in die verlede en ook die goeie navorsing wat jy gedoen het. Ek was in Std 1 met Republiekwording en het met trots in die skooloptog deur Bonnievale se strate gemarsjeer en my vlaggie gewaai.
Ek stem ook saam met Chris.
1 jaar 6 maande 2 weke 6 dae oud


my respons

al hierdie manne,
glo ek, het 'n nugter insig gehad oor Yisrael,
en begrip oor die een woord QDSH = APARTHEID:

moet nie in dieselfde juk trek nie,
moet nie verswaer nie,
moet nie saam aanbid nie,
moet nie verbonde maak nie,
moet nie aanraak nie,
moet nie toegee en ingee nie:

. . . . "Ek sal MY perebye stuur om hulle uit die skuilings te gaan haal"

Kyk na die Black Magic Democratic Helde;
. . . . hulle almal spesialiseer in terrorisme,
haat, plunder, verkragting, moord, inses, dwelms, geweld, plunder, lieg en bedrieg en korrupsie . . . . ensovoorts.

Die probleem met Nuwe Suid Afrika is dat jy regtig nie een kan vertrou om die waarheid te praat nie.
1 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar