Artikels

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons herdenk weer U geboorte, ja,
maar pleks van gee kom ek iets vra.
Pas ‘seblief my vriende op.
Wees U ‘n skild bokant hul kop.
Laat die wat vêr gaan veilig ry
en waak oor die wat tuis moet bly.
Laat ons tog nie te besig wees
vir gebedjie sê en bybel lees.
Ons vat so baie met ons mee.
Help ons om ook weg te gee,
want soms het ons ietwat te veel
en kan ons dit met ander deel.
Gee ons wilskrag om te dien
dat ander U in ons kan sien
sodat ons lewens hierdie fees
ons geskenk aan U kan wees.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kersfeesgebed
Baie dankie Fikkels dit is pragtig
en opreg bedoel. Seenwense ook aan
jou en jou gesin met die Kerstyd en
ons bly op onse kniee. Dankie dat jy
met ons deel.Groetnis
13 jaar 1 maand 1 week 1 dag 20 ure oud


Dankie vir jou pragtige gediggie/gebed. Dieselfde word julle toegewens.
13 jaar 1 maand 1 week 2 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Skat van die Seerower

    deur Rachelle du Bois

    Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar