Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Woes is een van die mees vriendelike en selfs gebruikersvriendelike Afrikaanse webwerwe vir skrywers tans op die internet. Nou praat ek nie net van die blad self nie, maar ook van die mense, die Woes-lede wat gereeld of minder gereeld hier aandoen.

Ons is ‘n klomp wat met mekaar deel – van hartseer en pyn, tot humor en selfs ‘n paar gewaagde stukke ook. Almal ondersteun mekaar in kommentare, maak onderling vriende en kuier heerlik saam.

Nou, met die uitslag van die kompetisie, het alle hel losgebars. Letterlik en figuurlik. Die argument wat duidelik die botoon voer, is die feit dat die oorgrote meerderheid finaliste nie gereelde Woes-gebruikers is nie. Almal is geregistreerde lede, maar nie so aktief soos die ander van ons nie.

Ontstelde Woes-lede beweer die volgende:
1      Lojale Woes-lede se werke het nie werklik presteer nie.
2      Hierdie mense het net ingeskryf vir die kompetisie en gee nie om vir Woes nie.
3      Hulle is haaie wat kom aas.
4      Die “arme” lojale lede het hordes inskrywings ingestuur, waarvan byna niks gekom het nie.

Ek het heeltemal begrip vir die feit dat talle Woes-deelnemers teleurgesteld is en ek erken self dat ek verbaas was toe meer van ons “sigbare” lede nie onder die Top Tien Finaliste was nie. Maar, daar is niks wat ons daaraan kan doen nie. Soos ons reeds weet, is alle inskrywings heeltemal anoniem hanteer en buite-organisasies het die keuring behartig. Bogenoemde argumente lyk vir my ook nie heeltemal so waterdig as wat dit vir die aanvoerders daarvan mag voorkom nie. Werke is ingestuur en niemand het lojaliteitspunte gekry nie. Is dit regverdig of nie? Ek weet, mens se kop praat eenkant toe en jou hart anderkant toe ...

Vandag, nadat ek met die verskeie finaliste begin kommunikeer het, het van hulle erken dat hulle nie voorheen lede van Woes was nie, maar geregistreer het toe hulle van die kompetisie gehoor het. Vir sommige van hulle was dit ‘n geleentheid om aan ‘n kompetisie deel te neem en te kyk wat gebeur. Baie het toe eers van Woes gehoor, so kan mens hulle regtig veroordeel dat hulle nie aktief op die blad is/was nie?

Mag ek bylas dat die finaliste wat terugvoer gebied het, dit dadelik gedoen het en ek gaan die onderhoude plaas soos wat dit inkom. Lees dit gerus. Hulle het Woes ook lof toegeswaai en sal graag meer betrokke wil raak. Hulle het almal profielblaaie, maar dis nog nie ge-aktiveer nie.

Nou wil ek alle Woesters asseblief mooi vra: Kom ons veroordeel nie die finaliste voordat ons hulle leer ken het nie. Kom ons wys vir hulle dat ons ‘n Woes-familie is en maak hulle deel daarvan. Ek is seker ons kan almal baie by mekaar leer.

Baie dankie dat julle die tyd geneem het om hierdie artikel te lees en ek is seker elkeen van ons lede sal in goeie gees optree.



 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

...En dan,,,,
kry jy Woes lede soos ek, wat hier kom om van julle te leer. Ons lees julle bydraes, en sodner dit kan ons nie nuwe goed leer nie. Die rede hoekom ek myself as 'n voorbeeld gebruik is dat ek al 3 jaar 3 maande 3 dae 38 minute 'n lid van Woes is. Ek het niks ingestuur nie. Ek wou nog toe ek gerigestreer het, maar nooit daarby uitgekom nie; totdat ek die kompetisiegeleentheid gesien het. ek weet nie wat my besiel het om in te skryf nie, maar ek het, en sederdien het ek 'n paar goedjies hier op woes kom plaas.

ek persoonlik dink dat die hele argument van nie lede vs. lede hand uit begin ruk.

was dit nie vir die kompetiesie nie, sou daar nie iest in my wakker geword het nie.

Baie geluk aan al die finaliste, en sterkte vir die wat nog wag vir die kortverhaal se beoordeling.
8 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 1 uur oud


Ek sien dit so
Gedane sake het geen keer en ons kan nou seker uit die fiasko/ argumente/ongelukkigheid iets leer. Die standaard van die 'werf vreemdes' sou dit nie gehaal het as hulle werke nie van n hoer standaard was as die 'huis woesters' nie. In die vervolg kan dit seker maar n voorwaarde wees dat bv. net werke wat op Woes gepubliseer word mag in skryf en dat jy bv. vir ses maande n bydraende lid met wees. So kry die nuwe Woesters dat die volgende jaar n kans om in te skryf en almal is gelukkig.
8 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 6 ure oud


Die weervoorspelling.
Toe ek op Maduvis se profiel gaan kyk,(gister of eergister),was daar net een gedig op......sy is 3 maande 1 week en 1 dag lid....wanneer is die skryfkompetisie geloods????sien..dis die punt....sy is n goeie voorbeeld van mense wat voorheen geen bydrae tot woes gemaak het nie....en wat tot en met die woesuitslag nog nie eers n werk op die site gehad het nie..soos die meeste ander finaliste in die digafdeling....
anyway.
*jou stelling is dus van alle waarheid gestroop.
8 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 7 ure oud


die weervoorspelling
ek dink een van die punte(wat ek gemaak het en ander),word weereens verdraai en misverstaan.
Nerens is gese of gevra dat gereelde woesters bevoordeel moet word nie,of beloen moet word vir lojaliteit nie.
(Dit moet slegs gaan oor die kwaliteit van die werk en die wenwerke moet waardig wees..dit is nog altyd n kriteria..).
wat gese is:die is n woesskryfkompetisie..(nie n Rapport een of n Lapa een of n huisgenoot een nie)...dit moet dus nie n 'oop'- kompetisie wees nie.
Slegs skrywers wat n bydrae tot woes maak,moet kwalifisieer om in te skryf.
EN nie 'buite' skrywers nie.
As iemand wil deelneem,kan hulle voortydig n woes lid word,en bydreas maak.
En nie net aansluit,deelneem en loop nie,sonder om enige bydrae tot woes te lewer nie.
dis al.
8 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 7 ure oud


Reeds geplaas
Maduvis is 'n "ou" lid en het haar gedig reeds Vrydag geplaas. Johan Kotze het ook reeds gedigte geplaas. Spyker Koekemoer en Sanger is nog twee "ou" lede.
8 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 17 ure oud



Van ons ander lede

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar