Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

So kry ek toe geleentheid om 'n tandem-valskermsprong te gaan doen En soos ek altyd vir 'Mother outlaw' sê, sy kan my van baie dinge beskuldig maar nie van bangwees nie.

Wat kan dan nou so erg wees daaraan om uit 'n vliegtuig te klim?
D-dag breek toe aan op Vrydag 17 September 2011.


Ons is in spanne opgedeel om so 3 mense saam met hulle tandem-meesters in die vliegtuig te gaan om dan vir 20 sekondes 'n vryval te doen en daarna hang jy aan die valskerm tot op die grond.

Nou wat julle van valskermspring weet, weet ek nie. Maar wat ek daarvan weet is gevaarlik.....

So beland ek, banggat, in die laaste groep en is ook die laaste een om uit die vliegtuig (wat so terloops nog werk) te klim. Bid jou aan vrywillig. En ek kan maar vir jou sê ek was sk%#t-bang tewyl ek nog op die grond was.
Maar ek is die spreekwoordelike ware heer en staan elke keer terug dat die vroumense voor my gaan.

Toe dit uiteindelik my beurt was word ons soos sardiens in hierdie vliegtuiGIE gepak. Stel jou voor, die tandem-meester sit wydsbeen en ek moet daar inpas - dis nou tussen sy bene. Ewe intiem sit ons vreeslik naby mekaar. Nader as wat mens sou beplan in normale omstandighede.
Die volgende tandem-meester kom sit tussen my bene met sy passasier tussen sy bene.
Toe is die linkerkant van die vliegtuig vol. Regs van my pas toe nog 'n meester en sy passasier op dieselfde manier in. Die kameraman voor haar en voor hom hom nog 'n kameraman. Nou kort nog net die olie en ons is sardiens in 'n blikkie. Knus en dig teen elkaar.

So styg ons toe op tot 10 000 voet -
Op ses duisend voet herhaal hulle die voorligting wat ons op die grond gekry het. Op 8 000 vt maak hulle seker jy weet jy is aan jou meester vasgebind.
En op 10 000 vt maak hulle die vliegtuig se deur oop en 'n stormwind tref ons. O ja en ek moet byvoeg, 'n yskoue stormwind. Nou is dit eers die vrou aan my regterkant se beurt en soos jou beurt aanbreek ryg jy deur mekaar en oor mekaar uit tot by die deur.
Nou gaan sit jy op die rand van die vliegtuig en ek kan maar vir jou vertel die stukkie waarop jy jou alie moet balanseer is seker so 2cm wyd. Dit beteken dus dat jy in werklikheid buite die vliegtuig hang en jou voete is iewers onder die trap van die vliegtuig ingevou.
Die meester pluk my kop ewe teen sy skouer vas sodat jy 'n piesang-vorm aanneem om sy werk te vergemaklik. Onder jou sien jy 'n laslappie toneel van verskillende kleure.

Maar genade net voor ek die toneel te veel kon bewonder word ek summier by die vliegtuig uitgestoot en val met 'n moerse spoed aarde toe.
En daar is niks gemaklik of wonderlik of romanties aan hierdie neerplons aarde toe nie. Want die wind druk die Sn&t by jou neus uit en plak dit teen jou wang vas. Die bietjie asem wat jy nog in jou longe probeer kry word uit jou gepers. Dit het later vir my gevoel die 20 sekondes rek tot 20 minute en die wind verander my in 'n vis met kuwe. Want so vinnig as wat jy probeer asemhaal word dit - soos dit vir my gevoel het - by jou ore uitgedruk.

Die onaangename deel het ek agtergekom was nog nie verby nie. Toe die meester darem die valskerm oopmaak om ons sag en vry soos 'n voël op die grond neer te sit word ons die lug in gepluk. Die harnas - waarvan die bande een in elk van my lieste deurgevat is pluk amper die tweeling deur my keel en dit knyp en skaaf en druk soos wat ek nie gedruk wil word nie.

En toe daal daar 'n Goddelike stilte neer. Niks raas nie. Nie wind nie, nie verkeer nie, nie mense nie. Dit is grafstil. Sodat ek elke woord hoor wat die meester vir my byna fluister.

Hy gee die beheer van die valskerm aan my oor en as jy links wil draai trek jy die linkerkantse koord en so ook met die regsdraai slag.
Toe hy vir my vra of ek naar is het ek gedink die man dra my welstand op die hart. Maar nee - hy wil dit net weet met voorbedagde rade. Die volgende oomblik vat hy die stuurstang vas - pluk die linkerkant sover moontlik af onder toe en daar gaan ons in 'n spin dat dit vir my voel ek gaan nou die voëls begin voer soos oorle Tolla van der Merwe toe hulle op die swings was.
Ek het nog nie besluit watter kant toe die voerdery gaan plaasvind nie toe tol ons na die regterkant toe. En hoe vinniger ons tol, hoe groter word my oë en ek begin soek vir die windaf-kant om die spoegwerk te laat gaan.

Genadiglik kom ons toe by die vaste oppervlak van moederaarde aan. "Tel op jou voete" word daar vir my gegil. Maar wie kan nou sy voete optel as sy oë nog rondspin in sy kop en die tweeling skreeu vir verlossing?

Die einde was insig is al wat ek geweet het. En toe ek hande-viervoet op die gras staan met 'n ander man agter my het ek geweet - Wat ek wel nou kan sê is, ek weet hoe dit voel, maar nee dankie my sport sal skryf en bike bly.

© Christo du Plessis



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

My sport bly my sport.
Klink soos FUN vir my !
Dankie, dit was my grinnik vir die week.
8 jaar oud


Lag
Ek lag sommer kliphard...
en dan wonder ek oor 'h hele paar goed...

Shame man ... is jy OK!!!

Hie hiehie...
8 jaar 1 maand 2 weke 1 dag 20 ure oud


Sport's
Zymrly,
Dit is hoekom ek glo LiewenJesus het my voete gegee - om dit op die aarde te hou. Lekker geniet!
8 jaar 1 maand 3 weke 6 dae 1 uur oud


Sport
En nou kan jy die T-shirt kry: Been there done that! Diep stem sal seker eers weer later trugkom, if ever. Jy is nou net gedoop, volgende keer sal dit lekker wees.
Zym, maar nou vra ek hoekom sien ons nie meer male rubrieke en verhale van jou af nie?! Jy doe dit dan so goed! Komaan man, moet ons nie so afskeep nie. Baie baie lekker gelees, gaan nou my hare kam en my neus afvee.
8 jaar 2 maande 21 ure oud


*.*
So lekker om iemand anders se ervaring so in detail te hoor. Baie goed wat ooreenstem met my ondervinding, mar baie verskille ook. Bly jy het dit darem beleef, want nou kan jy ook se; ek het al! Het lekker gelag, dankie! :)
8 jaar 2 maande 1 dag oud


*.*
So lekker om iemand anders se ervaring so in detail te hoor. Baie goed wat ooreenstem met my ondervinding, mar baie verskille ook. Bly jy het dit darem beleef, want nou kan jy ook se; ek het al! Het lekker gelag, dankie! :)
8 jaar 2 maande 1 dag oud


Sport-sports
Daar het jy my nou heeltemal laat afsien van iets wat ek heel graag sou wou doen en ek is baie bly daaroor!

Ek was so 10 jaar gelede op Gold Reef City se Golden Loop. My broer het op daardie stadium al die ry-goed in stand gehou en moes dus eers 'n toets-rit doen voor dit vir die publiek oop gestel mag word. Hy en skoonsus het my tussen hulle sit gemaak, ons met daardie chroom hefboom vasgepen en daar gaat ons. Ek het my oë styf toe geknyp en was baie benoud. My ore het gesuis en as ek wou gil, kon ek nie want teen daardie verskriklike spoed blaas die wind jou wange en neusgate bol-vormig op sodat jy soos 'n vreemde wese vanaf 'n ander planeet lyk. Toe ek tog my oë effens oopmaak... sien ek die Hemel! Toe ons tot stilstand kom en ek wou uitklim...toe trek ons vir 'n tweede rondte weg! My oë was oop, my hart wou gaan staan en vir die tweede keer sien ek die Hemel....!

Hulle moes my daar afdra. My bene het eenvoudig onder my in gevou en ek was vir minstens 'n half uur heeltemaal sprakeloos. My eerste woorde was "Nooit in my lewe weer nie!"

Dankie vir jou artikel, Zym. Nou hoef ek nie weer 'n keer my naam met 'n plank slaan nie.
8 jaar 2 maande 1 dag oud


Sport
Mater,
Dit word 'n lekkker ding.
Volgende keer weet jy hoe om die harnas te stel sodat dit gemaklik is.
1 Valskerm Bataljon. Wat 'n Heerlike tyd!
Die 'eerste' keer is maar altyd nie te fantasties nie.

Lekker vertel!
8 jaar 2 maande 1 dag 5 ure oud


Sport...
Alla wêreld, Zymrly...jy het waagmoed en ek het jou ondervinding verskriklik geniet...so tussendeur gelag vir die amusante manier hoe jy jou ervaring beskryf...kosbaar en glo my, dankie vir hierdie interessante, kostelike nuusbrokkie, maar, dankie... my voete bly net op die vaste aarde onder hulle, ek glo jy was só verlig toe dit verby was!
8 jaar 2 maande 1 dag 12 ure oud


Ek sal ook maar met my voete op moederaarde bly, dink ek.
8 jaar 2 maande 1 dag 18 ure oud


SportS
Haai Christo, Ek dink jy is baie dapper.
Die breë 'smile' foto was of voor jy gespring het, of net verligting toe dit verby was.
Lekker gelees
8 jaar 2 maande 1 dag 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar