Weergawe: 1
Aantal woorde: 624
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 04 May 2012
Bo en behalwe dat ons hier op woes ons uitleef in die skryf kunste, het elkeen tog ook sy/haar private doen en late en meestal ook ander kuns vorme wat jy liefkoos en beoefen.
Ek weet van Dames wat met naaldwerk besig is: Brei, hekel ensovoorts.
Baie skilder. Ander doen dit en ander doen dat.
Ek, in my lewe doen net een ding: Ek vertel net stories.
Maar, dit is eintlik nie die volle waarheid nie.
Ek bestaan uit parte; My mond kan vertel terwyl my hande iets anders doen.
Daardie iets anders is baie dinge – eintlik vir die oningeligte, ’n wonder wêreld .
Indien ek van die “Manne” praat, van onse doen en late, het ek al vertel van die man agter daardie manne.
Ons het ʼn “Handwerk groep”.
Dit is van die manne wat iets met hulle hande doen – almal van ons doen iets met ons hande.
Ek wil net oombliklik iets uit skakel. Ons is nie een Egoïsties nie. Inteendeel, ons is nederig, bewus onse eie tekortkominge.
Maar, in wese is een en almal ʼn ontsettende groot Spesialis.
Ons vergader Maandeliks by een se huis, waar hy in sy agterkamertjie homself besig hou.
Sommige lesers sal miskien glad nie verstaan wat hierna gaan volg nie, maar, probeer jou indink as jy kyk na die “bykans onmoontlike” wat ʼn man met sy hande kan maak.
Ek nooi julle saam na die huis van Willem de Heïjer. Afgetrede skoolhoof maar was sy lewe lank ʼn wetenskap en wiskunde onderwyser en het na sy aftrede sy hande aan hierdie stokperdjie gesit:
Ek gaan by duie begin begin.
Vervoer; Ek het geen kennis nie maar dink dat die eerste vorm van vervoer was slawe wat hoog geplaastes op ʼn draagbaar vervoer het.
Wat daarna eerste was weet ek nie.
Die ryperd, die os met wa, die donkie ( soos in die Bybel), roei bootjies tot en met die heel eerste meganiese vervoermiddels:
Die stoom boot en die stoom lokomotief.
Hierdie is Willem se passie.
Maar.
Klein. Baie klein, en dit werk.
Luister nou mooi. Al wat Willem koop, is boutjies, moertjies, ‘bearings’ en rubber seëls.
Die res, alles wat jy gaan sien op die foto’s, was ʼn stuk yster wat hy gesny en verwerk het tot hierdie miniatuur stoom masjien.
Daar is ʼn groot stoomboot se replika; Soos die stoombote van Amerika wat op sy bevaarbare riviere vaar en wat vir Rodger & Hammerstein geïnspireer het tot daardie pragtige musiek.
Op van die foto’s het ek ʼn klein botteltjie Sprite geplaas, om die grote van die enjin is perspektief te bring.
Ongelukkig sal diegene wat nie baie weet van die Meganika nie, nie mooi verstaan nie. Maar aan die binnekant is dit net soos die binnekant van ʼn motor se enjin, met werkende suiers, stange, krukas en “bearings” – net mikroskopies klein.
Ek het sy vee borsel op die draaibankie gesit, om te wys dat die dingetjie net-net groter is as ʼn vrou se naai masjien.
Woorde kan nie verduidelik nie.
Vir my die sensasie. Die verskil van groot na klein.
Die een afdeling van my werkswinkel is groot. Ek meen, dit is moontlik om jou kar met die oorhoofse kraan op te tel hom in die draaibank te sit en voor vas te knyp en die agterkant vas te knyp en die hele motor teen 7000 revolusies in die rondte te draai, en hier by Willem, werk hy met een hengske vergrootglas, net om die dingetjie wat hy maak raak te sien!
Op die een foto het hy so ʼn stoom enjintjie in sy hande. Daardie parte wat dunner as sy vingers is, is hol binne met baie ander klein partjies wat hy met tweezers aan mekaar sit.
Volgende maand nooi ek julle weer saam na die volgende man se koningryk!
Willie F van Tonder
2012/05//04
Lees ander artikels deur sneeuwolf
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Willie Botes
Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer