Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vir jou wil ek sê dankie. Dankie dat jy my die kans gee om joune te wees, die kans om vir jou lief te wees en jou te ondersteun. Dankie vir die kans om jou te adviseer en soms te lei met my sagte, vroulike geaardheid. Baie dankie vir die kans om 'n impak op jou lewe te maak.

Ek weet ek is nie altyd die maklikste mens nie en hierdie gaan nie vir jou die maklikste ding in die wêreld wees nie. Ek gaan defeneslis partykeer skree en kwaad word, soms lelik wees en ander kere net my moer strip en vra ek wil alleen wees. Onthou altyd dit beteken jy moet bly, want maak nie saak hoe kwaad ek is nie, ek wil alleen wees SAAM met jou!

Ek gaan soms vir jou sê jy's vertraag of dalk 'n leliker woord, onthou dan net dat maak nie saak wat ek sê nie ek sal altyd mal wees oor jou - en as daar 'n smile op my gesig was, was dit 'n grappie.

Ek gaan nie altyd groot romantiese goed doen nie, dis eintlik die klein goedjies wat tel. Maar wanneer ek dit doen, speel saam want ek doen dit met al my liefde.

Daar sal dae wees wat ek net voor die TV wil lê en vet word, dis altyd lekkerder as ons dit saam doen. Onthou dan ook, 'n lui dag so elke nou en dan is lekker, maar ek gaan moeg word daarvoor en weer wil hard werk.

Wat ek van jou verwag is liefde en ondersteuning, vertroue en eerlikheid en spasie. Ek verwag dat jy my ma en my pa moet respekteer en my sussie beskerm asof sy jou eie was. Ek verwag dat ek jou nommer een prioriteit moet wees en dat jy my altyd sal beskerm, teen ander en soms teen myself. Ek verwag dat my vriendinne die vrymoedigheid sal kan hê om jou te sien as 'n veiligheids figuur en dat jy vir hulle ook sal lief wees. Ek verwag dat jy besef jy's net mens en jy kan nie alles doen nie en dan verwag ek dat wanneer jy sukkel, jy dit vir my sal sê. 'n Verhouding is 'n span, jou probleme is dus myne.

Ek verwag dat jy die Here lief het, meer as vir my.

Wat ek bied, is my volle liefde, in woede ook. My ondersteuning, selfs in twyfel. My eerbare onderdanigheid en respek, al stem ek glad nie saam nie. My vertroue en eerlikheid, selfs al voel ek dat ek die waarheid moet weerhou.

Ek bied my 100% getrouheid aan jou en ons kinders. Ek bied al my talente en vaardighede tot ons gesin. Ek bied jou myself as 'n steunpilaar in jou tye van swakheid en jou vangnet as jy van die waentjie afval. Ek bied jou myself as die vrou wat jy nodig het om jou te motiveer en te help om te kom waar jy wil wees in die lewe.

Ek bied jou die gerustheid in jou hart, jou ma en pa en familie sal ek respekteer en hanteer soos my eie.

En ek belowe dat vir jou sal ek op my hande dra soos die Koning wat jy is. Ek sal jou in my hart dra soos die engel wat jy is en ek sal jou eer en respekteer soos die man wat jy is.

My man.

Ek bied aan jou my Liefde, altyd.
xx



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

verlede tyd
So vrou in sy lewe te gehad het. (: Maar baie dankie dat jy dit gelees het!xx
5 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 8 ure oud


brief
sjoe ongelooflik pragtig. wat n gelukkige man om so n vrou in sy lewe te he
5 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 20 ure oud



Waarheen met die nuwe wyn

deur Christo Nel

Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar