Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Epiese gedigte (1) is verhalend van aard en die samestelling van karakters, gebeure en die digter se stem in die tipe kunswerk. In verse geskied verhale in epiese, romantiese en in sommige liriese gedigte.

Vroeë voorbeelde van verse as verhale is in die epiese gedigte van Homerus (Homer) en Virgil en later in die Anglo-saksiese gedig “Beowulf” en in Milton se “Paradise Lost” (1667). Die epos word uitgeken oor die breedte van die agtergrond en gebeure wat dit behels, en die wydte van temas en natuurlik die erns van die doel daarvan:

So gaan die verteller voort in Milton se “Paradise Lost” om die “weë van God tot die mens te regverdig.” Ander lang eposse sluit Dante se “La Divina Commedia (1307), Geoffrey Chaucer se “Canterbury Tales” en Spenser se “The Faerie Queene (1590,1596) in.

Die vers romanse het in Frankryk ontstaan gedurende die twaalfde eeu waar dit grootliks gehandel het oor die waardes en probleme van ‘n gemeenskap aan ‘n koninklike hof, Engelse voorbeelde hiervan is “Sir Gawain and the Green Knight (1370) en Chaucer se “Troilus and Criseyde (1385).

Gedurende die agtiende eeu het die satire die aard van verhalende poësie gevorm met werke soos “The Rape of the Lock” (1712, 1714) deur Alexander Pope en Henriade (1728) deur Voltaire. In die romantiese tydperk was die digkuns gekenmerk aan kort liriese gedigte, maar daar was ook heelwat belangrike verhalende verse soos William Wordsworth se “The Prelude (1850), Samuel Taylor Colridge se “The Rime of the Ancient Mariner” (1798) waar die verteller ‘n antieke seeman is wat die gaste by ‘n troue stop om sy verhaal te vertel, en die prentjieagtige “Don Juan” (1819-1824) van Byron. In die Victoriaanse tydperk was Alfred Tennyson en Robert Browning die mees vaardige digters wat van verhalende poësie gebruik gemaak het. In ons eie tyd het W.H. Auden, John Betjeman en Philip Larken verhalende gedigte geskryf.

Verhalende poësie soos die epos, die idille, die Engelse ballade, die kort verhalende gedig, die sage, die mite, die legende, die sprokie en fabel, geskiedskrywing en die metriese romanse kan as epies beskou word. Ek het al hierdie tipe gedigte behalwe die metriese romanse reeds breedvoerig in vorige artikels behandel en sien dus nie die nut daarvan om dit weer te doen nie en gee hier slegs enkele voorbeelde waar daar talle ander in my digkuns bestaan.

Die rymende epos “Deur die oë van ‘n veldkornet” is op die ooggetuie verslag van veldkornet JJ Potgieter gebaseer gedurende die tweede Anglo-Boere oorlog. Hier is ‘n voorbeeld elk, van al die bogenoemde versvorme behalwe die metriese romanse:


Ballade van die afkop man (Engelse ballade)

(na A.G. Visser)

Op die pad naby Skimmelperdpan
groet ‘n jong boer sy fraaie vrou
en die forse man
is besig om haar vir ‘n oomblik vas te hou.

koor:
in die lug is daar ‘n maan
wat half sekel hang,
as ek by die onderste kloof verbygaan
sien ek ‘n ruiter en perd wat byt teen sy stang

Later as die weer opsteek
en blou bliksems soos skote om my knal
gebeur ‘n ding wat ‘n dapper man se moed kan breek
voor die eerste groot druppels reën soos geweerskote val.

As daar perde pote soos kanonskote klap
terwyl ‘n kerkklok middernag in die verte slaan
en geen mens meer in die strate rond stap,
as die meeste huise se deure geslote is,
is daar ‘n onaardse ding
wat regop in die stiebeuels staan.

Net een blik toe nog ‘n bliksem langs ons val
laat my amper uit my geloof uit skrik
toe ‘n perd verby galop
en die donder onheilspellend knal
en ‘n ruiter sonder kop vooroor leun soos wat hy
met ‘n helle vaart verby ry
met ‘n roer wat donder in sy vingers geklou

en by ‘n ou bouval
is daar ‘n skimagtige wit vrou
wie se skril stem deur die nag sny,
skreeuend op die ruiter wat verby ry:
“Kan niks jou keer? Jan van der Meer?”

[Verwysings: “Die ruiter van Skimmelperdpan” deur A.G. Visser en “By ‘n pan in die nag” deur Gert Strydom.]


Idille

Soms was daar dae wat die son
warm in die somer middag hang,
as ons luilekker langs mekaar kon lê
met die geur van jasmyn, katjiepiering
en laventel wat in swiep op ‘n warm wind.

Soms was daar dae wat ons tortelduiwe
in die groot ou peperboom kon hoor koer,
hoe die klokkies op die stoep
die wind se refrein jubelend speel
as ons saam na mekaar lê en kyk.

Soms was daar dae wat jou vingers
deur myne vleg, my hand op jou bors vasdruk
terwyl jou hare roesbruin oor my bors uitsprei,
jy my met die vuur van passie vir oomblikke beskou,
voor ons tederlik vir ‘n ewigheid in mekaar versmelt.

Soms was daar dae wat die donder buite klap,
die honde bang in die huis in vlug,
ons die reën kon ruik, sien hoe die woeste wind
rukkend deur die aartappelbome gaan,
maar oor ons het ‘n rustige reënboog bly hang.

Vrede, ‘n tipe dieper rus was orals
en die tuin was pragtig soos Eden,
die stad se rumoer iewers vêr weg
as jy my met al jou liefde bemin
was oomblikke en dae gelukkig, goed en reg

maar nou is dit slegs idilliese herinnerings
wat dae, nagte en ‘n vergete lewe
soms met tye terug wil bring,
as ons wêrelde uit mekaar uit leef,
in die dolheid van die stad vasgevang.


Die veld is rondom my (kort verhalende gedig)

Die veld is rondom my
en ek is agter vyandelike linies
gekamoefleer, geklee in
militêre uniform, met spoorsny stewels aan,
waarvan die sole
amper soos hardloop skoene is,
met ‘n wapen in my hande

beskou, verken ek vyandelike soldate
wat verby ry
met bakkies, motors sonder dakke
en in lorries en hulle wuif gewere
in die lug, vuur soms
terwyl hulle verby gaan.

en skielik is daar ‘n jong seun
saam met my
geklee in ‘n blou kort hemp
en grys kort broek
(laerskool klere registreer dit by my),
maar hy lyk veels te jonk vir skool
en loop kaalvoet.
reg langs my.

Waar ek ook al hardloop van bos tot bos,
kat loop, luiperd kruip
en agter bosse wegkruip
en nader en nader aan vyandelike posisies kom,
bly hy soos ‘n skaduwee reg aan my sy
en hardloop, loop en staan oop en bloot

en dit treiter my
en hy hou aan om met my te praat
en ek is bang dat hy aandag op ons kan trek
en sê:

“Gerrie, kom lê hier.
Kruip weg agter hierdie bosse.
” Hou op praat. Jy sal die vyand van ons bewus maak.”

Glad nie bekommer
soos wat ek in my kinderdae
in die bos geloop het en geïgnoreer was
deur die plaaslike bevolking wat verby gaan,
kyk die seun na my en skud sy kop
as hy vra:

“Waarom skiet die vyand in die lug,
terwyl hulle verby ry?
Waarom roof hulle
soms hulle eie mense?”

Ek besef dat dit my eie gedagtes is
en kyk weer na die kind
en sien my jonger self,
met kinderlike onskuld
wat my vergesel.


Op pad verby Uniondale (sage)

Toe ek een stormagtige
paasnaweek met roete twee en sestig ry
is daar ‘n pragtige nooi
wat ek langs die pad
net twintig kilometer van Uniondale kry,
by die Barandas afdraai pad
die wind swiep deur haar donker hare
en ek hoor dit huil oor die kammanassieberg
en haar duim is uit.

Ek hou toe langs haar stil
en langs die pad is daar rooi aalwyne wat bloei,
en sy het ‘n vloot blou baadjie,
‘n donker groen langbroek aan
en ek wonder toe of sy koud kry
en in die binne lig van die BMW
lyk sy half wit bleek
en glimlag pragtig vir my
toe ons daar wegry
en ek vra waarheen sy op pad is
en sy antwoord net saam.

Ek wou nog vra
wat so ‘n mooi nooi
alleen langs die pad maak
toe ek die appel bloeisels
van haar parfuum ruik
en sy skielik skril
langs my lag
en haar motor deur
oop en toe klap en sy weg is
en ek dadelik die motor
tot stilstand bring
want ek dag die vrou
het uitgespring.

Buite die kar was die pad leeg
terwyl ek kopskuddend op en af loop
sonder om ‘n teken van haar te kry
en net toe kom ‘n polisie vangwa daar aan
wat agter my kar stilhou

en die konstabels is vas oortuig
dat ek ‘n rit aan ‘n spook gegee het
en hulle noem haar Marie Charlotte Roux
en sê dat sy veral oor paasnaweke
langs daardie pad dwaal
en my vertelling
is toe reeds vir hulle
‘n ou bekende verhaal.

[Verwysing: Ongeluk op R62 waar Marie Charlotte Roux gesterf het op die agter sitplek van ‘n Volkswagen kewer toe haar verloofde GM Pretorius beheer verloor het op 12 April 1968 in stormagtige weer. ’n Jaar later het hy getrou en daar word vertel dat sy van toe af spook, maar opgehou het om te verskyn nadat hy in 1984 in ’n motorongeluk gesterf het, maar wie weet dalk verskyn sy weer.]


Thomas (legende)

Thomas het die geheime klop aan die deur gegee
en dadelik het dit oop geswaai
al sy vriende het gelyktydig gepraat.
“Thomas! Thomas, Maria het die waarheid vertel,
Hy lewe.” Maar Thomas het hulle nie geglo nie.

“Tensy ek die merke in Sy hande sien
en my vingers in die gate steek,
sal ek nie glo dat Hy lewe nie.”
Net ‘n week later terwyl die groepie vergader

het Jesus tussen hulle verskyn en gesê:
“Vrede vir julle,” na Thomas toe gedraai
en aan hom gesê: “Neem jou vingers
en ondersoek my hande. Steek jou hande
in my sy.”

Thomas het uitgeroep: “My Meester en my God!”
“Jy glo wat jou oë gesien het,
maar geseën is hulle wat glo
en nie gesien het nie.”

Thomas het nooit weer in Jesus getwyfel nie
en op besoek aan Calamina in Indië
het Thomas ‘n beeld van die son god vernietig
wat die mense daar aanbid het.

Die priesters het veroorsaak
dat hulle koning hom laat arresteer
en Thomas was veroordeel
om met rooi warm metaal plate gebrand te word
en om daarna gegooi te word

in ‘n brandende oond
en tot hulle verbasing
het die vuur hom geen skade berokken nie
en hy was steeds sonder ‘n letsel in daardie vuur

en met groot woede
het die priesters van die songod
spiese gegryp en in Thomas in gewerp
totdat hulle hom laat sterwe het.

Circe (mite)

Dag op dag smag ek na hom,
hou hom dop waar hy nakend teen my slaap,
sien die son in die ooste opkom
smag dat hy my weer in passie moet opraap.

Uit sy oë wil ek die weemoed weer,
hom vir nog ‘n rukkie aan my verbind
keer dat hy nog gevare moet ontbeer
hom met my tere liefde verblind

maar as hy buite rusteloos op en af loop,
vêr oor die oseaan uitstaar
verdwyn al my hoop
om hom hier te hou, wil ek hom nie keer om weg te vaar

en tog wens ek dat hy net nog ‘n oomblik langer kan bly,
staar ek self die verte in, kyk ek by sy blik verby.


‘n Kat se droom (sprokie / fabel)

Hy strek uit op die grond
waar hy in die son lê
en die hitte op die lang hare
van sy rooi-goue gemmer pels
voel werklik goed
en die goue oë
van die Persiese kat sluit,
terwyl slaap dit weg neem
en lug sag deur sy
plat pienk neus vloei.

Twee skerp klein wit tande
punt uit verby sy lip,
net reg om te knip
en strepe is orals
soos die van ‘n tier.

Sy hele lewe lank
was hy ‘n goeie kat gewees,
het teen die baas
en sy vrou aan geskuur,
rotte, muise
en selfs slange gevang
en hulle as geskenke gebring
aan die mense
wat hy bemin.

Tog op hierdie dag
terwyl hy slaap
bid hy aan al die gode
wat katte ag,
om ‘n tier van ‘n dag te hê
en om dit moontlik te maak
om vir net een dag
te leef en te speel
as ‘n tier.

Die droom ontaard in ‘n nagmerrie
en twee venynige Rotweillers
jaag hom in ‘n boom op
en grom, blaf
en spring in die lug op,
maar terwyl hy slaap
word sy gebed verhoor
en ‘n woedende tier
storm van die boom af
en klou in die honde
se rigting uit
selfs nog voor dit
die grond raak.

Verskeur, bloeiend en tjankend
hardloop die twee honde
skreeuend weg
en laat weet elke ander hond
met vrees,
dat ‘n magtige tier los is.

Toe hy met die straat af gaan
is al die mense
wat hy ontmoet vrees bevange
en hardloop hulle in skok weg
en hy kan niemand vind
om mee te speel nie
en self die ander katte
is uiters bang
en bly op hulle eie.

Soos wat die dag aangaan
raak hy regtig honger
en drink water
uit ‘n wens fontein,
waar toeriste stop
om uit hulle karre
na hom te staar,
terwyl ‘n patrollie polisie
bang nader kom
om hom te probeer vang.

Om weer ‘n Persiese kat te wees,
lyk veel beter
op hierdie plek en tyd
en hy wens
en stamp per ongeluk ‘n munt
van die kant af
wat af in die poel in val.


Die slag van Majuba (geskiedskrywing)

Met Generaal Majoor George Pomeroy in bevel
het die Hussars, Gordon Highlanders, 60ste gewere
en ‘n kontingent van die Britse vloot brigade
op Majuba berg geklim
en in die geveg
het hulle by die agterkant af gevlug.

Met skemeroggend het die Britse leer
die steil berg ingeneem
en die Boere kommando se kamp
was op die plein aan die onderkant
en Generaal Majoor George Pomeroy,
was net ‘n bietjie te gerus
met hulle posisie op die piek
en die Boere se lot het in hulle hande gerus,
of so het hulle geglo.

Die Boere het Britse soldate
bo op Majuba berg die Union Jack
sien waai
en onder beskutting,
het hulle die steil hange begin klim.

Op ‘n Februarie somer dag
het die boere kommando
met hulle plaas klere
in die veld, die berg se rant ingesmelt.

Elke klip, split en reet,
elke veld krans en teen wal
was ‘n natuurlike wegkruip plek
om beslag op daardie Majuba berg te lê.

Die Britse infanterie het rooi baadjies
en blou broeke gedra,
met wit spits helms op hulle koppe
en was ‘n goeie voorbeeld
van ‘n invallende super land se militêre mag.

Hulle het gewonder
watse skade kan ‘n burgermag in jasse,
broeke en plat hoede
met jag gewere kan doen,
teen ‘n ryk
se goed opgeleide soldate?

Wat hulle vergeet het
was dat hulle, hulleself rig
teen ‘n nasie van uitsonderlike mans
wat barbare en wilde diere beveg het
om ‘n lewe te maak
en elkeen ‘n skerpskutter was.

In integriteit het die Boere gebid
en vertouend op God,
daardie berg
in helder daglig geklim.

George Pomeroy was dood geskiet,
reg deur die kop
en toe akkurate skote knal,
terwyl vuur en beweging taktieke
daardie berg in ‘n plek van slagting verander
het Britse soldate een vir een gesterf
en probeer vlug
teen die agterste berg rant af.

Al Groot Brittanje se vorige oorwinnings
het nooit daardie koninkryk voorberei,
vir die behandeling wat dit toe kry,
van ‘n groep hard gedryfde boere
wat in die krag van God glo
en met moderne gewere skiet.

[Verwysing: Die slag van Majuba. Slag tussen die Transvaal (ZAR) republiek en Groot Brittanje op 27 Februarie 1881 in Suid-Afrika, wat die eerste Anglo-Boere oorlog besleg het. Drie groepe boere was gelei deur Veld Kornet Stephanus Roos, kommandant D.J.K. Malan en kommandant Joachim Ferreira teen Generaal Majoor George Pomeroy. Daar was tussen 400-500 Boere in ‘n burgermag teen 405 Britse infanterie. Aan boere kant het 1 gesterf en was 5 verwond en van die Britte het 92 gesterf (insluitend hulle Generaal), 134 verwond en 59 is gevange geneem.]


Die val van die paradys

(na John Milton)

I. Lucifer


So het hy toe gerebelleer
sonder dat enige iemand hom keer,
wou sy troon bo die, soms gelyk
met die Almagtige Skepper stel
en het ander genader tot sy doel
soms gevoel dat sy jaloesie edel is
waar hy op die rant van die afgrond staan
en donders onheilspellend om hom slaan.

‘n Derde van eens heiliges het hy mee gesleur
om hulle lewens, vreugde, deugde en edelheid
so eensklaps te verkwis en toe met hulle saam
later die glorie, vrede en liefde
van die hemele gemis en geweet
dat hy (vlammende seun van die dageraad)
ook voor die Allerhoogste (wat ewig eerbaar is),
slegs nietig is, nie eens in Sy skaduwee kan staan
en tussen sterre deur, deur die hemele geskeur
om oorlog te verklaar, want in sy hart wou hy oorwin
asof waansin vreet aan elke rede en sin
sy eens edelheid lankal vernietig het.

Toe hy enkel voor Migael staan en donders,
sonne en komete na hom geslinger word
slegs op almagtige bevel, hy pyn en leiding werklik ken
is hy uit die hemel uit verban, saam met sy
hele rebelle span, neer geknetter in vlamme
en in sy hart moes hy erken dat dit geregtigheid is,
dat hy aan niks kan lewe gee en liefde
nie meer kan of wil verstaan, dat mag, sy eie prag,
sy eie krag hom oorweldig het en toe kon hy
nog op sy knieë val en om vergifnis smeek,
maar by hom het trots kop uitgesteek
en hy wou hom op die Almagtige wreek
waar hy slinks die mens verlei
en nog slagoffers vir sy eie straf kry
maar vir die mens het God self die prys kom betaal,
Lucifer was oortuig dat die kruisdood
die einde van God was want God was mens,
in sy hart het Lucifer gemeen dat hy oorwin
en toe God verrys vir die mens beskikbaar bly
kon Lucifer nog liefde nie verklaar of verstaan nie
of wat dit is as om as God die mag tot die lewe te hê.


II. Na die aanvanklike ontwaking

Na die aanvanklike ontwaking
het Adam besef dat elke dier ‘n maat het
en in hom was daar ‘n verlange vir ‘n metgesel,
vir iemand pragtig om te bemin

en met grenslose sorg het God geweet van sy gedagtes,
hom laat slaap en ‘n vrou formeer uit sy vlees,
‘n verruklike sjarmante wese gevorm,
iemand om ‘n weerga te wees vir die verlange van sy siel.

Hulle het suiwerheid en onskuld uitgestraal
in verwondering na mekaar gestaar,
vir lang oomblik op lang oomblik
toe hulle mekaar die eerste keer sien.

God self het hulle verbind in egtelike liefde
het hulle beveel om te vermeerder, om mekaar te bemin
in daardie daad van uiterste vreugde en dit was waarlik wonderlik
en lieflik toe hulle in mekaar se arms rus.

Soet geluk het ontspring uit liefde
van ‘n fisiese, geestelike en Goddelike aard
wat weerspieël was in die teer sorg
waarmee hulle die wêreld regeer.

Hulle het passievol intiem liefde gemaak,
sonder om hulle naaktheid te ontdek
het prag, liefde en rus gevind
in elke beweging, in elke teer gebaar

en dit was asof daar iets wonderbaar in alles is
asof in elke insek, dier, plant en boom
hulle inspirasie vind
terwyl hulle leef met vryheid van keuse.


III. Glorieryk het die slang gelyk

Glorieryk het die slang gelyk,
in ‘n plek waar alles perfek is
met sy skubbe wat in die son glinster,
en die sjarme, die stem daarvan was treffend.

Die bedrog van die gedierte het waarheid en leun gemeng,
het die vrou Eva bekoor,
om te reik vir meer kennis,
om uit te ryk na goddelikheid.

Vir haar was die liefde
van haar man Adam rotsvas
en in perfeksie, in blote onskuld
het sy na die slang gekyk met ‘n eie gloed.

Hoe langer hulle praat het sy meer verlang, nie vir die vrugte
van die boom van die lewe nie, nie vir onsterflikheid nie,
maar om die onbekende binne te gaan
en deur ongehoorsaamheid het die val van die mens begin.

Die vrug se smaak was soet maar die dood was daarin,
dit het beide Adam en Eva bewus gemaak
van hulle blote naaktheid, het vernietiging gebring
aan ‘n wêreld sonder struweling

maar nog het daardie twee mense instinktief geweet
dat in dit alles, in die sonde waarin hulle, hulle begewe het
God ‘n plan het vir die redding van die mens,
‘n plan wat onuitgespreek was, maar bestaan as ‘n teken van liefde.


IV. Hoe sal ek nou kyk na die aangesig van God of na Sy engele?

(Adam na die val van die mens)

Hoe sal ek nou die gesig aanskou
van God of van enige van Sy engele?
Sal dit in blote vreugde wees,
in ‘n gloed van helder lig?

Of sal ek ewiglik bang wees,
vrees vir gramskap, vir die oordeel of die helderheid
wat die duisternis van my hart openbaar,
wat die duisternis van my passies openbaar?

In hierdie oopte in die bosse waar ek skuil,
waar blare my geliefde Eva
saam met my bedek,
smag ek na vrede en rus

maar my eie ongeregtigheid, ons sonde
verduister alles
en daar is skande,
soveel daarvan

dat ek nie weet hoe om God
die regverdige Een te aanskou nie
of selfs een van Sy engel boodskappers
en ek wens om ewiglik versteek te wees.


V. Daar was rustigheid in Sy stem

(Adam na die val van die mens)

Daar was rustigheid in Sy stem
toe Hy ons roep om te verskyn,
na waar hy wandel in die tuin
maar in naaktheid het ons weggekruip.

Sy skitterende teenwoordigheid
het die duisternis waar ons skuil verlig
en Hy het ons sien sondig,
het gesien hoe ons alles verander van hoe dit eens was

na vernietiging, na pyn en lyding
en Hy het ons vertel dat die aarde vervloek is,
om dorings en distels voort te bring,
oor die stryd om ‘n lewe te maak,

oor die dood wat op ‘n tyd sal kom,
wat alles wat lewendig is sal oorweldig
en Hy het klere uit velle gemaak,
om ons naaktheid te bedek.

Hy het ons vertel van die tyd waarop Hy sou kom,
om die kop van die slang te vermorsel,
om te sterf vir ons sondes, net soos die lam
wat Hy vir ons geslag het.

Ons het geweet dat die straf vir sonde die dood is,
dat alle lewendige dinge gaan verander
met leeus, luiperds, wolwe
wat wildsbokke, lammers jag.

Dit was duidelik dat Sy woorde waar is,
dat Hy ons werklik lief het
al het ons verval in sonde in
en sy oë was vol pyn

toe Hy na ons kyk
en ons het nie waarlik besef
hoe erg die vernietiging, pyn en wroeging is
wat ons ontketen het,

nie tot veel later toe ons seun Kain
sy broer Abel doodslaan,
maar ons het in mekaar se arms geskuil
toe Hy ons verlaat en mekaar bemin.

Ek het besef dat ons liggame
dag na dag verswak
het die struweling, die hartseer
op my liefling, Eva, se gesig gesien

terwyl ek haar vashou terwyl sy huil
en ‘n ander plan om dinge om te keer
het skielik in my gedagtes gelê
en ek wou die vrugte pluk van die boom van die lewe

maar Hy was van alle dinge bewus
en nog voordat ek daardie boom kon bereik
het Hy ons verban uit die tuin van Eden,
ons uitgedryf die wildernis in

en ek het gesukkel om dit te verstaan
terwyl magtige skitterende gerubs gewapen vir oorlog
die ingang van Eden patrolleer
met ontblote vlammende swaarde.

[Verwysings: Die heilige Bybel, “Paradise Lost” deur John Milton.]


Deur die oë van ‘n Veldkornet (Epos)

Inleiding

In die kakie kleurige tent in Umbilo skryf hy
sy lewensverhaal terwyl vrouens, kinders en babas sterf,
stadig maar seker uitgewis word, hy sien hoe sy nasie lei
terwyl hy die gebeure in sy gedagtes in kerf.

Wat nog swaarder op hom lê is die verraad
deur mede Afrikaners wat vir eie gewin
hom uitgelewer het tot inhegtenisname in die plek van haat
en gedagtes maal deur sy kop om ‘n boek te begin.


Proloog

Die Afrikaner nasie het uitgespruit
uit Nederlanders uit
wat dekades lank onverslaan
teen die super mag Spanje staan

vermeng met Franse Hugenote wat huis en haard
prys gegee het met die revokasie van die Edik van Nantes.
Stel dit dan gepaard
daarmee dat hierdie mense formidabel sewe generasies stry
teen elke aanslag wat hulle van wilde mense en diere kry
skerpskutters word wat wilde perde tem en ry
met net een patroon op ‘n dag
vir ‘n wildsbok op ‘n slag,
wat dwars oor die land oor berge trek in massa protes
en dan het jy
die mees gedugte teenstander wat daar is
en laat hulle dan los in ‘n natuurlike wildernis
waar die jagter, die skerpskutter en ruiter uitblink
en enige vyand se doppie is geklink.
Laat hulle dan nog tot in hulle siel patrioties wees
en glo in en uit God se woord uit lees
en dan is daar baie min wat hierdie mense vrees.


Die Zuid Afrikaanse Republiek
het bestaan uit een en twintig distrikte
elk met ‘n landdros, vir siviele etiek
‘n kommandant om die vyand af te skrik

in beheer van die kommando as hulle leier
en so kom strukture toe tot stand,
met ‘n kommandant-generaal veel wyer,
vir die hele land.

‘n Veldkornet was in bevel van ‘n wyk
om daarin bevele uit te ryk
en die burgers het self hulle manne uitgekies
soos wat dit vir hulle goed lyk

en alle mans van sestien tot sestig moes diens doen,
as nood dreig hulle met oorlog versoen.


‘n Veldkornet was ‘n gerespekteerde man
soms die magistraat, vrederegter en aanklaer
en miliêre leier van ‘n wyk wat kan
opkommandeer tot ‘n kommando in ‘n laer

en hy was ‘n politieke verteenwoordiger
van die regering en in ‘n distrik was
eie offisiere gekies deur die burgers
soos wat dit hulle pas.

Kommando’s het ontstaan toe die boere
hulle moes verdedig teen aanvalle
van swart stamme, met hulle roers
en het hulle saamgesnoer in getalle

om behoorlike weerstand te bied
en te keer teen berowing, moord en verdriet.

I. Gevegte teen rebelle Kapteins Mesotie, Sebboel, Mapit en Magoeba

Op Daniel Page se plaas
het al die burgers van die wyk byeengekom
en Jacobus Potgieter het hom daarheen gehaas,
en om die gewere en ammunisie saamgedrom

wat die regering voorsien is
net so ‘n entjie van die mielielande
en soos menigte met leë hande,
bereid om hulle land te dien

en uit talle vorige jagtogte saam
met sy swaer, was Jacobus bekwaam
met die gebruik van ‘n geweer.
Hierdie was egter die eerste keer
wat hy vir oorlog opgeroep is
en vroegaand was hy op die stoep

toe die veldkornet opgedaag met ‘n brief
gerig aan die vier swart Kapteins wat rebelleer
en het dit dieselfde nag gebeur
dat die veldkornet toe nog steeds wakker en aktief,

met sestien burgers weer vertrek
na Agatha naby die stat, op sy kaart gemerk,
van kaptein Mesotie saam met die burgers daar te rus
en hulle was totaal onbewus

dat hulle daar ingewag word,
waar hulle toe dapper veg
hulle haas na die klein fort
om skietend die stryd te besleg,

maar by Agatha was hulle vasgekeer
het daar dwarsdeur
die mure gate gemaak
en uit die gebou uit geskiet
in hulle felle taak
om weerstand teen die aanvallers te bied.

Die regering stuur toe ‘n groot kommando
om te help, maar die Mesotie stam
brand toe op hulle los met kanonne van onder en bo
en met gewere en spiese word die Boere bygedam.

Die Boere beantwoord toe die aanval met hulle eie
kanonne wat in die bosse in
skiet waar ‘n jong oorloggie begin
waarna die kommando toe beide
as voetgangers en ruiters na die stat toe gaan,
daar losbrand en dit aan die brand slaan.

Masotie gee toe oor
toe sy stam die geveg begin verloor,
moeg vir die dae se gebeure.
Al sy stam se gewere,
spiese en vele ander wapens
word toe verbrand en vernietig
en die stat van graan gestroop alvorens
die vuur ernstig skade berokken.

Generaal PJ Joubert
kry toe vir Kaptein Sebboel onder bedwang
en Kaptein Mapit word toe druipstert
heel maklik gevang.

Magoeba vlug toe met sy mense
die digte bosse in
en sy stat word afgebrand en gestroop na wense,
waar die Magoeba stam wyer uitkring,
hulle neem toe die helfte van Houtbosberg oor
en die plek word toe byna aan hulle verloor.

Daar word toe ses forte gebou,
om die Magoeba stam onder bedwang te hou.
Die vyand lei egter toe die burgers
wat die forte beman die bosse in
waar hulle besonders
dapper in ‘n hinderlaag lê en om hulle uitkring.
Toe roep die regering
weer ‘n groot kommando op
en selfs mense uit Swaziland kom aan gegalop.

Waar van die Swazi krygers
Magoeba self en negentien ander met ‘n swaard onthoof
en hulle voorvader geeste aanhoudend loof
en die Boere burgers

die oorlog teen die res van die Magoeba’s wen
en hulle teen die berg neerpen
en gevange neem
en aan die Swazi’s in moeilikheid hulp verleen.

II. Jameson se inval van 1896


Jacobus Potgieter was besig om geelhout planke
vir beeste te ruil, vêr van sy plaas af
toe hy hoor van die kaf,
aan Jameson en sy klein bende te danke

en hy het gehaas om hulp to kom verleen
toe hulle die Transvaal inval,
maar toe hy Pretoria bereik het die skote reeds geknal
en was die vyand reeds gevange geneem.

Generaal Cronje het op ‘n lokval vir Jameson besluit
wat naby Krugersdorp opgestel is
en by Doornkop is die klein oorloggie beslis
en van die burgers het hoë gehalte kanonne en gewere gebuit

waarna President Kruger ‘n ultimatum aan die uitlanders gestel het
en ‘n groot kommando die gewere wat hulle ingesmokkel het opgetel het.

Regter Gregorowski het die lede van die hervormings komitee
toe die doodstraf gegee
maar President Paul Kruger het genade betoon
en hulle vonnis na vyftien jaar tronkstraf verander
en weer eens het hy die versoeke bekroon
deur die vonnisse na ‘n boete te verminder.

Selfs Cecil John Rhodes was by die inval betrek
en het toe sy pos as eerste minister van die kaap kolonie verloor
en met skade vergoeding het die Britse regering dwars getrek
maar die probleme met die uitlanders was nog nie oor nie.


III. Die Magatoe Oorlog van 1897

Terug in 1867 moes Jacobus Potgieter se ouers,
al die inwoners van Schoemansdal, voor Magatoe vlug
en al die boere was bedug,
op die stroping berugte van die “Katlagter”
en Jacobus was self een van die aanskouers
van die vernietiging waar agter

Magatoe sit en hoe die dorp en kerk, agter gelaat is
aan die genade van Magatoe wat daaroor beslis
en hoe hulle toe moes vlug
in die republiek in, nog verder terug.

Dinge raak toe nog slegter
en in 1897 het die regering toe egter
byna vier duisend burgers opgekommandeer
om Magatoe se plundery te keer
en voor Magatoe aangeval word, was ‘n groot biddag gehou,
sodat God Sy genade om sy volk kon vou.

Die kommando was nog nie vêr
die berge, die klowe in
toe die skietery van Magatoe se kant af begin,
en hulle uitsig was toe nog versper

en Jacobus was in die voorste linies van die geveg
waar hy en ander Boere dit met akkurate skote besleg
om die vyand terug te dryf
en hulle skerpskutters vermoëns in te vryf.

‘n Mis wolk het toe skielik oor die omgewing gehang
en die hele vyandige stat daarin vasgevang,
waarna die Burgers verskansings gebou het
van waar agter hulle die vyand kon knou.

Toe die verskansings gereed was,
het die digte wolk mis oor Magatoe se stat
weer opgeklaar en dit het generaal Joubert goed gepas,
want toe gee hy opdrag om
koeëls, en bomme
soos reën daarop te laat neer spat.

Daarna het hulle die stat bestorm,
het die burgers binne ‘n halfuur dit binne gestorm
en Magatoe se stat ingeval
met skote wat gedurig knal.

Die meeste krygers van Magatoe
het daar toe
op vlug geslaan
en sommige was dood geskiet
en een het in ‘n gat opgestaan
om weerstand te bied,

maar Magatoe se stam, die matabeles,
het na Rhodesië (nou Zimbabwe) gevlug
en so is die eens gedugte stam
‘n les geleer
en na dertig jaar deur die Boere afgeweer.


IV. Die voorskou tot die oorlog met Engeland

Jacobus was net by die huis terug
toe hy dit in 1899 weer moes verlaat
en sy gesin moes agterlaat
om in die oorlog teen Engeland te gaan veg.
Hy was weg
op ‘n twee maande lange jag ekspedisie
waar hy vanaf die perd se rug gejag het
en soveel vermag het
dat hy ‘n ossewa gevul het en dit was nie uit ambisie
maar uit burgerlike plig wat hy op kommando gaan,
en sy huis en vrou en kinders net so laat staan.

Saam met sy vriende het hulle vyftig stuk wild gejag.
Onder andere kameelperde, gemsbokke, wildebeeste,
en elande, sommer so hele klomp op ‘n slag
en hy het toe eerste
sy mense gaan groet want hy moes reeds
teen elf Oktober op kommando wees
en hulle te perd gegaan en toe nie die Engelse gevrees nie.

Hulle het na vyf ure te perd vanaf Houtbosberg
eers die laer ontmoet,
daar vinnig die ander manne gegroet
maar moes toe weer vertrek na die Soutpansberg

om ‘n ander kommando vanaf Spitskop
te ontmoet naby die Krokodilrivier en was hulle meegedeel
dat die regering oorlog op
Brittanje verklaar het en tot oorlog toe beveel.

Daardie aand het een burger gemeen
dat die oorlog nie lank sou duur nie,
aangesien hulle oor die algemeen
beskaafd is en niemand soos die Boere kan vuur nie

en hy het gehoor dat die Engelse ook beskaaf is
en geskille dus
op ‘n beskaafde manier sou besleg
en het groot waarde aan hierdie eienskap van hulle geheg.

Iemand anders het gemeen dat dit maande
lank kon duur
en nog iemand anders dat hulle baie aande
sou moes vergader om vuur na vuur
en dat dit regering ‘n ander plan het
om hulle teen die Engelse te verset.


V. Die begin van die oorlog

Vanaf ‘n rant
storm twee Boere kommando’s aan die agterkant
by ‘n Engelse kamp in en begin die geveg
en ‘n paar Britte word geskiet,
‘n klomp word gevang, maar dis byna verniet
want die meeste vlug weg.

In die rigting van die Tuli rivier
word die vyand agterna gejaag en met daglumier
het die vyand by makkers met ‘n ossewa aangesluit
en die Boere skiet skerp en raak
om hulle te probeer stuit
en hulle skuiling word toe ongedaan gemaak

en die Engelse vlug weg
om in ‘n huis skuiling te vind
wat leeg staan sonder mens of kind
en die stryd van daar af te besleg.

Die huis word uitmekaar geskiet
en vir die derde keer op een dag,
vlug die Engelse weer uit die gebied
teen die Boere se oormag

en die volgende dag,
buit die Boere nege waens, net daar gelos
met ammunisie en kos
wat uitgespan staan en wag.

Boere verkenners vind die dag daarop
‘n groot verlate Britse kamp
met tente, perde en muile waar hulle stop
en terwyl Jacobus krampe uit sy voete stamp
sien hy ‘n groot stof wolk
wat in hulle rigting aankom, wat hy as vyand vertolk.

Daar is ‘n Veldkornet
wat sy man staan,
hom teen die vyand verset
terwyl twee Boere kommando’s op vlug slaan
en jaagend by hom verby gaan.

Jacobus Potgieter vind teen skemer
nog manne met ‘n kanon op ‘n rant
en met net meer as twintig Boere het dit hom bekommer
en maak hulle gereed en verwag die vyand van alkant.

Hoe donkerder die nag word
hoe nader kom die stofwolk aan
en die Boere is gereed om die vyand teen te staan
en geen Engelse by hulle verby te laat gaan
en daar is ‘n rammelende geluid, iets wat skort

want geen vyand verskyn
en hulle word oorval
in die maanskyn
sonder dat ‘n geweer skoot knal,
deur ‘n swerm sprinkane wat verby trek
waarvan die hele veld oortrek is
waar hulle krioel soos miere.
Jacobus is egter erg ontnugter en kwaad
deur die lafhartigheid van offisiere,
waarvan sommiges nie weer
na die kommando terug keer nie
en vir hom is dit byna verraad
en is hulle slegter as diere.

Soms het die boere net verlof gevra
om nie aan die veldslag deel te neem nie
(waarvan die generaal net moes kennis dra)
en so het die boere magte afgeneem
en die verlof kon nie geweier word nie
en dan is van daardie manne huis toe en sommer vort.

Generaals kon slegs optree
teen manne wat sonder verlof dros
en die wat die ander net so los
was soms net binne ‘n hanetree,

soms by slagvelde opgemerk,
as toeskouers wat staan en kyk
hoe die geveg nou eintlik lyk
en sommiges het later vir die vyand gewerk.


VI. Die beleg van Kimberley

Die Soutpansbergse kommando het opdrag gekry
om na Modderrivier toe te ry,
om die vyand te keer
wat met die spoorlyn op te marsjeer.

Toe is die kommando in twee verdeel
en is Jacobus Potgieter beveel
om met veldkornet Alberts per trein
te reis na Modderrivier naby Magersfontein

en die ander veldkornette en kommandant
is weg na Colenso toe in verband
met die beleëring daarvan
om die dorp te omsingel, dit so af te span.

By modderrivier het hulle vir generaal Cronje
en sewe duisend ander burgers ontmoet
en mekaar oor en weer gegroet
en die hand gegee.

Net hierna kom generaal De la Rey
en die Transvaalse burgers ook nog by
om die Vrystaters te versterk
en daar is vinnig ingespring met werk.

Die Boere wou die opmars stop,
voordat die Britte die rivier kon oorsteek
en hulle met verskansings en loopgrawe klop
en so hulle aanval breek.

Die riviere het ‘n sterk
natuurlike verdediging verskaf
met verskansing wat die vyand nie op kon merk
met loopgrawe van die steil rivierbanke af.

Die treinbrug was opgeblaas en drie plekke het oorgebly
om die rivier oor te steek
vanwaar hulle die vyand wou bestry
om nie te kan deurbreek.

Generaal De la Rey het gedink dat die hoof kolom
met die spoorlyn sou aankom
om by die rivier langs die brug oor te steek
en wou daardie mag daar breek.

Net Bosmansdrif en Rosmeadsdrif was
ander oorgangsplekke wat die Britte sou pas
met die diepte van die rivier en blootstelling
aan vyandelike vuur wat die Boere kon aanbring.

Die suidelike banke van die rietrivier is betrek
deur die Soutpansberg burgers om dit te dek
saam met generaal Cronje se manne
as deel van die generaal se planne

wat die gebied tussen Bosmansdrif
en die samevloeiing van die Riet
en Modderrivier dek en die manne was vol geesdrif
om akkuraat te probeer skiet.

Generaal De la Rey het met omtrent agt
honderd Transvalers het aan hulle regterkant,
naby die spooroorgang gelê en wag.

Ander burgers het in lang gras en sand
aan die linker kant
tussen die Rietrivier
en Modderrivier fier
hulle stellings ingeneem om Bosmansdrif te dek
as die vyand dit wil betrek.

Generaal Prinsloo met sy Oranje-Vrystaat burgers
wat ‘n paar duisend tel
was wes van generaal De la Rey se manne opgestel
vanaf die brug, tot by Rosmeadsdrif
in rots rif op rots rif
saam met hulle aanvoerders.

In die skuiling van die rivier banke
was die perde agter die manne gehou
met hulle runnikende klanke
wat af en toe opbou
en aan die noordekant van die rietrivier was in haas
‘n paar kanonne agter die manne geplaas.

Die meeste kanonne was
langs die spoorlyn opgestel
om die gebied voor generaal De la Rey op te pas
en die hoof aankomende kolom te knel.

‘n Gebed voor die geveg het soos volg gelei:
"Liewe Vader, hier is ons bymekaar
voor die groot veldslag môre, om tot U
te bid. Ons is bang, daarom dat ons hier is,
en bid soos ons nou ook doen.
Daar anderkant is die Engelse,
ook Christene nes ons. Hulle bid miskien
ook, nes ons. Daarom wil ek U vra,
moet asseblief nie nou
vir die een of die ander
voortrek nie, as dit U wil is,
bly uit die ding uit, dan gaan U môre
'n ding sien!"

Daar word geskreeu “Hier kom hulle!”
Toe die kanonne agter hulle skiet
vuur die burgers op die aankomende spul
en toe val die vyand onmiddellik plat in ‘n oop gebied

en hulle moes toe heel dag lank
daar op die grond bly
want aanhoudend het hulle skote gekry,
van die Boere verskuil agter sand bank op sand bank.

Elke keer gedurende daardie dag
wat die vyand probeer vorentoe storm
het die Burgers skerpskutter skote slag op slag
met hulle Mausers gevuur
en hulle daar vasgepen vir uur na uur
tot by die donker nag.

Vir tien ure lank het die vyand
daar bly lê en was niemand
in staat om te beweeg nie en elke vyandelik soldaat
en sy maat
wat probeer opstaan
het neergeslaan
met Mauser vuur wat soos uit die niet
op hom neer giet.

Na die eerste geweervuur
het die Britte geantwoord met kanonvuur,
waarop die Boere met groter sukses met
hulle long-tom kanonne geantwoord het
en die vyand se masjiengeweer
is reeds vroeg deur die Boere se artillerie buite beheer
gestel,
so was die Britte vir ure lank geknel.

‘n Britse kolom het van links af om beweeg
en generaal Prinsloo se manne terug gevee.
Onder opdrag van generaal De la Rey
het die Lichtenburg kommando hulle toe bevry.

Waarna die Britte tot by Rosmeadsdrif
terug geskiet is, maar ‘n klein groepie Britte
het daarin geslaag om oor Bosmansdrif
te kom, vanwaar hulle ook in die hitte
van die stryd terug geskiet is en die veldslag
het geduur tot in die donker nag.

Na sononder gee generaal De la Rey
opdrag om na Jacobsdal
terug te val
en toe is die burgers sommer baie bly.

Die Vrystaters het naby Spytfontein
en Scholsnek sowat twaalf myl
vanaf Kimberley op hulle bepaalde posisies afgepyl
om daar in verskansing te verdwyn.

Generaal Cronje het sy
sowat 7000 burgers van Mafakeng af terug gekry
om by die by Modderrivier aan te sluit
en Lord Methuen het gewag op versterkings om die Boere te stuit

Toe spring die Boere aan die werk
en grou loopgrawe aan die voet van die Magerfontein
koppies om hulle posisies te versterk
en in loopgrawe in te verdwyn.

Vanaf Merthonhalte vir omtrent drie myl
oos, langs die voet van die Magersfontein heuwels
was die hoof mag van 3500 man waarop die vyand af moes pyl
in loopgrawe tot by ‘n lae heuwel gewapen en gestewel.

Langs die loopgrawe was
goed gekamoefleerde klein forte gebou,
waar die Boere kon vuur, waar hulle by die gebied inpas,
om die vyand weg te hou

Jacobus Potgieter was saam met 600 man geplaas
in ‘n posisie reg by die spoorlyn, tot die geveg aanbreek
waar generaal Cronje gemeen het dat daarnaas
die Britte sal probeer deurbreek.

Ongeveer 1500 burgers was inderhaas
op die regter vleuel geplaas,
noord van Modderrivier stasie
onder generaal Andries Cronje se administrasie,
maar die linker vleuel met 2500 mans oos van Magersfontein
was egter sonder loopgrawe in ‘n verdedigingslyn.

Tot die vyand se misleiding
was ‘n paar forte op die rantjies gebou
met elf kanonne bo-op die koppies ontvou
en die loopgrawe was versteek met kamoefleering.

Toe die Britte op 10 Desember 1899 begin skiet
met kanonvuur van Scholsnek
en die gebied met bomme bedek
was dit die eerste keer wat Jacobus Potgieter weerstand bied
onder direkte kanonvuur
en daar word toe deur dapper mans met gewere terug gevuur.

Toe roep Generaal Piet Cronje die burgers bymekaar
terwyl hy dringend na hulle staar:
“Burgers, die vyand is gereed om teen ons uit te beweeg.
Ons moet een ding in gedagte hou.
Om terug te val word ander se lewens opgeweeg,
word 20 tot 30 burgers se lewens geknou.
As die vyand teen ons uit beweeg sal ek
‘n vlieënde kommando opstel en daar lostrek.”

Generaal Cronje het opdrag gegee om te wag
tot die vyand beweeg en dan te storm met alle mag
vir omtrent vyf honderd tree
en dan doodskote te gee

en nie te kyk of enige een getref is,
net van die vyand bewus
te wees
en hulle bewegings te lees.

Generaal Cronje se woorde was:
“Hierdie is die plek waar ons die vyand moet oorwin!"
Net by middernag het die Britte met Generaal-majoor
AG Wauchope heel voor
hulle opmars na Magersfontein begin.

Dit was uiters koud en pik donker met harde reën wat val
en hulle het die koppies bereik terwyl donders knal,
heeltemal onbewus van die loopgrawe waarop hulle afkom.
Die vyand het op ‘n onverwagte vleuel ingekom
en die burgers skiet toe ‘n groot aantal Britte dood
in die skemerte en bom op bom
val en skoot op skoot knal
en heel voor aan het Wauchope sewe skote gelyktydig ontvang
en die vyand is verwar en die Boere kry hulle onder bedwang.

Party draai om en hardloop terug
en val oor die wat agter hulle is en hulle word ontwrig
om nog groter chaos te veroorsaak
en dit was nog donker toe die kanonne betrokke raak.

Die boere word omsingel soos die vyand probeer deurbreek
om Kimberley te probeer terug wen
maar hulle aanvalle word ‘n stok voor gesteek
en die vyand ry aan die pen,
storm dan verskeie kere
vas in skote uit gewere.

Toe swaai die vyand regs om generaal Cronje
se linker vleuel te probeer vernietig, hom te laat oorgee,
maar word uitmekaar uit geskiet
deur Boere wat keer op keer weerstand bied.

Heel dag lank val die Britse kanonne se bombardement
en om twaalfuur
gee generaal Cronje aan Jacobus Potgieter se kommandement
opdrag om op die linker vleuel in te hardloop en te vuur.

Toe bestorm hulle die vyand en hulle aanval is so effektief
dat die vyand onmiddellik omdraai en weg vlug
en die Boere neem die inisiatief
en dryf ‘n groot spul Britte terug.

Met die Britse neerlaag kan Jacobus
nie dus
die hoeveelheid vyandelike dooies bepaal
want onder die geveg word van hulle reeds kom haal.

Toe Jacobus Potgieter eers drie dae
na die slag op die slagveld loop
is daar bloed gevlekte Britse vlae
en gewondes wat kla sonder hoop

en was die dooies reeds dae al weg gery
is daar nog steeds honderde wat hy daar kry
en na vyf dae het die vyand steeds grafte gegrou
en is steeds besig met hulle dienste van rou.

Kommandement op kommandement
het na die slag en bombardement
huis toe gegaan
en die res van die boere net daar laat staan.

Cecil John Rhodes was al op die punt
om Kimberley oor te gee,
die Boere die dorp te laat betree
toe Methuen aanval met 40000 soldate as ‘n brandpunt.

Met ‘n veldslag wat drie dae lank duur
het die Britte by Paardeberg deurgebreek,
uur na uur op die Boere gevuur
maar die vyand se aanval is gebreek.

Toe probeer die groot Britse mag
deur die magte van die Oranje-Vrystaat breek
maar word daar ingewag
en deur kommandant Jacobs se manne aangespreek.

Toe stuur hulle ‘n kolom aan die agterkant verby
waar hulle met Generaal Christiaan de Wet te doen kry
en sy manne hulle terug skiet
uit hulle gebied uit.

Toe die Boere die hele Britse mag daar keer
kry die Britte nog verdere versterkings om weer te probeer
en breek aan die ooste kant deur
en die Britte is so veel dat die Boere nie meer kan keer nie.

Jacobus Potgieter was by Scholsnek
met die Soutpansberg kommandement
vir byna drie maande onder onafgebroke bombardement
en na die deurbraak gee generaal Cronje opdrag om terug te trek.

“Verlaat julle loopgrawe en veg ‘n pad deur na die laer.”
Die volgende dag was die Boere toe nie meer daar nie.

Gedurende die nag het Jacobus Potgieter saam met die laer gevlug
en dit was ‘n groot trek met waens wat almal moes terug.
Oor die veld en by plase verby
het vrouens en kinders saam begin loop en ry
en het Jacobus ‘n wilde perd in die hande gekry
en dit in daardie nag getem
asof dit vir hom bestem was.

Die waens het generaal Cronje se kommandement
terug gehou sodat die Britte hom ingehaal het
en vanaf die vroue se plaas geskiet het met
‘n reuse bombardement.

Agt uur die aand beweeg die Boere toe weer uit
en oortollige goed word weg gesmyt
want baie perde en osse is deur die aanval gedood
en die nood is toe baie groot

en toe kry generaal Christiaan de Wet dit byna reg
om ‘n pad verby
die Britte te oop te veg
om generaal Cronje te kom bevry.

Tot agt uur die oggend het die Boere gevlug
want die vyand was gedug
en aan veldkornette Jacobus Potgieter
en H Schnell was opdrag gegee om terug
te gaan om perde te gaan kry
maar die vyand te probeer vermy.

Die boere te voet was moeg,
sonder ‘n behoorlike kans om die Britte af te skud
en die oorblywende osse was maer en uitgeput
van die trek en swoeg

in die aanhoudende vinnige pas
en van ‘n tekort aan gras
en gannabosse het hulle nie geweet
om te vreet nie.

Daar het Jacobus Potgieter vir Generaal Cronje ingehaal.
Generaal Cronje was heel voor en sterk soos staal,
bedrywig by die kanonne en was baie bekommer
en toe word die kommandement
weer van voor af belemmer
deur ‘n Britse bombardement.

In die bosse het Jacobus perde gehoor en gejaag
en hulle daar gevang en in die donker sy lewe gewaag
en Jacobus neem toe die perde in ‘n digte bos in
om nagtelike terugkeer te besin.

Die volgende oggend probeer
Jacobus toe om na die laer toe terug te keer
en kom burgers tee
wat van die laer af gevlug het en raad gee
om terug te draai want die kommandement is omsingel
en gedurig onder vyandelike skoot en bombardement.

Jacobus Potgieter luister nie na hulle nie
en nog ‘n klomp burgers verder aan sê weer
aan hom dieselfde ding en nog ‘n keer
is hy omgekrap
terwyl sy perde nader stap:

“As ons omdraai en ons broers
in hul benarde posisie los,
kan dit hulle lewens kos
dan verdien ons nie enigiets beter as die dood nie!
Kom, broers bring julle roers!”

Toe ry Jacobus Potgieter nog nader aan die laer
en hy ry vinnig, nie besig om die perde te spaar nie
en hy ontmoet Kommandant P Schutte wat baie sorge dra
en uiters bekommerd aan hom vra:
“Waar dink jy gaan jy met daardie perde heen?”

Toe verduidelik hy dat hy
met hulle terug na die laer toe ry
en kommandant P Schutte lyk heeltemal verstom
en sê aan hom:

“Broer, voor God is niks onmoontlik nie,
maar daardie burgers wat in die laer is
sal nooit weer daar uitkom nie.
Die vyand het genoeg daar om te vat.
Moet nie vir hulle nog meer buit bring nie.
As jy na die laer gaan met daardie perde
sal hulle vir jou en al daardie perde van jou vang.
Draai liewer om en gaan na Brandfort en wag
vir my verslag oor die uitkoms.”

Toe luister Jacobus na die versoek van die kommandant
en later het hy uitgevind dat die vyand
150 kanonne en 75000 soldate met onophoudelike bombardement
opgestel het teen die 4000 burgers en 6 kanonne van sy kommandement.

Ten einde laaste moes generaal Cronje toe oorgee
teen die groot oormag
wat dag en nag
al nader en nader aan hulle tree
en was die burgers wat gevang is genadeloos gestuur
na St. Helena eiland om gevangenskap daar te verduur.

Van die veertien veldkornette was tien dood
en onder die Boere was die nood groot,
het net Jacobus Potgieter en H Schnell ontsnap
terwyl daar met tye skote om hulle klap
en ‘n rukkie later was Bloemfontein binne marsjeer
met die Boere wat die Britte daar nie juis probeer keer.


VII. Die inval in Natal

Na die Paardeberg se neerlaag
was Jacobus Potgieter huis toe gestuur
om daar vir ‘n maand te gaan rus
in ‘n rit wat dae lank duur
maar hy het nie juis sy lewe gewaag
en hy het die trop perde saam geneem
en wou hulle by geen ander Boere laat of uitleen,
en was toe nog van verdere gebeure in die oorlog onbewus.

Toe is hy weer terug na die oorlog,
na Burgersberg in Natal, in aantog.
Jacobus was ongelukkig
met die offisiere wat hulle aanvoer,
die skade wat hulle aan die vyand aanrig,
dat hulle nie drosters aanroer nie

aangesien generaal Piet Cronje en sy manne
bekend was vir weldeurdagte planne
en hy was verantwoordelik om voorrade
soos kos, klere en ammunisie uit te deel aan kamerade.

Met die uitbreek van die oorlog
het generaal Joubert se burgers in aantog
na Newcastle en Dundee gegaan
om op die steenkool velde toe te slaan
met die Britte wat die aftog blaas
toe die Boere groot druk op die Engelse plaas.

Toe is generaal Lucas Meyer se 4500 burgers op pad
na Talana koppies, om die vyand aan te vat
met generaal Erasmus wat sy 5000 ruiters na Mpate koppies toe lei
en generaal de Kock se 750 manne ry
na die spoorlyn verbinding om dit by Elandslaagte af te sny.

Sonder groot teenstand het Newcastle op 16 Oktober
net voor skemer
aan die Boere geval
sonder dat daar veel skote knal
en op 20 Oktober 1899 was Dundee gebombardeer
uit die heuwels met skote wat dwarsdeur die vyand se kamp skeer

waar daar groot verwarring in
die Britse kamp heers waar daar 3800 soldate was,
waarna die Britse generaal, Penn-Symons dissipline toepas,
‘n teenaanval begin
en toe word die Britte agter ‘n muur vasgepen.

Om sy troepe te inspireer
bars Penn-Symons deur
die opening in die muur,
waar hy verskeie noodlottige skote verduur.

Toe bestorm die Britse infanterie die heuwel
en kom onder skoot van die Boere bo-op
en hulle eie artillerie van onder af en dit laat ‘n aantal sneuwel,
wat vanaf die helling agteroor omdop.

Toe die Boere van die koppie verdryf is,
agtervolg hulle die vlugtende Boere wat hulle mis
maar die Britse hele perde bataljon is ewe onbewus
van generaal Erasmus
se manne wat hulle gevange neem
en hulle perde by hulle afneem.

Op 19 Oktober slaan Generaal de Kock
se manne op die treine toe
waar hulle die paar Britte in ‘n geveg in lok
en die aflaai van die waens begin deurvoer.

‘n Woedende generaal White haas
sy 3500 soldate na Elandslaagte
waar hulle die Boere onder kanonskote plaas
en die Boere verdwaas verliese ly.

Brigadier generaal Yule neem toe by Dundee bevel oor
en onder opdrag van generaal White se besluit,
vlug hulle terug na Ladysmith voor
die Boere uit.

Nog 9000 Boere onder Hoof Kommandant Prinsloo
se kommando wat in aantog is word onder kanonskote gesteek
en sien die Britte met hulle stormloop
oor ‘n oop stuk veld waar hulle die Britte onder lood steek
en hulle al die pad terug dryf tot in Ladysmith
regoor die Tugelarivier se drif.

Toe generaal Meyer bedank
kry veldkornet Louis Botha sy amp en dis nie lank,
voor hy sy dapperheid en leierskap bewys
en as ‘n groot leier verrys.

In die heuwels by Ladysmith wag White se soldate die Boere in
waar hulle met ‘n bombardement op ‘n leë koppie begin
en toe skiet die boere se kanonne terug, verder as die Britte s’n
en terwyl die Boere se long-tom kanonne vernietiging aanbring
val generaal Joubert die Britte van alle kante af aan
waar White vernederend 954 soldate as gevangenes afstaan.

Die bombardemente met kanonne word uit die koppies aangebring
wat Ladysmith omring
waar 12500 soldate en 7800 burgerlikes gehuisves word
met kartetse en bomme wat gedurig op hulle neerstort,
met kos vir twee maande en voer vir net een maand lank
en die gedurige klank
van kartetse wat knallend val
en orals om hulle knal.

Op 9 November val die Boere die dorp aan
maar word afgeweer
en George White se teenaanval word teengestaan.
en daarna het dit toe gebeur

dat Buller se bevryding kolom se opmars begin
en deur die Boere probeer dring,
maar die Boere lê vir hulle en wag
waar hulle ingegrawe is, dag op dag
aan die ander kant van die Tugelarivier se drif
wat die Britte op pad na Ladysmith
nie vind nie en chaoties word hulle gedwing
in ‘n neerlaag in

143 word dood geskiet, 755 gewond en 240 gevang
wat Buller se loopbaan in die weegskaal laat hang
en hy word afgedank as hoof bevelvoerder
en word net die bevelvoerder
vir die inval deur Natal, met Lord Roberts wat hom vervang.

Alhoewel Buller toe al 30000 soldate het, word hy nogtans
afgeransel by Spioenkop en Vaalkrans,
maar Buller het eindelik met sy geweldige oormag
vir Ladysmith en Colenso bevry met aanslag op aanslag
en Jacobus Potgieter was twee maande in Natal
toe Buller se groot leër hulle daar aanval.

Toe generaal Joubert van siekte sterf
is dit generaal Louis Botha wat sy naam uitkerf,
aangestel in sy plek,
wat die Boer magte laat terug trek

tot die grens met Transvaal
om daar af te saal
en loopgrawe opstel
en die vyand te probeer knel.

Die Britte se getalle is egter vêr te groot
en groot getalle Boere word daar gedood,
die Boere kan hulle aanvalle nie afweer,
die oormag bars deur
en die Vrystaan en Transvaal word later geannekseer.


VIII. Die veranderende gesig van oorlog

Na die Boere op die grens uitmekaar spat
het hulle op 17 Maart by Kroonstad
byeengekom en alle militêre en politieke figure was daar
en Generaal de Wet het leierskap aanvaar
as die kommandant-generaal van die Vrystaat
en hulle het planne beraam en saamgepraat.

Generaal de Wet se plan
was om sy manne
hoogs beweeglik te hou
die oorlog in die agterhoedes van die vyand te laat ontvou
en om die geveg
vanaf hulle perde met hulle Mausers te besleg.
Hulle moes kos en ammunisie op plase te kry
en dan gedurig van posisie verander en voort ry.

Dit was vrugteloos om teen ‘n oormag
in die voorste linies te veg
waar hulle net wag
om die Boere af te maai en toestande vir die Boere versleg
en om die vyand dus te tref waar hulle dit die minste verwag,
kon groot skade aandoen
en dalk weer die Boere met hulle land versoen.

Eers moes die burgers huis toe gaan
en vir ‘n maand uitrus
en Generaal de Wet was goed bewus
dat hy so ‘n klomp soldate sou moes afstaan,
maar net die dapperes,
en mees vasberadenes
sou dan terugkom, na hom.

Die plan is toe deur Generaal De la Rey
en Presidente Kruger en Steyn aanvaar.
Met die Boere wat in strooptogte uitry
en geen agterhoede spaar.

Die hele aangeleentheid
was ‘n groot verleentheid
vir die Britte.
Die Boere patriotte
het met verrassing aangeval en weer
verdwyn voor ‘n groot Britse mag kon reageer
en de Wet was vir hulle ‘n geweldige kopseer,
en hulle kon die Boere se aanvalle nie afweer nie.

Om die Boere se verskaffing lyne af te sny
het Kitchener besluit om deur die boere se plase te ry
en die vrouens en kinders daar te verdryf
en hulle by konsentrasiekampe in te lyf

met gewapende soldate wat op plase toeslaan,
plase, huise en selfs dorpe af te brand
hulle besittings op eis of verpand
en met geweld vrouens en kinders vas te pen.
Kitchener het ook die swartes bewapen
om die Boere se plase aan te val
om vrouens en kinders te verdryf met gewere wat knal,
uit te moor en in die dag en in die nag
te gaan verkrag.

Sommige mense glo dat Kitchener sorgvuldig
menigvuldige plekke
wat die mees afgryslik is, uitgesoek het
om mense in haglike omstandighede te laat saam kloek

maar dit bly egter ‘n feit
dat hy nie veel tyd
spandeer het aan die beplanning
en uitsoek van die kampe nie
en dit waarskynlik gedoen het sonder aandoening
vir menslikheid, of in ag neming van siektes en rampe

Daar was vyftig konsentrasiekampe
wat nou as plekke van menslike leed en rampe
beskou word,
waarin omtrent 110 000 vroue en kinders aangehou is
en meer as 20 000 gesterf het in die peste wat ontvou het,
deur pessiektes en omtrent enige kwaal,
glas wat in die meel in fyngemaal is,
glas en vishoeke in die soutvleis en so aan
asof geen mede menslikheid vir die Britte bestaan nie.

Van die kampe was in moerasse,
of nat modderige plekke ingepas,
op koue, winderige plekke, langs riviere op gerig
sonder higiëniese omstandighede wat lewens ontwrig
en van die dames moes in reën poele bad en was.

Soms moes mense vir dae lank in die oopte bly en slaap
blootgestel aan reën, son, hael en winde wat waai
so asof dit beplan is om hulle af te maai
en hulle moes soms klere afbedel op raap.

Kos rantsoene was onvoldoende
en mense het sodoende
van honger gesterf,
vleis van siek diere was onhigiënies in stukke gekerf.

Daar was slegs een doktor vir elke kamp aangestel
waar getalle in meer as vier duisend tel
sonder hospitaal geriewe
met talle griewe
dat van die medisyne vergiftig was
en behandeling was nie op almal toegepas nie.


IX. Die oorlog in Soutpansberg

Generaal Beyers was deur die regering
gestuur na beide die Soutpansberg en Waterberg kommandemente
teen die Britse dreigement
om die oorlog te probeer wen
deur die vyand te dring
en dit was duidelik dat hy die kuns ken
om goed gebruik te maak van die omgewing
vir kamoefleering

Toe Jacobus Potgieter in die Noord Transvaal aankom
moes hulle Pretoria vermy om by Warmbad uit te kom
aangesien Pretoria in die hande van die vyand was
en vir twee maande was hulle vir die Britte ‘n las
en toe Paget na Pienaarsrivier terug trek
was die Waterberg distrik die voorste front
maar daar was baie verraaiers onder die Boere rond

wat daaglikse na die Britte oorgeloop het,
party was moeg vir die geveg met
die Britte en ander het later terug gekom
om die ander te oortuig om
oor te gee. Jacobus was weer
verkies as veldkornet van Houtbosberg distrik
en moes onmiddellik soheentoe terugkeer
om die Britte af te skrik.

Met ‘n groot oormag
het Paget gegaan na Pietersburg wat val voor die aanslag
op 29 Maart 1901, waar die Britte alles wat hulle kon
plunder en vroue en kinders in konsentrasiekampe sit
en beeste na Pretoria vat as voedsel bron,
huise afbrand, plase verwoes en sout strooi en inspit.

Pietersburg se inname het die Boere die berge ingedryf
met die Britte in beheer van die hele Noord Transvaal
en Colenbrander en Plummer wat die oorlog daar aandryf
en die Boere kommando laat faal.

Plummer het sy besetting al langs die Olifantrivier gemaak
in die onbekende gebied bevriend met die swart stamme geraak
en hulle wapens gegee
om die vroue op plase aan te val daarmee
en met al die verraaiers in eie geledere, in die Engelse net
vas gevang, bedank Jacobus Potgieter as veldkornet.

Toe die Britte by Heanertsburg met die Boere slaags raak
het die Boere van vêr af die stofwolk gesien wat hulle maak
wat vanaf Houtbosberg af kom
en het Jacobus Potgieter en W van Heerden
gedurende die nag uitgegaan om
op die vyand te gaan spioeneer en
uitgesluip sodat die Boere hulle kan verweer.

Net waar hulle die stofwolk vroeër opgemerk het,
het hulle in die nag by ‘n swart stat aangekom
en tot by die muur van die stat gesluip om
dit te bespied en daar ‘n swart man nader geroep met
gebare om inligting by hom te probeer kry
en die vyand te probeer vermy.

Die man lieg toe vir hulle dat
daar slegs ‘n paar waens verby gekom het wat
aan die Boere behoort
en oor die rigting wat hulle gaan, lieg hy toe voort.

Van die spore kon Jacobus sien
dat dit ongeveer ses waens was van mense wat die Britte dien
en waarskynlike na hulle kamp gaan,
maar het ongelukkig nie verder aandag geslaan
op die swarte wat saam met sy hele stat oorgehaal was
deur die Britte om in die nag as
die op die donkerste is, die vrouens by hulle opstalle aan te val
te gaan roof en plunder met gewere wat knal.

Terug by die kommando vertel ‘n spioen
toe dat die vyand van ‘n ander kant af kom
en hulle moet ondersoek gaan instel om
vas te stel wat die Britte doen
maar kon geen tekens as bevestiging daarvan kry
terwyl hulle die hele liewe dag rond ry.

By die plek waar die kommando was is daar ‘n briefie wat sê:
“Kom in die rigting van Haenertsburg.” Jacobus en veldkornet Marais
wil toe meer inligting hê
en haas hulle na Jacobus se plaas wat naby is
om hulle van die feite te probeer vergewis.

Op die plaas hardloop sy vrou Margritha aangedaan
by hulle aan en bars uit:

”Waar was julle die heel dag?
Die hele gebied is van die ander kant af
oorgeneem deur die Engelse.

Die kanonne het heel dag gevuur en die swartes
het amper al die beeste geplunder.
Al die mense is weg! Hulle het gesê
dat hulle in ‘n sekere berg sal bly
en ons moet hulle daar ontmoet.
Die vyand het die berge in gegaan,
en duisende swartes het met die
Engelse saam gegaan.”

In die donkerte het hulle na die naaste buurman toe gegaan
om meer inligting te probeer kry
wat redelik naby bly
en kry hom waar hy by sy perde staan.

Toe groet hulle: “Hoe gaan dit hier?”

Waarop hy antwoord: “Die vyand het die berge in beweeg
kort nadat julle twee hier weg is.
Die burgers het in die rigting
van Wolkberg gegaan. Die long-tom
het 16 skote gevuur. Die vyand was byna
by die kanon toe die 17de
skoot gevuur word. Die kanonniers
het die kanon opgeblaas en gevlug.
Die swartes het al die beeste en skape gevat,
en al die klere en komberse van
die vroue en kinders. Ook alles in die huis,
sowel as al ons kos. Hoenders en
varke is dood gemaak. Die vroue
was deur die swartes rond gestamp.”

Van daar is hulle na nog ander burgers se huise
om die saak verder uit te pluis
tot twee uur in die nag waarop Marais sê:
“Kom ons gaan na Wolkberg.”

Waarop Jacobus antwoord: “Die swartes
plunder ons vrouens en kinders en wie weet
of hulle nie ook sal doodmaak nie. Ek
sal hier rond bly om na ander burgers
te soek as jy graag na Wolkberg wil gaan.”

Marais is na Wolkberg toe, waar die vyand
hom gevange geneem het. Jacobus het niemand
anders gekry toe hy
na sy plaas toe ry
en het sy perd daar versteek
om vinnig daarmee te kon weg breek.

Toe sluip hy na sy huis
om te kyk of sy gesin veilig is
en hulle is toe almal ongeskonde tuis
en is van die Here se genade bewus.

Die volgende oggend het Jacobus
nog twee burgers opgespoor
en van hulle gehoor

oor die swartes se plundery
waarmee ander gesinne te doen gekry
het en die swartes het nie eens ‘n kombers
vir die kinders gelaat nie, of ‘n kers
of enige iets om te eet nie
en die mense sou hierdie onheil nie maklik vergeet nie,

wat vir Jacobus gespreek het van barbaarsheid
en die nietigheid
van die mens
en in sy hart het hy die Britte verwens.

Jacobus Potgieter, JM Dames en L Alberts het toe saam
besluit om planne te beraam
om hulle gesinne te beskerm. So is besluit dat elke man
by sy eie huis sou bly so lank as wat hy kan
en sou vuur op enige een wat nader kom
tot hulle dood toe om
hulle gesinne te probeer red.
Toe die swartes kom met
gewere om te plunder het die burgers toe op
hulle losgebrand om die aanvalle te stop

waar hulle om die huise gedraai het
soos aasvoëls wat om die dood
van die boere wag. Met
skoot op skoot

is hulle afgeweer
waar die Boere op wag sit
en bid
dat God die vyand moet keer.

Hulle het Britse kavallerie sien verby ry
en besluit om die vyand in te wag
sodat die vroue vir beskerming kan vra,
maar was na drie dae en nagte moeg gestry
waar hulle dag en nag
op wag is met gewere wat hulle rond dra.

Hulle besluit toe om oor te gee aangesien
hulle nie meer kon uithou teen die swartes wat die vyand dien
en Jacobus Potgieter en L Alberts het na die Britte toe gegaan
terwyl J Dames agterbly om vir die gesinne op wag te staan.

Jacobus het besluit om op God te vertrou,
om in geloof aan die redding van die Here vas te klou
en met ‘n swaar hart het hy sy geweer gaan oorgee
om sy gesin daarmee
te probeer beskerm.

Die vyand was bang toe hulle vir Jacobus gewaar
as ongewapende Kapenaars
wat deel was van die Britse mag,
as drywers vir waens en muile het hulle by ‘n rivier gewag.

In die rivierbedding het hulle gestaan
by die long-tom kanon in stukke geslaan
deur dinamiet en het gesukkel om
die stuk van die kanon uit die water te laat kom.

Hulle het toe die spul drywers gegroet
en by Najensbrook omtrent ‘n uur van sy huis af,
het Jacobus toe die Britte gaan ontmoet
waar ‘n offisier in Afrikaans bevele uit blaf.

Jacobus vra toe: “Wat gaan aan?
Ek het verwag om Engelse hier te
ontmoet. Nou ontmoet ek Boere as vyand?”

Een het geantwoord: “Wat dink jy? Ons is baie meer
as julle. Ons kommando is ongeveer 1,200 sterk,
waarvan die meeste Boere is wat die Engelse troepe
help.”

Toe vra Jacobus onthuts: Hoe kan dit dan wees
dat julle veg teen julle eie nasie?”

“Ons is Britse onderdane van die
Kaapkolonie en van Natal.”
Toe vra Jacobus: “Waar is julle
generaal? Ek wil hom sien.”

Toe beveel die offisier aan ‘n drywer:
“Gaan saam met hierdie man en neem hom
na die generaal, die hoof bevelvoerder van die laer.”

Die laer waarnatoe hulle toe gaan
is toe nogal vêr daar vandaan
en Jacobus en Alberts dra toe nog hulle gewere
en ontmoet toe die offisier onthuts deur die gebeure
en lê hulle wapens neer en vra die Brit:

“Hoe is dit dan dat dit lyk of jy met swartes
teen ons veg, en hoe laat jy die swartes ons
huise en families plunder?”

Toe bars die Britse offisier los: “Hoekom het julle
nie al oorgegee nog voordat ek hierheen moes kom nie?
Julle het my hierheen laat kom vir niks!”

Waarop Jacobus sê: “Dit is nie regverdig
om met swartes teen blankes te baklei nie.
Nog meer so, om hulle ons vrouens te laat aanval!”

Die offisier antwoord toe bars: “Ek het die swartes
beveel om nie sulke dinge te doen nie,
maar hulle wou nie luister nie.”

Waarop Jacobus aan hom sê: “Ek glo dit nie!”

Die offisier beveel hulle toe om te gaan wag
op ‘n sekere plaas vir ‘n dag of wat.
Waarop Jacobus uitbars:
“Nee! Ek het nie tyd om rond te sit nie.
Gee aan die swartes opdrag om op te hou
om ons families te plunder.”

Die offisier laat Jacobus toe wag
op sy bevelvoerder wat moet kom
en Jacobus teister hom
met die aanklag

oor die swartes se strooptogte op kinders en vroue,
wat deur die Britte gedryf word in die swartes se kloue
en met sy redenasie sit hy die offisier in ‘n hoek,
waarop daardie offisier gehoor gee aan sy versoek

maar meeste van die mense is toe reeds geplunder
in groot gevaar gestel
erg teen deur die swartes geknel,
toe die Britte hulle ten einde laaste verhinder
om verder te roof
en menswaardigheid beloof.

Toe sê daardie offisier: “Wel, ek sal jou
laat terug gaan. Bring julle gesinne hier.”
Waarop Jacobus sy kop skud en sê:
“Die swartes het al die osse en waens gesteel.
Hoe kan ek dit dan doen?”

Die offisier wat die hoë rang beklee
gee toe aan die swartes opdrag
om die osse en waens terug te gee
maar sy bevel word ietwat geminag

waarop Jacobus na sy gesin terug gaan
waar hulle veilig en verdrietig hulle arms om hom slaan.

Die swartes gee toe slegs vyf osse terug en geen waens
en by L Alberts se huis kom hulle voor nog probleme te staan
met een honderd en drie mense wat soheentoe gevlug het,
sonder klere, kos en komberse wat meestal net
vrouens en kinders is
wat deur die swartes gehinder
en geplunder was.

Jacobus was nogal verstom
want van hierdie vrouens het tot 24 myl vêr gekom
en van hulle kinders op hulle rûe gedra
en hulle was baie erg deur die swartes gepla.

‘n Vrou het gesê: “Die swartes het my
teen die grond gestamp.” ‘n Ander een:
“Die swartes het my in die bors
met ‘n assegaai gesteek.”
‘n Derde het gesê: “Hulle het my met
gewere teen die bors gestamp.”
Nog ‘n dame het gesê: “Ek het geprobeer
om ‘n kombers vir my kind te hou,
maar die swart man het dit gegryp
en my omgestamp.”

Van die swartes wat getroue arbeiders en bediendes was
het sommige goed gevat en die gaan oppas
toe hulle die plunderaars sien aankom
en daarmee die bosse in gestorm

en dit toe later weer terug gebring,
en die optrede van goedwilligheid dring
diep in mens se hart in,
maar dit was maar enkele goed wat hulle kon gryp
en onder hulle arms kon vas knyp
om te probeer red
soos ‘n kombers of ‘n bed.

Sommige van die swartes het skandalig in daardie nag
van daardie vrouens verkrag
en dit was wat aan Jacobus oorgedra was, wat gebeur het
en dit word hier as waaragtig gerapporteer
en van hierdie gebeure was hy ook ‘n getuie van
en die vyand kan

geen idee hê
hoe hy toe oor die dinge voel
en die dinge deur hulle dade bedoel
en om sy gesin te beskerm het hy sy wapen neergelê.

Daar was 103 kinders en vrouens
wat Jacobus Potgieter en L Alberts
met drie waens moes vervoer behoudens,
dat baie self moes stap
en hierdie reis was vol ellende sonder enige geskerts
en hierdie gebeure is die waarheid en is geen grap nie.

Daardie eerste nag
het van die vrouens by Jacobus se huis geslaap
aangesien hy nog kos oor gehad het
wat hy toe met
hulle gedeel het en sy vrou het beddegoed orals opgeraap.

Sommiges het binne geslaap en dit was reeds aandoenlik,
maar ander moes buite slaap en dit was vir hom verskriklik
om te sien hoe weerlose vrouens moes rondlê
en hy sou dit anders wou hê.

Jacobus het die waens tot by die hoofpad vergesel
en daar van sy vrou en metgeselle
eers afskeid geneem en het vooruit gery
om die vyand te ontmoet en vir die kolonel wat hulle lei,
waarop hy aan die Kolonel sê: “Die vroue en kinders,
103 van hulle in totaal, wag daar voor vir julle.”

Deur die stories wat die vrouens en kinders gehoor
het, was hulle bang vir die Britte en hulle het byna kop verloor.
Toe ry Jacobus saam met die vyand om hulle te gaan haal,
te sorg dat die Britte nie verdwaal
en hy sê toe aan die kolonel: “Ek sal na die families
gaan en hulle vertel dat julle kom, sodat hulle
nie bang is nie.”

Die kolonel en van sy kapteins kom toe saam tot by Kuiperkuil
waar van die vrouens en kinders uit vrees vir die vyand huil,
bang was om seer te kry
en hulle het in ‘n groep by mekaar gebly.

Waarop die Britte die mense op nog meer waens laai,
waarna hulle in die pad omdraai

na Pietersburg geneem word en daar in huise vir ‘n maand
lank gehuisves was en toe net voor die aand
na tente in ‘n konsentrasiekamp verskuif is
as aangehoudenes, mense onder ‘n vonnis.

Van die kos wat hulle gekry het, wat die ernstige waarheid is,
was vleis van beeste en skape wat besmet was met siektes, met betekenis
dat siektes netso oorgedra is in daardie gevangenis.

Party van die siek beeste was dag na dag
daar voor die mense geslag
en die vleis aan hulle gegee om dit te eet,
terwyl die Britte van die siektes weet.

Van die ander rantsoene was meel,
koffie en suiker maar skraps onder die mense verdeel.
Van die beeste was besmet met vuur-siekte,
ander met longsiekte
en hulle het daardie vleis gekry om te eet
so asof die Britte terloops van hierdie siektes vergeet.

Van die skape het masels gehad, ander was besmet
met hartwater en niemand was beskerm deur enige wet
en dit was aan die mense gegee om te eet
terwyl die Britte goed van die siektes weet
en sonder kos sou die mense ook sterf
en so het die Britte nog hartseer en haat verwerf.

Jacobus het grafte vir die dooies gegrawe,
soms soveel as sewentien per dag,
waar hulle tot twaalf lyke op ‘n slag
op ‘n wa gelaai het om hulle te begrawe.

Na ‘n tyd het die mense geweier om die vleis te eet
aangesien hulle geweet
het dat dit hulle siek maak en laat sterf
en hulle het die vertroue van die Engelse doktor verwerf
en hy het die vleis ondersoek en bevestig
dat dit dat dit ernstig
besmet is, amper as ‘n soort van erkentenis
waarna die skape geslag en begrawe is.

Daarna het hulle geblikte vleis ontvang
met graan en soms gemaalde glas
en vishoeke wat daarin was
wat steeds onmenslikheid oor die skouer van die Britte hang.

Jacobus het die name lengte en breedte van elke lyk geneem
in sy dagboek geskryf en op ‘n manier half vervreem,
het hy die lyke na die kerkdiens na die grafte gevat
en sand bo op hulle neer laat spat.

Daar het Jacobus tussen sestien
miskien sewentien
grafte op ‘n dag gegrou
en in sy hart gerou terwyl hy die doodslag aanskou
maar die muilwa kon net tien tot twaalf kiste hou.

Die geween en hartseer van hierdie ondervinding
het met hom gebly en sy eie jongste kind
Margritha Jacoba was slegs vyf maande oud
toe hulle erg benoud
in die kamp geplaas is,
van gerugte van dood wat wag bewus.

In elke tent waar hy ingeloer het,
het Jacobus siek mense gesien, besmet
met iets uit die siek vleis wat hulle ook onderlêde het.

Na slegs twee weke in die konsentrasie kamp
het al sy kinders ook siek geword.
Daar was baie dinge wat baie ernstig skort.
Al die mense wat masels gekry het, het gesterf in ‘n groot ramp,
selfs die volwassenes in daardie gevange kamp.

Toe het Jacobus uiters magteloos gevoel,
geweet dat die Britte dit met hulle sleg bedoel
en al wat hy en sy vrou Margritha kon doen
was om hulle met God se wil te versoen
en hulle het drie maal ‘n dag gebid,
die beskerming van hulle kinders voor God se troon neergesit.


X. Jacobus Potgieter ontsnap

Vir ‘n ruk lank het Jacobus geen nuus ontvang
van die kommando, maar op die Britte se aandrang
was ‘n verraaier se vrou na die Boere gestuur
om hulle te gaan aanvuur
om aan die vyand oor te gee
en sy bring toe net nuus mee

van waar die kommando bevind
word en daarna wil Jacobus onmiddellik planne vind
om te ontsnap,
van die Britte af weg te stap
om by die Boere aan te sluit
en Britte uit sy land uit te kry.

Meestal laer klas Boere het by die Britte aangesluit
om vir 5 sjieling per dag Afrikaners te vermoor,
die Boere te probeer dwing om die oorlog te verloor.
Die Britte wou selfs vir Jacobus ook werf,
hy het dit gesien as ‘n plan uit die verderf
en homself daaroor vererg
want hy was onregverdig gedwing
om oor te gee vir sy gesin se oorlewing.

Met tyd het Jacobus maats gemaak
en ander by sy ontsnappings plan betrokke laat raak
in ‘n tyd waarop die Britte versigtig was vir verset
by die gevange Boere het
Jacobus dertig burgers bymekaar gekry
om na vryheid toe te lei.

Na maande het Jacobus en sy vriende eintlik ‘n geleentheid gekry
om saam met die waens wat hout gaan vergader uit te ry,
maar die aand voor die ontsnapping
het baie koue voete gekry vir die ding
en uit vrees besluit om te bly,
maar slegs sewe het daarmee deurgedruk
om die vrugte van vryheid te pluk.

Hulle het sorgvuldig planne beraam
en vat toe kos vir vier dae en twee stelle klere saam,
wat sterk genoeg is om ‘n jaar te hou
terwyl hulle op God vir leiding vertrou.

Onseker het Jacobus sy vrou en kinders gegroet
en bang dat die Britte onraad kon vermoed
die huilende kinders in die tent laat bly
toe hy hulle groet.

Van die gevaar wat die kamp vir sy kinders inhou
en hoe die kos, gure omstandighede hulle knou
was Jacobus deeglik bewus,
het gevra dat God se hand op hulle sal rus,
dat Hy die pad aan moet dui
en hulle deur die gevare wat voorlê moet lei.

Met benoudheid het die sewe stuuks
op die waens geklim en in die hout velde was hulle fluks
om hout te versamel en te laai
terwyl swartes en ander manne om hulle draai.

Die manne was Jacobus Johannes Potgieter,
AJ van Jaarsveld, CJ Potgieter (Jacobus se broer), SJ de Beer,
JH Venter, C Harmse en W van der Gijft
wat hulle lewens toevertrou het aan die Heer.

Met skemer het hulle aan die drywer van hulle wa gesê
dat hulle gaan ontsnap,
na die Boere toe terug gaan stap,
maar nie vertel wat in hulle planne lê
en hy was moeilik oortuig om die wa terug te vat
en by die swartes van die naaste stat

het hulle ‘n kombers vir ‘n bok verruil
en toe ‘n groot vuur aangeslaan en dit gebraai
terwyl van die ander burgers nog om hulle draai
en soveel geëet as wat hulle kon voor hulle in die bosse gaan skuil

en die swartes was nie aggressief as hulle by die Britte was
maar baie vyandig as
hulle die Britte verlaat en moes hulle eintlik ook oppas.

Met hulle klere en ‘n kombers elk het hulle die kamp verlaat
en sonder om te praat,
in die donker by die swartes verby gesluip,
in die bosse in gekruip

Gedurende die gewerk het hulle die gebied
toe gedurende die dag baie deeglik bespied
en ‘n roete uitgewerk
en is daar weg sonder dat enige een dit opmerk.

Daar was ‘n plaas naby
waar hulle vir elkeen gewere en ammunisie kon kry,
wat daar begrawe was en Jacobus het ‘n stok gesny
om dit mee uit te krap,
maar hulle moes eers verby ‘n groot swart stat stap.

Hulle het in die bosse gehou
en op die hulp van God vertrou
maar toe hulle na ‘n uur daar aankom
het daar ‘n lig gebrand en hulle was verstom

om mense daar te kry
en het gemeen dit dui net
dat hulle verraai is deur een
van die mans wat agter gebly het.

Sagrys de Beer sê toe “Kom ons los die gewere.
Hier sal ons gevang word. Die stemme wat ons hoor
is die stemme van Boere, maar te veel Boere het by
die Engelse aangesluit om teen ons te veg. Ons
kan nie enigeen vertrou dat hulle aan ons kant sal
wees net omdat hulle soos Boere klink nie.”

Vyftien tree van die huis af word die saak toe bespreek,
of om die gewere te kry of van die plek af weg te breek.
Jacobus wat baie graag die wapens wou hê
wil eers nie raad weet nie en sê:

“Grys, ons kan nie die gewere hier los nie.
Ons moet stilletjies oor die muur klim
en die gewere uit grou.”

“Jy sal laat ons gevang word! Luister na die stemme.
Dit is vyandelike Boere!”

“Grys, dink net aan die swart dorpe
wat ons nog sal moet deurgaan.”

“Kotie, kom ons loop liewer in die donker.
Kom ons los die gewere. Selfs al kom ons
oor die muur sonder om gehoor te word,
sal hulle ons hoor as ons met daardie stok
van jou grou. Hulle sal ons skiet. As een
van ons gewond word sal ons baie jammer
wees dat ons nie eerder die gewere gelos het nie.
Kotie, kom ons gaan. My bediende
is by my huis waar ek twee gewere
met ammunisie hou. Ek sal na my plek gaan.
My bediende is getrou.”

“Grys, ek sal maak soos jy sê. Kom ons gaan.”

Daar was digte mis waarin hulle verdwaal
en die pad byster raak en het aan gedwaal
tot hulle die pad weer kry
en toe naby aan die pad gebly
tot die pakke te swaar raak
en die gedra daarvan hulle moeg maak.

Sagrys se woorde was “Kotie, ons moet hier slaap.
Jy kan sien dat Ou Albert en Krisjan nie meer kan loop nie.
Hulle is moeg. Jy moet na die swakste man
hier tussen ons kyk.”

“Ja Grys, dan sal ons maar van die pad afdraai
en in die kloof gaan slaap. Jy weet, as die Engelse
uitvind dat ons weg is, dan sal hulle ons spore volg.”

“Ja Kotie, kom ons draai hier aan die linkerkant af.
Hier is ‘n diep kloof. Hulle sal ons nooit hier kry nie.
As hulle skielik op ons afkom, dan kan ons
al met die kloof langs hardloop totdat ons
die digte bosse vind. As ons eers daar is,
dan kan hulle duisende manne bring om
na ons te soek, maar hulle sal ons nooit kry nie.
Ek ken die gebied te goed.”

“Nou, goed so kêrels. Kom ons maak dan so.
Kom ons draai hier van die pad af. Oom Albert, wat sê jy?.
Komaan Stoffel, julle moet julle sê, sê. Jy ook Willie.
Jy sien, Krisjan is moeg met sy kruppel voet.”

“Ja Koot, “ kom dit van Albert. “ek volg maar net vir jou.
Jy moet ons lei.”

“Reg so. Kom ons draai af. Ons sal hier bly tot môre na sononder.
Van hier af moet ons deur die swart dorpe gaan.
Haai kêrels, julle weet darem, dit is steil hier af.
Oom Albert, sal jy en Krisjan dit hier af maak?”

“Ja Jacobus, jy moet maar net stadig gaan.
Jy sien, dit is donker. Ons kan nie sien nie
en die klippe en stompe laat my gly.”

“Ja. Ou Krisjan, jy moet versigtig loop met jou kruppel been.
Waar is Willie?”

“Hier is hy reg agter my. Grys, jy loop te vinnig,
Jy en Stoffel.”
“Waar is Jan Venter?”
“Hier is hy voor Sagrys. Kom ons slaap
hier langs die bosse. Dit is stil hier.
Hier sal ons kan slaap.”

“Kêrels, ons moet aanhou. Hoe laer ons afgaan,
hoe steiler sal dit raak. Kêrels julle moet wakker bly,
of anders moet julle lig slaap. Ons sal moet
hardloop as ons klippe hier bokant ons hoor val.”

Op die middag van 20 Januarie 1902 probeer
hulle om die diep kloof te verlaat, maar word deur swartes gekeer
wat hulle hoor skreeu waarna hulle onder ‘n bos gaan wegkruip
en in die donker nag toe daar wegsluip.

Hulle vermy toe Sagrys se bediende wat die wapens hou,
te bang om haar met hulle lewens te vertrou
en dat die swartes hulle dan sal probeer
vermoor of iewers sal vaskeer.

Hulle is toe ook bewus
van ‘n ander plek waar daar nog ‘n geweer is.
Die mis word al hoe erger en dit begin reën
en donders slaan een na die ander een.

Onder ‘n digte bos vind hulle skuiling
maar half bevrore moet hulle weer uit spring
en loop op ‘n vinnige pas
om warm te word, amper in ‘n swart stat vas

en dit reën so hard dat niemand buite is
en hulle stap verby tot laat in die nag wat hulle moet rus
en in die reën moet hulle toe onder ‘n bos slaap
want elkeen is uitgeput met party wat al gaap.

Dit word egter kouer as vriespunt
en dis ‘n benarde posisie waarin hulle, hulle bevind
waar Krisjan Potgieter bewusteloos word
en hulle dink toe dat hulle planne nou in duie stort.

Jacobus draai sy baadjie om sy broer
en hoor duiwe in die verte koer
en sonop is ‘n swart stat byna vyf honderd tree
van hulle af geleë.

“Kotie! Ons gaan gevang word!” fluister Saggrys benoud.

“Kêrel, moenie so praat nie! Jy moet nie begin
om wankelmoedig te raak nie. Staan op! Laat ons loop!”
beveel Jacobus..

Krisjan klapper tand van die koue
met sy hande in sy baadjie se moue
en Jacobus probeer moed hou
en aan hoop vasklou:

“Haai Kêrels, kom ons beweeg. As ons dadelik aan
die beweeg kom, dan sal ons warm word.”

Op die berg is daar ‘n verlate huis waarvan die dak
ingeval is aan die een kant,
maar aan die ander kant lê droë hout wat hulle verbrand
en daar word tak na tak
op die kole gesit om hulle warm te maak
en te sorg dat hulle klere droog raak.

By Broederstroom vind hulle die rivier vol
maar gaan oor op ‘n kol
waar dit vlakker is
dwarsdeur daardie hindernis.

Die geweer wat hulle soek is uitgegrawe en weg
en hulle voel daaroor sleg,
maar pluk groen perskes van die boord
wat aan ‘n gevange Boer behoort
want die brood
is vrot van al die reën en die honger is groot.
.
Hulle klim toe ‘n berg en verdwaal in die mis
en weet nie mooi waar hulle is,
maar laat middag is hulle toe op ‘n plaas
waar van die baas

P Naude vermoor is en daar’s mense oral rond
en hier en daar ‘n hond
wat rondloop en hulle moet wag deur die dag
tot die volgende nag.

Orals om hulle is vyandige mense wat hulle pad versper
en hulle het nog vêr
om te gaan
en moet by die een swart stat na die ander verbygaan.

Hulle loop tien ure lank
en hoor toe die klank
van mense wat sing
en ‘n fluit of ‘n ding
speel en in die middel van die pad
waar hulle partytjie hou
en hulle kan die vrede nie vertrou nie.

Daar is ‘n helder maan wat goud geel hang
en dertig tree van die mense af
kom kinders skielik aangedraf
en daar word hulle byna gevang

maar ‘n donker wolk skuif voor die maan
en hulle spring oor ‘n wal en val plat in die gras
en die kinders kom staan
net mooi waar hulle was.

Toe breek ‘n bakleiery uit en slaan en klap
die kinders mekaar en hulle is bang daar word op hulle getrap
want die kinders is net drie tree weg
waar hulle, hulle geveg besleg

maar die kinders beweeg toe so dertig tree weg
en dis toe wat die burgers lang tree
in die mielieland in gee
waarna hulle toe reg

in ‘n ander stat vas loop en hulle swenk toe weg
en loop hulle weer in ‘n rivier vas
waar Jan Venter toe deur bars
om die diepte te bepaal
en almal toe die ander bank veilig haal.

Teen omtrent half twaalf bereik hulle Wolkberg
en begin dit uit klim en die berg is erg
steil, waar hulle hande viervoet moet beweeg en teen
die kranse moet uit en dit duur
tot omtrent een uur

en toe is hulle op die kruin
en in die duister lyk alles spookagtig en klein
onder hulle en hulle is honger en stap tot by ‘n goudmyn,
wat verlate is met ‘n put
vol helder water waar hulle eers indut
en later koffie maak
om die honger te stil en toe weer aan die slaap raak.

Ligdag loop hulle tot twaalf uur aan
en by nog statte gaan hulle toe staan
en kruip in die bosse weg
en hulle is toe baie erg
honger en dors
toe ‘n groot nors

swart man met ‘n geweer daar rond loop
op soek na ‘n bok om te jag
en by hulle wag
en wil nie die kans waag om hom te takel en te stroop nie.

Toe skiet hy ‘n klomp skote en bring later die bok
en gooi dit eenkant neer waar dit ‘n hoop brommers lok
om weer daarop aan te lê om teiken
te skiet en hy kan dit nie eens tref nie en
met sononder stap hy toe daarmee weg na sy stat
en die burgers laat spat.

Hulle loop vir twee ure deur pragtige landerye
wat aan die mense van Malippo op Wolkberg behoort
en by nog ‘n swart stat verby stap hulle voort
en die laaste snye
brood is al lankal klaar
en hulle kan nêrens enige iets om te eet gewaar nie.

Die nuus van die ontsnapping het die konsentrasiekamp bereik
en op 21 Januarie het die kommandant aan
Margritha Jacoba Potgieter ‘n bevel uitgereik
om hom te kom sien
maar aangesien sy bang is en nie die Britte dien
ignoreer sy dit
en word met haar 7 kinders en goed op ‘n trein gesit
sonder om weet waarnatoe sy gaan.

Daar was ‘n 70 jarige ou man, nog twee vroue,
‘n 40 jarige krygsgevangene en niemand het vertroue
in die Britte nie en hulle reis op ‘n stinkende perdewa,
wat oop in die reën hierdie klomp mense dra
en haar een kind word toe ernstig siek
toe die trein eindelik by Pretoria brieke aanslaan.

In ‘n verflenterde tent word die nag deurgebring
met reën wat orals indring
en die kind verswak nog meer
en hulle het niks om die siekte mee te keer nie.

Daar is toe 23 mense wat op die stasie staan
wat in een trein trok ingedruk word
sonder dat enige een wil sê waarheen hulle gaan
terwyl die reën gietend neerstort.

Nadat hulle vir ses dae lank daardie trein ry
sonder kos, water of enige geriewe is hulle by
Durban waar Margritha na Merebank gevat word
en die gort
is behoorlik gaar
en sy word ondervra en nie gespaar
en moet verslag doen oor Jacobus wat ontsnap het
en word gestraf met
hulle rantsoen wat met die helfte verminder
en haar kinders
word van die honger uit geteer
en sy het niks om hulle honger mee te keer nie.

Die kinders word net al meer siek van die medisyne
en al erger en kry nog erger pyne
en hulle glo dat daar gif in is
en in daardie gevangenis
steek sy hulle in die wasgoed weg
want in die hospitaal gaan dit baie sleg
en sy is bang dat hulle daar gaan sterf
en in haar gedagtes stuur sy die Britte na die verderf.


XI. Saam met generaal Beyers op kommando

Op 24 Januarie 1902 kom die sewe burgers by die kommando aan
waar die ander burgers om hulle staan
en kos en ryp geel perskes uit deel om te eet
en alles oor hulle ervaringe wil weet.

Daar is toe veertig burgers en ‘n paar vrouens wat vlug
op daardie oomblik teenwoordig,
en almal is bly hulle is terug
en die hele kommando gaan op hulle knieë in gebed
om die Here te dank vir sy hulp en dat hy hulle van die Britte af red.

Vroeg die volgende oggend beveel die veldkornet:
“Kom aan kêrels, gaan saam met die korporaal
na die magasyn om julle te bewapen.”

Die magasyn was onder ‘n krans beskut teen wind en reën
en die korporaal lei hulle toe daarheen
waar daar ook sakke staan vol koring
en tot hulle bekoring

kon hulle kies uit verskillend soorte gewere wat hulle staan en bekyk
en elkeen verkies toe ‘n Mauser wat nog splinternuut lyk
en kry ammunisie van ‘n ander plek af
en nog komberse word aan hulle verskaf.

Generaal Beyers is toe weg na Waterberg waar hy
en sy kommando perde en voorrade by die Britte gaan kry
deur dit van hulle te gaan buit
en het 150 manne uit

die Pietersburg konsentrasiekamp gaan bevry
en hulle het ook darem vee aan gekeer,
maar van die spul wat bevry is het weer
gedros en om die Boere te gaan verraai na die Britte gery.

Die helfte van die kommando van
omtrent 600 man
het na die Laeveld gegaan
en by Malipspoort gaan hulle aan

om die burgers
te bewapen wat saam met Generaal Beyers
van die konsentrasiekamp af kom
en Jacobus gaan groet toe vir hom.

Die burgers moet te voet gaan want die vyand
het al die gras afgebrand
en by Houtbosdorp het hulle in ‘n Britse hinderlaag vasgeloop
8 spioene verloor en een burger was dood, maar die pad was daarna oop.

In die Laeveld het die burgers mielies op waens gelaai
en op pad terug van die vyand by Malipspoort afgemaai,
toe bou hulle ‘n pad oor die berge en het dit Beyersnek gedoop
en het verder aan met die waens na die laer toe terug geloop.

Waarna hulle die mielies gemaal het om meel daarvan te maak
en al die burgers het toe baie gesond geraak
en het mieliepap en vleis geëet,
maar nie van die onderdrukking van die vyand vergeet nie.

Toe die Britte die ekonomie begin beheer het goedere skaarser geraak,
as mense dit nie by die Britte kry nie en dit het gemaak
dat sommige Boere joiners word en by die Britte aansluit vir geld
en die Boere se wegkruip plekke aan die vyand meld
en hulle daarnatoe lei
om vergoeding vir die verraad te kry.

Die joiners was nie goeie soldate nie, maar het die omgewing goed geken
en so die Britte gehelp om die Boere te probeer wen.
Sommiges het gesê:

“Betaal my geld, en ek sal julle help om die Boere te vang en te
skiet. Ek ken die gewoontes van die Boere.”

Waarna hulle gehuur was vir 2 sjieling per dag,
of 5 sjieling vir offisiere wat net nie kon wag
om sy eie volk, vader, broer te laat uitmoor
om die Boere te dwing om die oorlog te verloor.

Van die Boere het op plekke graan onder die grond begrawe
en die kommando het goed geweet
waar die plekke is en het dit dan weer gaan uitgrawe
sodat hulle gedurig darem genoeg gehad het om te eet.

Die kommando was beïndruk met generaal Beyers se heldhaftigheid,
sy regverdigheid, maar bowenal sy godvresendheid
en die feit
dat hy aan alles aandag gee
as elkeen se broer optree.

Generaal Beyers het hulle vroeg dag
en vroeg in die nag
skriflesing en gebed laat hou,
om met gereelde kerk dienste op die Here te vertrou
en reg deur die oorlog het dit so aangehou,
sodat hy so aangehang was
dat hulle hom op eie aandrang volg.

Vanaf Malipspoort het die kommando na Spelonken
getrek om Fort Hendriena te gaan beset en
en dit was nogal ‘n moeilik ding
terwyl die vyand op hulle vuur van uit die beskutting,

om sonder kanonne die fort in te neem en in die nag
het die burgers dit omsingel en twee honderd tree daarvan af gewag,
om kos en water daarvan af te sny
en te verhoed dat enige een daarnatoe gaan of ry.

Toe stuur die vyand ‘n bevrydingskorps bestaande uit joiners
en Jacobus Potgieter en ‘n klomp ander burgers
het toe gery
om dit voor te keer terwyl sommige burgers agterbly.

Onder generaal Beyers se bevele het
Luitenant Eybers en veldkornet Fanie Coetzee met
40 manne ‘n vleuel saamgestel om die vyand voor te keer
en toe het dit gebeur
dat die burgers 50 tree storm en op die vyand losbrand
en daar word toe verskriklik op mekaar gevuur van elke kant

In die geveg het ‘n Boer gesterf, is vier Boere gewond
maar gelukkig is die meeste burgers
ongeskonde en van die vyand lê ‘n offisier dood op die grond
twee word gevange geneem en ook twee joiners

wat gewond is naamlik Piet Alberts en Jacob Schoeman
en hulle was elk ‘n bekende man.
Piet Alberts was voorheen vrederegter
en sy pa en twee broers was egter
krygsgevangenes en Japie was op die kerkraad
en sy seun wat teen hom geveg het met hom gaan praat.

Die vyand het die geveg verloor en op vlug geslaan
maar omdat dit Sondag was val die Boere toe nie die laer aan nie
en wou hulle die volgende dag
gaan vastrap en toe vlug die hele vyandelike laer gedurende daardie nag.

Uit desperasie word die perde deur die Britte in die fort uitgejaag
om water te spaar en toe word die perde deur die Boere gevang
en die rantsoene in die fort word toe baie laag
na gelang

van wat die dae verby gaan,
totdat ‘n sterk Britse mag na tien dae onverwags toeslaan
en die kommando te vêr versprei is
en tot die Boere se ergernis

word een van hulle spioene gevang terwyl die ander een
hulle kom waarsku en in digte mis bestorm Jacobus ondersteun
deur sowat veertig manne ‘n vleuel en vuur daarop
waarop die ander vyandelike vleuel van agter op

hulle begin skiet en al wat hulle kan doen is om uit te jaag
hulle lewens om vryheid te waag,
terwyl die vyand skiet so al wat hulle kan
en man op man
dwarsdeur hulle ry
terwyl koeëls by hulle verby sny.

Almal het ongeskonde daaruit gekom,
maar die veldkornet
se perd het hom afgegooi en hulle moes hom red
en Albert van Jaarsveld was verstom
om steeds lewend te wees met sy hoed van sy kop afgeskiet
en toe het die Boere opgehou om by die fort weerstand te bied,

maar die veldkornet stuur Jacobus en vyftien man om te verken
en hulle verdwaal in die mis asof hulle nie die gebied ken nie
waarop die vyand die volgende dag ‘n sterk mag agter die Boere aan
stuur en in die lang gras staan
die vyand is skielik ses treë van hulle af oorkant die rivier
en die Boere kry hulle toe onder die versier,

kry self in die gras skuiling en ‘n woeste geveg breek uit
en twee Boere offisiere word gevange geneem en daar word besluit
om in die donkerte te vlug en dwarsdeur die nag
en die volgende dag vlug hulle nog voor die groot vyandelike mag.

Twee dae later kom daar ‘n Britse troep aan om by die Boere aan te sluit,
wat hom met ope arms ontvang waarna hy alles doen om die Engelse te stuit.
Die klomp waens
word toe aan die voet van die berg laat staan

en die kommando in vier gedeel al om Wolkberg
met ‘n afdeling wat noord van Malipspoort na Beyersnek haas,
‘n afdeling suid van Malipspoort aan die voet van die berg
en ‘n afdeling by Empatel op Coetzee se plaas

Die gedeelte van die kommandement
by Beyersnek kom onder bombardement
en hou die vyand twee dae lank terug
voordat die Boere voor ‘n oormag Britte vlug,

die vleuel waarin Jacobus veg word omsingel, uitgedryf
met duisende swartes wat saam met die vyand veg deur Engelse aangedryf,
waarop hulle die Boere se waens en beeste buit
en die hele kommando breek deur, uit die Britse omsingeling uit.

Jacobus word toe deur generaal Beyers ontbied
om die mees geskikte gebied
aan te wys waarheen die kommando kan vlug
want hy weet toe Jacobus uit die konsentrasie kamp ontvlug

het, het hy deur daardie gebied gekom
en generaal Beyers sê vir die hele kommando om
al die waens en kos agter te laat
en Jacobus het toe gepraat
van daardie pragtige land waardeur hulle geloop het en nou
sou daar duisende sakke vol graan wees om hulle te onderhou.

Op generaal Beyers se opdrag lei Jacobus toe 130 burgers te voet
terwyl die perde ruiters om die berg moet ry
en die ruiters bars by die vyand verby
en die voetgangers moet

teen Wolkberg op klim en laat middag het hulle die fraaie land bereik
waar die meeste swartes weg vlug, maar by van die wat baklei
het die Boere Engelse Lee-Enfield gewere met ammunisie gekry
en generaal Beyers is toe baie in sy skik terwyl hulle deur die lande aanstryk.

Daar bly hulle toe ‘n hele ruk lank terwyl generaal Beyers
van ‘n wond herstel maar die Boere se ammunisie was byna klaar
toe die Britte hulle met twee kolomme nader met duisende swart aanhangers
en Jacobus vertel toe vir die generaal van ‘n plek waar

hulle die vyand kan probeer uitoorlê, waarna hulle ‘n dag lank vlug
deur die berge. In die nag toe die berede kommando hulle bereik
word die Britte se vure gesien en lei Jacobus hulle terug
na plekke om hulle posisies in te neem, wat die beste vir hulle plan lyk.

Die vyand het die Boere se vorige posisies omsingel in digte mis
toe dit lig begin word waarop die Boere posisies agter die Engelse hindernis
inneem met voetgangers aan die een kant en die perde kommando verder weg
aan die ander kant en toe die mis opklaar is die Boere vir die Engelse reg

en toe brand die Boere los. Die vyand val toe terug, maar die Boere ruiters
jaag hulle toe uit hulle skuiling uit en die Britte slaan toe op vlug
so vinnig hulle kan na hulle laer toe terug
en toe word daar uiters

groot hoeveelhede gewere, rewolwers en ammunisie gebuit
asook perde en wat nie gebruik kan word, word in ‘n dam gesmyt
en 13 Britte lê dood, 40 word gevange geneem
en in die bosse word nog Britte gevang en van wapens vervreem.

Van die joiners wat gevang is was D Pienaar,
C Lees, M Deventer en C Pienaar en daar
word toe na Malipspoort teruggekeer waar

daar twee Britse boodskappers kom
om ‘n boodskap van die Staat sekretaris
van die Zuid Afrikaanse Republiek af te lewer om
hulle kommando te kan besoek om kennis

te gee van vergaderings met die Britte om vrede te hê,
waarop die Staat sekretaris sê: “Burgers, ek is deur ons
regering gestuur om die Soutpansberg kommando
te kom ontmoet en julle mee te deel hoe ons sake staan.
Die Staatspresident het onderhandelinge gehad met
die generaal van die Britse kant, naamlik Kitchener.
Van die Britse kant wil hulle graag vrede maak, maar
hulle wil nie ook die land terug gee nie. Hulle wil hê
dat ons die land moet opgee. Dit het ons geweier.
Ons het aan die opper bevelhebber van die Britse
kant gesê, ons het geen reg om die land oor te gee nie.
Dit is die volk s’n. Toe het hy ons vrye begeleiding
gegee om per trein na die verskillende kommando’s
te gaan om die volk se gevoelens te hoor en dan ‘n
afvaardiging deur die lede te laat verkies om
‘n konferensie by vereniging te gaan hou ten
einde vrede te maak. Dit lê in die volk se hande
of die volk die land wil opgee of verder veg.”

Eenparig sê hulle toe: “Verder veg, of onafhanklik vry!”

Generaal Beyers en Landros Stoffberg word toe verkies
om as verteenwoordigers van die Soutpansberg te gaan,
na die vereniging afvaardiging en het te perd gereis en die voetgangers laat staan
waarop ‘n mag wat uit 3,000 Britte, ‘n klomp joiners, en duisende swartes bestaan
onder Kolonel Colenbrander die Boere in die berge verknies.

Vroeg op 6 Mei 1902 gaan Sagrys de Beer en Jacobus Potgieter uit
om die gebied te bespied om te sien of hulle die vyand kan stuit.
Die Britte omsingel toe die hele berg en sny water en kos af waarop
die Boere wes vlug en twee uur in die nag water nog hoër op kry.

Die vyand kan die Boere toe nie uit dryf nie, maar omsingel hulle weer
en toe moes hulle nog ‘n keer
deur die vyand breek om kos te probeer kry
elke keer moet hulle by die vyand verby

en dit is toe reeds drie dae sonder om enige kos iewers te vind
en daar is slegs 68 burgers en sou enige iets eet
en die 7 manne wat kos moes gaan koop moet Engelse lood vreet,
maar die Boere ontsnap met die Britte deur die klowe verblind.

Die vierde dag sonder kos is hulle toe al flou
maar nog het hulle op die Here vertrou
en met 7 man
in opdrag van Kommandant Bierman
gaan Jacobus om ‘n plek te soek om in die nag
te kan deurbreek en het manne op wag

op die berg aan die slaap gevang
en hulle byna onder skoot gekry
met hulle lewens wat in die weegskaal hang
kon hulle nêrens kry
om deur te breek nie, of ‘n manier om hulle van die Engelse te bevry.

Op 10 Mei 1902 het Jacobus Potgieter saam
met die Soutpansberg kommando aan die Britte oorgegee,
en kon geen plan beraam
om nie van honger om te kom nie en gee
toe hulle wapens op
en hulle word deur die vyand op muilwaens geprop

met Britse soldate wat met gewere en bajonette
om die waens waghou en sommiges op die waens ry
om die Boere onder bedwang
te probeer kry
want hulle is vir die Boere baie bang.

In Pietersburg was ‘n groot kring
om hulle getrek waar hulle in die middel moes slaap
terwyl soldate gewere die hele tyd op hulle bring
en die vyand hulle staan en aangaap.

Toe moes hulle vir ‘n dag in die tronk slaap en die dag daarna
is hulle op ‘n trein gelaai waarna
hulle kos en water deur die soldate geweier is
asof hulle tot ‘n hongerdood gevonnis is
en toe die trein by Pretoria indraai
en was die rantsoene baie klein.
Vanaf Pretoria ry hulle met ‘n trein
na Durban en word uiters swak behandel,
en die optrede van die Britte was baie onedel.

Die Boere moes op koue staal trokke sit, mag glad nie staan
en net as die trein by ‘n stasie stop mag hulle toilet toe gaan
en hulle moes snags met hulle koppe op die yskoue staal vloer lê
en as hulle koppe net onder die kombers uit kom het die Britte gesê:
“Lê plat of ek skiet jou!”
Terwyl hulle vuurwapens dreigend gereed hou.

Op 24 Mei 1902 was Jacobus in Durban
in die Umbilo krygsgevange kamp geplaas waar hy nog van
die ander burgers ontmoet het met agt honderd man
in daardie kamp, met ouderdomme wat wissel van
7 tot 80 jaar
en baie ou manne en kinders is nie gespaar nie,
maar sy vrou en kinders was in Merebank kamp daar naby
en op 1 Junie 1902 was die oorlog toe verby.


XII. Die vrede van Vereniging

Die Britte het hulle pogings verskerp om
die boere tot oorgawe te dwing
terwyl die vereniging
vrede samesprekings begin
en met groot oormag die Boere te laat omkom

om voordeel te trek uit die afwesigheid
van hulle leiers en in generaal De La Rey
se plek was Kemp kommandant generaal.
Hamilton het Kemp se kommando aangeval
en Kemp het daar net-net ontsnap en by Roodewal
teen Hamilton egter ‘n teenaanval
geloods wat voorberei was daarop
en Hamilton het met 3000 man gewag op
die Boere se perde wat in galop

Daar het vyftig burgers en generaal Piet Potgieter
van Krugersdorp, wat uiters dapper was omgekom onder die aanslag
van die groot oormag Britte wat hulle inwag.
Generaal Beyers het met Kitchener

samesprekings gevoer wat hom afgedreig
met erger optredes as die Boere hulle nie neig
om onvoorwaardelik oor te gee
en hulle dink toe dat die Boere magte verleë is
om dit te aanvaar
terwyl duisende swartes en hensoppers hulle by die Britte skaar

en op 15 Mei neem die finale samesprekings ‘n aanvang
waarin die toekoms van ‘n volk en ‘n land hang
met generaal Beyers as voorsitter gekies
en Hetzog, De Wet en Reitz het hulle vervies

vir Botha, Smuts, De la Rey en President Burger
wat op Milner se aandrang onvoorwaardelik wou oorgee.
Hetzog, De Wet en Reitz was oor die burgers
se regte en belange bekommerd en Kitchener
het ‘n deurbraak bewerkstellig
en ‘n paar toegewings gemaak in lig
van Hetzog, De Wet en Reitz se vrese en daarmee
na Milner gegaan
en hom te oortuig om die geskil met die Boere te laat staan.

Al die Boere van beide Republieke moes oorgee.
Alle vegters mos hulle wapens ingee.
Elkeen wat trou sweer tot Brittanje sou vrygelaat word.
Die wat nie trou sweer sou die Britte in krygsgevangenekampe inkort.
Die doodstraf is afgeskaf.
Algemene amnestie sou heers en dus geen verdere straf.
Mense sou Hollands in die hof en skole kon praat.
Geregistreerde gewere was toegelaat.
Transvaal en die Vrystaat sou onder militêre beheer staan.
Drie miljoen pond word vir die land se her opbou toegestaan.
Rekonstruksie van die regering.
Vir die swartes geen stemreg.
Die herkenning van die Boere se eiendomsreg.
Geen spesiale grond belasting.

Nadat die vredesverdrag geteken is,
was die krygsgevangenisse toegelaat
om die kampe gedurende die dag te verlaat
en het Jacobus Potgieter sy vrou in die Merebank gevangenis

gaan besoek en was bly om hulle na ses maande weer te sien
en geen mense het hierdie tipe behandeling verdien nie.
Die kinders was brand maer en uitgeteer
en hy kon die trane nie keer nie

en die jongste dogtertjie was ernstig siek, Margritha
het al byna moed verloor met die laste wat sy moes dra
en dit het tien maande gevat vir die kind om gesond te word,
maar Jacobus het gebid moed ingepraat en hulle kon nie dadelik daar vort.

Hy moes eers ‘n dokument onderteken wat sê:
“The bearer, JJ Potgieter has been released from prison of war camp Umbilo
on signing that he acknowledge terms of surrender and becomes a British
subject.”

Hy was op 24 Junie 1902 vrygelaat
en het toe weer sy gesin moed ingepraat
en die gesin se rantsoene was 60 vis vingers, 48 blikke vleis,
15 blikke konfyt , 2 en ‘n halwe pond koffie en 6 pond suiker
wat hulle moes saam vat op hulle terug reis

Die verraaiers was toe na die sluiting van vrede ‘n groot spyker
in hulle harte met drie klasse van joiners:

Die eerste spul joiners het gesê “Gee my 5 sjieling per dag en
ek sal help om die wilde Boere wat nog in die oorlog veg
te vind en dood te maak. Ek ken hulle manier van veg en ek
weet hoe hulle veg posisies is. Ek weet waar hulle kommando lê.”

Die tweede klas joiners was uiters lafhartig en wou nie veg
en het gekom om ander Boere te oortuig om oor te gee
en het gesê dat as hulle gevang word, as hulle nie oorgee,
hulle as krygsgevangene weg
gestuur sou word

Met die derde groep joiners het daar nog meer dinge geskort
deurdat hulle in die konsentrasiekampe orde gehou
het, die Britte gehelp het om twintig duisend vroue
en kinders uit te moor. Hulle het heeldag die vroue beveel
om te werk om, om die tente te vee, rond te skoffel en aanklagte uitgedeel.

Op die 19de Augustus het Jacobus sy huis aangekom
en alles was verwoes en hy was stom geslaan.
Deure en vensters is deur die swartes uitgebreek
om as hout aan die brand te steek.

Daar was geen lewende hawe oor nie, maar van die swartes was bly om
hom te sien en het met ‘n haan, ‘n hen en vier kuikens gekom
en toe kom nog een vorentoe en sê: “Meneer, ek het nog van
jou skape. Ek sal hulle vir jou gaan tel.”

Toe is daar nog 43 bokke en skape oor,
terwyl baie ander Boere alles verloor het.


l’Envoi

Mag ek die Here God, die almagtige skepper vra
dat wie hierdie woorde van Jacobus Johannes Potgieter lees
gevul word deur Sy Gees,
dat hulle kan kennis dra

van wandade teen vrouens en kinders, teen onskuldiges,
gepleeg deur helde van Brittanje soos 1ste graaf Kitchener,
wat voor die hele wêreld skuldig is,
dat hierdie misdade ons herinner

aan hoe toestande nou in ons land is
waar daar geplunder, verkrag en vermoor word,
asof dit meer as honderd jaar terug by die van wie daar waardes skort
deur die Britte reeds ingeburger was:

“Vandag, 11 April 1904, dink ek weer aan die dooies
wat ek begrawe het en waarvoor ek tussen 600 en 700
grafte gegrawe het. Ek onthou die smartlike dae, die dae
van trane en die dae van geween.”

“Geen enkele dag, selfs byna geen enkele uur van ‘n enkele
dag gaan verby sonder dat jy die geween en geklaag hoor
en ook die gebede van die dierbare moeders, broers en susters
as die kinders na die lyk tent gedra word, terwyl andere
met ‘n eselwa na die graf aangery word.”

“Herinner jouself waaraan hierdie kinders
in hul eie geboorteland sterf.
Was dit dan nie van die vuur-siek bees vleis
wat die Engelse aan
hulle gegee het nie? Of die hartwater skape nie?
Of van die longsiekte
beeste se vleis gewees, wat hulle alles geëet het nie?
Dit sê ek jou dit is die waarheid.
Hulle moes eet wat hulle gekry het,
of anders sou hulle van die honger dood gaan.”


Watter weemoed wat my hier besin
en daar lê verslane vrou, na verslane vrou
klein kindertjies gaan in die grafte in
wat wat tot die dood toe getrou

nog moeders was, in geloof vas
geglo het dat God redding bring
waar moeders, kinders netjies in grafte pas
met lewendes se harte verskeur, gesigte verwring

wat glad nie kan verstaan dat hierdie werklikheid
hulle eie is,
en verder kring hierdie offers uit
asof nie van God se liefde bewus

heidene en nie christene by die poorte staan
hulle hand aan elke kind en moeder slaan.


God, wat bly dan hier nou vir elke burger oor
en orals slaan die joiners uit,
ons land het ons verloor
toe ons ‘n oormag nie kon stuit

en na meer as ‘n honderd jaar
lê hierdie wonde nog steeds rou
word ons nageslag steeds nie gespaar
as mense wat op U almag vertrou.

Kan dit wees dat daar weer ‘n tyd sal kom
wat U ons verlossing bring,
waar U die wêreld sal verstom
met U redding wat deur alle mag dring?

Leer om soos ons vaders getrou te wees
net U te dien en U wil te vrees.


Verwysings:

Korporaal: Rang tussen onder korporaal en sersant. In Tweede Anglo-Boere oorlog in kommando’s verantwoordelike vir beheer van voorrade soos kos, ammunisie en gewere ensovoorts.

Veldkornet: Gedurende Tweede Anglo-Boere oorlog: “Amptenaar belas met (militêre) orde in ‘n wyk. Offisier met ‘n rang gelyk aan kaptein.” Nasionale woordeboek. “’n Belangrike amptenaar, in die plaaslike bestuur wat ondergeskik was aan die landdros en funksies van groot betekenis uitgeoefen het in verband met plaaslike, administratiewe, regterlike en polisie aangeleenthede: In sy wyk het die veldkornet die landdros verteenwoordig.” Hand woordeboek van die Afrikaanse taal.

Kommandant: Offisier met die rang gelyk aan luitenant-kolonel. Die rang tussen majoor en kolonel. Offisier in beheer van ‘n kommando gedurende die Tweede Anglo-Boere oorlog.

Hoof Kommandant: Offisier met die rang gelyk aan kolonel.

Generaal/Veggeneraal: “In die Boererepublieke – offisier net onder ‘n kommandant-generaal.” Hand woordeboek van die Afrikaanse taal. “Rang in die leër net onder Veldmaarskalk, Veldheer.” Nasionale woordeboek. “Generaal in die leër wat belas is met die opperbevel van die slagveld self.” Hand woordeboek van die Afrikaanse taal.

Kommandant-generaal: “Opperste-bevelhebber.” Hand woordeboek van die Afrikaanse taal. Persone wat die pos beklee het gedurende die Tweede Anglo-Boere oorlog: Oranje-Vrystaat republiek: Kommandant-generaal Ferreira, na sy dood kommandant generaal Christiaan de Wet. (Vir eendag President van Orangje-Vrystaat republiek by die vrede samesprekings in vereniging.) Zuid-Afrikaanse republiek (Transvaal) : Kommandant-generaal Koos de La Rey, in sy afwesigheid by vereniging vrede samesprekings: generaal Kemp.

Kannoniers: Die kannoniers was die enigste staande soldate wat die twee Boere republieke besit het.

Kommando/Kommandament: Gedurende Tweede Anglo-Boere oorlog: “’n Groep gewapende burgers wat vinnig te perd beweeg. Oorlogsdiens: My man is op kommando.” “’n Militêre distrik, afdeling daarvan.” Hand woordeboek van die Afrikaanse taal.

Boere republiek Presidente gedurende Tweede Anglo-Boere oorlog: Zuid-Afrikaanse republiek (Transvaal) : President Paul Kruger, in sy afwesigheid President Burgers. Oranje-Vrystaat republiek: President Steyn, Kommandant-generaal Christiaan de Wet (vir een dag met die ondertekening van die vrede verdrag.)

Poste in / van Brittanje gedurende Tweede Anglo-Boere oorlog:

Koningin: Queen Victoria.

Premier van die Kaapkolonie: Cecil John Rhodes, na hom 1 ste graaf Frederick Sleigh Robberts as goewerneur.

Redvers H. Buller: Britse hoof bevelvoerder, wat vervang word deur Lord Robberts
1 ste graaf Frederick Sleigh Robberts: Veldmaarskalk wat Britse hoof bevelvoerder word in plek van Redvers H. Buller.

1 ste graaf Milner: Goewerneur van die Kaap kolonie. Britse bevelvoerder.

1 ste graaf Horatio Herbert Kitchener: Britse opper bevelvoerder aan die einde van Anglo-Boere oorlog. Boere se plase, selfs dorpe was afgebrand en vernietig op sy bevel. Vroue en kinders in konsentrasiekampe geplaas en swart mense bewapen op sy bevel.

Oorlog ongevalle: Die Britte het omtrent 28000 soldate verloor, die Boere omtrent 4000 burgers en 20 000 vrouens en kinders. (Hierdie syfers is baie konserwatief. Party bronne praat van soveel as 24000 ander van 27000 vroue en kinders wat gesterf het.)

Vernietiging: Omtrent 30000 Boere plase en huise en gedeeltelike of algehele verwoesting van meer as veertig dorpe.


Digters nota:

Hierdie gedig is op die werklike gebeure in die lewe van Jacobus Johannes
Potgieter gegrond voor, gedurende en direk na die tweede Anglo-Boere oorlog soos weergegee word in “Die JJ Potgieter Manuskrip: Eric Swardt.” Die gesprekke van die mense in hierdie werk is aanhalings en die aanhalingstekens daarin het dus dubbele betekenis. Ek het dit wel verander vir groter taal suiwerheid en ritmies in vryevers in verwerk, sonder om betekenis en gevoel te probeer prysgee.



Voetnotas:

(1) “Epiek:” “Beskrywende en verhalende letterkunde, byvoorbeeld die sage, sprokie, epos, roman, fabel; geskiedskrywing, objektiewe uitbeelding.” “Epies:” “Van behorende tot die epiek; verhalend, soos in ‘n epos.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vader, vergeef

deur http://www.woes.co.za/

'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar