Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek deel hierdie storie met vir julle, vir net een doel! Om te vertel van hoe swaar dit vir party diere is. En wat die SPCA eintlik doen. Mense bel gedurig oor blaffende honde, en word dan kwaad as ons nie onmiddelik kom nie, iets wat ons in elk geval niks oor kan doen nie.
Gister het iemand gebel dat daar ‘n boerboel in ‘n stormwater pyp is en hulle hoor keintjies., ek het gaan kyk en sy was baie aggresief, ek het vir haar kos en water gelos, en vandag die veearts gevra om haar te ‘dart’.
Toe ek ingaan, sê die veearts, as hy haar nie vol gevang het met die ‘dart’ nie mag sy dalk wakker word en my bestorm, ek moet maar die flits tussen my en haar hou. Sy was baie diep in die pyp af, en die stank was onuithoudbaar! Jy kon die puppy’s hoor huil! Ek het toe in die pyp geseil tot by die Ma.,(hier wil ek net noem, ek ly aan engtevrees) sy het toe gelukkig geslaap, maar op van die puppy’s geval, daar is nie plek in die pyp om haar op te lig nie, sy is baie swaar! Ek het vir die mense van die munisipaliteit gesê ek dink ek het ‘n ‘manhole’ gesien toe ek in die pyp gelig het, maar hulle sê toe nee, dis solied!
Uiteindelik het ek al die lewendige puppy’s uitgekry, en die dooies in ‘n sakkie gesit. Toe sien ek daar IS ‘n ‘manhole! Reg bokant waar die mamma gelê het! Die manne het toe daar gegrou en kon dit toe oplig, ‘n blok sement! Sien, ons vrouens is partykeer baie slimmer as mans! As hulle vir my geluister het, het ek nou nie met ‘n seer en nerf af lyf gesit nie!
Ai, julle, dis nie lekker nie! Ek glo nie hulle sal lewe nie. .....hulle was te lank (seker 2 of 3 dae) bloodgestel aan die kieme van hulle dooie boeties en sussies en vrot water en miere en......♥



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

dankie
dankie tog vir mense soos jy, Robelle, wat ook omgee vir die wat nie vir hulself kan praat nie.. :-)
10 jaar 6 maande 3 weke 2 dae 21 ure oud


dis net seer en diep dit was baie dapper van jou om sommer net ini pyp in te kryp met so n stank. hoe die blink kant bo.
10 jaar 7 maande 4 dae 21 ure oud


'n dier se leed ...
Ek sê dankie vir mense soos jy en bid elke aand vir beskerming vir hierdie diere wat nie huise en liefde het nie. Hulle is ook skepsels van God en weet daarom stuur Hy ook mense op hulle pad, om hul te help en te verlos. Is net seer dat dat nie altyd lekker is nie. Dankie vir JOU!
10 jaar 7 maande 1 week 4 dae 20 ure oud


Robelle, jy het 'n hart van goud!!!
10 jaar 7 maande 1 week 5 dae 18 ure oud


...toe was die engel Robs daar! Jy is 'n ster!
10 jaar 7 maande 1 week 6 dae 20 ure oud


Dan glo die mense nie aan engele nie, hulle ken jou nie.Trotse groete Johnny
10 jaar 7 maande 1 week 6 dae 22 ure oud


Jy is omtrent braaf! Ek ken baie manne wat nie hierdie pyp sou rook nie. Sterkte en hou moed, die gewer van lewe sien jou moeite.
10 jaar 7 maande 2 weke 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar