Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

N. P. van Wyk Louw was van mening dat daar geen meer edel en suiwer gedig is as ‘n gebed aan die Here.

Ek het al menigte gedigte geskryf wat gebede aan God is maar hier is ‘n paar van my nuustes:


Al my woorde en gedagtes

“Al my woorde en gedagtes
wat ek met U móét deel
klink vandag so betekenisloos
asof ek nie die regte woorde kan kry
om met U te praat
en al wat ek kan vra
is dat U nou vir my moet help.”



My Here, U ken my omstandighede

“My Here, U ken my omstandighede
en weet van al my probleme
en ek hoef hulle nie eens aan U te noem nie.
Wil U nie maar vooruit op die pad loop,
en die beste weg vir my vind
sodat ek U kan inhaal
waar U in die onbekende toekoms op my wag.”


Ek is nog nie die mens

Ek is nog nie die mens
wat U my bestem om te wees nie
en ek wil so graag op die regte weg wandel,
die regte dinge sê en doen
maar voor ek my kan vind
faal ek U my God
en dan wonder ek waar om te begin?


Here, hier waar ek op my knieë staan

Here, hier waar ek op my knieë staan
wil ek my hand uitstrek
sodat U almagtige hand myne kan vat
en help my om die soort vertroue te vind
wat glo soos ‘n blote kind
sonder dat daar enige sekerheid is
en bly vertrou dat U
net die heel beste vir my wil hê.


Selfs as alles duister om my is

My hele wêreld is soms so deurmekaar
en as dinge uit mekaar wil val
verstaan ek nie mooi
hoe alles in mekaar in pas
maar dan onthou ek die klein dingetjies
wat U daagliks vir my bly doen
en dat U gedurig vir my antwoorde bly bring
selfs as alles duister om my is.


My Here

My Here, party mense sê dat U nie bestaan nie,
dat U en U kruisdood en U opstanding
slegs maar net ‘n fabel is.

Ander sien U as ‘n ongenaakbare,
wrede God wat onbereikbaar
as ‘n stokou man op ‘n troon sit

en dan is daar die wat sê
dat U vroulik is

en ander wat glo
dat elke ding in die natuur
‘n deel van U goddelikheid bevat,

glo dat mens op ‘n tyd deel van U word
en jou eie identiteit verloor

en ander glo dat U ‘n onperfekte wêreld
aan ‘n eie ondergang uitgelewer het
en U rug op alles en elkeen gedurig keer

maar ek ken U vir wie U werklik is,
ondervind U teenwoordigheid gedurig

en in U woord is daar ‘n ander beeld
van liefde wat selfloos is wat ek vind,
sien ek iemand wat na die gebreektes toe gaan
en aan almal genesing, liefde en vrede bring.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar