Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Groot en Almagtige God, onse Vader, vanmôre wil ek bid vir almal vanaf die werklose, die huishulp, die tuiningenieur, my kinders, my ouers, my vriende, myself, die rigering, sommer die hele volk. U ken elkeen van ons se behoeftes, omstandighede, hartseer, frustrasies, finansies en nood.

Ek wil vanmôre soos Jabes in (1 Kronieke 4:10), U aanroep en sê: “Sort U seën oor ons uit, vergroot ons grondgebied, neem ons onder U beskerming en weerhou onheil van ons sodat geen smart ons tref nie”. Here seën elkeen van ons geestelik met wysheid en vrede, vleestelik met gesondheid, goeie vriende en familie en finansieël met voorspoed. Here U sê in U woord (Lukas 11:9-10): “Ek sê vir julle: vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word. Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.”

Here, laat ons mekaar vergewe, sodat U ook ons ons sondes kan vergewe. In (Lukas 6:37) staan: “Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.”

Vandag wil ons U lof besing en dank dat U inbeheer is. Here, U sê in U woord (Johannes 16:33): ...... U het die wêreld klaar oorwin.” Maak ons opreg dankbaar dat ons U genade, liefde en beskerming in ons lewens daagliks kan sien. U sê in U woord (Matteus 18:20): “Waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.” Dankie dat U altyd by ons is!

Ek vra dit in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees.

Amen

A3
17 Aug 2011



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

Deel
Ek deel in Hierdie gebed van jou - daagliks Vir myself, vir my kinders en vir my kleinkinders.
3 jaar 3 maande 3 dae 7 ure oud



DAG VAN DIE BLOEISEL

deur Johann P. Boshoff

"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar