Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soms is daar 'n skat onder jou neus wat jy nie van bewus is nie. Ek het gaan inloer by die William Humphreys Kunsgalery ...



Om die kuns te verstaan van ‘n kosbare kleinood wat onder ons neuse is en nie ten volle deur ons gebruik word nie, is moeilik. Die William Humphreys Kunsgalery in Cullinansingel, Kimberley, is so ‘n kleinood.

Stap jy deur hierdie reuse ingangsportaal, besef jy dat jy ‘n wêreld van onskatbare waarde betree. Hierdie kunsgalery is nie net bekend daarvoor dat hulle aan Suid-Afrikaanse kunstenaars se werke voorkeur gee nie, maar van hulle kunswerke word aan internasionale uitstallings geleen.

“Om die kunswerke ten toon te stel is ‘n baie klein deeltjie van die werk wat ons hier doen,” vertel Ann Pretorius, Direkteur van die William Humphreys Kunsgalery. “Ons neem van die kunswerke na landelike gebiede om vir die mense daar ‘n voorsmaak te gee van wat in die kunsgalery uitgestal word. Dit skep vir hulle ‘n gulde geleentheid om kunswerke van naderby te sien - iets wat hulle andersins nie sou kon beleef nie. Nadat ons met hulle oor die kunswerke gesels het, leer ons hulle om self iets kreatief te maak.”

Nie net versamel hierdie galery kunswerke vir die Nasionale Erfenis nie, maar word hulle beskou as een van die beste in die land. Dit is ook die enigste kunsgalery in Suid-Afrika met hulle eie uitgebreide filmteaterprojek. By die WHAG filmteater word kunsfilms, musiekfilms en films oor kunstenaars vertoon wat nie by die kommersiële teaters vertoon word nie. Daar word selfs gereeld konserte aangebied.

“Ons bied kreatiewe klasse vir vrouens en kinders aan en ons help voorskoolse kinders met die ontwikkeling van vorms, kleur en tekstuur. Baie van die kinders op die landelike gebiede het ‘n groot agterstand wat dit aanbetref. Keatiwiteit stel jou in staat om in ‘n gebalanseerde mens te ontwikkel, jy hoef nie noodwendig ‘n Picasso te word nie,” lag Ann.

Behalwe vir die kreatiewe projekte wat hulle onder vrouegevangenes aanbied, help hulle onderwysers wat graag hulle vakgebied wil verbeter. “Ongelukkig word daar vandag onderwysers in hierdie poste ingedruk wat nie noodwendig self ‘n goeie grondslag in kuns gehad het nie. As hierdie onderwysers vir hulp aanklop. bemagtig ons hulle om ‘n groter sukses te maak. Ons help ook leerders met skoolprojekte en loods plaaslike kunskompetisies.”

Ann is baie trots op die personeel wat saam met haar werk. “Dit is onregverdig om net ‘n foto van my te neem, want al my kollegas is baie entoesiasties oor die werk wat ons hier doen. Hier is in totaal 18 werknemers by William Humphreys Kunsgalery wat altesaam 140 jaar se ondervinding in hierdie bedryf het.”

As jy voel jy wil graag vriende iewers ontmoet, sal die kunsgalery ook aan hierdie behoefte voldoen. The Palette is die koffiewinkel wat eetgoed voorsien aan diegene wat die fasiliteite van die kunsgalery huur en is ook Saterdae oop vanaf 10:00 – 14:00. Daar is selfs veilige parkering langs die gebou. Gaan maak dus sommer binnekort ‘n draai by hierdie skatkis en ontsnap vir ‘n paar uur na ‘n uitsonderlike wêreld.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

n kosbare skat
Dit klink nou hemels.dankie Karin, sjoe wammer ek woon so ver weg.
6 jaar 3 weke 2 ure oud


kunsskatte
ek sien ltyd uit na jou leersame werke. Dankie dat jy dit ltyd deel
6 jaar 3 weke 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar