Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ken jy die gevoel van vernuwing? Het jy al opgestaan en rondgekyk en besef daar is soveel om voor dankbaar te wees? Dit is hoe ek vanoggend gevoel het, en hoe ek steeds voel.

Somtyds raak mens bitter as jy weer na jou kollega se klaagliedere moet luister, terwyl jy weet dat sy nie jou goedbedoelde raad gaan volg nie. Soms raak mens neerslagtig omdat jy net niks reg kan doen nie, of so voel dit. Het daardie gevoel jou al beetgepak, ‘n gevoel van onbekende frustrasie en woede.

Na ‘n onlangse gesprek met een van my horde sussies :-), het ek bietjie van haar wysheid/insig getap en besluit om dit toe te pas in my lewe. Die manier hoe jy dink bepaal tog die manier hoe jy optree, en wanneer jy ‘n besluit gemaak het is dit mos raadsaam om daarby te hou.

Hierdie afgelope jaar was ‘n beproewing vir meer as een van ons. Ons moes moeilike keuses maak, moes vrede maak met die afsterwe van ons geliefdes, moes raad en bystand kry as gevolg van traumatiese gebeure, maar tog het die jaar nog nie sy prag vir my verloor nie. Jy besef en kyk terug op die foute wat gemaak is, en besluite en keuses wat verkeerd geloop het, maar die dure les het van jou ‘n wyse mens gemaak, sterker in jou geloof heel moontlik, of vêrder van die waarheid?

Ek is tans besig om ‘n reeks boeke te lees, hulle noem dit Christelike fiksie, en tog sien ek soveel van my eie lewe daarin, ontoereikendheid, selfsug, eie belang alles wat mens nie moet wees nie. Ons veroordeel en word veroordeel oor wie ons kies om te wees, en as dit maar net verbeeldingsvlugte was, sou dit soveel makliker gewees het om ‘n sukses van alles te maak, maar omdat ons huiwer en omdat ons struikel mis ons, ons doel! Hamatoloi – wat beteken: om jou doel te mis! En so amper het ek my doel gemis deur ontegemoetkomend te wees. Vergewe en vergeet, bid sonder ophou, glo soos ‘n kind, al hierdie wyshede wat ons in die hedendaagse gejaag na wind vergeet. Dis dinge soos hierdie wat ons staande laat bly in ‘n wêreld wat dreig om ons te verorber, om dreig om ons te breek. Een vir een word ons statistieke in ‘n wêreld wat luidkeels vinnige kure en oplossings verkondig. Tog is ons magteloos om ‘n verskil te maak, ons monde word gesnoer en ons vrees weerhou ons om op ons regte te staan.

Alles lyk oënskynlik in die hak, asof ons besig is om te genees, maar eintlik word ‘n Disney pleister geplak om die roof te bedek en die prentjie wat vir die wêreld getoon word, is die glimlaggende karakter. Maar wat my byval is dat ons geneig is om te veel te kla en te min die baie goed in die bietjie sleg te sien. Ons haal nie die mooi uit die dag nie, maar dink met wroeging hoe ons deur die dag sal moet kruip. Ons sien nie die lente se mooi nie maar dink aan die verkeer wat deur die reën beïnvloed word. Ons dink nie aan ons kollega se glimlag nie, maar dat sy jou irriteer en verveel. Ek het vanoggend opgestaan met die voorneme om my denke te orden, om die mooi te sien en die mooi te sê, en weet jy wat, dit het ‘n wonderlike dag geword. Geen fyngevoeligheid nie, geen woede, miskien ‘n bietjie teleurstelling maar niks wat ek nie te bowe kon kom nie.

Nou gaan jy vra, maar hoe lank gaan dit hou? En ek gaan terugvra: hoe lank gaan jy toelaat vir dit om te hou? Is dit nie vir jou lekker om oor te begin nie, is dit nie vir jou lekker om te lag nie? Vir my was dit, niks meer tamheid nie, niks meer stille koue woede nie, ek gesels met my kollegas oor hierdie wonderlike, borrelende gevoel en sien die belangstelling.

Toe ek jonger was, het ek eendag ‘n briefie gelees wat ‘n vriendin van my sussie vir haar geskryf het. ‘n Brief waar mens dadelik kon agterkom dat daar wedersydse respek is, en dat dit ‘n gewaardeerde vriendskap is en ek het besluit dat ek ook so ‘n mens wou wees, ek wou ook ‘n verskil maak in mense se lewens, ek wou ook iets vir iemand beteken. Dit was vir my lekker om tussen mense te wees en te weet dat hulle my met hulle probleme vertrou maar dit was vir my nog lekkerder om vir hulle te bid. Wanneer laas het jy vir jou vriend(in) gebid? Wanneer laas het jy vir jou ouers ‘n drukkie gegee en gesê: ek is so lief vir julle! Wanneer laas het jy na jou geliefde toe gedraf na werk en hom/haar styf in jou arms gekoester en gesê wat hul vir jou beteken?

Ek het vandag begin, met ‘n nuwe begin. ‘n begin vol vrede en vreugdes, vol lag en sang. En ek hoop dit steek aan. Kom ons gaan maak vrede met die wat ons teleurgestel het, kom ons wees lief vir die wat ons seermaak. ‘n wyse persoon het gesê: wees lief vir my wanneer ek dit die minste verdien want dan het ek dit die nodigste. Wees jy vandag die verskil in jou medemens se lewe en laat jou liggie skyn…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

wou iets van jou lees en die titel gryp my toe aan, bly ek het dis presies waar ek nou in my lewe staan, en jou stuk het by goed en bly daaroor laat voel, bly dis die een wat ek eerste van jou gelee het!!! Sal wel terugkom en die res ook aanpak!!! Maar hel girl dis baie!!!
11 jaar 9 maande 3 dae 21 ure oud


ai....ek dink ek was no 634!...en daar is nie een ander kommentaar nie!
en stukke soos hierdie verdien kommentaar!
of ten minste response...

anyway...
dit vat baie mense baie lank om so n besluit te neem/tot so n besef te kom.
of sommer net iewers in elke dag dankbaarheid te ervaar.of daai amazing gevoel van liefde te ervaar(aangebring deur baie dinge soos:n hond,n boom,n voeltjie,n movie,n stuk ini koerant,n kind wat lag,of whatever...).
(dit het my te lank gevat in my lewe...).
so:GR8 vir jou!

Ek het vandag begin, met ‘n nuwe begin. ‘n begin vol vrede en vreugdes, vol lag en sang. En ek hoop dit steek aan. Kom ons gaan maak vrede met die wat ons teleurgestel het, kom ons wees lief vir die wat ons seermaak. ‘n wyse persoon het gesê: wees lief vir my wanneer ek dit die minste verdien want dan het ek dit die nodigste. Wees jy vandag die verskil in jou medemens se lewe en laat jou liggie skyn…
>>en hier het jy die resep so pragtig vir ons gegee!
11 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar