Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Staan op, maak reg vir werk, ek is laat!!!! In die verkeer sit ek en luister na Wackhead op Highveld, net soos elke ander oggend. Tussendeur is dit nuus, ek verdwaal in my eie gedagtes en probeer al die gru-stories opsy skuif, dit raak my nie.

In die straat raak ek skielik koud, toue is gespan en ‘n polisie trokkie staan aan die kant van die gebou waar ek werk, iets het gebeur…

Die nuus op kantoor:

‘n Blonde meisie (soos ek), ongeveer 14 jaar oud is vanoggend vyf uur deur ons logistieke bestuurder buite gevind. Kaal, koud, gorrelend soos sy verstik in haar eie bloed, bebloed en heeltemal weerloos. Daar is geen twyfel nie, sy is verkrag en aangerand. Dit neem die polisie 45 minute om ons werksplekkie in ‘n bekende omgewing te vind? Intussen moet Louis staan en kyk na die gebroke lyfie en flitse sien van sy eie dogters, kleinkinders en vrou. Daar is niks wat hy vir haar kan doen nie, net wag, troos en hoop. Die nooddienste dink nie daar is enige kans dat sy sal leef nie.

‘n Uur later ry ek kafee toe, die toneel waar alles plaas gevind het is opgeruim, die polisie is weg en dis asof niks gebeur het nie. Die misdadiger sal nooit gevind word nie en die saak is more vergete sonder dat die wereld eers daarvan te hore kom, wie gee in elk geval om, dis net nog een getal in ‘n belaglike misdaadsyfer.

Nie vir my nie! Wie is hierdie dogtertjie, waar kom sy vandaan, waar is haar ouers, wat moes sy alles deurmaak gister-aand….en waar is sy nou? Skielik is ek naar en besef dit raak my, dit raak elke meisie, elke man, elke ouer en nog meer as dit elkeen wat homself ‘n Suid-Afrikaner noem, want dit kon ek wees! Misdaad in ons land is nie net ‘n syfer nie, dit is ‘n werklikheid en ek het ‘n verantwoordelikheid om dit nie te aanvaar nie en om my se te se! Suid-Afrika word wakker, dit raak jou!!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Vader, vergeef

deur http://www.woes.co.za/

'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar