Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

God is besig om ons op allerhande maniere weer terug te lei na Sy hart vir ons: dat ons sal ontdek al wat Hy soek is ‘n intiem-persoonlike liefdesverhouding met ons as Sy nuwe familie. Dat ons sal ontdek dat al waaroor dit vir ons moet gaan is om “Jesus te ken” (Fil. 3:10).

“Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood. Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het.

Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus. Ons almal wat geestelik volwasse is, moet hierdie gesindheid hê. En as julle in enige opsig anders daaroor dink—God sal ook hierin aan julle die regte insig gee” (Fil. 3:10-15).

Kom ek probeer dit anders sê. Dat ons sal weer Sy lewe en Sy by-ons-wees en in-ons-wees opnuut sal ontdek en leer ontgin daar waar ons alleen is, maar ook is ook waar vir daar waar ons saam met ander van God se familielede saam is.

Die geestelike ontwaking wat tans wêreldwyd aan die gang is, neem ons hierheen terug. Na hierdie basiese van basiese. Naamlik: ‘n verhouding met die lewende God, Vader, Seun en Heilige Gees, wat niks anders as alles vir ons en in ons lewe kan en wil wees nie. Dit is waaroor God se mense met die nuwe klanke sing wat ons in die musiekwêreld hoor. En dit is waaroor die nuwe Christelike films handel wat God se Gees filmmakers inspireer om te maak. En dit is waarom boeke soos “The Shack” juis nou op ons en ons kinders se tafel lê.

Hierdie nuwe jaar, met sy Joodse jaartal van 5769, is ook die jaar van die Nuwe Wynsakke. Wees dus gereed en oop dat God jou, en dit wat jy dink, kan verander. Dat Hy selfs bekende strukture en sisteme rondom jou gaan en wil verander.

Hoor die woord van die Here: Die waarheid wat Ek deur My Gees aan julle gaan bedien, kan en gaan julle vry maak ... waarlik vry maak! Dit gaan wees soos Ek daar in Eseg. 37 aan julle bedien het. My mense gaan mense se lewens en in situasies instap waarheen Ek hulle gestuur het, met ‘n Woord wat Ek vir hulle gegee het. En dit gaan die dood wat daar geheers het, bedien met die lewe en opstandingskrag in Christus Jesus.

Oraloor die wêreld is die Here besig om aan Sy kinders Sy hart op ‘n nuwe manier te wys. Vir ons eie lewe en verhouding met Hom, maar ook vir die ekklesia, die omgewing en die samelewing/wêreld rondom ons. In die proses gaan ons ontdek hoeveel van die dinge wat ons in strukture en sisteme vasgevang het, eintlik maar net menslike pogings was waarmee ons ons vrese wou besweer en sekuriteit en beheer in ons lewe en die omgewing om ons wou skep.

Laat God se genade soos ‘n rivier deur hierdie dinge stroom om dit te bedien met Sy lewe en dit in oorvloed. Laat Hy vir ons wys wat werklik Sy hart is. Wat ons maar kan los, en wat kan bly. Laat die rivier van Eseg. 47 sy vrye loop neem, en kies om toe te laat dat dit jou saamneem.

Soos Eseg. 47:9 dit raak sê: “Waar die stroom ook kom, sal dit wemel van al die soorte diere en sal daar baie vis wees. Die water loop af na die Dooie See toe en sal die see vars maak. Waar die stroom kom, sal alles lewe.” Ons het ‘n vars salwing en uitstorting van Sy Gees in en rondom ons nodig. Wat die gees van dood, sonde en ongeregtigheid kan bedien met die opstandingskrag van Christus.

Oor sekere dinge sal ons belydenis moet doen, dit dan laat staan en van gedagte moet verander. En ons sal nuwe staanplek moet soek waar ons God se geregtigheid met integriteit kan verteenwoordig.

Soms sal ons soos Elia, daar in 1 Kon. 18 en 19, moet opstaan en God vra om Sy teenwoordigheid, krag en genade te openbaar in die aangesig van demoniese magte om ons. Daar in die poorte van die hel.

As jy dan kies om te staan, bly staan en moenie hardloop nie. Al doen en sê die vyand wat. Vertrou jou God om getrou te wees aan Sy Woord.

Maar om dit effektief te doen, moet jy God se hart, wil en planne verstaan (Fil. 2 en Rom 8 en 12).

Fil. 2:5-11 sê immers: “Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: ... Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem ... En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: ‘Jesus Christus is Here!’ tot eer van God die Vader.”

Rom. 12:2 sê: “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”

Onthou ook Rom. 8:7 se woord: “Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, kan nie die wil van God doen nie.”

Leer om God se hart na te praat. Laat God met jou gedagtes, emosies en keuses van die verlede handel. Soos 2 Kron. 20:20 sê: “Stel julle vertroue in die Here julle God, en julle sal vas staan. Stel julle vertroue in sy profete, en dit sal goed gaan met julle." Soos Spr. 29:18 in die Engels sê: “Where there is no vision (or revelation from God), the people perish ...”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wees stil en weet dat Hy God is....
11 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 12 ure oud



Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar