Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Onthou, 2010 was deel van die proses waarmee God in die meeste van ons se lewens besig was. Vir die meeste van ons het dit gevoel soos vuur; soos om in ‘n wasmasjien te wees.

Natuurlik is die vyand, en dit wat hy doen, ook altyd deel van hierdie prosesse wat op hierdie stukkende aarde van ons, vol stukkende mense, plaasvind. (Maar daarop wil ek nie vir nou fokus nie.)

Ek voel God wil hê ons moet fokus op dit waarmee Hy besig was ... en waarheen Hy daarmee op pad was ... tot ons bes wil. In die taal van Rom. 8:28:“Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun ...”

Daarom vra God altyd geduld van ons midde hierdie prosesse ... en geloof ... en vertroue in Hom, in wie Hy is en dit waarmee Hy besig is.

Ons moet leer om in geloof te bly vashou daaraan dat God in die proses besig is om by die tyd en plek uit te kom waarin Hy ons kan seën. Sodat Hy ons kan gebruik om ook weer ander tot seën te wees.

In hierdie proses was en is dit van groot belang om God se stem te hoor en gedurig tyd te maak om Sy hart en bedoeling te soek. En Goddank, almal van ons weet seker teen hierdie tyd: God gaan ons lei deur Sy stem! (Joh. 10:3-5,27).

As ons dan God gehoor praat het, moet ons doen wat Hy sê in gehoorsaamheid. Hy sê ons kan Hom vir strategieë vra. Maar as ons dan gehoor het en gedoen het wat Hy gesê het, moet ons leer om Hom geduldig te vertrou om die oes op daardie dade en treë te gee wat ons in gehoorsaamheid gegee het.

Die Woord wat hier van belang is, is die volgende: “ Wat julle doen, doen dit omdat julle oortuig is dit is nou My wil vir julle lewens en soos vir My. Anders is dit net 'n geswoeg en gesweet vir niks nie. (Die boek, Prediker; Kol. 3:23).

Maar ook: Kom leer by My en moet nie vashaak in hoe julle dinge in die verlede gedoen het nie. Ek het nuwe dinge vir julle ingedagte vir nou. (Jes. 43:18; 42:9; 48:6).

Ek hou jou en jou mense heeltyd vas. Ek het julle verlede, hede en toekoms in My hande. Rus in hierdie wete in vrede. (Prediker 9; 10; 11; Gal. 6:9; Jes. 55:11).

Dink aan die tyd wat Josef deurgebring het in die tronk en wat hy alles daar moes leer voordat Ek hom laat aanstel het in sy pos, tweede in bevel van een van die magtigste lande in die wêreld.

Dink aan wat hy alles moes doen in sy nuwe pos.

Daar in die tronk het Ek hom die hart van 'n dienskneg aangeleer en 'n oog vir mense se behoeftes gegee. Daar het Ek hom die hart van 'n vader gewys en aangeleer. Daar het Ek hom geleer wat dit beteken om lief te hê en te vergewe.

Dink aan die karaktervorming wat daar in sy lewe plaasgevind het. Alles om hom gereed te maak vir wat hy agterna moes doen.

God het dit ook in jou lewe gedoen verlede jaar en ook in die jare voor dit. Moenie vergeet wat jy geleer het nie.

Ek hoor ook by God dat Hy Sy mense gaan leer om mekaar lief te hê - 1 Joh. 3 tot 5. Sel- en huisgroepe oor die land hoor dinge soos: Maak klaar met skuld. Maak julle los uit die kloue van allerlei finansiële en ander sisteme wat julle aanhoudend manipuleer en verarm. Word meer en meer selfversorgend. Ja, selfs wat julle water en energieverbruik betref.

Kom sit aan my voete dat Ek julle kan leer om werklik na mekaar as lede van My Liggaam in liefde om te sien. Laat Ek julle leer hoe om mekaar se “lossers” te wees. Wat mekaar help om “verlos te word” van al hierdie finansiële bande wat julle so bind en doodwurg.

Leer en help mekaar om uit slegte skuld te kom en om goeie finansiële rentmeesters te wees, in julle persoonlike finansies, besighede, boerderye en in die ekklesia.

Kom vra My vir strategieë hoe om mekaar en mense in die gemeenskap te “empower” en werklik nood te verlig.

Laat Ek julle leer hoe om om te sien na My span manne en vroue wat Ek gegee het as “gawes” aan My Liggaam om julle toe te rus soos Ek in Ef 4:11 tot 16 dit uitgespel het. Versorg hulle. Sorg selfs vir hulle oudag. Bou vir hulle huise tussen julle. Onthou, 'n arbeider is sy loon werd. Ek gaan rekenskap van julle eis hoe julle hulle versorg het.

Kom laat Ek julle leer.

Soveel van julle is in die jare wat verby is deur die ergste finansiële krisisse nog ooit. As die seën kom, moet nie vergeet wat julle geleer het nie. Onthou hoe het dit gevoel om te min te hê.

Onthou dan My Woord daar in Gal. 6:6 en 2 Kor. 8 en 9.

Ek gaan julle iets leer van dit wat My mense daar in die begin sommer spontaan gedoen het. Omdat hulle verstaan het dat hulle My familie was en van mekaar familie was. Niks was te veel vir hulle om vir mekaar (uit hulle liefde vir My) te doen nie. As een meer as een huis gehad het, of oorvloed op sekere terreine beleef het, was hulle bereid om daarvan te verkoop en te gee sodat ander kan hê. Sodat daar balans en ewewig tussen My familie kan wees (2 Kor. 8:13).

My mense gaan die krag ontdek van saam dinge doen, van hande vat en hoe om met mekaar te deel uit die oorvloed, kennis en ervaring wat jy beleef op sekere terreine. Op 'n wyse soos Ek hulle gaan leer.

Ek gaan My mense weer bewus maak dat My Liggaam werklik een is en watter krag daarin is as hulle kan leer hande vat en in eenheid dinge saam begin doen. Hulle gaan ontdek watter seën daarin is wanneer hulle bereid is om by mekaar te leer wat Ek hulle oor die jare en die eeue geleer het. Ja, wat kan gebeur as My Woord en My Gees vrylik saam mense kan bedien.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

2011
Baie dankie!
8 jaar 4 maande 6 dae 16 ure oud



Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar