Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘N SEUNTJIE VIR 10 DAE

Ek sit hier vandag en skrywe, maar my gemoed is so vol, dat die trane oor my wange loop en oor my pen op die papier drup.

Ons dominee het ‘n geruime tyd gelede, aan ons vertel van ‘n enkel-ma, met drie kinders, wat so swaar kry en in ‘n klein, beknopte woonstelletjie op die dorp woon. Hy het gevra of ons tog nie in liefde wil uitreik na hierdie arme mens toe nie.

Ek het “Claire” geskakel en myself voorgestel en gevra of ek haar kan kom besoek. Die volgende dag, na werk, het ek by haar gaan kuier. ‘n Mooi, jong vrou van in haar dertigs, het die deur oopgemaak. Sy het my ingenooi en verskoning gemaak vir die plek wat so deurmekaar is. Sy het gese sy kan my nie iets aanbied om te drink nie, want sy het niks in haar koskaste nie.

‘n Klein seuntjie van ongeveer agt jaar oud, het van buite ingehardloop en nuuskierig gevra wie ek is. Hy het gedurig sy Ma onderbreek terwyl sy gesels, tot sy hom later uitgejaag het om te gaan speel. Claire het haar hart uitgestort. Sy het vertel dat die twee oudste kinders in ‘n koshuis is en dat familie hulle onkostes betaal. Beide vaders van die kinders, met wie sy nie getroud was nie, is of in die gevangenis, of weier om onderhoud te betaal. Sy is ook werkloos en vra dat as ek hoor van ‘n betrekking, dat ek haar moet laat weet. Sy kan nie veel doen nie, maar se sy is bereid om tot “vloere te skrop”, solank sy net iets kan verdien.

Ek is met ‘n vol gemoed daar weg. Beide my man en ek, het rondgebel en later van ‘n vakante betrekking gehoor. Ek het Claire dadelik gekontak en die besonderhede gegee. Ons het later verneem dat sy nie vir die onderhoud opgedaag het nie. Ek was ‘n bietjie vies daaroor, maar het besluit dat sy seker maar haar redes het.

Sy het later ‘n betrekking bekom wat nie baie goed betaal het nie, maar wat sou help om kos op die tafel te kry. Sy was net 2 weke in diens en het toe self bedank. Toe ek haar later in die dorp raakloop, het sy vertel dat die “baas” gedurig op haar “gepik” het en dat sy nie vir so min geld kan werk nie. Sy het gese sy gaan liewer tuis bly en lekkers maak, wat sy dan van deur tot deur kan verkoop. Sy het ook aan my vertel dat sy aan depressie ly en dat niemand haar siekte verstaan nie.

Depressie, is ‘n siekte wat ek baie goed verstaan en self 11 jaar daaraan gely het. Ek kon met Claire identifiseer en het my weereens oor haar ontferm. Ons het haar en die kinders, wat op ‘n naweek besoek by haar was, genooi vir braaivleis. Toe ons wou eet, was Claire weg. Ons het haar op die kombuisvloer gekry waar sy vas aan die slaap gele het. Ons het haar in ‘n bedwelmde toestand huis-toe geneem en was diep onder die indruk daarvan, dat sy haar medikasie misbruik.

Tydens ons gesprekke met Claire, was dit duidelik dat sy alles deur ‘n kombers van negatiwiteit sien. Enige positiewe opmerking was dadelik verander na ‘n ja, maar… Haar houding het gespreek van iemand wat glo dat niemand haar verstaan nie, of vir omgee nie en dat dit alles almal om haar en uit haar verlede se skuld is. Ek kon nie help nie en het aan Claire verduidelik dat baie mense ‘n negatiewe verlede het, maar dat jy dit agter jou kan sit en strewe na ‘n beter toekoms. Dat negatiwiteit uit jou verlede, wel oorkom kan word, maar dat dit ‘n wilsbesluit is. Claire het my nie verstaan nie en gevra dat ek haar liewer moet uitlos.

Verskeie maande het verby gegaan. Ons het verneem dat Claire weer ‘n werk gekry het, maar na slegs 3 weke, weer self bedank het. Ons het gereeld haar kinders in die strate sien loop en lekkergoed verkoop. Ons het self by hulle gekoop, met die hoop dat dit sal help dat daar kos op die tafel kom.

‘n Maatskaplike werker het ingegryp en selfs nadat ‘n kollega beweer het dat Claire nie gehelp “wil” word nie, besluit om alles in die stryd te werp om hierdie mens te help. Sy het gereel dat Claire vir behandeling, in ‘n neurokliniek opgeneem moet word vir ‘n tydperk van ongeveer ses weke. Daar was net een probleem, die jongste seuntjie het nog by sy Ma gebly en was daar niemand wat na hom kan omsien vir die tydperk wat sy Ma in die inrigting is nie. Skynbaar, het al Claire se familie hulle lankal reeds onttrek van haar. Die maatskaplike werker het vir my en my man genader, met die versoek en ook aan ons meegedeel ,dat sy besig is met ‘n formele aansoek om die seuntjie in ‘n kinderhuis te plaas. Volgens haar, was Claire baie bly oor die vooruitsig dat sy nie meer na hom hoef om te sien nie. Wel wetende watter groot verantwoordelikheid dit is om na iemand anders se kind om te sien, het ons ingestem.

Dit was ‘n baie skielike versoek en sou ons deeglik na ons finansies moes kyk, om wel voorsiening vir Werner te maak, maar soos my man gese het, het die kindjie nie gevra om daar te wees nie. Dit sou ook aan sy Ma die geleentheid bide om haar lewe in perspektief te kry.

Ons het Werner die Woensdag middag by sy Ma gaan haal. Die plek was baie deurmekaar soos sy besig was om in te pak. Sy moes blykbaar die woonstel ontruim, omdat sy nie weet wanneer sy ontslaan sal word nie. Sy het opgewonde na haar hospitalisasie verwys as: “’n geleentheid waarvoor ek my hele lewe lank wag.” Sy was ook nie besorg oor die seuntjie nie want, “hopelik is hy reeds in ‘n kinderhuis” teen die tyd wat sy ontslaan is.

Ons het die huppelende klein seuntjie met sy tas en kartondoos vol speelgoed, huis-toe geneem. Ons het sy tas uitgepak en hy was baie ingenome met die feit, dat hy sy eie kamer kon kies. Dit was ook duidelik dat hy nie veel gehad het om aan te trek nie. My man en ek het hom op ‘n uitstappie winkels toe geneem, waar hy opgewonde ‘n nuwe paar tekkies en ‘n paar kort broekies en T-hemde gekry het.

Ek het mooi aan Werner verduidelik wat sy nuwe roetine sal wees en watter gedrag nie vir ons aanvaarbaar is nie. Ons was deeglik bewus daarvan dat hy sy Ma gereeld gevloek, geslaan en selfs gespuug het. Hy het sy kop begrypend geknik en belowe dat hy sal “soet” wees.

In die tien dae wat Werner by ons gebly het, was dit nie eenkeer nodig om hom te berispe nie. Sy gesiggie het gestraal van lewensblyheid en het hy ons mildelik geseen met sy liefde, drukkies en soentjies.

Hy was so dankbaar oor alles! Hy kon nie verstaan hoe ons dit regkry dat daar drie maaltye per dag is nie, of dat daar heeltyd warm water en lig is nie. Hy kon ook nie verstaan, dat iemand iets vir hom doen nie. Dat die “Tannie” saans sy skoolskoene skoongemaak het, was vir hom heeltemaal onverstaanbaar, asook dat hy toebroodjies en ‘n koeldrankie skool toe kry.

Hy het later vertel hoe sy lewetjie gelyk het. Baie rond trek, nuwe skole, self opstaan en klaarmaak vir skool, want Mamma slaap nog. In die middag, as hy van die skool af kom, slaap Mamma nog steeds en hy mag haar nie wakker maak nie. Hy maak sy eie broodjies en as daar nie brood is nie, het hy sommer self in ‘n pot op die stoof, aanmaaksop gemaak om te eet. Dan weet hy ook baie goed dat as hy 20 lekkers verkoop, sy Mamma R200-00 het om kos en krag mee te koop.
Ongemerk het hierdie klein kindjie baie diep in ons harte gekruip. Ons het gehoor dat hy optree in die skoolkonsert en selfs nadat hy so bekommerd was, dat ons nie die kaartjies sal kan bekostig nie, hom laat deelneem en na die opvoering gaan kyk. Hy was so trots en bly dat ons daar was!

In die middae, het ons saam sy leesles en somme geoefen. Sy Klasjuffrou het laat weet dat hy soos handomkeer verander het en dat sy so dankbaar is vir wat ons vir hom doen. Dit het my weereens laat dink, dat beide my man en ek gelo het ons gaan iets vir hierdie kind doen, maar eintlik het hy ons kom seen met sy liefdevolle geaardheid. Na sy slaapstorie een aand, het ons gebid. Werner het gevra dat liewe Jesus, sy Mamma moet gesondmaak, sodat hulle ook kan gelukkig wees…Hy het skielik begin huil en al wat ek kon doen, was om hom styf teen my hart vas te druk.

Die maatskaplike werker het ons kom besoek en gevra wat die moontlikheid sal wees om Werner in ons pleegsorg te plaas. Weereens is dit ‘n verskriklike groot verantwoordelikheid wat mens daardeur op jouself neem, maar nie ek, of my man, het tweekeer nagedink daaroor nie en onmiddellik ingestem.

Claire het ‘n boodskap op my foon gelos. Skynbaar kan sy ‘n naweekpas kry en sy versoek dat ek haar moet gaan haal. Sy het sommer self besluit dat sy die naweek by ons gaan kom bly en haar weer moet terugneem. O, ja, sy word ook die Dinsdag na die naweek ontslaan, dan moet ons haar weer kom haal om by ons te bly, tot sy ‘n ander heenkome kan vind.

Ek het haar terug geskakel. Sy was bly om van my te hoor, maar dadelik weggetrek en vertel dat die behandeling nou nie juis is soos sy haar dit voorgestel het nie. Sy was woedend omdat hulle haar medikasie verander en afgeskaal het. Sy het ook neerhalend na die ander pasiente verwys as, “die klomp malletjies”, menende dat sy nie tot daardie katagorie behoort nie. Ek het aan haar meegedeel dat ons finansies dit nie sal kan bybring, om haar heen-en-weer te vervoer nie. Dis nie dat ons dit nie sou kon doen nie, maar Werner se versorging was uitsluitlik afhanklik van ons finansies en ons sou dit nie maak na die einde van die maand toe, as ons onbeplande ritte moet ry en vir nog ‘n persoon vir ‘n onbepaalde tydperk moet sorg nie. Claire het gesoebat, daarna begin om my te verwyt dat ek nie vir haar omgee nie en toe sy sien ek gaan nie ingee nie, gooi sy die telefoon in my oor neer.

Die Vrydagmiddag, by my werk, skakel ‘n onbekende vrou my. Volgens haar, het sy Claire gaan “red” uit die “malhuis”uit, want Claire word net sieker daar. Sy het my gevra om Claire by haar woning te kom haal. Ek het weereens ons posisie verduidelik. Die vrou het my uitgekryt vir ‘n ongevoelige en mislike mens, wat nie vir haar naaste omgee nie. Sy het ook die foon in my ore neergegooi.

Claire het vanoggend hier aangekom. Ons weet nie hoe sy hier gekom het nie en het ook nie die kans gehad om te vra nie. Sy het Werner beveel om sy goed te gaan pak. Sy het gese dat ons maar daarvan kan vergeet om haar kind ooit weer te sien.

Werner het ons albei kom druk en ‘n soentjie gegee. Hy het saggies in my oor gefluister: “Tannie, ek sal tannie nooit vergeet nie.”

Die huis is grafstil. My man loop rusteloos op-en-af. Ek probeer desperaat my bondel strykgoed afhandel. In die badkamer le ‘n plastiek speelding van Werner. In die kamer hang die kombers nog net so skeef, soos toe hy vanoggend self sy bedjie opgemaak het. Op die yskas hang ‘n kaartjie wat hy vir “Tannie” gemaak het. Dit lui:
“Ek is liv vir tanie. Tanie is die beste. Van Werner.”

Waarom voel ek so verskriklik skuldig?
Ek dink nie ek gaan ooit verstaan nie.
Ek dink ook nie ek gaan ooit ophou huil nie!

Mariette
(Name verander om identiteite te beskerm)

Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Oooo, Mariette, die trane druppel hier teen my ken af ... Julle harte is groter as die oseaan, en hierdie liewe kind se behoefte aan liefde selfs nog groter ... sjoe, dis al wat ek kan se! Tx
11 jaar 1 maand 2 dae 13 ure oud

ek sal nou eers 'n sigarette moet gaan rook om myself bymekaar te kry - jy het 'n wonderlike hart!!!
11 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 16 ure oud

Seuntjie vir 10 dae
Ek glo en bid dat God julle seuntjie vir julle sal teruggee, want julle het hom so onselfsugtig lief soos net ware ouers kan.
13 jaar 6 maande 1 week 6 dae 11 ure oud

Glo dat as God hom weer in julle sorg sal sit want vir Hom is niks onmoontlik nie Spreek die woord en God sal sorg
Groete
13 jaar 6 maande 1 week 6 dae 14 ure oud

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae

Geborg deur :

Van ons ander lede

N VERGANE ERA

deur neels claasen

spoorweg staaltjies en verhale uit die verlede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar