Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Liewe Vader as my kleinkinders (die wat reeds daar is en die wat nog kom) gaan slim wees, gee my die genade om dankbaar te wees sonder om te spog. Want wie is ek, liewe Heer om my kinders se kinders se talente te adverteer asof ekself iets met die uitdeling van talente te make gehad het.

En as my kleinkinders nie slim is nie en hulle doen hulle bes sonder sukses, sal U my ook daarmee tevrede maak. Want wie is ek dat my kleinkinders die uitverkorenes aan die toppunt van die leer moet wees.

Liewe Heer, as U eendag my kleinkinders in hoë poste wil plaas, sal U hulle nederig hou sodat hulle nie in die lig van ‘n andere sal staan nie. En Vader,
As U vir my kleinkinders ‘n nietige plekkie in die lewe voorberei het, laat hulle dit met waardigheid ook hulle nederige take vervul. Want ook in hulle het U Uself verheerlik deur hulle na U beeld te skape.

Mag geen voetpad vir hulle so kronkel dat hulle nie deur hulle foute kan leer nie, en geen berg so steil is dat hulle U nie eendag op die top daarvan kan vind nie.

Amen
A3
21 November 2011



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar