Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soos enige patriotiese Suid-Afrikaner is ek versot op rugby en moet daar iets drasties gebeur dat ek 'n Super 14, Springbok en in besonder 'n Blou Bul wedstryd mis. Ek kyk en geniet egter enige wedstryd, want hou van die spel.

Maar daar is iets die afgelope tyd, wat my teen die bors stuit. Ek praat nou nie van onbevoegde, partydige skeidsregters en kwota stelsels wat weekliks in die nuus en op Superrugby bespreek word nie. (Ek kan nog in 'n mate cope daarmee ...) Nee, dit wat my pla, en my opinie daaroor gaan dalk wye reaksie ontlok... Ek praat van die houding, gedrag en optrede van ondersteuners en rugby aanhangers. Hoe bring jy dit deesdae in verband met 'n spel waarop mens trots is? Jy hoor en lees van 'n ondersteuner wat na 'n wedstryd die skeidsregter met drank in die gesig gooi, 'n oud-springbok wat met 'n skolewedstryd die lynregter met die vuiste takel, klubs wat geskors word vir jare omdat hul ondersteuners skuldig bevind is aan aanranding onder mekaar. Wat se voorbeeld is dit vir jong spelers vandag? As die toeskouers hul nie eers in toom kan hou, hoe gaan dit op die veld gaan en watter uitwerking het dit nie op die spelers nie?

Ek wonder soms as die spelers wat hul harte uitspeel en bes doen, veral as dit nog vir hul land is, weet en besef hoe dit regtig op die paviljoene gaan, nog met trots kan wen en sê dis vir my land Suid-Afrika. Dis lagwekkend, om te dink dis hul werk en hul doen dit vir ons, dan sit die helfte ondersteuners met te veel alkohol , en party alreeds halfpad nie meer heeltemal "daar" en bewus van die wedstryd nie. Maar laat hul teenstaanders 'n aanmerking skree, of hul na die wedstryd agterkom hul span het verloor, dan het hul ewe skielik baie moed en selfvertroue om op die veld te storm, die skeidsregter, lynregter of teenstaanders te lyf te gaan, met drank te gooi of woorde toe te snou. Ek onthou 'n tyd toe daar nie toegelaat is om drank in te neem my stadions nie, en ek is oortuig daarvan die dinge het nie gebeur nie, want geen nugter regdenkkende mens sal hom so gedra nie. Dit was 'n tyd toe dit lekker was om paar honderd km te ry, om die spel te ondersteun, deesdae kyk ek eerder rustig by die huis, sonder onderdsteuners onder die invloed om my wat allerhande beskuldigings, vulgêre aanmerkings en opmerkings uiter. Wat eintlik onregverdig is, sal ook graag my kinders na 'n wedstryd wil neem om die gees te ervaar, rugby is tog deel van ons kultuur en wil graag dit ook deel van hul lewenswyse maak. Maar na een of twee probeerslae, moes ons vroeër oppak, omdat ek hul die aan sulke barbaarse gedrag wou blootstel nie.

Nou wonder ek net ... in Restaurante en alle openbare plekke, geld die rookwet, jy het 'n keuse as jy uiteet of jy in die rokers of nie-rokers area wil sit. Hoekom word daar nie onderskeid getref en gemaak by stadions vir die wat drink (party wat i.e.g. net daarvoor kom en onnodig 'n plek neem van iemand wat regtig daar wil wees vir Rugby, en nie vir die uiterking van alkohol nie) en vir die wat rustig op 'n nugter manier die wedstryd wil geniet nie. Wat nie nodig het om eers in die stemming te kom deur die alkohol se uitwerking nie, maar wat se ondersteuning en vertroue in hul span so groot is, dat hul nie iets eers nodig het om hul te boost nie, maar van nature reeds so voel, want dit gaan oor die outomatiese liefde vir Rugby en hoef nie deur alkohol kunsmatig gebore te word nie. Hoekom word gees en drank altyd gekoppel, besef party nie dat mens met net soveel gees en opgewondenheid kan wees, sonder alkohol nie?

Dis regtig vir my skandelik. Dat die metamorfose waar toe Rugby beweeg wat die ondersteuners en toeskouers betref, 'n uiterse swak beeld uitstraal. Wat is volgende omheinde velde soos sokkerstadions, om spelers, lyn en skeidregters te beskerm, juis teen hul ondersteunders. Dalk beskermde drag vir lyn en skeidsregters, of 'n skeidsregter met 'n knuppel of wapen aan die sy, terwyl hy van kantlyn na kantlyn agter die spel aan hardloop.

Moet die spelers nie ook darem gegun word om trots te wees op ons, as ondersteuners en player 23 nie. Om na 'n hard verdiende wen, te kan se dis vir julle Suid-Afrika! (Of watter provinsie, klub of skool, ookal).

Ek vra dit maar net aan al die ander player 23 ondersteuners ...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jy is heeltemal reg, deesdae raak dit regtig rof langs die veld. Hierdie tipe van geweld is iets waaraan mense hulle nie skuldig gemaak het nie. Dis al vir my of daar 'n patroon vorm. Mense is dalk onwetend besig om van ander frustrasies op hierdie wyse ontslae te raak.
10 jaar 6 maande 1 week 5 dae 2 ure oud


Metamorfose van Rugby
Vat jy nou nie die gevoel oor bg onderwerp so uit my hart raak nie! Ek stem eenhonderd persent met jou saam, en hoop en glo dat diegene wat skuldig is daaraan dit ook sal lees en dalk, net dalk, skuldig sal voel, en hul optrede verander. Liefde, Ma.
10 jaar 6 maande 1 week 5 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

N VERGANE ERA

deur neels claasen

spoorweg staaltjies en verhale uit die verlede



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar