Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Manie op ons ouderdom is daar nie tyd vir #$^^&& nie. Hoe wreed het die speelveld van enkel wees verander van ek laas enkel lopend was. Mens wil nie alleen gaan fliek nie of net met die kat voor n kaggel in die winter sit nie. So, los daai pantoffels en kamerjas, stof af daai aandrok en kom laat ons gaan. Kon ons kuier soos normale mense sonder broeke vol planne of ouma osewania gedagtes.

Smaak my deesdae kry mens net twee uiterstes, skuins beneukte geskeides of koerasie hasies. Wat het geword van saam met n bondel van ons gaan bosveld vuur opsoek onder n sterrehemel wat vonkel bo n Sherie glas en vonke in die vuur war net so opvlam soos gesprek onderwerpe. Waar is potbrood en dik botter, nee slaaiblare en bloeddruk pille in blou formaat is nou die in ding.

Ek wil gaan visvang sonder om iets te vang wat skoongemaak moet word, ek wil gaan stap waar Christin mens kan normaal met n kar uitkom sonder dat mens Voltaarin voorskrifte noodig sal hê.

Ek wil dig en deel, lag en speel en openlik vroeg kan sterf van lekker leef eerder as lank leef op n laevet veilige dieet van alledaagse roetine, en afbetaal aan daai blink goed wat ander wil hê jy moet doen.

Dit gaan my verstand te bowe hoeveel mense daar buite is wat hul vrek hol op die hamster wiel van bestaan en nie eers gesien het hoe die blare grond toe fladder in n nuwe seisoen van roesbruin geleenthede nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

Botes Stamregister en Kwartierstaat

deur Willie Botes

Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar