Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

O Nuwejaar, Jy het skaars begin en jy het klaar weer spoed opgetel...Waarheen die haas? Wat gaan jy my bied? ’n Mooi jaar? ’n Jaar vol besluite? Gaan my goeie of slegte besluite wees?

Net Vader Tyd ken die antwoorde. Gaan ek byhou of gaan ek faal... Hierdie keer is, tyd my keuse, hoe ek jou beleef, lê diep in my menswees, lê in God se wil.

Ja, o Nuwejaar, jy kan maar voortjaag en;

“Tyd sal leer...” is in elke mens se gedagtes. Maar jy moet ook weet, dat die mens se keuse ook jou beinvloed. Hoe hulle jou gaan sien?

Net Vader tyd deel sy hand uit. Hoe die mensdom die keuse gaan uitoefen, gaan sekerlik, uit fisiese of uit ’n geestelike oogpunt gemaak word.

Mense sê... “Die lewe is soos ’n skaakspel... Het jy geweet dat ek ’n goeie skaakspeler is, o Nuwejaar? Jy sal dalk dink... “Wat het dit met die prys van die eiers te doen?” Wel, ’n goeie skaakspeler oorweeg sy opsies eers mooi, voordat hy sy skuif maak... Kan ek in jou hoor ’n geheim fluister, o Nuwejaar? My skuif is vir Jesus! Waarom is jy nou so verbaas hhmmm?? Hy het dit ook vir jou bestem! Jy hoef nou nie so verbaas te wees as ek vir Jesus in jou tydrooster inskuif nie... Jy sien, ek is wel ’n goeie skaakspeler, want my keuse is om saam met Jesus jou aan te pak. Kom wat wil.... saam Jesus is ek ’n wenner!

26/01/2015
Christo du Plooy



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar