Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


As dit by kuns kom, is emosie altyd op die voorgrond. Kuns maak iets los in ’n mens wat jy moeilik kan beskryf. Dit is dan ook seker die doel van enige kunstenaar om emosie by die kyker, luisteraar of leser te ontlok.

Natuurlik is die belewing van kuns subjektief. Elke persoon se belewenis van dit waarna hy kyk, luister of lees is anders. Dit is wat die wêreld van die kuns so aantreklik maak.

Alles is nie vir almal mooi nie. My eerste indruk van die Mona Lisa in die Musee D’Orsay was een van teleurstelling. Waaroor gaan al die bohaai dan? Dis ’n ou klein donker prentjie – niks besonders daaraan nie. Ek sien die misterieuse glimlag en ek bly kyk en soek. Maar sy word steeds nie vir my mooier nie. By die Franse Impressioniste se werk het dit beter gegaan en het vreugde my lank laat stilstaan. Die fyn detail van Renoir se werk, die wonderlike uitdrukkings op die gesigte van die dansers kon niemand hom nadoen nie. Dan was daar natuurlik ook Claude Monet met sy waterlelies en sy droom tuin. Daar was Manet, Sisley, Degas en dies meer.

En dan was daar Van Gogh.

Vincent met sy passievolle kleur, vuur en realiteit. Vincent wat my nuut laat kyk het na die eenvoudige sonneblom, na die boom vol bloeisels by Arles, na kleur. Niks bleek of sonder son vir vir hom nie. Sy lus vir die lewe was en bly steeds aansteeklik.

Ek het lank bly staan en vir ure daarna het ek my nog verlustig in die mooi waarmee ek gevoed is.

Wat dan van ons eie hedendaagse kunstenaars wat so woel en werskaf? Hoekom hoor ons so min van die internasionaal bekende André Vorster met sy bosveld tonele wat jou laat stil word, terwyl jy die hitte van die grond af voel opslaan? Wat van Roelof Rossouw met sy straattonele uit die Kaap wat jou saam op die keistene straataf laat wandel? Hannes van der Walt met sy lieflike landskappe en huisies vol innigheid, Paul Blomkamp wat wonderlik daarin slaag om lewensenergie in sy proteas vas te vang, Yvette de Klerk met haar kleurvolle stillewes. Corné Weideman met sy eerlikheid en pretensielose donkiekarretjies, kindertjies in helder smeersels kleur in die vlak water by die see. Daar is vele meer wat aandag en erkenning verdien, want kunstalent loop soos bloed in Suid-Afrikaners se are.

Natuurlik sou ek ‘n Irma Stern en ’n Maggie Loubser aan my muur wou hang. Ek sou aan Gerald Sekoto met sy intense gesigstudies ’n spesiale hoekie toeken. Ek sou ’n Boonzaaier teen die muur oorkant my eetkamertafel wou sien. Ek sou vir Bettie Ciliers-Barnard, Pierneef en Frans Claerhout ’n ereplekkie hou.

Daar word nie verniet gesê skoonheid in in die oog van die kyker nie. Ek is nie ’n kenner van kuns nie, net soos ek nie ’n kenner van die digkuns of musiek is nie. Ek weet slegs wat is vir my mooi en daarom gun ek my die vryheid om dit onbeskaamd te geniet en ek steur ek my nie aan die beleggingswaarde of die kommentaar oor wie kan en nie kan nie.

Skoonheid lê in hoe en waarna ek kyk. En daar is baie daarvan op plaaslike bodem.


MOENIE die titel en jou naam hier invoeg nie. Dit word outomaties bo aan bygevoeg.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ode aan 'n kunstenaar
Ek hoor jou duidelik! Die Kunstenaar is die skepper, maar die wat toekyk, proe, hoor, of tas maak die skepping van waarde en bly die motivering.
4 jaar 2 maande 2 dae 7 ure oud


Ode aan n kunstenaar
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die ODE AAN KUNSTENAARS projek.
4 jaar 2 maande 4 dae 9 ure oud


Kunstenaar
PUIK bydrae, dankie Rachel!!
Ja, Vincent van Gogh is een van my gunsteling kunstenaars. So ook Paul Gauguin... en ja, daar is uitmuntende plaaslike talent!!
4 jaar 2 maande 4 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Ontdek die Siel in my

deur helna

Dis vir my 'n eer om my eerste digbundel te kon uitbring. aangesien ek 'n passie het vir die kunste is die omslag een van my eie werke! "Ontdek die Siel in my" het sover net positiewe kommentaar ontvang, kom deel asseblief hierin.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar