Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


In 2 Kor. 5:16 tot 17 staan hierdie merkwaardige ding: “Ons beoordeel dus van nou af niemand meer volgens menslike maatstaf nie. Al het ons Christus vroeër volgens menslike maatstaf beoordeel, nou beoordeel ons Hom nie meer so nie.

Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.”

Paulus, en heelwaarskynlik die meeste Christene in Korinte, het nooit vir Jesus Christus tydens Sy aardse lewe in lewende lywe ontmoet of geken nie.

Die Christus wat Paulus daar op die Damaskuspad ontmoet het, en waarmee hy en elke Christengelowige daagliks 'n intieme liefdesverhouding gehad het, was die opgestane Here Jesus.

Maar Paulus het ook iets anders verstaan. Hy het verstaan dat die opgestane Here Jesus Christus nou ook op 'n nuwe anderse manier elke dag tussen ons as gelowiges teenwoordig was deur die werking van Sy Gees.

Hy is elke dag hier tussen ons aanwesig deur Sy Liggaam, deur die ander gelowiges om jou en my.

Ja, Hy praat selfs deur hulle met my en jou. Hy het ons lief deur hulle en bedien ons deur hulle.

Daarom staan daar in 1 Kor. 12: 4 tot 7 die volgende: “Daar is 'n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; daar is 'n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; daar is 'n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring. Aan elkeen afsonderlik word 'n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal.”

Daarom kan ek en jy nie werklik Christen wees en Christen-wees belewe sonder die ander Christengelowiges rondom ons nie. Hoe ek hulle behandel, is letterlik hoe ek Christus Jesus behandel!

Ek weet nie van jou nie, maar dit gee my genoeg stof tot nadenke!

Omdat die Christene daar in Korinte dit vergeet het, was dit vir hulle so maklik om teen mekaar te sondig.

Daarom moes hulle weer ontdek dat hulle daar vir mekaar moet wees. Hulle was immers nou deel van die Liggaam van Jesus wat Jesus deur die werking van die Gees wou gebruik om mekaar en ander te bedien.

Paulus gaan daarom voort om uit te spel hoe dit dan deur die werking van die verskillende gawes gebeur wat God aan elkeen van ons gegee het.

“Aan die een word deur die Gees die gawe gegee om 'n woord van wysheid te praat, aan 'n ander 'n woord van kennis deur dieselfde Gees; aan die een geloof deur dieselfde Gees, aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur die één Gees.

Aan die een gee Hy die krag om wonders te doen, aan 'n ander die gawe om te profeteer, en aan nog 'n ander die gawe om tussen die geeste te onderskei. Aan nog een gee Hy die gawe om ongewone tale of klanke te gebruik en aan 'n ander om dit uit te lê.

Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik 'n gawe uitdeel soos Hy wil.

Net soos die liggaam 'n eenheid is en baie lede het, en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm, so is dit ook met die liggaam van Christus.

Omdat ons almal een liggaam geword het, is ons almal met die een Gees gedoop, of ons nou Jood of Griek is, slaaf of vry. Ons is almal van die een Gees deurdrenk.” (1 Kor. 12:8-13)

Vir my as tipiese Westerling, wat maar baie individualisties en rasioneel oor dinge dink, is hierdie Bybelse prentjie dat “ons almal een liggaam geword het...” wat “... almal van die een Gees deurdrenk ...” iets wat ek werklik stukkie vir stukkie moet aan kou.

Dit is immers nie hoe ons gewoonlik oor die Kerk van Jesus en die gemeente dink nie.

Daarom wil ek jou uitdaag om so 'n bietjie hieraan te kou. Jy gaan, soos ek, tot jou verbasing dalk nuwe dimensies hierin ontdek wat jy nie verwag het nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Daarom is daar ook loon vir dit wat ons in die LIGGAAM gedoen het - want LIEFDE is DOEN.... Baie dankie Christo, vir jou opbouende artikels! God bless!
8 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 16 ure oud



Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar