Weergawe: 1
Aantal woorde: 345
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 31 Jan 2013
John Milton se "On His Being Arrived to the Age of Twenty-Three") is ‘n goeie voorbeeld van hierdie tipe rymskema.
Verskeie Afrikaanse Italiaanse sonnette maak in hulle eerste agt versreëls van hierdie rymskema gebruik soos “Slaap” van D. F. Malherbe, “Lente” van S.J. Pretorius en“Die doringboom” van C.L. Leipoldt
Hier is my gedig “Veels te vinnig vlieg tyd verby” met die rymskema abba / cddc waar beide kwatryne van omarmde rym gebruik maak
Veels te vinnig vlieg tyd verby
a Veels te vinnig vlieg tyd verby,
b verander vandag in môre, terwyl tyd aantik
b verander oomblik op oomblik
a word netnou van hierdie oomblik afgesny
c Skielik is mens se jeug weg
d as rimpels, grys hare en pyn verskyn,
d terwyl jou liggaam stelselmatig wegkwyn
c jou gesondheid met tyd versleg.
In sy gedig “In Memriam A.H.H. maak Alfred, Lord Tennyson gebruik van omarmde rym in verskeie kwatryne soos in my bogenoemde gedig.
Omarmde rym word gebruik as abba / abba rym in die eerste twee kwatryne van ‘n Italiaanse sonnet waarvan my gedig “Toe my ganske wêreld inmekaar val” ‘n voorbeeld is:
Toe my ganske wêreld inmekaar val
a Toe my ganske wêreld inmekaar val,
b kon ek nêrens enige antwoorde vind,
b was ek te veel deur ontnugtering verblind,
a met donder wat van orals ongenadiglik knal
a en toe praat ek met die God van die heelal
b herinner Hom ek’s nog steeds Sy kind
b en in die sagte aandwind
a sien ek Sy beeld vir oomblikke uitgestal.
Dat die lewe soms ongenaakbaar is,
mens maar keer op keer moet probeer
al voel dit asof jy geen hoop het,
moet vertrou verby betekenis en kennis,
kon niemand my leer
maar nog het ek op my God bly let.
Lees ander artikels deur Gert Strydom
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Hannelie
My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms