Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Woes gaan binnekort onderhoude met die finaliste van die WOES Skryfkompetisie voer en dit sal op die blad geplaas word.

Ek gaan ook ‘n lys van vrae aan die betrokke borge/beoordelaars van elke kategorie stuur en het asseblief die deelnemers aan ons kompetisie se insette nodig om die korrekte vrae te formuleer, die vrae waaroor julle wonder en antwoorde voor sou wou kry.

In hierdie verband, sal julle verstaan dat die vrae nie oor individuele deelnemers se werke sal kan gaan nie, maar oor algemene vrae, byvoorbeeld … Is daar tendense wat opgemerk is en wat vermy moet word? Watter leemtes is in werke opgemerk? Wat was die algemene standaard van inskrywings, ens.

Dus, stuur asb jul vrae per e-pos aan my of laat ‘n kommentaar onder hierdie artikel. Ek sal al jul vrae deurstuur na die betrokke beoordelaars en publiseer sodra antwoorde verkry is.

Baie dankie.
E-pos: kb@woes.co.za
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Carol
Asem in, asem uit en. . .aaa! Daar, ek is nou ontspanne en los die hele ou sakie in jou bekwame hande my vriendin.

7 jaar 10 maande 3 weke 4 dae 16 ure oud


Werner en Vonnie
Spesifiek aan julle: Ek probeer inligting versamel sover ek kan. Kan julle asb net vir EEN oomblik ontspan en wag totdat alle inligting inkom? Dankie vir julle toekomstige samewerking en Werner, LAPA beoordeel nie die gedigte nie, net die kortverhale.
7 jaar 10 maande 3 weke 5 dae 3 ure oud


Vonnie
Ek het reeds per e-pos belowe dat ek die vraag oor liriek sonder toonsetting sal beantwoord. Ek wag steeds op 'n antwoord. Wees asb net geduldig. Ek het geen beheer oor wanneer my vrae beantwoord word nie.
7 jaar 10 maande 3 weke 5 dae 3 ure oud


Sal graag wil weet. . .
Ek sou baie graag die volgende vraag van die beoordelaars wou weet. . .

Hoe gebeur dit dat daar onder die liriek (komposisie) afdeling, werke van finaliste is wie se werk enersyds net as liriek beoordeel is wat nie getoonset is nie? En andersyds wat nie alleen verantwoordelik was vir die toonsetting (komponering) van die persoon se werk nie?

Aan die hand van watter kriteria is hierdie werke beoordeel? Die indruk was dat dit tog die oorspronklike werke (in hierdie geval liriek, m.a.w die woorde en die wysie of dan melodie)van die kunstenaar moet wees?
7 jaar 10 maande 3 weke 5 dae 4 ure oud


vrae aan deelnemers


. . . . gee asseblief jou skakel na jou werke op woes
7 jaar 11 maande 5 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar