Artikels

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vrydagoggend staan ons vroeg op, en na ontbyt vertrek ons na die historiese Pelgrimsrus, waar ons rondsnuffel en ‘n stukkie geskiedenis herleef. Voor middagete vertrek ons na Graskop, waar ons ‘n heerlike ligte middagete geniet het.

Na ete het ons plekke besoek soos Gods Window, die Pinnacle, die wonderlike potholes by Luck die Mac-Mac valle, en 'n vinnige toer deur Sabie. Alles by Mpumalanga was ongelooflik en bekostigbaar.

Vrydagaand slaap ons by ‘n gastehuis in Sabie en om 18h00 gaan eet ons by ‘n bekende restaurant in die dorp. Die res van die aan was ons vry en het lekker gekuier. Naby ons gastehuis was die laeveld en Krugerwildtuin.

So ook het ons ons kamera saamgebring en wonderlike foto’s geneem om saam te neem huistoe. En ook die verkyker om na die wildediere en voëltjies te kyk. In Mpumalanga is meer as 300 voëlspesies, soos byvoorbeeld die bosloeries, duiwe, houtkappertjies en meer.

Daar is ook ander plekke om te besoek in Mpumalanga. Die interessante Belfast, Dullstroom, Suid Afrika se forelmekka, ry oor Lydenburg.

Ons het dit baie geniet om by ons gastehuis in Robbers Pass, naby Pelgrimrus te wees by die natuur se baie glorie. Daar het ons ‘n groot vuur gemaak tot slapenstyd. In die aand kan die luggie somtyds koel wees, so moenie die warm goed vergeet nie, asook die sakgeldjies om ‘n aandenking te koop.

Saterdagoggend het ons weereens vroeg opgestaan, gaan otbyt eet in die in die saal; in ons spore getrap om te vertrek na Kruger Nationale Park. Dan het ons Hazy View besoek, en gaan deur die Kruger hek na betaling; eet middagete daar by ‘n restuarant en is opsoek na wild. Laat die middag sit ons die toer in die wildtuin voort en laatmiddag vertrek ons weer terug na Pelgrimsrus. Om 18h00 geniet ons aandete en kuier lekker saam tot slaaptyd.

In Mphumalanga het ons ‘n bietjie die strate ingevaar en winkeltjies gaan besoek. Daarna het ons by die Oos Rand gaan middagete eet in Machdorp en keer weer laatmiddag terug na ons gastehuis.

Op die toer het ons traditionele ontbyt geëet, maar vir aandete het ons gesmul aan boerekos. Daar was ook versnapperings, koffie, tee, vrugtedrankies en boerebeskuit. Maar ons het meer die natuur se skoonheid geniet, as om piekniek te hou op netjise groen gras buitekant ons gastehuise.

By die Inn Robberts Pass is netjiese stortfasiliteite en ‘n klein sitkamertjie in elke gastehuis. Jy is omring met die laeveld, ‘n foreldam op die plaas en ‘n paar perde. Op die plaas is ook ‘n selfgemaakte waterval, vermaak die ape in die omgewing. So hou deurentyd die vensters toe.

Ons het die Sondagmiddag besluit om in ons lugverkoelde VW bus vir ‘n gemaklike rit en persoonlike kontak en aandag. Ons het deurentyd gestop vir versnapperings en laas te maal die natuur bewonder, voordat ons huistoe vertrek het. Dit het ons R1,600 vir die toer gekos, aangesien ons self soontoe gery het en nie toerbusse gebruik het nie.

Wat ’n onvergeetlike avontuur! Dit was omtrent die ondervinindg van ‘n leeftyd!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Gebroke Harts Gebede

    deur Anze Bezuidenhout

    Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar