Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek sal nooit vergeet nie. Dit was hier in die 90’s toe die HIV en Aids ding ernstig kop uitgesteek het en al die fabels, uitsig en sieninge daarom in alle gesprekke die politieke onderwerp was.
Vandag weet ons dat HIV en Aids nie meer spookstories is nie en dat dit net ‘n mense ding is en sosiaal aanvaarbaar geword het.

Daardie jare boer ek papegaaie en Dr. Chris Kingsley kom periodiek om die voël babatjies te seks en ek vra vir hom die miljoen rand vraag:
“Chris, die HIV ding, waarnatoe gaan dit ?”
Hy het nie sy werk gestaak nie maar wyl hy deur die vergroot glasie kyk na die binneste van die slapende voëltjie om die geslags organe te sien, my stilweg geantwoord:
“Dit gaan nêrens – ons gaan dit wen.”

Feit is daar is veel, heel veel groter mens uitwissings.
Malaria en ander en dan die heel bedrywigste vandag is die koning van gevare:
Kanker.
Van borskanker, kolonkanker, melanome, bloedkanker – noem maar op die ding saai verwoesting en mediese fondse tjop af en nou kom die slim mense en hulle het iets heel anders onder die loep:
Lig.
Die programmatuur van die menslike liggaam soos geskep is in harmonie met die natuur:
Sóveel lig en sóveel donker dan werk die weerstand soldate en alles harmonieseer.

Nou kom die mens en in stede soos New York sien geen mens meer ‘n ster nie want dit is net ligte wat die nag verdryf.
Meer nog; sommige mense slaap tot met ligte aan en verkrag dit wat deur die Skepping bereken en daargestel is.
Die liggaam benodig absoluut genoeg donkerte op daaglikse basis.
Oupa het op negentig by die kerslig sonder bril die bybel gelees
Want:
Natuurlike vlam / lig het nie mikro flikker wat die oog opdonner nie.

Nog meer:
Rekenaars en TV en Mikrogolf oonde en . . .en . . .en
Jy mag nie nader as 3 meter aan jou TV sit nie!
Nou kom hierdie super skerm TV en rekenaars en dit kom van China af en maak ook nie saak waar dit vandaan kom nie, dit straal uit – wel mini hoeveelhede maar sit ‘n emmer onder ‘n druppende kraan en loop check later!

Alle rekenaar verslaafdes word bleek siele !
Staan weg van jou mikrogolf !
Moenie vir my vertel daar is wette nie. Geld het nie wette nie.

Die mens is “don’t care” en fatalisties ;
“Kom ek om, só kom ek om – gee vir my een van daai sigarette van jou aan dit is al plesiertjie wat ek in lewe het !”
Magtag! loop voor daai aankomende lorrie in want jou lewe is saai!

By Anita se vyftig jaar na Matriek was 35 persent al in die graf en van die twee-derde wat oor is, word die helfte deur een of ander kanker in enige vorm attack!

In geen betekenis skryf ek met bedoeling of beskuldiging of oordeel of suggestie nie – dood moet ek dood maar daar is maatreëls – moenie moeilikheid soek nie !

Ongelukkig is dit also dat by geboorte is jou lyn getrek – klaar.
Ekself kan egter die lyn korter knip.


Stop hierdie lorrie dadelik net hier.
Die miljoenrand vrae:
Hoe lank wil ek dan lewe ?
Het ek die middele om tot daar te lewe?

Dit is ook hanteerbaar.

Omdat ek geen, soos in geen geraamtes in my kas het nie, skroom ek nie om te praat nie. Uiteindelik praat ek met mense soos ek en met presies dieselfde ervaringe as ek.
Dit bring my by die belangrikste:
My plig en verantwoordelikheid teenoor die lewe aan my geskenk!

Hierdie ding slaat my gisteraand plat – man down.
Marlene kom vir hare kleur. Vroue goete – eendag pienk en die anderdag rooi en Minette kom met Helen Zille saam. Dit is die naam wat Dr. Hentie vir baba Marlinè gegee het. Die kind moes nooit gelewe het nie. Dit is suiwer Die Here se wil dat die kind gebore is. Swangerskappe soos Minette sin duur slegs twee tot drie weke.
En die hemel weet – die kind WIL lewe. Sowat van sterk, intelligent en eie ek is net om te sien.

Terwyl die vroue in die huis die hare ding doen, gooi Minette ‘n kombers op die stoep, Marlinè kruip en woel rond en sy gaan maak vir ons koffie.

Met die aangee vang haar oog my voete – my swart voete en ek kan die sien van haar nie beskryf nie.
“Oupa wat gaan aan?”
Ek verduidelik van ‘n versaakte hart en bloedsomloop en wat – en wat –en haar stemmetjie ruk:
“Kan oupa iets voel – gaan hulle afval . . . ?”


Michelle die laatlam (13 jaar laat) dogter praat intiem tydens haar eerste swangerskap eendag met Anita:
“Ma, ek het net een wens – dat julle al my kinders sal sien.”
En
Sy doop haar eersteling na Anita asof sy daarmee troos het:
“Ma sal aanhou lewe al is dit net in naam.”

Dit is my punt.
Wat is my verantwoordelikheid ?
Is dit baba Marlinè, baba Anita en die wat nog sal volg se REG dat ek sal lewe om eendag op my skoot te sit en stories te luister?
Is dit hulle REG dat ek sal help met hulle grootword, met hulle tiener probleme met dit waarvoor ‘n oupa bestem is om te doen?

Het my lesers ‘n Reg om na my twak stories te luister?

Is dit hierdie REG wat my verantwoordelik hou om, ten spyte van ongelukke en gebeure geen koste en moeite te ontsien nie.
Gebruik jou pille op voorskrif.
Kyk na jouself !

Willie van Tonder
2013/11/04





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Onheil
Ja dit is ons reg om jou stories te lees en geniet!! En jy mag nooit ooit ophou deel nie, want jy het nie daai reg nie, sorry!

Daai 2 kabouters is pragtig, Oupie Wolf.
6 jaar 1 week 5 dae 16 ure oud


--
Ai toggie sneeuwolf, wat se vrae vra jy my dan nou hier vandag? Ek 'ignore' jou nie hoor, ek dink!
6 jaar 1 week 6 dae 10 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar