Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wat is ons doel hier op aarde? Ons Bybelse opdrag is “bewoon en bewerk”. Ons dierlike instink sê: “oorleef en plant voort”. Nou, aangesien die Bybel ‘n sprokiesverhaal is, moet ons eerder kyk wat ons instinkte vir ons voorskryf. Ek dink ons ou mensdom het heel goed gevaar met die voortplant en as ‘n mens kyk na die voorskrifte via Hollywood se sepies, dan is “bed-hopping” sonder “commitment” aan die orde van die dag. So, met die voortplant of die “motions” van voortplant is daar nie fout nie. As dit kom by die “oorleef” dan sukkel dit nog so bietjie, want 95% van die wêreldbevolking leef onder die broodlyn terwyl die ander 5% sy bes doen om ander te vertrap om nog verder teen die leer op te kan klim. In die proses verbruik ons so wat ons kan, want gaan dit op die einde nie maar net oor my belange nie? Die mens het in sy alwysheid en goddelike majesteit die aarde alreeds in oortreffende trap deur sy gat getrek en so sit ons geduldig en wag vir “global warming” om ons leefarea nog so bietjie kleiner te maak.

Maar kom ons kyk na ons doel hier op aarde. Wat was Napoleon Boneparte se doel? Om ‘n wêreld in oorlog te dompel en as eensame Corsikaan op St Helena te sterf? Wat van Adolf Hitler? Was dit om miljoene onskuldige mense in ‘n oorlog en in kampe te laat omkom om aan die einde lafhartig aan sy eie hand te sterf? En Josef Stalin? Om miljoene Sowjet burgers uit selfsugtige oorwegings en eiewaan te laat sterf onder tragiese omstandighede.

Wat is Barak Obama se doel? Is dit wêreldvrede? Hy’t alreeds die Nobelprys daarvoor gekry, so hy sal moet uithaal en wys. Gee hierdie nuwe vrede nou vir die Palestyn in Gasa die vryheid om sy doel in die lewe te bereik naamlik om Israeliese burgerlikes met mortiere en misiele te bestook? Wat van die Hamas of Hisbola Moslem met die Semtex, spykers en skroewe om sy middellyf vasgemaak op ‘n bus in Tel Aviv, wat is sy doel in die lewe? Is dit die 72 maagde wat in die Paradys op hom wag? Wat was die doel dan van die Jemeense baba wie se liggaampie deur honderde skroewe en spykers vermink is op daardie selfde bus? Wat was sy doel? Of wat was die doel van sy ma wat Tel Aviv toe gekom het om inkopies te kom doen? Was haar doel om saam met haar kind aan flarde geskiet te word?

Wat sou Paris Hilton se doel in hierdie lewe wees? Is dit eindelose partytjies en die moontlikheid om op die voorblad en middelblaaie van die een of ander ongure glanstydskrif te verskyn met privaatonderdele wat uithang? Of is haar doel om oor veertig jaar van nou af in ‘n tehuis vir drankverslaafdes haar doellose dae om te wens?

Wat van Groot Albert Jansen se doel? Was sy doel om al sy miljoene wat met verneuk en vertrapping bekom is in twee jaar se tyd aan dokters en hospitale te spandeer om sy lewe te probeer verleng en die pyn van die verterende kanker te help verminder?

Wat was die doel in die lewe van die drie-dae oue Elmien Meintjies wie se kort lewetjie op pad van die hospitaal af deur ‘n dronk rugbyondersteuner beeindig is?

Of, wat dalk van Moeder Teresa of Dr Albert Schweizer wat hulle lewens onder haglike omstandighede gegee het vir onbaatsugtige diens aan hulle medemens? Het hulle nie dalk, van almal, hulle lewensdoel bereik nie?

Ons kan die Bybel in die asblik gooi en afmaak as ‘n outydse sprokiesverhaal. Ons kan die God agter die Bybel beskryf as ‘n “Groot Toorman” en voortgaan op ons nuttelose daaglikse gejaag na tydelike genot en aardse skatte.

Maar na alles, glo ek dat elkeen van ons maar slegs een doel in hierdie lewe en op hierdie baie tydelike aarde het, en dit is om God te verheerlik deur ons daaglikse optrede teenoor ons medemens. As ons nie kan uitreik na die persone waarmee ons daagliks te doen het en onsself onselfsugtig aan ander kan gee nie, het ons ons doel gemis. “Want sovêr julle dit aan die minstes onder julle gedoen het, sovêr het julle dit aan My gedoen.”

As almal dit net sou kon regkry, het ons nie Barak Obamas nodig gehad om wêreldvrede uit ‘n goddelose wêreld te probeer uittoor nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sjoe, ek het jou amper aangevat toe jy sê die Bybel is 'n sprokiesverhaal! My doel is om God te verheerlik en Sy Koninkryk uit te brei. As elkeen net dit doen wat hy kan, sál dit 'n 'huge' verskil aan ons wêreld en die armoede, pyn, hartseer, oorlog, ens maak. Elke mens kán 'n verskil maak. Doen dit net!
10 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 9 ure oud


Doel op aarde
Jy praat waar
koekoe
10 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Susanna Maria Magdalena

deur Lorelei

Die lewensverhaal van n jongvrou wat gedryf word deur Stemme in haarself. Haar soeke na haarself en God asook n stryd tussen Lig en Duisternis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar