Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is nou nie ‘n vreeslik geleerde persoon nie (ek mag nie sê man nie, want dan diskrimineer ek teen die vrou) en ek sukkel ook maar om al die veranderinge van die tyd te verwerk en te verstaan. Nou skryf vriend Kallie Kuiken van Xenos en sulke goete en dan voel ek skoon skaam omdat ek ook een van daardie vreemdelinge in ‘n ander land is.

Ek kan nou wel my herkoms met bewyse terugspoor tot in Erffurt in Duitsland, maar die ouens daar stel nie belang om my terug te vat nie (het glo nie genoeg papiere nie) en is skynbaar ook al te lank uit die land uit. Ek het die datum hier as 1750, so dis seker al bietjie vêr terug. Sukkel ook deesdae vreeslik met die Duits. Kan nog iets onthou van: “Ich ben ein knabe”, maar as ek dit vandag sou uiter, dan gaan iemand beslis vir my lag.

Maar nou ja, ek het dit vandag teen die ou geel nasie wat besig is om sy voete vierkantig in Afrika te kom plant en heeltemaal te goed wortel skiet. Ek sien die dag vinnig nader kom dat ons “Mandaryns” in die skole as ‘n ander vak sal moet beginne neem. Dit sal nodig wees sodat jy met jou werkers en met die personeel in besighede kan kommunikeer.

Deesdae sien jy ook al hoe meer Sjinese bakkies en karre op die paaie. Dit is skynbaar om te verseker dat die nuwe werkers wat deesdae (om die een of ander onverklaarnare politieke rede) ingevoer moet word nie ontuis in hulle nuwe vaderland sal voel nie. Gelukkig is meeste van die klere en elektroniese toerusting in die winkels klaar Sjinees en staan daar al in baie dorpe die een of ander vorm van “CHINESE SHOP”. Daar kan jy “copy” Nike tekkies koop teen ‘n fraksie van die koste van regte Nikes en as jy dit mooi oppas, behoort dit darem ‘n maand te hou. Die Somy, Parasonic, Samsui en Techmics produkte is egter so bietjie twyfelagtig, maar as jy dit in jou sitkamer onder een van hierdie plastiese blomrangskikkings (verkrygbaar in die mees eksotiese kleure en soorte) sit, sal meeste mense waarskynlik jou smaak bewonder.

Die leiers van ons land het ten minste ‘n grenslose bewondering vir die Sjinese – glo iets te doen met hulpverlening in die tyd van die “struggle”. Nou wonder ek of die bewondering nie dalk iets te doen het met “payback time” nie. Die ou geel nasie gee mos nie hulp gratis weg nie. Daar’s altyd iets in die fynskrif wat jou later duur te staan gaan kom.

Die ding is: Die Sjinese se lenings is lekker sag en die terme tog so billik. Ek meen, twintig jaar om terug te betaal en as jy ‘n ou Mercedesie of twee by die paket wil sit “No ploblem – just sign on dotted line.” En sekuriteit? Selfs banke vra sekuriteit man, so moenie jou te veel daaraan steur nie. Mineraleregte, visvangregte en ‘n paar duisend hektaar goeie landbougrond, dis mos nie die einde van die wêreld nie? Ons is mos broers so waarom sal ons mekaar nie vertrou nie. En oor twintig jaar van nou af het jy mos al lankal jou goue aftreepakket gekry so hoekom sal jy jou wil “worry” oor die nageslag se probleme.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ons sjinese broers
Dit klink of jy die voorreg gaan he om die lenings te help terug betaal.Ek gaan nie,gaan nie eers meer lank kan stap nie,so ek gaan die goedkoop Nikes gebruik terwyl ek kan,maar ek hoor jou broer,ek hoor jou...
9 jaar 7 maande 3 dae 17 ure oud


en ons mag niks sê nie, ek is aangeraai om stil te bly oor die hulp wat hulle nou aanbied by 'n bekende visteelstasie waarop ons so trots was oor die navorsing op bedreigde visspesies.
a.
10 jaar 3 weke 4 dae 16 ure oud


Chinese Broer
Oom Kaspaas jy slaan die spyker so op die kop. Wat my kriewelrig maak van ons Geel Broers is die grote van hulle klere en voertuie.
My dogter se werksmotor is so Chinese dingetjie en ek pas skaars in die voorste sitplek. En ek waarborg jou ek is nie die grootste ou wat jy ken nie.
Verlede jaar by 'n wedloop deel hulle T-hemde uit(chinese maak) waar 'n XXL nie eers vir n klein babetjie pas nie.
Wat my hartseer maak is dat ons kinders en kleinkinders die spit moet sal afbyt waneer die geles hulle oorskot mense in hulle hordes die land gaan laat beset...
Groetnis
Jou Vriend Kallie Kuiken
10 jaar 1 maand 4 weke 1 dag 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VuurWerke

deur die Posman

n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar