Weergawe:
Aantal woorde: 746
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 31 Aug 2006
Wat noem mens dit as die een persoon wat veronderstel is om die naaste aan jou te wees,jou die seerste maak? Wanneer sy jou kruisig met woorde wat dieper sny, diep in jou siel in? Los mens dit en wag dat daar iets van daardie persoon se kant af kom of draai mens maar die ander wang?
Ek het altyd gedink dat ek en sy oor die weg sou kom. Dat ons saam in ’n woonstel sou bly, saam dronk sou word, saam sou lag oor stuitighede en saam foute sou maak en daaruit leer. Groot was die ontnugtering toe ek moes ontdek dat sy my sou weggooi. My sou uitkryt vir als wat lelik is. My met woorde sou vernietig! Wie het die woord ontnugtering uitgedink. Wie het besluit dat seerkry so fel moet wees. Eleanor Roosevelt sê: No one can hurt you without your consent” maar ek sê vandag dat dit onwaar is. Maak nie saak hoe jy jou hart verhard nie, bloed kruip waar dit nie kan loop nie! En dit maak seer. Ontsettend seer. Dit reuineer die laaste bietjie hoop. Dit vergas die mooi. En al wat oorbly is die ewige letsel wat nie met tissue olie toe gevryf kan word of met ‘n band aid bedek kan word nie.
Wanneer mens ontnugter word is dit asof daar ‘n klein stukkie mooi doodgaan binne. En die onbeskryflike seer wat daaruit spruit het nie voeding nodig nie. Dis soos ’n kanker wat alles binne verteer, en dan vra mens jouself af, waar het ek verkeerd gegaan? Waar het ek as mens gefaal? Is dit wat daardie persoon van my sê waar, of is dit jalousie wat praat. Hoekom as mens kwaad is vir een persoon haal jy dit op die hele mensdom uit? Wat bereik mens?
Wit gepleisterde grafte is wat die Bybel dit noem. Daar is geen versagtende omstandighede nie. Daar is geen verskoning nie. Ek glo die enigste wapen waarmee jy iemand mee kan doodmaak is woorde. Dis iets waarmee jy ’n blywende merk laat. Dis iets wat jy nie kan uitwis nie. Hoeveel keer is daar nie al teen seerkry gewaarsky nie. Van kleins af het ma en pa gewaarsku, tel jou woorde. Maak seker van jou feite voor jy mense doodgooi met jou woorde. Haal die balk uit jou eie oog. Wat het van hierdie idiome geword. Hoekom vergeet mens die kind wat nog in jou is. Hoekom voed mens die haat en raak ontslae van die mooi. Die wereld is alreeds so lelik, so grof gekap deur al wat leef en beef. Ons sien daagliks hoe lewens verwoes word deur woorde. ‘n Ouer wat praat voor hul kind(ers) dat hulle foute was. ’n Ondeurdagte sin wat mense dryf na uiterstes. ’n Geliefde wat liefde ontken. ’n sameloop van omstandighede? Ek glo nie.
Ek dink dat alles wat mens doen, jy bewustelik doen. Ek weet dat daar vir elkeen ’n raadsplan is. Maar ek weet ook dat ons as mens die uitveer gryp en die mooi uit ons lewensboek vee om dit te vervang met wat ons dink goed is vir ons. Alhoewel ons ouer word, en ons onsself volwasse noem glo ek vas dat ons in ‘n onvolwasse wêreld woon. Dat ons kinders bly. Want volwassenheid is meer as net 21 jaar. Dis meer as net ‘n kredietrekord en die feit dat jy nou jou eie kar en huis kan bekostig. As meer mense dit besef, sal daar nie soveel selfmoorde wees en soveel verdriet in hierdie wêreld wees nie. Ek glo dit. En noem my naïef en jonk maar dis my sienswyse. As die lewe vir jou gooi, dan gooi hy jou hard, en geen kokon waarmee jy toegedraai is sal jou beskerm nie. Geen voorbereiding kan getref word vir die harde werklikheid nie. Niemand kan jou voorberei teen die seer wat die lewe bring nie. Ek het al by ’n paar geleenthede gesê dat as die lewe vir my ’n lelike bal boul, ek net aan my voetwerk sal werk, maar vandag erken ek dat voetwerk geen rol speel nie. Geloof wel, maar selfs die grootste Christen sal swig! Paulus het! En daarmee sluit ek af. Ek is nog steeds dieselfde ek, net meer ontnugter. En ek bid diep in my hart, dat daar tog ‘n uitweg sal wees, en dat daar wel ’n positiewe uitkoms sal wees, ek plaas my vertroue, soos soveel kere tevore, volkome in die Here se hande.
Lees ander artikels deur natasha dutton
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Willie Botes
Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer
Rou.
Real.
So word die kaf van die koring geskei.
Soms betyds.
Soms te laat.