Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Lyk my PILOTE is goeie ouens. In 1995 moes ek agterbly in KAIRO weens ‘n oorvol vliegtuig vol sokker FANS. Die lugredery oortuig my toe om agter te bly en dat hulle my die volgende dag na Rome sal vlieg vir ‘n aansluiting na JAN SMUTS. Drie dae later was ek nog as onwettige in Egipte sonder ‘n VISA. Hulle sit my op ‘n vlug en ek eindig op in NAIROBI KENIA net om te ontdek dat die volgende vlug van Egypt Air eers die volgende Vrydag is. Moedeloos op die lughawe kaap ek ‘n kaptien van OLYMPIC AIR met my verhaal. Alles wat hy probeer het, het nie gewerk nie, maar sy vliegtuig staan vir omtrent drie uur en uiteindelik kom iemand en roep my om op te klim. Onwetend het hy vir ure alles probeer met sy lugredery om my op sy vliegtuig te pas. Ek weet nie wie hy is nie, maar baie baie dankie. Nie eers INTERPOL kon my opspoor vir vier dae nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

onwettig
Die storie raak my ook.
Ek wil ook weet van die verhaal agter die verhaal
Ek sien 'n afspraak met ''n Belly Dancer', Dalk nog meer misterieus...'n sarkovaag of iets.....
Vertel man!
8 jaar 6 maande 1 week 4 dae oud


Jy kan gerus meer
sulke wedervaringe hier met ons deel. Miskien moet jy dink aan spioenasie stories skryf. Jy gee hier net genoeg om mens te laat wonder wat jy dan nou eintlik daar loop doen het.
8 jaar 6 maande 1 week 4 dae 18 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar