Artikels

Titel: Oor Doop en Inseëning

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vrae oor Doop en Inseëning.

Waar staan die woord Inseën in die Bybel? Waar het Jesus ons beveel om kinders in te seën en nie te doop nie?

Nêrens, inteendeel alle gelowiges is deur die Vader geseën Mat 25:34.

Jesus het nie net die kindertjies geseën nie maar ook al sy dissipels. Luk 24:50.
Nêrens word beveel dat dit as sakrament moet gebeur nl as seël of tot verkondiging soos dit is met die geval van doop en die nagmaal is nie.

Waar het die Vader sy denke oor die opname van kinders in die gemeente verander?

Gen 17: 14"Elke lid van die manlike geslag wat nie besny is nie, moet van sy volksgenote afgesny word. Hy het my verbond verbreek.) Vergelyk Hand 2 :38+39 met die Genesis 17 formulasie.

As Jesus Christus die Hoëpriester tot ‘n beter verbond geword het (Heb hoofstuk 8-10) waarom word kinders nou uit die verbond uitgesluit slegs op grond daarvan dat hulle dit nie verstaan nie?

Tog praat Paulus met kinders asof hulle deel is van die gemeente, asof hulle al klaar gelowig is. In Ef 6:1 is hulle al klaar deel van die gemeente en dit slegs deur die ouers se geloof. (1Kor 7:14)

Die verbond in die dispensasie wat ons nou in genade beleef is dan beter as toe seuntjies slegs deur besnydenis in God se volk opgeneem is toe hulle maar 8 dae oud was. Hoeveel het pap babas op 8 dae oud verstaan toe hulle besny is? Hoekom is die Nuwe verbond ook in hierdie opsig beter? Want nou kan ons baba dogtertjies ook doop! Hoekom dink God nou anders oor kinders as toe?

Eidelose argumente lui tot vervelens toe dat die doop nie in die plek van die besnydenis gekom het as Kol 2:11 en 12 duidelike wisselbare onafhanklike interaksie tussen die twee noem nie!

Die doop het net soveel relevansie met besnydenis as wat pasga relevansie met nagmaal het. Wie dit nie sien nie mis uit op wonderlike openbaring.

Daardie bloedvergende tekens het nou bloedlose tekens geword wat juis so is deur die gestorte bloed van ons Verlosser.

Waar in die Bybel is daar ‘n voorbeeld waar ‘n kind gedoop is?

Geen enkelvoudige verwysing nie maar tog waar hele huisgesinne gedoop is en ‘n huisgesin het nie so toevallig oor die kinders gegaan nie maar spesifiek oor hulle!

Hele huisgesinne wat gedoop is.

Lidia Hand 16:15. Het sy dan nie kinders gehad nie?
Die tronkbewaarder. Let wel dat hy en al sy mense gedoop is. Almal in sy huisgesin. Hand 16:33 en 34.
Krispus . Hand 18:7+8

As ons kinders van die doop moet weghou omdat daar nie ‘n spesifieke eenvoudige verwysing is nie, waarom laat ons gelowige vroue toe om die nagmaal te gebruik? Daar is ook geen spesifieke uitnodiging daarvoor in die Bybel nie! Dit mag ons egter nie verhinder om hulle by die nagmaal tafel te verwelkom net soos ons nie kinders mag verhinder om na Jesus toe te kom deur hulle van die doop af weg te hou nie.

Hoeveel water is nodig om te doop?

Een enkele druppel! Hoekom moet daar meer wees?

Onderdompel, bad, giet en besprinkel gaan oor natmaak. Die hoeveelheid water het nie relevansie nie omdat die skoonmaak proses nie letterlik is nie maar simbolies soos aan die besnydenis van die hart. Hoeveel water is nodig om te giet as ons die profeet reg verstaan? Eseg 34: 25 “Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word” .

As die hoeveelheid wyn in nagmaal ter sprake kom kan die affere in ‘n jollie partytjie ontaard. Maar juis omdat ons weet wat dit simboliseer en wat gesond is vir ons is dit genoeg om maar ‘n druppel te drink.

Die Bybel gee geen letterlike hoeveel, hoe diep, lank en breed “instruksies” wat die doop betref nie. As dit belangrik was vir saligheid dan sou daar tog deeglike meetbare instruksie soos in die geval met die bou van die Ark gewees het. Alhoewel Romeine 6 na ‘n watergraf verwys, is dit nie ses voet water nie want dan sou baie meer dopelinge versuip het.

Wanneer jy Markus 16:16 en Mat 28:19 kwoteer as voorwaarde vir redding in genoemde volgorde, dan is ek jammer vir jou! Lees my Artikel Kinderdoop en gesels met my in liefde dan mag ons dalk iewers iets van mekaar leer en waardeer.



Kommentaar

Die hamer word op die debat geslaan
In die lig van jou antwoord op 'n epos van my af plaas ek graag jou onverklaarbare gesindheidsverandering "in die openbaar" soos dit jou wense is Mahdokt.

Jy begin jou kortverhaal deur heel eerste my toelating tot naamsgebruik en met die VOORWAARDE dat dit debat sou wees, te publiseer. Nou weier jy my toestemming om jou naam te gebruik in 'n opvolgsartikel nadat jy soms afbrekend na vriend Stoffel verwys het.

My epos aan jou en jou reaksie daarop.

Ek is besig om hierdie debat oop te vlek met waarheid Mahdokt en is gevra deur ander Christene om jou en ander hieroor bloot te stel. Die manier waarop jy my skrywersnaam in jou kortverhaal misbruik het eerder as om ons saak te debateer was soms koggelend om maar die minste te sê. Ek sal nie so dagend en liefdeloos met jou werk nie. Emosies moet soms buite rekening gelaat word en ons wat met die Here werk behoort die morele hoëgrond te handhaaf. Ek het geglo dis 'n ongeskrewe reël as dit by die aanhaal van God kom.

Sou jy weier dat ek jou naam gebruik skryf ek om hom.

Jou Reaksie.

RE: Mag ek jou naam noem in my Skrywe
Boodskap: Nee jy mag nie my naam / name of my artikel gebruik nie en asseblief moenie my agteraf epos nie as jy iets wil se, se dit in die openbaar Stoffel soos ek doen want ek het niks om weg te steek nie en moenie my dreig nie en neem kennis ek laat my nie intimideer deur mense soos jy nie, vrede vir jou ek bid YHWH werk sagkens met jou want jy is in vir en verskriklike oog oopmaker as die tyd kom ek het werklik gehoop ek het n opregte christen ontmoet, wys jou nou net weer n keer presies waar hulle staan en in watter kamp.

shalom

mahdokt walter

Daar nou is niks meer agteraf nie. Ek plaas hierdie kommentaar ook by my werk.
1 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 1 uur 55 minute oud


Die doop en inseëning
Stoffel, laaste vragie. "Sy Woord bly tot in alle ewigheid dieselfde" Dis geneem uit jou profiel uit.
Die Torah, is dit nie Sy Woord nie? Want as dit teen die kruis vasgespyker is, dan is dit nie Sy Woord nie. Dan het dit nie dieselfde gebly nie. Dan het Paulus dit kom verander, of altans dis soos ons verkeerdelik dink wat Paulus sê.
1 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 22 ure 14 minute oud


Oor Doop en inseëning
Stoffel, ek kom toe op hierdie artikel af. Daar is al soveel hieroor geskryf. Wat kan ek jy nog byvoeg?
Jy moet een ding onthou. Die dissipels en ook die apostel Paulus was gegrond en geskool in die Torah en die Profete. Hulle was ou Testamenties skrywers. En veral Paulus het geglo en geleef ooreenkomstig die Torah. Hy getuig dit self. Hy was 'n Torah onderhouer.
Waar kom ons christene deesdae daaraan dat die Torah en die insettinge van die ou Testament irrelevant is? Wie sê dis teen die kruis vasgespyker? Paulus? Beslis nie hy nie. Die ouens wat sê hy sê so, verstaan hom totentaal verkeerd, soos wat Petrus ook gewaarsku het. "Julle verstaan broeder Paulus se skrywes heeltemaal verkeerd" (Skuus, ek moes bietjie parafraseer)Paulus se briewe is so drasties verkeerd vertaal, buite konteks aangehaal , dat sy woorde so verdraai word dat dit lyk asof hy selfs koppe stamp met die Messias. Laasgenoemde het duidelik gesê die aarde en die hemel sal vergaan, maar die Torah, selfs die jittels en die tittels, sal nie verbygaan / verander nie. Daarom is dit duidelik dat die Torah en al die Skepper se Ou Testamentiese insettinge nog steeds in die verre toekoms gedoen sal word. Tenminste nog vir die volgende 1000 jaar.
Jy weet, ek het 'n sterk vermoede dat diegene, die christene wat die Torah van die Allerhoogste so by die deur uitgooi en dit teen die kruis vasgespyker slaan, eintlik niks anders as Torahloos is nie. En weet jy wie is Torahloos? Die man van sonde, die anti-chris. Hy is Torahloos/wetteloos! Dit moet jou laat dink Stoffel.
1 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 22 ure 22 minute oud


My beloofde artilel
Met jou antwoorde onder Kortverhale met die titel;

Versteekte Sonde: ʼn Tweegesprek tussen ʼn christelike geleerde en ʼn voormalige heks met 40 jaar ervaring van die bose.

shalom mahdokt walter
1 jaar 8 maande 4 dae 15 ure 16 minute oud


Doop // besny
Stoffel, moet tog vir geen oomblik glo dat die doop en besnydenis iets met mekaar te doen het nie.

As iemand jou geleer het dat die doop die besnydenis vervang het, dan val daardie persoon in die kategorie wat die Messias van gepraat het ". . .en die mense so leer, sal die minste genoem word . . ."
1 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 22 ure 48 minute oud


Verrassing vir jou!!
Stoffel ek het 'n verrassing vir jou as jy glo die Messias het die dood op 'n Sondag oorwin.

Eerstens, waar staan dit in die Skrif.

Tweedens, AS Hy dit DAN gedoen het, is Hy waardeloos as Messias, want Hy kon nie eers Sy EIE professie van die Teken van Jonah vervul nie.

Ek stel dit aan jou dat "Die dag van die Meester" soos wat in Openbaring opgeskryf is, die Shabbat was, want Hy is Meester van die Shabbat.

AS YHWH 'n fout gemaak het deur die Shabbat te seën en nou skielik sondag wil "heilig" (sonder om dit in die SKrif OF deur die Messias te verkondig nie), hoe seker is jy dat Hy nie 'n fout gemaak het toe Hy jou redding belowe het nie?

ENIGE IETS wat in die Messiaanse Skrifte geskryf of gestel word, MOET deur die Torah en Profete en Skrifte bevestig kan word, anders is dit 'n verdraaing van Elohiem se Woord.

Jy verwys na Galasiërs. Weet jy ooit wie hulle was? Asterix en Obelix se voorsate wat na Turkye getrek het en al hule drekgode (easter en kersfees en sondag ingesluit) saamgeneem het. Nou kom hulle tot bekering. WEET jy wat dit beteken? Jy verkondig LEUNS as jy sê dis om wetteloos te raak. Waar staan dit in die Skrif? Nou ja, nou moet hierdie Asterix en Obelix manne (wat die Torah en alles wat daarmee gepaard gaan gehaat het en verwerp het) touwys gemaak word hoe behoort 'n mens Elohiem te dien. Lees nou weer Galasiërs.

Hoe verklaar jy 1 Joh 5:3, HOE wil jy jou liefde tot YHWH bewys as jy Sy gebooie verwerp?

Hoe verklaar jy Open 20:13? Verwag jy om geoordeel te word volgens hoe sterk jou geloof was? Nog 'n verrassing vir jou.

Om terug te kom tot inseëning en doop. Vind uit wat is Mikvah, vervang jou Skrif se woord "doop" met Mikvah en kyk of jy nog dieselfde voel oor die gebaar wat jy doop noem.

Mag die Elohiem van die Eeue jou die wysheid gee om Sy waarheid te sien en die moed om foute te erken voor Hom.
1 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 22 ure 51 minute oud


My antwoord
Op al die dinge wat jy hier meld is te lank vir kommentare Stoffel, ek voeg dit op my blad by met die naam; Versteekte Sonde; n Tweegesprek met Stoffel. Dankie dat jy bereid is om so lekker te debatteer..m
1 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 19 ure 57 minute oud


Wette
Definieer die woord gebod Mahdokt?

Kom ons kyk gou daarna. Die 10 gebooie is ontvang 430 jaar (Gal 3:17) nadat JHWH ‘n primêre EWIGE verbond met Abraham aangegaan het (Gen 17). (Geloof die voorwaarde en besnydenis die seel en teken tot totale vryspraak en redding in genade.)

God se bepalings gebooie en insettinge is goed en reg maar YHWH praat met die mens deur die profeet. Jesaja 24:5 want die aarde is verontreinig deur sy inwoners: hulle was ongehoorsaam aan die wet van die Here, hulle het sy voorskrifte geminag, sy vaste verbond (EWIGE INSETTINGE EN GEBOOIE) verbreek;

Nou is ons in die moeilikheid want niemand is in staat om hierdie ewige wettiese gebod te onderhou nie. Romeine 3:10 -20 spel dit duidelik dat daar nie een is wat dit kan doen nie. Prediker 7:20 se daar is nie een wat goed doen sonder om sonde te doen nie. Maar JHWH kom inaal tot ons redding.

Jesaja 31: 31"Daar kom ’n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda ’n nuwe verbond sal sluit. 32 Dit sal nie wees soos die verbond wat Ek met hulle voorvaders gesluit het toe Ek hulle aan die hand gevat en uit Egipte laat trek het nie. Hulle het daardie verbond wat Ek met hulle gesluit het, verbreek al was Ek getrou aan hulle, sê die Here.

Watter verbond verteenwoordig die bogenoemde? Die 10 gebooie!
Hoekom se ek so? Want bostaande vers 32 bevestig dit!

Wat nou? YHWH het voorsien vir ons net soos Hy dit met Abram gedoen het toe die vir Izak wou offer. Alhoewel die wet en gebooie goed, reg en heilig is het dit ontbreek om enigiemand te red. Rom 7:7-24 verduidelik dit so pragtig, lees dit gerus.

‘n Bewys dat ons wet en gebod nie van mekaar kan skei nie vind ons in Rom 7:8 “Ek sou byvoorbeeld nie geweet het dat dit sonde is om te begeer nie as die wet nie gesê het: “Jy mag nie begeer nie.” 8Maar deur hierdie gebod het die sonde ’n vastrapplek gekry en elke soort begeerte in my aan die gang gesit, want sonder die wet is die sonde dood.”

Wet en gebod word hier onafhanklik as een entiteit tot klag teen ons onvermoë verduidelik.

Ons het vrymaking nodig wat sy oorsprong in liefde het deur die Skepper van liefde. Hy kom en sterf vir ons aan die kruis en stort sy bloed uit tot ‘n nuwe verbond. Lukas 22:. 20”Met die beker na die maaltyd het Hy net so gemaak en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond, beseël deur my bloed, wat vir julle vergiet word”.

Met ‘n nuwe verbond kom nuwe gebooie ook. Wat is dit? Dat ons mekaar moet liefhe! (Joh 13:34 en 1 Joh 2:7+8).

Hoe sal die wet dan vervul word? Hoe sal die wet tot sy volle reg kom? Dit is juis wat Christus in daardie offer gedoen het. Die onderstaande is so bemoedigend!

Gal 3: 10 "Maar almal wat staat maak op die onderhouding van die wet, val onder die vloek, want daar staan geskrywe: “Daar rus ’n vloek op elkeen wat nie stiptelik alles doen wat in die boek van die wet geskrywe staan nie.” 11En dat niemand op grond van die wet deur God vrygespreek word nie, is duidelik, want “hy wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe.”
12 By die wet gaan dit egter nie om die geloof nie, maar om die daad, want daar staan: “Hy wat dóén wat die wet sê, sal daardeur lewe.”
13 Christus het ons losgekoop van die vloek wat die wet meebring, deur in ons plek ’n vervloekte te word. Daar staan naamlik geskrywe: “Vervloek is elkeen wat aan ’n hout opgehang is.” 14 Daardeur kan ook hulle wat nie Jode is nie, deur Christus Jesus deel kry aan die seën wat God aan Abraham toegesê het. So het ons dan deur die geloof die Gees ontvang wat God beloof het.

En

Kol 2: 14 "Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem. 15 Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer.

Hoe moet ons die wet nou hanteer?

2 Kor 3: 7 Die wet wat in letters op klip gegraveer is, het in heerlikheid gekom. Hierdie heerlikheid, wat tog gou sou verdwyn, het op die gesig van Moses so geskitter dat die Israeliete nie na hom kon bly kyk nie. As die bediening wat tot die dood lei, met soveel heerlikheid gekom het, 8 hoeveel groter sal die heerlikheid van die bediening wat deur die Gees geskied, dan nie wees nie? 9 Die bediening waardeur die mense veroordeel word, het met heerlikheid gekom, maar die bediening waardeur die mense vrygespreek word, oortref dit verreweg in heerlikheid. 10 Ons kan sê dat die heerlikheid van vroeër nie te vergelyk is met die alles oortreffende heerlikheid van nou nie. 11 As wat aan die verbygaan was, van heerlikheid gestraal het, veel meer nog sal die blywende van heerlikheid skitter.

Ons wette en gebooie ontvang ons nou van die Gees wat ons leer in alle waarheid. Ons kan ons verheug in Rom 8 :"Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. 2 Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood." Genade onbeskryflik groot!

“SONdag “ is die eerste dag van die week. Die dag waarin ons Verlosser die dood oorwin het. Ons vier daardie oorwinning deur hierdie dag af te sonder as die dag van die Here (Christus) waarin ons bymekaar kom tot bemoediging en in gemeenskaplike maal.

Openbaring 3:10 praat spesifiek van die dag van die Here (Christus) toe Johannes op die Patmos eiland in vervoering Hom (Christus) gesien het. Nou is die vraag, is dit die sewende of die eerste dag? Watter dag het hy oorwin? Natuurlik die Eerste dag van die week.

Ek het goeie sekerheid hierin in die apokriewe boek die Didage wat tussen 100 en 150 na Christus geskryf is gevind. Apokriewe boeke is boeke wat in dieselfde tyd as die Bybelse ou en nuwe teastament geskrywe is maar nie in die Bybel opgeneem is nie. Dit is nie evangelies nie maar gee mens tog 'n goeie idee hoe die mense van daardie tyd gedink het. Hoofstuk 14 vers een stel dit “Op Sondag, die dag van die Here moet julle bymekaar kom en nagmaal vier. Die Didage is die oudste Apokriewe nuwe testamentiese boek en ja, ons mag dit lees vir sover dit met die Bybel saamstem.` Ek hoop dit is vir jou duidelik.
1 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 3 ure 53 minute oud


Wat beteken die woorde van Yahsua?
As jy My liefhet, onderhou My Gebooie? En wat beteken die woorde van YHWH: Ewige Insettinge? As Hy onveranderlik is gister, vandag en more, hoekom verander Hy dan (volgens mens) Sy EWIGE INSETTINGE EN GEBOOIE? Wat maak dit Hom dan? So fickle soos die mens, n geleentsheidsgod, n nutsartikel vir gebruik een keer per week op n SON dag in n kerk dan nie? Of hoe werk dit?
1 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 15 ure 43 minute oud


Inseening
Brakanjan, dankie vir jou kommentaar.

Ons is alreeds besny in die besnydenis van Jesus Christus (Kol 2:11).

As “bekeer jou en laat jou doop” (Mat 28:19 en Mark16:16) die missionaris se verwysingsraamwerk in ‘n nuwe bedelings roeping is, dan het bekering in die Apostoliese tyd juis beteken “sien af van jou wetsonderhouding en gee jou voorwaarde tot kindskap oor aan die gedane (voltooide) werk aan die kruis (Rom 3:21-27). Dit is wat bekering beteken. Lees gerus die boek Galasiërs.

Dink oor hierdie vrae wat ek uit jou kommentaar formuleer.

1)Wat was jou vlak van “bekering” en toewyding toe jy gedoop (weder?) is? Het jy vooraf hard moes bid en toewy of se Romeine 2:4 nie duidelik dit is die liefde van God wat ons tot bekering lei nie?

Jou Godsbewustheid kom dan juis van Hom af. Jeremia skryf soos volg oor God se belofte. Jer 20:21 Ek sal hom laat nader kom en hy sal na My toe kom.

2)As jou dogter se redding en kindskap afhang van haar keuse om eers te bekeer en dan te doop wat maak ons met Joh 15: 16 Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra” en vers 19 Omdat julle egter nie aan die wêreld behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die wêreld julle.

Wat word bedoel met jou hele huisgesin word in een boodskap gered? Hand 11: 14"Hy het ’n boodskap vir jou waardeur jy gered sal word, jy en jou hele huisgesin.’

Dus...

Bekering kom van God se leiding af. Rom 2:4

Redding kom van sy boodskap af. Hand 11:14 en 2 Tim 3:15“en jy ken van kleins af die heilige Skrif. Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus.

Jou keuse was eerste God sin. Ef 1: 4 soos Hy (God) ons in Hom (Christus) uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees.

Inseëning is geen opdrag van Jesus nie! Dit is dus onbybels. Gaan doop jou dierbare geskenk van God vandag nog.
1 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 1 uur 57 minute oud


Hallo Stoffel; die ou testament sekerlik nog relevant - dis hoekom jy besny is ne?

Jesus self het die nagmaal ingestel (hoewel sekerlik gelyk aas pasga)

"bekeer julle en laat doop julle" - weet nie so lekker hoe my 2 jarige haar gaan bekeer nie - dit dan die rede hoekom ons haar simbolies na die Here toe gebring het (inseening) en eendag as sy self die besluit kan maak kan sy haar laat doop.

Gelukkig is Sy genade so ongelooflik groot dat ek verseker weet hy sal nie my kindertjies oorslaan omdat ons hulle nie laat doop het nie maar laat "inseen het)

Se maar net.


Groetnis
1 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 17 ure 22 minute oud


jy het baie vrae beantwoord deur jou vergelyking van een druppel water met een druppel wyn. ek het nog nooit so daaraan gedink nie. dankie dat jy dit kom deel het.
a.
1 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 17 ure 58 minute oud



Jesus, die Doper met die Gees

deur Christo Nel

In die taal en idioom van Afrikaanssprekende mense neem Christo gelowiges na die sowat 319 verse in die Bybel waarin daar direk na die Heilige Gees verwys word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar