Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Verhouding tussen mens en God
Mithras is gesien as skakel tussen mens en God (Ahura Mazda). Die gelowiges het tot God gebid via sy Seun Mithras. Mithras is die bemiddelaar.
Vergewing van sondes
Mithras kon via sy priesters mense (mans) van hulle sondes vergewe.
Stryd teen die kwaad
By die aanhangers van Mithras was selfbeheersing, selfverloëning en seksuele onthouding baie belangrik. Mithras het ‘n etiese sisteem verteenwoordig waarin broederskap aangemoedig is om gesamentlik te kon stry teen die kragte van die kwaad.
Verlosser
Die Mithraïste het geglo in die welwillende kragte van Mithras en dat hy hulle sou verlos van die ellende van die wêreld. Deur Mithras sou die gelowiges onsterflik wees en sy volgelinge sou later ‘n ewige saligheid erf. Die aanbidders van Mithras het uitgesien na die oordeelsdag wanneer gestorwenes uit hulle grafte sou opstaan en deur hom na die paradys gelei sou word. Die bestaande wêreld sou dan tot niet gaan en die Lig sou die Duisternis oorwin.
Doop/inwyding
Deur ‘n rituele doop is die gelowige gesuiwer. Dit het tydens ‘n seremonie gebeur waar die gelowiges wyn gedrink (bloed van Mithras) en brood geëet het (klein broodjies met kruise daarop: die liggaam van Mithras). Direk voor die seremonie is die volgende woorde gebruik: ’Diegene wat eet van my liggaam en drink van my bloed, sal één word met my en ek met hom en hy sal gered word.’
By die Mithraïsme is ook met water gedoop.
Sondag
Sondag is aan die God Mithras opgedra en het in Latyn bekend gestaan as Dominicus, of ‘Dag des Heeren’.
‘Kersfees’
Die geboorte van Mithras is jaarliks op 25 Desember gevier.
‘Pase’: offer van ‘n stier
Die belangrikste daad van Mithras was die stryd met ‘n simboliese stier (bees) wat hy dan sou oorwin en offer. Die stier was die Bose. In die ou Persiese geskrifte was die stier Mithras self. Die God Mithras offer homself op vir die heil van die gelowige mens.
Ram/Lam
Later het die stier ook ‘n ram geword. Maar die ram uit die sodiak (Aries) was in die Persiese sodiak ‘n lam (Rundahish 12-2). Dus is ‘n lam geoffer. Die lam wat geoffer moet word om die sondes van die mens weg te neem, kom egter ook ooreen met die Joodse ‘sondebok’, die Egiptiese ‘sonde-os’ die Indiese ‘sonde-perd’ en die Keltiese ‘sonde-bul’.
Nagmaal/Hemelvaart
Nadat Mithras sy aardse opdrag volbring het, het hy ‘n Laaste Avondmaal genuttig saam met sy twaalf geselle, bestaande uit brood, met ‘n kruis daarop, en wyn. (Fransen, L.: Het Evangelie van Isis; De rol van het vrouwlijke bij het ontstaan van het Christendom. Uitgeverij Ankh-Hermes, Deventer, 2007.) Hierdie viering is mizd genoem en later in Latyn missa (mis). Reeds voor die koms van die Christendom was die viering van ‘n sakrale maaltyd ‘n wyd verbreide gewoonte waar die Wyn simbool gestaan het vir Bacchus en die Brood simbool van Ceres. Tydens sakrale maaltye word die liggaam van die God(in) opgeëet en sy/haar bloed gedrink. Hierdie ritueel simboliseer die God(in) wat hom/haar aan gelowiges (op)offer. (Wessels, Anton: Kerstening en Ontkerstening van Europa; wisselwerking tussen evangelie en cultuur. Uitgeverij Ten Have, Baarn, 1994.)
Na die sakrale maaltyd sou Mithras opgevaar het na die hemel om van daar af tot in alle ewigheid die gelowiges te beskerm.
Stal en Ster
Mithras is op 25 Desember in ‘n stal gebore. By sy geboorte is daar ‘n nuwe, helder ster waargeneem.
Maagd
Mithras is gebore uit die maagd Anahita, die Vrugbaarheidsgodin.
Aanspreekvorme
Navolgers van die Mithraïsme het mekaar aangespreek as ‘broeder’. Hierdie broeders is gelei deur ‘n priester wat as ‘Vader’ (of Pater) aangespreek is.
Struktuur
Die priesters in in verskillende klasse verdeel en gelei deur ‘n Vader van Vaders (Pous) wat deur ‘n raad van vaders of priesters verkies is. Die hoofsetel was Rome. Daar was 7 rangstrukture, wat elk gestaan het onder beskerming van ‘n hemelliggaam, naamlik:
1ste, Raaf (Corax, sterrebeeld Corvus) Merkurius;
2de Bruidegom (Nymphus) Venus;
3de Soldaat (Miles) Mars;
4de Leeu (Leo) Jupiter;
5de Pers (Perses, sterrebeeld Perseus) Luna;
6de Sonloper (Heliodromus) Sol;
7de Vader (Pater) Saturnus.
Elke Vader (Pater) lei ‘n mithraeum en die Vader van Vaders (Pater patrum) of Pous, lei ‘n aantal mitraea.
Kleding
Mithras het ‘n staf gedra met ‘n gekrulde punt. By die Christendom is hierdie staf oorgeneem as ‘n ‘herderstaf’. Hy het ‘n hoofbedekking gedra wat deur die kerk oorgeneem is en vandag bekend staan as ‘myter’ (hoofbedekking van Roomse priesters). Die woord ‘myter’ kom van Mithras.
Heilige Drie-eenheid
Mithras was lid van die heilige drie-eenheid.
Ahura Mazda (vader); Anahita (moeder); Mithra (kind)
Met dank aan dr. Petrus van Eeden.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Doen so voort
Jy skryf interresante artikels. Ek hoop dit kry lesers aan die dink.
4 jaar 3 maande 3 weke 1 dag oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar