Artikels

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die vroegste Meidag vieringe het reeds in die voor-Christelike era plaasgevind.

Die Romeine het 'n Fees van Flora, die Romeinse godin van blomme gevier. Die Germaanse lande het weer die Fees van Walpurgis Nag gevier. Die Britse Eilande het die Fees van Beltane gevier. Bel is die Keltiese god van die son.

Nadat die Romeine vir Engeland ingeneem het, het die feeste van die Romeine en die Britte vermeng geraak, aangesien dit op dieselfde tyd gevier is. Daarna is dit gevoer om "die Koningin van Mei" te vereer.

Walpurgis Nag is gevier deurdat stapels hout aan die brand gesteek is om dooie mense en geeste wat chaos saai, te verdryf. Hierdie fees is later geinkorporeer by kerlike aktiwiteite en word die Fees vir Saint Walpurga genoem.

Die Koningin van Mei weerspieël die lewe van die veld en vieringe rondom haar draai rondom die paganistiese rituele van die seisoene. Baie van hierdie heidense rituele is deur die Christelike Kerk geabsorbeer om lede van die "Ou Geloof" oor te wen na die Christelike geloof.

Deel van die verering van hierdie ou gode (Flora, Son, Veld ens.) het behoue gebly in die rituele rondom die "Dans van die Mei-paal" en die kroning van die Koningin van Mei (Koningin van die Hemele, Maria se maand, herdenking van die geseënde maagd Maria).

Die eerste van Mei word gesien as die begin van die somer (Noordelike halfrond) en lê halfpad tussen die dag-en-nag ewening en die somer-sonstilstand.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Baie bly dat nog iemand hierdie weet, raaksien en noem. (Ek doen dit in my Afrikanerkultuurdagboek wat ek jaarliks sedert 2008 uitbring ook.)
9 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 12 ure oud


May Day
Baie lekker gelees en baie geleer, baie dankie! :-)
11 jaar 3 weke 5 dae 2 ure oud


Ya'acov

Weereens is jy getrou aan jouself! Ek kan nie vir jou se hoe ek dit geniet as jy iets publiseer nie. Dit bly vir my 'n wonderwerk oor al jou kennis waaroor jy beskik. Bravo broer! Hou so aan, asb.

Dankie vir hierdie insiggewende stuk. My gees het nog altyd met hierdie tipe dae gebots. Elke keer as ek so iets raaklees verstaan ek weereens hoekom.

Dankie vir hou getroue insettinge.
11 jaar 1 maand 23 ure oud


Baie raak gevat en intressant geskryf. Lees gerus Mahdokt se gedigte oor "the rites of the first of may" en "walpurgisnacht" op Mabooki wat mens se hare laat rys.
11 jaar 1 maand 1 dag 2 ure oud


May Day
Altyd lekker om jou skrywes te lees. Laat 'n mens so 'n bietjie terugsit en lank pruim aan jou woorde en gedagtes.

Gegroet

Asid
11 jaar 1 maand 1 dag 10 ure oud


My
Interressant hoe die Christene die heidense feesdae 'gekaap' het. Wonder wie was hulle Bemarkings Direkteur(e)?
11 jaar 1 maand 1 dag 22 ure oud


oorsprong
die is groot en belangrike datums op die sataniese kalender, dis puik dat jy daaroor skryf yaakov en dit so onder die ander se aandag bring..m
11 jaar 1 maand 2 dae oud


Baie dankie vir die interessante artikel. Het dit regtig geniet en soos die ander lesers is dit altyd lekker om 'n mens se kennis te verbreed. Lekker gelees!
11 jaar 1 maand 2 dae 1 uur oud


Ek vind dit interresant dat die Keltiese Songod Bel heet aangesien dit klink of dit van dieselfde wortel as Baal kom. Baal en Yahwe was op 'n stadium die twee mees prominente gode binne die Israeliete se geledere totdat die aanhangers van Baal uitgeroei was. Hoe gebeur dit dat so 'n ou middeoosterse konsep by die kelte opeindig of andersom? EK kan seker verkeerd wees met die Bel-Baal aflyding.

Nog iets interresant is dat "May Day" ook saamval met die kommunisties geinspireerde viering van arbydersdag maar ek twyfel of daar enige direkte verband is.
11 jaar 1 maand 2 dae 7 ure oud



Inreressant!
11 jaar 1 maand 2 dae 10 ure oud


"May Day"
Baie interressant. Ek hou daarvan om sulke dingetjies te wete te kom en so my kennis bietjie uit te brei, sonder om vreeslike navorsing te doen. Dankie
11 jaar 1 maand 2 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Gebroke Harts Gebede

    deur Anze Bezuidenhout

    Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar