Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Miskien moet ek eers een van my eie beskouings oor wat ‘n groot digter groots maak hier uitdruk. Almal sal saamstem dat ‘n grootse digter se werke ‘n eie stem en inslag het, dat dit getuig van groot vakmanskap, dat dit handel oor vele onderwerpe maar in my heel eerste artikel in hierdie stof en tegniek reeks skryf ek as iemand gedwing word om net vrye vers te skryf of net te rym neem ons werktuie van die digter weg. Wonderlike gedigte kan ontstaan in vrye vers en in rym en ook in ‘n mengsel van die twee, waar die digter dalk ‘n rede het om die twee digvorme te meng.

Ek neem hierdie beskouing in die tweede artikel ‘n stappie verder. My opinie is ook dat ‘n grootse digter ‘n meester van ‘n verskeidenheid van tegnieke moet wees. Ek skryf vrye vers, maar ek skryf ook rymende gedigte. Gedigte vra na watter vorm hulle in wil wees en ook in watter taal hulle wil ontstaan. Baie van my gedigte ontstaan eers as Engelse gedigte voordat ek hulle in Afrikaans oor vertaal. Ander vertaal ek weer van Afrikaans na Engels.

Ek is deeglik daarvan bewus dat van die gepubliseerde gesoute digters in Afrikaans rymende gedigte afskryf en hulleself net op vrye vers toespits, dat sommiges selfs liefdes gedigte uit ‘n letterkundige oogpunt minag en dus al Shakespeare se sonnette verwerp wat ‘n meesterlike toonbeeld van die Engelse sonnet versvorm is. U sal dus merk dat alhoewel ek oor enige moontlike onderwerp skryf, ek ook baie hard op liefdes gedigte konsentreer allerhande tipes van rymende gedigte en vryevers gedigte skryf, want hierdie twee begrippe dat rymende gedigte niks beteken nie en dat liefdes gedigte geen letterkundige waarde het nie verwerp ek as erge kettery.

Hier wil ek nou nog ‘n stappie verder gaan as in my eerste en tweede artikels in hierdie stof en tegniek reeks. Ek is vas oortuig dat die meeste digters te min tyd spandeer aan die lees van goeie gedigte en het self gevind dat grootse gedigte baie goeie inspirasie is en ‘n grootse digter is die beste leermeester.

Tye, onderwerpe, stof en style verander met modes en luime en behalwe vir die werklike grootse digters bou ons, ons gedigte op die lesse van die verlede en gewoonlik volg ons net dit wat ons die meeste bewonder waar eksperimente slegs op vorige ondervindings of dit nou goed of sleg was geskied.

Digkuns is nogal soos ‘n snelweg of ‘n ander pad waarop ons reis. Elke pad is uniek. Paaie verskil sommiges is besiger, ander meer rustig, op sommiges is mense woedend, vereis om te bestuur groot vakmanskap en vernuf, ander is vuil vol modder of glad of het gate of is in ‘n uitstekende toestand. Verskillende voertuie gebruik die pad, sommiges is wrakke, ander weelderig, of meer toegerus vir die pad of die terrein.

Wat ek eintlik probeer sê is dat soortgelyk as ons slegs een versvorm of styl gebruik, een tipe metrum, beperk ons, onsself en die skoonheid, wrede werklikheid of wat ons kuns ook al probeer om te skep, of die boodskap wat ons oordra.

Hierdie siening is vanaf my eerste gedig eie aan my maar tot my aangename verrassing is daar vele ander digters soos Terry Clitheroe (Ryter Roethicle), Maryse Achong, Leny Roovers, Peggy Nelson, Divena Collins en Jen Farmer wat omtrent letterlik dieselfde glo. Lewis Turco se derde uitgawe van sy “Book of Forms” (1) het reeds die lig gesien.

Die rede waarom ek verskillende verssoorte skryf is omdat ek verskillende soort uitdagings geniet, geniet om nuwe dinge te bemeester en my eie vermoëns verder wil ontwikkel en verskerp.

U sal merk dat in my verse die boodskap, die storie, die lering belangrik is om oor te dra. Dis waar dat ‘n gedig abstrak kan wees en bloot skoonheid kan besit sonder dat dit juis enige boodskap oordra, maar dan ontbreek daar na my opinie diepte.

Toe ek ‘n vryevers gedig op een van Shakespeare se sonnette as ‘n antwoord skryf, skryf ‘n gevestigde groot digter (Engels sprekend) vir my dat mens eerder ‘n vers in dieselfde vers soort moet antwoord. Ek het besluit dat verssoort of die tegnieke wat ‘n ander digter gebruik vir my ook ‘n leer metodiek en ‘n gereedskapstuk moet word.

Edgar Allan Poe (1809-1849) is ‘n Amerikaanse skrywer wat beide bekend is as ‘n digter en kritikus maar hy is beroemd as ‘n meester van kortverhale, veral verhale oor misterie en makabere dinge. Poe se verhale weerspieël sy dwalende, agtervolgende verbeelding. “The Raven” (1845) een van Poe se beroemdste gedigte vertel die verhaal van ‘n digter wat verlore is in die herinneringe van ‘n gestorwe geliefde, Lenore. ‘n Raaf laat die digter skrik en antwoord herhaaldelik sy kwellende vrae oor Lenore met die woorde “nooit weer” (“Nevermore’).

Laat ek hier die gedig “The Raven” van Edgar Allan Poe aanhaal:


The Raven by Edgar Allan Poe

“Once upon a midnight dreary, while I pondered, weak and weary,
Over many a quaint and curious volume of forgotten lore--
While I nodded, nearly napping, suddenly there came a tapping,
As of some one gently rapping, rapping at my chamber door.
"'Tis some visitor," I muttered, "tapping at my chamber door--
Only this and nothing more."”

“Ah, distinctly I remember it was in the bleak December;
And each separate dying ember wrought its ghost upon the floor.
Eagerly I wished the morrow; --vainly I had sought to borrow
From my books surcease of sorrow-- sorrow for the lost Lenore--
For the rare and radiant maiden whom the angels name Lenore--
Nameless here for evermore.”

“And the silken, sad, uncertain rustling of each purple curtain
Thrilled me--filled me with fantastic terrors never felt before;
So that now, to still the beating of my heart, I stood repeating
"'Tis some visitor entreating entrance at my chamber door--
Some late visitor entreating entrance at my chamber door; --
This it is and nothing more."”

“Presently my soul grew stronger; hesitating then no longer,
"Sir," said I, "or Madam, truly your forgiveness I implore;
But the fact is I was napping, and so gently you came rapping,
And so faintly you came tapping, tapping at my chamber door,
That I scarce was sure I heard you" -- here I opened wide the door; --
Darkness there and nothing more.”

“Deep into that darkness peering, long I stood there wondering, fearing,
Doubting, dreaming dreams no mortal ever dared to dream before;
But the silence was unbroken, and the stillness gave no token,
And the only word there spoken was the whispered word "Lenore!"
This I whispered, and an echo murmured back the word "Lenore!"
Merely this and nothing more.”

“Back into the chamber turning, all my soul within me burning,
Soon again I heard a tapping somewhat louder than before.
"Surely," said I, "surely that is something at my window lattice
Let me see, then, what thereat is, and this mystery explore--
Let my heart be still a moment and this mystery explore; --
"'Tis the wind and nothing more!"”

“Open here I flung the shutter, When, with many a flirt and flutter
In there stepped a stately Raven of the Saintly days of yore.
Not the least obeisance made he; not a minute stopped or stayed he;
But, with mein of lord or lady, perched above my chamber door--
Perched upon my bust of Pallas just above my chamber door--
Perched, and sat, and nothing more.”

“Then this ebony bird beguiling my sad fancy into smiling,
By the grave and stern decorum of the countenance it wore,
"Though thy crest be shorn and shaven, thou," I said, "art sure no craven,
Ghastly grim and ancient Raven wandering from the Nightly shore--
Tell me what thy lordly name is on the Night's Plutonian shore!"
Quoth the Raven, "Nevermore."”

“Much I marvelled this ungainly fowl to hear discourse so plainly,
Though its answer little meaning-- little relevancy bore;
For we cannot help agreeing that no living human being
Ever yet was blessed with seeing bird above his chamber door--
Bird or beast upon the sculptured bust above his chamber door,
With such name as "Nevermore."”

“But the Raven, sitting lonely on the placid bust, spoke only
That one word, as if his soul in that one word he did outpour.
Nothing farther then he uttered--not a feather then he fluttered--
Till I scarcely more than muttered "Other friends have flown before--
On the morrow he will leave me, as my hopes have flown before."
Then the bird said "Nevermore."”

“Startled at the stillness broken by reply so aptly spoken,
"Doubtless," said I, "what it utters is its only stock and store
Caught from some unhappy master whom unmerciful Disaster
Followed fast and followed faster till his songs one burden bore--
Till the dirges of his Hope that melancholy burden bore
Of 'Never--nevermore.'"”

“But the Raven still beguiling all my sad soul into smiling,
Straight I wheeled a cushioned seat in front of bird, and bust and door;
Then, upon the velvet sinking, I betook myself to linking
Fancy unto fancy, thinking what this ominous bird of yore--
What this grim, ungainly, ghastly, gaunt, and ominous bird of yore
meant in croaking "Nevermore."”

“This I sat engaged in guessing, but no syllable expressing
To the fowl whose fiery eyes now burned into my bosom's core;
This and more I sat divining, with my head at ease reclining
On the cushion's velvet lining that the lamp-light gloated o'er,
But whose velvet violet lining with the lamp-light gloating o'er,
She shall press, ah, nevermore!”

“Then, methought, the air grew denser, perfumed from an unseen censer
Swung by Seraphim whose foot-falls tinkled on the tufted floor.
"Wretch," I cried, "Thy God hath lent thee--by these angels he hath sent thee
Respite--respite and nepenthe from thy memories of Lenore,
Quaff, oh quaff this kind nepenthe and forget this lost Lenore!"
Quoth the Raven "Nevermore."”

“"Prophet!" said I, "thing of evil! prophet still, if bird or devil!--
Whether Tempest sent, or whether tempest tossed thee here ashore,
Desolate yet all undaunted, on this desert land enchanted--
On this home by Horror haunted--tell me truly, I implore--
Is there-- is there balm in Gilead?-- tell me-- tell me, I implore!"
Quoth the Raven "Nevermore."”

“"Prophet!" said I, "thing of evil! - prophet still, if bird or devil!
By that Heaven that bends above us - by that God we both adore --
Tell this soul with sorrow laden if, within the distant Aidenn,
It shall clasp a sainted maiden whom the angels name Lenore --
Clasp a rare and radiant maiden whom the angels name Lenore."
Quoth the Raven "Nevermore."”

“"Be that word our sign of parting, bird or fiend!" I shrieked, upstarting--
"Get thee back into the tempest and the Night's Plutonian shore!
Leave no black plume as a token of that lie thy soul hath spoken!
Leave my loneliness unbroken! --quit the bust above my door!
Take thy beak from out my heart, and Take thy form from off my door!"
Quoth the Raven "Nevermore."”

“And the Raven, never flitting, still is sitting, still is sitting
On the pallid bust of Pallas just above my chamber door;
And his eyes have all the seeming of a demon's that is dreaming,
And the lamp-light o'er him streaming throws his shadow on the floor;
And my soul from out that shadow that lies floating on the floor
Shall be lifted--nevermore!”

Daar is ‘n ou Britse sprokie van ‘n raaf wat in ‘n beeldskone vrou verander het. Sy was die vrou van ‘n boer en het toe later weer in ‘n raaf verander. Moontlik het Edgar Allen Poe daarmee bekend gewees toe hy sy gedig geskryf het. In die tweede versreël van die eerste stansa skryf hy immers: “Over many a quaint and curious volume of forgotten lore.”

Hier is ‘n gedig van my wat iets meer oor daardie ou legende vertel.


‘n Verhaal wat soms waar is ( in antwoord op Marge Piercy)

Onthou die plaasboer wie se raaf
verander het
in ‘n lieflike swartkop vrou?

Haar hare het geskitter met ‘n metaal blou glans
en daar was warmte in haar pragtige donker oë
en was gevul met ‘n pragtige melodie
en sy was baie intelligent, gesellig
en het goed aangepas by die plaaslewe,

maar net na hulle huwelik
het sy by haar man aangedring
op meer en meer juwele
was lief vir edelstene, enige iets wat skitter
en met tyd het haar maniere
meer wesenlik geraak, wou sy meer hê, rasend,
wou woon in ‘n beter huis,
asof op die uitkyk
om beter as die bure te wees.

Sy het neute en sade begin opgaar,
vrugte, die vleis van klein diere
gebêre in die spens
en het uit gegaan om te stap,
om te klim op die hoë klowe
gestaar na die hoogste bome

en haar stem het meer grof geraak
en toe hy eendag by die huis kom
nadat hy heeldag gewerk het
in die warm son,
was alles in die huis uitmekaar
in stukke gepluk, geruïneer
en hy het ‘n raaf sien weg vlieg
krassend voordat dit verdwyn het in die blou
en die waarheid bly
dat alhoewel hofmakery van asters dames maak
verander die huwelik, volwassendheid
en ouderdom sommiges van hulle
terug in ou mal kraaie.


[Verwysing: A Story Wet as Tears deur Marge Piercy.]


Ek het besluit om die teenoorgestelde tipe ding te laat gebeur in my Afrikaanse en Engelse gedigte se verhaal wat ek as ‘n antwoord op Edgar Allan Poe geskryf het.
U sal merk in “The Raven” van Edgar Allan Poe dat die vierde en vyfde versreëls feitlik herhalings van mekaar is en dat “Nevermore” of “Nothing more” ‘n refrein raak in die sesde versreël.

Ek weet dat refreine gewoonlik sintakties uitdagend is, maar in hierdie opsig was dit vir myself te maklik aan die einde van die stansas. Ek meen dat indien mens eerder van ryme gebruik maak waar daar refreine was, dit nogal uitdagend met die b rym word wat regdeur al die stansas voorkom.

“The Raven” het sterk ooreenkomste met die gekransde en ongekransde sonnette (“Wreathed and Unwreathed”) wat deur George Herbert ontwikkel was en waarvan George Herbert se gedig “A Wreath” ‘n voorbeeld was. (Soos behandel in my artikel “’n Veel dieper fokus op sonnette.”) Edgar Allan Poe het na my mening of die Englyn cryrch of George Herbert se gedig “A Wreath” as ‘n inslag gebruik vir sy binnerym maar hy het ‘n grootse eie struktuur daargestel.

Dit word gemeen dat George Herbert se gedig “A Wreath” geïnspireer was deur die Walliese vorm Englyn cryrch (ek het reeds die Englyn strukture in ‘n ander artikel bespreek) wat ‘n interne rymskema saam met ‘n eksterne rymskema gebruik en ‘n koeplet vorm as volg het:

x. x. x. x. x. x. x. a.
x. a. x. x. x. x. x. b.

Die interne rym soos in die tweede versreël kan enige plek in die eerste gedeelte van die tweede versreël wees (nie noodwendig op die tweede woord nie) en kan ‘n herhaalde woord in plaas van rym wees, maar dit is die digter se keuse.


Die rymskema vir die gekransde sonnet is:

a ( x a) b (xb) a (x a) b (x b) c (x c) d (x d) c (x c) d / e (x e) f (x b) e (x e) b (x b) e (x e) f

Hier is ‘n grafiese voorstelling van die rymskema (onthou egter dat interne ryme enige plek in die eerste gedeelte van die versreëls mag voorkom):

x. x. x. x. x. x. x. a.
x. a. x. x. x. x. x. b.
x. b. x. x. x. x. x. a.
x. a. x. x. x. x. x. b.
x. b. x. x. x. x. x. c.
x. c. x. x. x. x. x. d.
x. d. x. x. x. x. x. c.
x. c. x. x. x. x. x. d.

x. x. x. x. x. x. x. e.
x. e. x. x. x. x. x. f.
x. b. x. x. x. x. x. e.
x. e. x. x. x. x. x. b.
x. b. x. x. x. x. x. e.
x. e. x. x. x. x. x. f.


Hier is die rymskema wat ek uit Edgar Allan Poe se gedig “The Raven” ontwikkel het vir my Afrikaanse en Engelse gedigte wat sy gedig antwoord.

(x a)a (x a)b (x c)c (x c)b b b / (x d)d (x d)b (x e)e (x e)b b b / (x f)f (x f)b (x g)g (x g)b b b / (x h)h (x h)b (x i)i (x i)b b b / (x j)j (x j)b (x k)k (x k)b b b

(x dui op nie rymende woorde en hakkies dui op binnerym.)

Hier is ‘n grafiese voorstelling van hierdie rymskema (onthou egter dat interne ryme enige plek in die versreëls mag voorkom):


x. a. x. x. x. x. x. a.
x. a. x. x. x. x. x. b.
x. c. x. x. x. x. x. c.
x. c. x. x. x. x. x. b.
x. x. x. x. x. x. x. b.
x. x. x. x. x. x. x. b.

x. d. x. x. x. x. x. d.
x. d. x. x. x. x. x. b.
x. e. x. x. x. x. x. e.
x. e. x. x. x. x. x. b.
x. x. x. x. x. x. x. b.
x. x. x. x. x. x. x. b

x. f. x. x. x. x. x. f.
x. f. x. x. x. x. x. b.
x. g. x. x. x. x. x. g.
x. g. x. x. x. x. x. b.
x. x. x. x. x. x. x. b.
x. x. x. x. x. x. x. b

x. h. x. x. x. x. x. h.
x. h. x. x. x. x. x. b.
x. i. x. x. x. x. x. i.
x. i. x. x. x. x. x. b.
x. x. x. x. x. x. x. b.
x. x. x. x. x. x. x. b

x. j. x. x. x. x. x. j.
x. j. x. x. x. x. x. b.
x. k. x. x. x. x. x. k.
x. k. x. x. x. x. x. b.
x. x. x. x. x. x. x. b.
x. x. x. x. x. x. x. b


Ek sluit my Engelse gedig in aangesien dit makliker is vir vergelyking met Edgar Allen Poe se gedig wat in Engels geskryf is. U sal ook merk dat my metrum beknopter is en my versreël veel korter as in “The Raven” van Edgar Allan Poe. Ek het dit gedoen om die vers vir my nog ‘n groter uitdaging te maak. ‘n Digter se verse moet sy of haar eie stem / afdruk of stempel dra.

Hier is my gedigte in Afrikaans en Engels wat ek op “The Raven” van Edgar Allan Poe geskryf het:


Die raaf (in antwoord op Edgar Allan Poe)

(x a)a Ek onthou Desember met die lug blou,
(x a)b pyn wat aanhou, gedigte op die vloer,
(x c)c my lewe in stukke, slegter met rukke,
(x c)b geen indrukke kan my jammerte snoer
b wat die meisie Lenore skielik aanroer
b as die vrou van ‘n ou boer.

(x d)d Vroeg oggend was my hart baie stukkend
(x d)b die lug drukkend toe ek na die legende loer
(x e)e met sorg in my hart was my lewe vol smart
(x e)b ‘n gedig was driekwart maar ek was ontroer
b wou verder lees toe ‘n raaf met ‘n halssnoer
b aardig vir my daar afloer.

(x f)f ‘n Groot donderslag het ek nie verwag,
(x f )b verandering word oordag deurgevoer,
(x g)g met groen oë kan ek die beeld nie versoen
(x g)b wat die mooiste vrou doen, wat my hart roer,
b sy het my hart skielik sommer in oproer,
b ek voel heldhaftig en stoer.

(x h)h Haar stem is hees en ek kan liefde lees
(x h)b en niks kan waar wees nie, die see breek doer,
(x i)i ek is heel gek, dink ek, of droom op dié plek;
(x i)b wil my oë bedek teen ‘n legende oud en oer;
b maar niks wil my besetenheid rigsnoer,
b die oomblik moet ewig sloer.

(x j)j Dat sy menslik is, dra ek van kennis,
(x j)b oomblikke is vermis as my hart tamboer,
(x k)k as ek haar soen, sy dinge aan my doen
(x k)b ek my lot met haar versoen, is ek vervoer,
b skoon deur haar betower en weggevoer,
b as liefde die bo toon voer

[Verwysing: “The Raven” deur Edgar Allan Poe.]


The raven (in answer to Edgar Allan Poe)

On a summer December I do remember
the sun like an ember, poetry on the floor
life in pieces, while my troubles increases
nothing eases the sorrow for the girl Lenore
while I read of a farmer who lived long before
while destiny had closed a door.

In that new tomorrow, the book I did borrow
and my own sorrow was replaced by the lore
with pain in my heart, life was falling apart,
my art was shattered as the tale I did explore
out of the blue I saw a raven black as ore
with its feet red with gore.

With a bolt of lightning that was frightening
happened something to the bird I did deplore,
with eyes green, her hair shone a bluish sheen
the loveliest girl I have seen then came to fore;
with her I would do almost anything just to score,
suddenly I did her adore.

Her voice had a melody, life was fair and free,
it just could not be, surf crashed on the shore,
I was not fit I did deem, or it was just a dream;
nothing was as it seem, it was a fable from yore,
I was thinking I am nuts, totally mad therefore,
but nothing I wanted more.

She was human alright, as we kissed in daylight,
loved during the night; to stay I did her implore,
I had just met her, suddenly we loved each other
without a bother, in my back her nails did bore
and what did my life without her have in store?
Our souls had bonded forevermore…

[Reference: “The Raven” by Edgar Allan Poe.]


Voetnotas:

(1) Turco, Lewis. The Book of Forms, A Handbook of Poetics, 3rd edition.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar