Artikels

Titel: Operasie Reindeer: Aanval op Cassinga. Hoofstuk 5

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Van die vier hoof valskerm kompanjies, het Delta Coy die mees akkuraatste ‘Drop’ gehad alhoewel hulle 500 meter van hulle aanvanklike DZ was. Na hulle vinnig groepering beweeg hulle om ’n struktuur aan te val, wat met die lug-verkenning geïdentifiseer is as ’n Engineers kompleks. Nadat Alpha Coy op twee verskillende plekke geland het, het die bevelvoerder onmiddellik ‘comms’ [radio-kommunikasie] met Breytenbach van Bataljon Hoofkwartier bewerkstellig en het hulle agtergekom dat hulle aan die verkeerde kant van die rivier was. Nadat hulle groepeer het is hulle per radio na HK gelei en ’n ent weg van die rivier oewer af, vind Alpha Coy ’n grondpad wat hulle kon karteer [map plotting] en hierdeur hul ligging Wes van die Engineers kompleks plaas.

Bravo Coy wat op die Westelike oewer van die rivier geland het en ongeveer 2000 meter van hulle oorspronklike teiken af was, het swaar masjien geweer vuur Noord van hulle gehoor en kon aflei dat die basis in daardie rigting lê. As gevolg van die amper rampspoedige landings moes ’n nuwe plan uitgewerk word en nuwe bevele is ooreenkomstig uitgereik. Fase een van die aanval is geskraap omdat die meeste valskermtroepe aan die verkeerde kant van die rivier geland het en is ’n Suid-Noord in plaas van ’n Wes-Oos as (axis) bewerkstellig. Gelukkig vir die ‘bats’ was die guerrilla vegters nog wankelend na die lug-aanval maar met elke sekonde het hulle al sterker en sterker geword. Ten spyte van ’n Buccaneer se aanval op SWAPO se Hoofkwartier met 39 vuurpyle waarin van die guerrilla vegters se leiers-element uitgewis was of gevlug het, en die lang vertraging tussen die lug-aanvalle en die valskerm landing, het dit SWAPO genoeg tyd gegee om hulle gevegs posisies in te neem.

Om 09h00 was Alpha- en Bravo Coy klaar groepeer en het hulle begin om die basis in ’n Noordelike rigting aan te val en nie soos beplan in ’n Oostelike rigting nie. Nadat Delta Coy deur die Engineers kompleks beweeg het, het hulle Bravo Coy teëgekom wat nou die basis bereik het. Met die deurmekaar spul volg daar ’n kort ‘blue-on-blue’ [wanneer vriendelike soldate op mekaar skiet] geveg tussen Delta- en Bravo Coy maar gelukkig sonder enige verliese. Delta Coy het verder Suid beweeg om ’n stoplyn te bewerkstellig vir enige ontsnapping in daardie rigting. Hulle het ook ’n anti-tenk peloton gestuur om ’n hinderlaag op die Techamutete pad te lê. Met die ‘bats’ se opmars in Cassinga in het hulle nie veel weerstand teëgekom nie maar dit het verander hoe nader hulle aan die basis gekom het.

Alpha Coy het Noord-Oos beweeg en klein groepies guerrilla vegters wat hulle aantog verhinder het uitgewis totdat hulle die voertuig park bereik het. Van die guerrilla vegters het hier vas geskop en ’n peloton, aan die bevelvoerder van Alpha se linkerkant, het hulle vinnig uitgewis. Tussen die dooies was ’n vroulike guerrilla vegter aangetrek in ’n Oos-Duitse ‘fleck’ uniform en is sy in die nek geskiet terwyl sy op die ‘bats’ gevuur het. Een vegter het onder die bus, wat vanaf SWA met die skoolkinders ontvoer is, weggekruip en van daardie posisie op die ‘bats’ gevuur. Die ‘bats het opdrag gehad om nie siviele voertuie uit te wis nie, dus kon hulle hom nie uithaal nie en het hy aanhou skiet totdat sy ammunisie opgeraak het waarna hy sy wapen eenkant neergegooi het en uitgekruip het met ’n geskreeu van “ I am a POW! I am a POW, you can’t shoot me!” [POW=Prisoner of War]. Een van die ‘bats’ het hom egter nie gehoor nie!

Alpha Coy het stop-stop beweeg met Breytenbach en die HK agter hulle en klein groepies SWAPO guerrilla vegters wat hulle aantog verhinder het, is uit gewis. Hewige skerpskutter vuur het hulle ook vanuit die bome wat binne-in die basis was begroet. Ander guerrilla vegters wat groepeer het, het die huise as skerms gebruik en op die ‘bats’ gevuur, twee ‘bats’ word hier noodlottig gewond.

Met die skoonvee operasies het Alpha Coy egter hulle grootste uitdaging teëgekom toe hulle die linkerkant van die Carolina/Boskop DZ bereik het. Hier loop hulle vas in swaar geweer vuur vanaf 12,7mm swaarloop masjiengewere en een ZPU-4 14,5mm anti-lugafweer kanon wat nou in ’n grond aanval rol gebruik is aangesien die SALM nie meer ’n bedreiging was nie. Dit het Alpha in hulle spore gestop en was hulle nie by magte om vorentoe te beweeg in die akkurate vuur nie. Nie eens die Buccaneer op CAS diens kon ingeroep word om die kanonne te elimineer nie uit vrees dat hulle die ‘bats’ in gevaar sou stel. Die ‘bats’ was nou in die moeilikheid en enige beweging van hulle kant af het vuur op hulle getrek. Die guerrilla vegters was nie ‘vlugtelinge’ nie en het akkuraat geskiet en ’n paar ‘bats’ het gewond op die oop grond gelê.

Weerman Kochman word gewond deur die swaar masjien geweer vuur en word na veiligheid geneem deur Weerman Dale Packham. Adjudant-Offisier Reeves was ook gewond en vasgepen deur geweer vuur en het nie beweeg om te verhinder dat hy vuur sou trek . SWAPO vegters het die gewondes as lokaas gebruik en gehoop dat van die ‘bats’ die gewondes sou kom help. Ongeag die gevaar het Weerman Packham weer die oop stuk grond oorkruis en voor die 14,5mm kanon verby gehardloop en AO Reeves na veiligheid geneem.

Kol. Jan Breytenbach was nie uitermate onrustig met die nuwe scenario nie aangesien hy ’n soldaat was met baie ondervinding en was dus bewus daarvan dat ’n bevelvoerder aanpasbaar moes wees in ’n gevegs situasie. Hy het die bevelvoerder van Delta Coy beveel om met sy troepe op te beweeg deur die bunkers aan te val wat aan die Westekant van die basis was en die kanonne daarvan aan te val. Hy het ook die mortier peloton beveel om die kanonne met mortiere aan te val. Delta Coy was verbaas om ’n aantal burgerlikes in die bunkers te kry wat deur die guerrilla vegters as skerms gebruik was terwyl hulle op die ‘bats’ geskiet het. Die guerrilla vegters het die burgerlikes as skanse voor hulle gehou en van agter die burgerlikes op die ‘bats’ gevuur. Dit was ’n situasie van ‘kill or be killed’ en die lewe van die burgerlikes kon nie hierdeur gespaar word nie. Hoe verder Delta beweeg het in die bunkers, hoe minder burgerlikes is teëgekom en net manlike en vroulike guerrilla vegters in Kubaanse-styl uniforms. Ter selfde tyd het No 9 peloton die bunkers ook van die Noordekant binne gegaan waar hulle ook onder skoot gekom het vanaf die kanonniers.

Dit was gedurende hierdie periode dat die ‘bats’ respek vir die SWAPO kanonniers gekry het wat hulle altyd sal by bly! Elke keer as die bemanning van die kanonne uitgewis word, het van die vegters in die bunkers hulle plekke ingeneem en bly vuur.

Aan die einde van die aanval op die bunkers en die mortier aanval op die kanonne waarin dit vernietig was, was daar 95 dooie guerrilla vegters in die bunkers en om die kanonne getel. Twee valskermsoldate was in hierdie aanvalle gedood. Die ‘bats’ moes nou al die bunkers skoon veë wat uitgelê was volgens die Soviet Leër se doktrine - deur eers ’n handgranaat in te gooi, te wag vir die ontploffing dan in te spring en met sy geweer na alles wat beweeg te skiet om doodseker te maak dat niemand lewend was om op hom of sy makkers later te skiet nie. Gedurende hierdie fase van die operasie verower drie lede van die ‘bats’ die Honoris Crux Medalje vir Dapperheid.

Dit tyd het nou al nader gekom om die eerste ‘bats’ om 10h00, deur middel van die helikopters, van die toneel af te onttrek en nog het die gevegte voort gegaan terwyl die Kubaanse Meganiese-kompanjie vanaf Techamutete op pad was om Cassinga te hulp te snel.....


Hoofstuk 6 vervolg

Verwysings:
1. Dié Wat Wen - Jannie Geldenhuys
2. The South African Air Force at War - Martin Louw en Stefaan Bouwer
3. Truth and Reconciliation Commission of South Africa Report, 2 (29 Oktober 1998).
4. Jan Breytenbach (1986). Forged in Battle. Cape Town: Saayman and Weber.
5. Steenkamp, Willem (1983). Borderstrike! South Africa into Angola 1975-1980

©JohanJ



Kommentaar

Puik historiese akkurate aflewering.
3 jaar 1 dag 22 ure 36 minute oud


sjoe, omtrent 'n geveg vir lewe en dood, my asem hou skoon op soos ek lees. Ek het oorlog altyd gehaat, flieks het my verveel, maar die werklikheid boei my, en tot vrouens wat veg! ek kan my dit nie indink nie, om so vir jou lewe te veg en nog saam met 'n groep te werk, soveel konsentrasie, ure se stress... uitstekend geskryf!
3 jaar 2 dae 18 ure 33 minute oud


Jou woorde kan enige mens hierdie aanval laat deurleef.
3 jaar 4 dae 17 ure 3 minute oud


En nou is ons te midde die geveg...jy beskryf dit absoluut so goed dat dit kompleet voel of ek 'n movie kyk oor die Cassinga aanval...net jammer vir die advertensietyd tussenin nes dit opwindend begin raak ;-))) Puik werk en ons wag vir die volgende deel!!!
♥♥♥
3 jaar 4 dae 22 ure 35 minute oud


puik
puik is al wat ek kan se skryf sky ek wag..m
3 jaar 5 dae 4 ure 2 minute oud



Liewe Ma - van Bart I

deur Bart

Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar