Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar is besig om n oproep deur die land te gaan dat ons moet bid vir Suid-Afrika. Oral word bidgroepe gestig en ook op die sosiale netwerke is die oproep dat almal saans om nege uur moet verenig in gebed.

Ons land het dit nou bitter nodig soos nog nooit vantevore nie. Twintig jaar van sogenaamde demokrasie het hierdie land verwoes en vernietig. Ons kan maar net om ons rondkyk om die volle impak van hierdie twintig jaar te besef en raak dit elke mens in die straat.

Ons paaie en strate val uitmekaar uit. Die vakbonde het die oorhand gekry en sorg vir langdurige stakings wat hierdie land se ekonomie op sy knieë dwing die regering se onmag om in te gryp is duidelik getoon met die staking in die pokatoor wat na vier maande eers tot n einde gekom het.

. Grond hervorming het misluk en raak al meer plase onproduktief omdat die sogenaamde opkomende boere n mislukking van boerdery maak en nie die mas opkom nie. Hoe onrealisties dit ook mag klink ons is oppad na n tweede Zimbabwe toe.

Ons hoor daagliks hoe die vet katte hulleself ryk gesteel het en was die beste een van hulle die drie wat Eskom van miljarde beroof het, miljoene was te min.

Eskom is reeds nou n groot bron van kommer want die kragvoorsiener is besig om in duie te stort. Gisteraand op die nuus het die voorsitter van die AHI gewaarsku dat n moontlike inploffing van die krag netwerk n voldonge feit is en dat dit net n kwessie van tyd is voor dit gebeur.

Stel jou voor geen elektristeit nie, alles kom tot stilstand danksy twintig jaar van demokrasie, Suid-Afrika terug in die duister eeue want hierdie regering is in onmag om iets te doen om die situasie te red.

Die ergste egter is die misdaad wat besig is om totaal hande uit te ruk. Ons mense word roekeloos vermoor en uitgeroei. Hierdie moorde is nie meer net tot die plase beperk nie en word ons dorpsmense nou op dieselfde roekelose wrede manier vermoor en die gereg staan in onmag teen ierdie roekelose moorde.

Dit gaan erger word en hierdie regering kan hierdie land nie meer red nie want hierdie heidense regering wat toegelaat het dat die Moslems hierdie land oorstroom en deur aborsie wetgewing kinder mooredenaars geword het het ook gay huwelike begin goedkeur onder die vaandel van menswaardigheid, direk teen God se wil.

Ek wil n beroep doen op alamal dat ons saans nege uur tot die Almagtige God begin bid om tot ons redding te kom in hierdie land. Hy alleen kan ons red van wat besig is om in hierdie land te gebeur
Dit het ook nou tyd geword dat ons predikante, pastore en leraars die erns van die situasie besef en hulle gemeentes oproep tot gebed voor dit te laat is. Kom ons verenig saans nege uur in gebed saam met duisende ander in die land wat die erns van die situasie besef



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

OPROEP TOT GEBED VIR SUID-AFRIKA

Ek lees hier van die kommentare; "Ek dink elke gelowige in hierdie land, ongeag sy ras, moet erns maak om vir ons land te bid."

Nou is my vraag; watter een van al die gode wil ons die eer gee. "Niemand kan twee here dien nie; want óf hy sal die een haat en die ander liefhê, of hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie." Matt 6 vers 24.

Daar word duidelik aan ons gesê, dat ons nie saam met ongelowiges in dieselfde juk mag trek nie.

Psalms 127 vers 1.

"As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die Here die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter."

Ons sal ons prioriteite weer in heroorweging moet neem.
2 jaar 5 maande 1 week 2 dae 8 ure oud


Bid
Dankie Neels, ek sal my man ook sê. Gebed het baie krag!

Oom Siener het gesê, hy sien ons eet koue pap! Lyk ook vir my of Eskom nou in daai rigting beweeg.
2 jaar 5 maande 1 week 2 dae 14 ure oud


Ons ken nie die bevele nie

Neels, dis grootmoedig en eerlik van jou omte besef dat alles is besig om agteruit te gaan,

. . . . Christene besef nie dat al hulle gebede aan die DRAAK onder die naam GOD opgedra word,
en dis juis die OU wat die moeilikheid maak.

. . . . as Christene, werklik wil gehoorsaam,

1 - Gaan uit haar [kerk] uit [Op 18]
2 - Ontdek die Naam van die ALLERHOOGSTE
3 - Doen die Gebooie

Jy kan nie BID in die verkeerde NAAM nie,
die GEBED bereik nooit die ALLERHOOGSTE nie.

Lees weer Openbaring 13 wat beskryf hoe die wereld die draak aanbid:

1 - in die verkeerde Naam;
2 - in die verkeerde Plek;
3 - op die verkeerde Dag;
4 - deur die verkeerde Gees

1 - as die Gebod sê "MY NAAM IS YHVH ELOHIM",
wie gee jou die reg om dit in BAAL GOD te verander en dan te verwag HY moet jou hoor?

2 - as die Gebod sê "BID IN GEES EN WAARHEID AGTER GESLOTE DEUR"
wie gee jou die reg om in die openbaar te bid,
want nooit het Messias in die openbaar gebid nie
en nooit ooit in enige vorm enige gebed voorgegaan nie, behalwe dank vir Brood.

3 - ses dae moet ons werk en die sewende dag tuis rus;
en nooit is daar enige dag of tyd of plek voorgeskryf vir publieke aanbidding nie,
wie gee jou die reg om Satan as Draak as God op Sondag te aanbid?

4 - die RUACH HA'QODSH woon nie in mensgemaakte tempels nie;
en ons weet mos dat die HEILIGE SPOOK [HOLY GHOST]
in die kerke juis die leier van die onrein geeste is.

Ons is almal mislei, volgens Openbaring 12,
ons leef in die Tyd van die Einde,
Ons kan nie meer die Plae van Openbaring beheer of keer nie;
wat ons wel kan doen is om self te bekeer en die Gebooie doen.

Lees weer aandagtig Vaalseun se bydrae, want dit is kardinaal tot die probleem.

Vaalseun: "Bid" . . . Nadat ek jou artikel gelees het,
het ek my Bybel oopgemaak.
Die blaaie het oopgeval by hierdie gedeelte:
Eségiël 44:6,7.
En sê aan die wederstrewiges,
aan die huis van Yisrael:
So spreek die adonayYHVH:

Laat dit genoeg wees met al julle gruwels,
o huis van Yisrael!
Omdat julle uitlanders ingebring het,
onbesnedenes van hart,
en onbesnedenes van vlees,
om in my APARTHEID te wees, om dit,
My huis, te besoedel toe julle my brood,
vet en bloed gebring,
en hulle my verbond verbreek het by al julle gruwels.
Hiervoor moet ons smeek om vergifnis,
dán kan ons bid om redding. Dankie Neels. E-pos 1 dag 26 minute oud

Dankie Neels en dankie Vaalseun.
2 jaar 5 maande 1 week 3 dae 3 ure oud


bid
dankie Neels, hier in Dunnotter het ons al geruimde tyd die email ontvang en bid ons reeds 9 uur saans.

2 jaar 5 maande 1 week 3 dae 6 ure oud


gebed
Stem Neels, nou is gebed ons enigste uitweg en redding.
2 jaar 5 maande 1 week 3 dae 23 ure oud


bid
Ek dink elke gelowige in hierdie land, ongeag sy ras, moet erns maak om vir ons land te bid. Ons moet bid dat God vir ons die pad sal wys en dat Hy ons oë sal open om te sien soos Hy sien....dat Hy SY wil aan ons bekend sal maak...en dat dit ons begeerte sal wees om Sy wil te doen. As Jesus vandag hier tussen ons was...wat sou Hy bid vir ons land?

Ek is altyd so bang dat ons verval in gebede wat meer oor politiek en ras gaan, as wat dit oor die eer van God gaan. Verandering/versoening begin by mý...wat kan ék doen om Suid-Afrika die land te maak wat God wil hê dit moet wees? My gebed is dat alle mense in hierdie land God se lig sal sien. En hoe moeilik dit ookal vir ons is, moet ons bid vir die huidige leiers in die land...dat hulle ook Sy wil sal ken en uitvoer.

Ek, en ons almal hier wil graag 'n BAIE beter en Voorspoedige Suid-Afrika sien ...Sonder al die misdaad, korrupsie en wreedhede. So, kom ons bid vir ons land, kom ons vra vir God wat HY wil hê ons moet doen...en dat Sy wil sal geskied
2 jaar 5 maande 1 week 4 dae oud


gebed
AMEN, dankie Neels dat jy dit ook hier kom deel het... ek wil ook graag vir Vaalseun ditto oor die teksvers.. Ons Volk en Land moet op ons kniee kom anders is daar geen hoop nie
2 jaar 5 maande 1 week 4 dae 1 uur oud


Bid
Ek het sopas die epos ontvang en aangestuur. Vir God is ALLES moontlik en selfs maklik.
2 jaar 5 maande 1 week 4 dae 1 uur oud


Bid
Nadat ek jou artikel gelees het, het ek my Bybel oopgemaak. Die blaaie het oopgeval by hierdie gedeelte:
Eségiël 44:6,7.
En sê aan die wederstrewiges,aan die huis van Israel: So spreek die Here Here: Laat dit genoeg wees met al julle gruwels, o huis van Israel!
Omdat julle uitlanders ingebring het, onbesnedenes van hart, en onbesnedenes van vlees, om in my heiligdom te wees, om dit, My huis, te ontheilig; toe julle my brood, vet en bloed gebring, en hulle my verbond verbreek het by al julle gruwels.

Hiervoor moet ons smeek om vergifnis, dán kan ons bid om redding. Dankie Neels.
2 jaar 5 maande 1 week 4 dae 4 ure oud


Bid
Ek stem volhartig met jou saam, ek voel baie sterk daaroor maar so baie laat dit agter, net soos met Gelofte dag wat steeds vir my 'n Sondag bly en nie 'n om ander se agterente te soen nie. Beter eerder my bek hou. Ek waardeer jou skrywe baie.
2 jaar 5 maande 1 week 4 dae 8 ure oud


Bid
Dis dan 3:00 ons tyd ~ ek sal dit ook doen! Hier by ons is dit ook net so nodig ~ bg. vyand is 'n baie, baie erge bedreiging hier ook.
2 jaar 5 maande 1 week 4 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Hartsnare

deur Driekie Grobler

100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar