Artikels

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Geagte Afrikaans onderwysers

Die GHA en Aksie Vrouekrag loods ʼn opwindende opstelkompetisie in twee afdelings, nl: Graad 7 - 9 en Graad 10 – 12.

Kreatiewe skryfwerk is deel van die sillabus in albei hierdie fases en daarom doen ons ʼn vriendelike beroep op Afrikaans onderwysers om leerlinge die geleentheid te bied en aan te moedig om hierdie projek te ondersteun sonder dat dit te veel ekstra werk verg.

Dit bied ook ʼn ideale geleentheid vir belowende aspirant-skrywers omdat goeie opstelle gepubliseer gaan word en wenner-opstelle se skrywers groot pryse kan wen! Dit is dus ook goeie publisiteit vir u skool indien u leerlinge se opstelle in aanmerking kom vir publikasie en toekennings.

Die TWEE ONDERWERPE waaruit leerlinge kan kies is:
Die Slagtersnek rebellie (1815) en Afrikaans 90 (sedert 1925)

Leerlinge kan enige van die volgende ses opstelsoorte soos bepaal in die sillabus kies. U as onderwyser kan ook dieselfde tipe opstel vir ʼn graadgroep gee as opdrag, bv. ʼn Bespiegelende opstel en dan die leerlinge wat goeie opstelle geskryf het motiveer om in te skryf vir die kompetisie.

Tipe opstelle:
Verhalende opstel
Beskrywende opstel
Feitelik / verklarende opstel
Betogende opstel
Beredenerende opstel
Bespiegelende opstel

Leerlinge mag ook meer as een opstel inskryf, met ʼn maksimum van drie inskrywings per leerling.

Dit is baie belangrik dat leerlinge navorsing moet doen oor die onderwerp wat gekies word, selfs al skryf hy/sy ʼn eie kreatiewe verhaal, want dit moet handel oor die gekose onderwerp. So behoort die leerlinge ook meer te wete te kom oor hierdie twee belangrike gebeurtenisse of tydgrepe in ons geskiedenis.

Die werklike geskiedkundige gebeure moet dus op ʼn nuwe kreatiewe manier in ag geneem / verwerk / vertel / bevraagteken / daaroor bespiegel / beredeneer of beskryf word, sonder om plagiaat te pleeg. Dit moet dus die leerling se eie werk wees. Bronne moet op gepaste wyse erken word.

Lengtebeperking:
Gr. 7 – 9      350 – 400 woorde
Gr. 10 – 12      450 – 500 woorde

Formaat: Opstelle moet elektronies ingestuur word.
Gebruik Arial, lettertipe 12.

Opstelle moet reeds geproeflees wees wanneer dit ingestuur word vir beoordeling. Die leerling tik dus sy/haar opstel oor nadat dit deeglik nagesien is deur die onderwyseres. Spel- en taalfoute of tikfoute word streng gepenaliseer tydens beoordeling.

BYKOMENDE VEREISTES:

Die opstel moet prikkelend, motiverend en interessant wees!

Prikkelend: Dit wat hy/sy skryf moet mense se belangstelling
prikkel in dit wat gebeur. Dit moet ook raak en treffend wees.

Motiverend:      Die inhoud van die opstel moet die leser moed gee, positief
            stem, aanmoedig, aktiveer om iets omtrent ʼn probleem te
doen. Dit moet dus NIE NET NEGATIEF WEES NIE.

Interessant:      Die inhoud, invalshoek, aanbiedingstyl moet lesers se belangstelling gaande maak, hulle aandag trek. Die opstel moet dus boeiend / belangwekkend / onderhoudend wees.

Al drie hierdie vereistes gaan ʼn rol speel in die beoordeling; maak nie
saak watter tipe opstel hy/sy kies nie.

Sluitingsdatum vir die kompetisie: 31 Mei 2015

Baie dankie byvoorbaat vir u bereidwilligheid om hierdie grootse projek
te ondersteun ter wille van die behoud van ons taal en kultuurhistoriese
erfenis.

Ons sien uit om u leerlinge se werk te ontvang.

* * *

Kreatiewe Skryfkompetisie 2015 vir Junior Leerders

Graad 7 - 9

Reëls:

1.       Hierdie inskrywingsvorm moet volledig voltooi word en tesame met jou opstel(le), die GHA/Aksie Vrouekrag voor of op die sluitingsdatum van die kompetisie, naamlik 31 Mei 2015, bereik.
2.      Inskrywings kan per gewone pos of e-pos gestuur word.
3.      Letterstyl: Arial 12 punt. Spasie 1.5. Lengte van opstel: 350 - 400 woorde.
4.      ‘n Kort lewenskets waarin jy sê waar jy gebore is, waar jy skoolgaan, wat jou belangstellings is en wat jy eendag wil word, ensovoorts, asook ‘n onlangse mooi foto (swart en wit, poskaartgrootte of 2mb) van jouself EN ‘n laserplaat (met jou naam op - indien inskrywing per gewone pos is) met die opstelle in WORD-formaat op, moet jou inskrywingsvorm vergesel.
5.      Enige van die opsteltipes mag gebruik word: Verhalende, Beskrywende, Feitelike/Verklarende, Betogende, Beredenerende en Bespiegelende opstel. Opstelle moet in algemeen beskaafde Afrikaans wees. Opstelle wat laster en/of onwelvoeglike taal bevat, sal nie aanvaar word vir beoordeling nie.
6.      Inskrywingsgeld: R20 vir elke opstel ingeskryf. Slegs drie opstelle per skrywer word toegelaat.
7.      Slegs oorspronklike opstelle van deelnemers mag ingeskryf word.
8.      Die GHA-hoofkantoor administreer die kompetisie. Inskrywingsgeld moet in die bankrekening (besonderhede hieronder) inbetaal word. Die inbetaalstrokie moet tesame met u inskrywingsvorm en opstelle aan die onderstaande adres gepos word.
9.      Beoordeling is finaal en geen briefwisseling sal gevoer word nie.
10.      Die beste gedigte wat aan die beoordelaars se standaarde voldoen, sal in die publikasie, Die Wonder van Afrikaans II gepubliseer word. Om hierdie rede gee deelnemers toestemming aan Aksie Vrouekrag om enige opstelle wat vir hierdie kompetisie ingeskryf is te mag gebruik in bogemelde publikasie asook toekomstige publikasies hetsy elektronies of andersins.
11.      Pryse: Algehele Wenner R1000, Naaswenner R500, 12 = Tipe opstel(6) x Onderwerp(2) pryse van R150 elk, asook 50 Slagtersnek Rebellie 1815 medaljes kan gewen word. Die organiseerders behou egter die reg voor om, indien daar na hulle mening te min inskrywings in ’n kategorie is of as die standaard nie hoog genoeg is nie, nie ’n wenner in die spesifieke kategorie aan te wys nie.
12.      Die bekendstelling van die publikasie, die bekendmaking van die wenners en die oorhandiging van die pryse sal tydens ‘n glansgeleentheid te Pretoria op 17 Oktober 2015 geskied.
13.      Geen opstelle waarop reeds kopie- of enige ander regte deur enige buitestaander behou word, mag sonder skriftelike toestemming van sodanige party ingeskryf word nie.
14.      Deelnemers aan hierdie kompetisie en/of hulle ouers/voogde vrywaar Aksie Vrouekrag / GHA van enige eise of ongeopenbaarde aansprake van enige aard wat mag ontstaan uit deelname aan hierdie kompetisie.

Posadres: Kreatiewe Skryfkompetisie,
Posbus 25119, Gezina, 0031
Tel: 012 335 3321, Faks: 086 693 2416
Vonkadres: skryf@afrikaans.org.za
Bankbesonderhede: Aksie Vrouekrag, Bank: ENB, Rekeningnommer: 7411 5189 033,
Taknaam: Germiston, Taknommer: 252 155
Verwysing: Jou naam en skoolnaam
WEBWERF: www.afrikaans.org.za

Onderwerpe om van te kies:

(KIES asseblief JOU EIE TITEL VIR JOU OPSTEL.)

(a) Die Slagternek rebellie (1815) (b) Afrikaans 90 (sedert 1925)

* * *
Kreatiewe Skryfkompetisie 2015 vir Senior Leerders

Graad 10 - 12

Reëls:

1.       Hierdie inskrywingsvorm moet volledig voltooi word en tesame met jou opstel(le), die GHA/Aksie Vrouekrag voor of op die sluitingsdatum van die kompetisie, naamlik 31 Mei 2015, bereik.
2.      Inskrywings kan per gewone pos of e-pos gestuur word.
3.      Letterstyl: Arial 12 punt. Spasie 1.5. Lengte van opstel: 450 - 500 woorde.
4.      ‘n Kort lewenskets waarin jy sê waar jy gebore is, waar jy skoolgaan, wat jou belangstellings is en wat jy eendag wil word, ensovoorts, asook ‘n onlangse mooi foto (swart en wit, poskaartgrootte of 2mb) van jouself EN ‘n laserplaat (met jou naam op - indien inskrywing per gewone pos is) met die opstelle in WORD-formaat op, moet jou inskrywingsvorm vergesel.
5.      Enige van die opsteltipes mag gebruik word: Verhalende, Beskrywende, Feitelike/Verklarende, Betogende, Beredenerende en Bespiegelende opstel. Opstelle moet in algemeen beskaafde Afrikaans wees. Opstelle wat laster en/of onwelvoeglike taal bevat, sal nie aanvaar word vir beoordeling nie.
6.      Inskrywingsgeld: R20 vir elke opstel ingeskryf. Slegs drie opstelle per skrywer word toegelaat.
7.      Slegs oorspronklike opstelle van deelnemers mag ingeskryf word.
8.      Die GHA-hoofkantoor administreer die kompetisie. Inskrywingsgeld moet in die bankrekening (besonderhede hieronder) inbetaal word. Die inbetaalstrokie moet tesame met u inskrywingsvorm en opstelle aan die onderstaande adres gepos word.
9.      Beoordeling is finaal en geen briefwisseling sal gevoer word nie.
10.      Die beste gedigte wat aan die beoordelaars se standaarde voldoen, sal in die publikasie, Die Wonder van Afrikaans II gepubliseer word. Om hierdie rede gee deelnemers toestemming aan Aksie Vrouekrag om enige opstelle wat vir hierdie kompetisie ingeskryf is te mag gebruik in bogemelde publikasie asook toekomstige publikasies hetsy elektronies of andersins.
11.      Pryse: Algehele Wenner R2000, Naaswenner R1000, 12 = Tipe opstel(6) x Onderwerp(2) pryse van R250 elk, asook 50 Slagtersnek Rebellie 1815 medaljes kan gewen word. Die organiseerders behou egter die reg voor om, indien daar na hulle mening te min inskrywings in ’n kategorie is of as die standaard nie hoog genoeg is nie, nie ’n wenner in die spesifieke kategorie aan te wys nie.
12.      Die bekendstelling van die publikasie, die bekendmaking van die wenners en die oorhandiging van die pryse sal tydens ‘n glansgeleentheid te Pretoria op 17 Oktober 2015 geskied.
13.      Geen opstelle waarop reeds kopie- of enige ander regte deur enige buitestaander behou word, mag sonder skriftelike toestemming van sodanige party ingeskryf word nie.
14.      Deelnemers aan hierdie kompetisie en/of hulle ouers/voogde vrywaar Aksie Vrouekrag / GHA van enige eise of ongeopenbaarde aansprake van enige aard wat mag ontstaan uit deelname aan hierdie kompetisie.

Posadres: Kreatiewe Skryfkompetisie,
Posbus 25119, Gezina, 0031
Tel: 012 335 3321, Faks: 086 693 2416
Vonkadres: skryf@afrikaans.org.za
Bankbesonderhede: Aksie Vrouekrag, Bank: ENB, Rekeningnommer: 7411 5189 033,
Taknaam: Germiston, Taknommer: 252 155
Verwysing: Jou naam en skoolnaam
WEBWERF: www.afrikaans.org.za

Onderwerpe om van te kies:

(KIES asseblief JOU EIE TITEL VIR JOU OPSTEL.)

(a) Die Slagternek rebellie (1815) (b) Afrikaans 90 (sedert 1925)

* * *

Slagtersnekrebellie
deur Dan Roodt
Inleiding
Tans is die inligting wat daar oor Slagtersnek in geskiedenisboeke en op die internet beskikbaar is, taamlik karig. Daarom deel ek graag die volgende feitelike gegewens met kursusgangers.
In September 1812 het die tweede rondgaande hof Kaapstad verlaat om ongeveer ' n duisend klagtes teen boere op die platteland wat kwansuis gruweldade teen hul werkers en Hottentotte in die algemeen gepleeg het, aan te hoor. Die oorgrootte klagtes was vals of infame leuens en niemand is skuldig bevind nie. Die hof wat in die volksmond as die „Swarte Ommegang“ bekendgestaan het, het egter agterdog teenoor die Britse bewind by Afrikaners veroorsaak.
In 1813 ontstaan ' n dispuut tussen ' n grensboer, Frederik Cornelis Bezuidenhout, en sy Hottentotskaapwagter, Booi. Aanvanklik laat Booi 21 van Bezuidenhout se skape wegraak. As gevolg daarvan het Bezuidenhout besluit om Booi nie sy volle loon te betaal nie. In April 1813 lê Booi ' n klagteen Bezuidenhout by Andries Stockenström, die viselanddros van Cradock. Bezuidenhout kan nie self van sy plaas af weg nie en beantwoord dus die dagvaarding per brief, wat so deur die landdros aanvaar word. Stockenström bemiddel agterna tussen Bezuidenhout en Booi, waarna Booi sy dienste by Bezuidenhout hervat.
Twee maande daarna lê Booi egter nog 'n klag teen Bezuidenhout. Weereens word die saak besleg sonder dat Bezuidenhout verskyn. Dog tussen April 1813 en September 1815 maak Booi nie minder nie as agt klagtes teen Bezuidenhout aanhangig nie. Bezuidenhout het naderhand geïrriteerd geraak en het geweier om hof toe te gaan. Toe hy die agtste keer nie verskyn nie, is hy tot 'n maand tronkstraf weens minagting van die hof veroordeel.
Hierna stuur die Britse owerheid ' n aantal „pandoere“ - gewapende Hottentot- of kleurlingsoldate - onder aanvoering van Londt en luitenant Rossouw om Bezuidenhout in hegtenis te neem. Bezuidenhout het hom egter met wapengeweld hierteen verset en saam met sy seun, Jacob Erasmus en ' n Hottentot genaamd hans in ' n grot naby sy huis gaan skuil van waar hy op die pandoermag teruggevuur het. Frederik Bezuidenhout is noodlottig deur ' n pandoersersant, Joseph, getref terwyl Erasmus en Hans gevang en voor die hof in Graaff-Reinet moes teregstaan. Erasmus word vrygespreek terwyl Hans lyfstraf en drie maande tronkstraf ontvang.
Hier sou die treurspel geëindig het. Maar op die begrafnis van sy broer Frederik, sweer Johannes Bezuidenhout wraak teen luitenant Rossouw, asook 'n veldkornet Opperman wat volgens hom die doodskiet van sy broer kon verhoed het. Sy buurman, Hendrik Prinsloo, het ook baie beswaard oor die voorval gevoel en saam het die twee daarvan begin praat dat hulle die Engelse terug in die see wou jaag. Bezuidenhout het ook sy swaer, Cornelis Faber, gestuur om met die Xhosa-hoofman Gaika te gaan praat om ook sy steun vir die plan te werf. Gaika het hom nie verbind nie, maar bloot belowe om met Ndlambe en ander kapteins te praat.
Ongeveer 60 boere het in opstand gekom, maar is deur landdros Stockenström oorreed om hul plan te laat vaar. Hendrik Prinsloo is egter deur 'n mag van 70 pandoers en Britse soldate in hegtenis geneem terwyl Johannes Bezuidenhout tot die dood toe teruggeveg het. Sy vrou en veertienjarige seun is gewond.
Lord Charles Somerset wou van die rebelle ' n voorbeeld maak om die Britse gesag in die Kaap te vestig en het daarom daarop aangedring dat hulle die doodstraf vir hoogverraad moes kry. ' n Spesiale hof of „kommissie“ bestaande uit P. Diemel en W. Hiddingh as regters en G.B. van Blokland as sekretaris is aangestel om hulle te verhoor. Kolonel Cuyler was die aanklaer.
Die hof het beveel dat ses mans die doodstraf moes kry. H.F. Prinsloo, S.C. Bothma, Theunis de Klerk, A.C. Bothma, Cornelius Faber en W.F. Kruger sou opgehang word. Die eerste vyf moes onder die galg begrawe word, terwyl Kruger se familie toegelaat sou word om hom elders te begrawe. Van die ander rebelle is uit die land verban. Een van hulle, Frans Marais, moes tydens die teregstelling met 'n tou om sy nek staan en kyk, waarna hy vanuit die Kaap verban sou word.
Sewentien van die 39 grensboere wat aangekla is, het allerlei soorte vonnisse soos tronkstraf, boete en ballingskap ontvang.
Deur bemiddeling van kolonel Cuyler is W.F. Kruger begenadig, dus moes slegs vyf opgehang word.
Die teregstelling het op 9 Maart 1816 te Van Aardtspos op Slagtersnek plaasgevind. Ds. Herold van George het 'n laaste keer vir die veroordeeldes gebid. Die beul vanaf George het egter slegs genoeg tou vir die hang van een persoon gebring en moes tou vir die ander vier leen. Al vier die geleende toue het gebreek en onder die omstanders het dit 'n opskudding veroorsaak aangesien hulle gemeen het dat God 'n boodskap gestuur het dat hulle begenadig moes word. Die skare Afrikaners het kolonel Cuyler om genade gesmeek, maar hy het onverbiddelik voortgegaan om Somerset se bevele te gehoorsaam aangesien die goewerneur self die doodsvonnisse bekragtig het. Die mans is daarna weer 'n keer opgehang.
Besprekingspunte
Tweede Britse Besetting: Koms van Engelse na Suid-Afrika
Swarte Ommegang.
Verhaal van Slagtersnek
Gevolge van Slagtersnek: Groot Trek, ens.

Wenke:
Wat maak ‘n verhaal interessant?
Verteller
Hantering van tyd
Intrige
Styl
Idee of filosofie

* * *

Afrikaans 90
deur Dan Roodt
Inleiding
Herkoms van Afrikaans: dit was was eens ‘n koninklike en handelstaal in Europa
Dis nogal opvallend watter prominente rol Nederlanders, maar ook deesdae taalkundiges van die Potchefstroomkampus van die NWU, speel om die “kombuistaalteorie” van Afrikaans te bevorder! Eers was daar Valkhoff wat met sy boekie New light on Afrikaans and Malayo-Portuguese in die sewentigerjare die eerste skoot geskiet het. Toe ene Hans den Besten wat insgelyks beweer het dat die struktuur en woordeskat van Afrikaans aan Maleis en Koikoi ontleen is.
Alles dui egter daarop dat Afrikaans oor baie eeue heen “suiwer” gebly het, asook dat die taal eens ‘n hoë status as handels-, regs- en hoftaal in Noord-Europa geniet het.
Die geskrewe tradisie van Afrikaans is min of meer 800 jaar oud. Hoewel daar vandag na ons taal wat in die Middeleeue gepraat is as “Middelnederlands” verwys word, moet ons onthou dat nóg die staat Nederland nóg die taal “Nederlands” destyds bestaan het. Daarom het ons Middeleeuse digteres en briefskryfster Hadewijch die volgende in ‘n brief geskryf sonder om veel te wonder wat haar taal genoem word:
“Maer die rechte gheloeveghe hi sal weten dat die goetheit sijns liefs meerre es dan sijn sneven.”
In moderne Afrikaans lui dit so: “Maar die regte gelowige hy sal weet dat die goedheid van sy liefde meer is as sy dood.” Ons kan onmiddellik aflei dat “sneven” iets met doodgaan of sterf te make het. Trouens, die woord “sneef” as sinoniem vir “sneuwel” bestaan steeds in moderne Afrikaans en kan in die HAT opgekyk word.
Hadewijch het in die Hertogdom van Brabant gewoon wat dele van teenswoordige België en Nederland ingesluit het; vandaar die benaming “Brabants” wat aan die taal van daardie streek gegee is. As ons egter verby die verskille in spelling kyk, kan ons sien hoe min ons taal oor 800 jaar verander het!
Trouens, min ander tale ter wêreld kan hulle daarop roem dat hulle oor soveel eeue hul “reinheid, sterkte en hoogheid” behou het. Laasgenoemde drie terme verteenwoordig die opdrag van die Sweedse Akademie wat die wêreldberoemde Nobelpryse uitdeel, om die “Sweedse taal se reinheid, sterkte en hoogheid” (Svenska språkets renhet, styrka och höghet) te handhaaf.
Soortgelyk aan die verskille in spelling tussen Hadewijch se Middeleeuse Brabants en Afrikaans, verskil die Sweedse spelling ook van Afrikaans, maar ons kan sien dat al drie woorde (reinheid, sterkte en hoogheid) presies dieselfde is.
Ongeveer 95% van die woordeskat of leksikon van Afrikaans stem ooreen met dié van Nederlands, daarom is die twee tale onderling verstaanbaar. Afrikaans is egter geensins “vereenvoudigde Nederlands” nie. Vele Afrikaanse woorde kom ooreen met terme in Duits en die Skandinawiese tale, soos ons so pas vanuit die Sweedse voorbeeld kon aflei. Meer nog: Hoewel die eerste taalbeweging Afrikaans ter ere van ons vasteland vernoem het, kon ons dit ewe seer “Eurokaans” of “Nederduits” genoem het, want min mense besef watter merkwaardige ooreenkomste daar tussen die grammatika, idiome en woordeskat van verskeie Nederduitse dialekte en dié van Afrikaans bestaan.
Die woordjie “vir” wat ons aanmekaar gebruik, is afkomstig uit die Holsteinse dialek van Nederduits waar hulle dit “ver” spel (die Nederlanders sê “voor” en in Hoogduits is dit “für”). Net so bestaan die term “dörnat” in Holsteins (“deurnat” in Afrikaans), terwyl Hoogduits “durchnaß” gebruik.
Waarom staan die NG Kerk van Afrikaners as die “Nederduitse Gereformeerde Kerk” bekend en nie as die “Nederlandse Kerk” nie? Waarskynlik het die kerkvaders in die sewentiende eeu gevoel dat “Nederduits” ‘n beter beskrywing van die oorsprong van hul lidmate was as bloot “Nederlands”. Die Duitse dialek wat in die noordoostelike hoek van Duitsland, die deelstaat Mecklenburg-Voorpommere, asook die eiland Rügen, gepraat word, toon juis die grootste ooreenkomste met Afrikaans.
Op die Noord-Duitse eiland Rügen word selfs die beroemde Afrikaanse dubbele ontkenning aangetref! Die ongelukkige is egter dat die Nederduitse dialekte van Noord-Duitsland met hul fassinerende sleutels tot die herkoms van Afrikaans as gevolg van die tweede wêreldoorlog grotendeels uitgesterf het. Ongeveer driemiljoen mense praat nog Nederduitse dialekte, vergeleke met honderdmiljoen wat Hoogduits, die taal van die Suide, magtig is.
Daarom verteenwoordig Afrikaans nie net die taal van byna 400 jaar se geskiedenis in Suid-Afrika nie, maar ook ‘n voorafgaande 300 jaar se Europese geskiedenis toe Nederduits die lingua franca en handelstaal van die Hansa-stede was. Nederduits of dan Proto-Afrikaans, is in die 1300s reeds as regstaal deur die Deense konings gebruik. Tot en met die uitbraak van die vernietigende dertigjarige oorlog in Noord-Europa (1618-1648), was Nederduits ‘n groter taal as Engels, Frans, Russies of Spaans, tale wat vandag as wêreldtale gereken word.
Afgesien van J. du P. Scholtz en Edith Raidt, was daar oor die afgelope aantal dekades feitlik geen taalkundiges met insig in die verwikkelde Europese herkoms van Afrikaans nie. Boonop het hulle hul navorsing verrig in die tyd voor die internet toe al die inligting oor die Noord-Europese dialekte nie so geredelik soos vandag beskikbaar was nie. Die woord “mooi” word in die Hamburgse dialek gebruik (terwyl in Hoogduits “schön” gangbaar is) en selfs in ‘n intensiewe vorm as “mooi-mooi”.
Sulke herhalings (“plek-plek”, “gou-gou”, ens.) noem taalkundiges “reduplikasie”. Dit is een van die elemente van Afrikaans wat die kreoliste aanvoer om te beweer dat Afrikaans ‘n kreoolse taal is, wat so ‘n neiging vanweë “taalkontak” met Khoisan, Xhosa, Maleis, Portugees of wat ook al ontwikkel het. Dít terwyl die V.O.C. sy amptenare verbied het om inheemse tale aan te leer! Intussen is reduplikasie ‘n algemene verskynsel en is daar ‘n Kanadese taalkundige aan ‘n Amerikaanse universiteit wat voorbeelde van regoor die wêreld versamel. Veral in Nederduits en die Skandinawiese tale wemel dit van reduplikasie. Die Sweedse woord vir “ouma” is “mormor”, letterlik “moedermoeder”.
Weens Afrikaans se “eenvoudige” grammatika, vergeleke met Nederlands en Duits, word daar ook aangevoer dat dit ‘n teken van kreolisme sou wees. Weereens is die grammatika van Sweeds feitlik ewe eenvoudig as dié van Afrikaans, ‘n Noord-Europese taal wat nooit in kontak met Afrika of Maleisië was nie, maar wel met Nederduits (ook Platduits genoem), wat die groot aantal Afrikaans-Nederlandse woorde in Sweeds verklaar.
Sover ek weet, is geen fonologiese studie nog onderneem om presies vas te stel hoe Afrikaans in die Noorde van Europa in die ou Hanse-handelsgebied inpas nie. Afrikaans val heelwat sagter op die oor as Nederlands of Hoogduits, sonder ‘n geleende Franse “R” vanuit die keel en klink daarom meer soos Nederduits of Sweeds.
Nog ‘n opvallende verskil tussen Nederlands en Afrikaans is die woord “baie” wat ons gedurig gebruik en wat glo uit Maleis afkomstig is. Die Hollanders sê “zeer” en “veel”. Dis een van die trofeë in die kreolis se ornamentekas. Ongelukkig vir kreoliste het ‘n redelik onlangse PhD-proefskrif in die VSA, Apperception and Linguistic Contact between German and Afrikaans (2011) bewys dat twee soortgelyke woorde in sowel sewentiende-eeuse Nederlands as Nederduits bestaan het. Daarom het die Afrikaanse woord deur appersepsie – en nie soseer ontlening nie – onmiddellik aan die Kaap inslag gevind.
Daar is geen faset van die Kreoolsteorie wat nie in een of twee akademiese artikels met verwysing na Nederduits of sewentiende-eeuse Nederlands vermorsel kan word nie. Want Afrikaans verteenwoordig ‘n samesmelting van Noord-Europese dialekte wat langsaam oor honderde jare plaasgevind het.

As sodanig is Afrikaans ‘n kleinood vir sowel Suid-Afrika as Europa. Gegewe die afgang van Nederduits, veral ná die tweede wêreldoorlog toe sprekers van Noord-Duitse dialekte deureenvermeng is, verteenwoordig Standaardafrikaans vandag ‘n lewende monument aan daardie verskeidenheid dialekte wat in die provinsies van die Lae Lande, maar ook die prinsdomme en stede van Noord-Duitsland, gepraat is.
Afrikaans is nóg ‘n “gemorstaal” soos die Potchefstroomse dosent Hans du Plessis in 2006 daarna verwys het, nóg ‘n “bastertaal” soos die nie-taalkundige Breyten Breytenbach in 1973 tydens sy marxistiese fase kwytgeraak het. Veel eerder is dit ‘n taal wat na vorm en struktuur veel suiwerder as Engels of vele ander Europese kultuurtale gebly het.
Nie verniet nie het die Australiese taalkundige en self ‘n kenner van Germaanse tale, Bruce Donaldson, opgemerk:
Because of a perceived threat to the separate identity of Afrikaners vis-à-vis their English-speaking compatriots, there is a longstanding fear of those international loanwords with cognate forms in English such that they are now regarded as dispensable anglicisms with preference being given to indigenous synonyms. This phenomenon has lead to an overall impression of the vocabulary of Afrikaans being more Germanic than that of Dutch. Many ingenious neologisms, but above all loan translations from English, further contribute to the overall puristic impression of the vocabulary, lugreëling ‘air conditioning’, rekenariseer ‘to computerize’, toebroodjie ‘sandwich'; droogskoonmaak ‘dry cleaning’, muurpapier ‘wall paper’, paneelklopper ‘panel beater’. (König, E., red. The Germanic languages, bl. 503)
Die feit dat Afrikaans vandag onder uiters negatiewe politieke omstandighede en die oorheersing van ‘n Engelse staatstaal oorleef, getuig verder van sy adellike grootsheid wat van die 1300s tot vandag toe voortleef en nog wag om deur skrywers en veral taalkundiges ontdek te word.






Meer praktiese wenke
1.      Beskouende opstel:
a.      fokus op die opkoms van Afrikaans en die taal se prestasies.
b.      Fokus op die probleme wat Afrikaans moes oorkom, Jaap Steyn se Tuiste in eie taal.
c.      Fokus op die huidige probleme van Afrikaans: verlies aan taalstatus, instellings, diskriminasie deur die owerheid, verengelsing van baie Afrikaners, ook deur emigrasie.
2.      Betoog:
d.      Vir taalgelykheid, taalregte, meer owerheids- of privaat steun vir Afrikaans.
e.      Teen ongelyke behandeling en taaldiskriminasie.
f.      Ten gunste van moedertaalonderrig en behoud van eie taal en kultuur.
3.      Skeppende opstel:
4.      Enige van die dramatiese oomblikke in die geskiedenis van Afrikaans oor die afgelope 90 jaar kan skeppend voorgestel word, bv.
5.      die aankonding van Afrikaans as amptelike taal in 1925;
6.      die Afrikaanse polisiemanne wat in die dertigerjare begin het om Afrikaanse verklarings af te neem;
7.      asook die meer onlangse betogings en taalstryde wat daar sedert 1994 gevoer is.






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    DVD-reeks, HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM

    deur Christo Nel

    Hoe hoor ek die Here se stem? Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hiedie DVD-toerustingskursus gebruik Christo Nel 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar