Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Petalje in die bank


Ons almal ken die storie van die einde van die maand se rye in die banke.

Ons almal staan in die ry en wag slegs twee tellers is agter die glas gordyn en daar staan so twintig mense in die ry en wag die tyd loop uit en daar is nog soveel om te doen. Die een personeel lid is klaar met 'n klant en daar verskyn die bordjie 'GEBRUIK VOLGENDE TELLER ASB' dan voel dit of iets knak in jou. Hoe kan sy so iets doen, daar is dan nog so baie mense wat wag? Jy staan nog en wag dan begin twee mense een voor en een agter jou gesels jy hoor die hele gesprek.

Die een voor vertel van Daantjie in die kaller hok en die een agter vertel van hoe sy gehelp het met die vis skoon maak , nie net bo langs nie maar in detail van die gal blaas tot die lug blasie uit haal. Dan gaan dit weer na die troue van verlangs familie wat so slegte kos gehad het dat almal siek geword het daarvan.

Dan skielik kom die vraag wat dink jy, wat in die middel staan, van ons huidige situasie in die land met die minusipaletyd wat die dorp so vuil los en net nie iets wil doen aan die rommel wat rond lê nie. Wat maak dit saak wat ek dink want ek ken nie die mense nie en ek will ook nie vir hulle vertel nie want net nou beskinder hulle my ook soos die troue se goed. Maar ons is te beleefd en antwoord dan maar net so bolangs, om ons self nie teveel te openbaar nie. Die volgende vraag lê op jou lippe, hoekom pla dit die mense wat jy dink? As jy voor jou kyk dan sien jy die dame voor jou het nie beweeg nie en daar glip iemand anders voor haar in. Jy is op die daad kwaad want as sy voor haar gekyk het en stil gebly het was dit nou al jou beurt by die teller. Jy is opgeruk dat jou hemp span, die are rys in jou nek jy word rooi in die gesig. Dan gebeur die ondenkbare…….

Die enigste teller vat 'n papiertjie en gaan uit haar hokkie, nou is daar geen taller, jy kyk op jou horlosie en sien 20 min is verby, tyd gemors. Jy wag, nog 5 min gaan verby dit voel soos ewigheid. Daar kom die teller weer terug iemand volg haar en sowaar sy skyf by die volgende oop hokkie in. Jy dink by jouself nou sal dit weer vinniger gaan. Die twee dames klets nog voort. Weer 'n spasie, jy staan nader aan die dame voor jou om haar te laat verstaan om aan teskuif. Sy kyk jou in die oë en sê "haai ek hou van my persoonlike ruimte". Jy strip jou m**r en sê vir haar dat sy moet vorentoe staan. Jy word uit gekryt as 'n belhammel en onbeskofte buffel. Die sekuritydswag staan nader om te hoor wat is fout.

Jy vertel jou weergawe van die spul, die dames smee 'n komplot teen jou en sê iets helemal anders. Jy word gevra om die dames met rus telaat en hulle die ruimte te gee wat hulle vra. Jy besluit om maar stil te bly en "mind jour own thing" houding in te neem. Die twee begin weer klets en siedaar die ry word korter die dame voor jou gaan na die teller. "yes" nou is ek ontslae van haar. Die een agter jou begin seker skuldig voel en vrae verskoning maar jy speel "hard to get". Piep-piep skree die flits bord dit is jou beurt. Jy loop verby die eerste dame en hoor hoe sy die teller vertel van die ongeskikte ou in die ry.

Jy kyk vir die teller en sy glimlag net vir jou terug. Jy voel beter iemand is darem aan jou kant. Jy is eerste klaar en loop met jou neus in die lug weg. Jy kom buite en koel af kry jou maat en vertel die hele storie. Wat gebeur die volgende is nie baie interesant nie want jou maat groet die dame wat jou so uitgeskel het en die twee is toe kennise. Wel ek sê maar niks verder nie want ek is nie lus vir 'n woordewisseling nie




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Susanna Maria Magdalena

deur Lorelei

Die lewensverhaal van n jongvrou wat gedryf word deur Stemme in haarself. Haar soeke na haarself en God asook n stryd tussen Lig en Duisternis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar