Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Piramiedtekste is die oudste geskrewe versameling religieuse spreuke uit Ou Egipte.
Die eerste koning wat die tekste op die wande van die grafkamer van sy piramiede laat graveer het was Unas, die laatste koning van die 5e Dinastie (ca. 2350 v.C.). Onder Pepi II word die Piramiedtekste eweneens in die piramides van koninginne gegraveer. Teen die einde van die Ou Ryk word die tekste eweneens in die grafkamers van hoë amptenare gebruik, wat daarop wys dat die tekste nie meer alleen voorbehoud was aan die koning nie. Die feit dat die amptenare hulself voorregte toeken wat eers alleen vir die konings geld, wys daarop dat die mag van die koning afneem en dat die hoë amptenare hulself steeds meer onafhanklikheid toeken (cf. 6de Dinastie van Egipte), wat uiteindelik lei tot die einde van die Ou Ryk en die begin van die Eerste tussen periode. Tydens die Middelryk word die tekste nie langer op die wande van die grafkamer aangebring nie, maar op die kis waarin die oorledene begrawe is. In die Nuwe Ryk word die Piramiedtekste nog steeds aangebring op kiste van hoë amptenare en konings. Selfs tot in die Laat periode word die tekste nog ingegraveer en op sarkofae aangebring.
Die groot piramiedes soos die Piramiede van Cheops bevat geen tekste nie.
Die tekste wat op plekke ook baie afbeeldings van sterre bevat is volgens sommige Egiptoloë deel van ʼn oeroue sterrekultus wat later deur ʼn sonkultus verdring is.
De eerste piramiedtekste is in 1881 gevind in die piramiede van Unas, Teti, Pepi I, Merenre en Pepi II. Dit is deur die broers Emile en Heinrich Brugsch ontdek. Die eerste uitgawe van die tekste kom van Kurth Sethe, wat alle formules genommer het. Die nommering loop tot en met 714. In 1925 is daar nuwe tekste gevind in die piramiede van Pepi II en sy koninginne Neith, Iput en Wedjebten. Hiermee kom die nommering te staan op 759.
Die Piramiedtekste, wat nie begelei is deur afbeeldinge nie, is in vertikale kolomme op die wande van die kamers in die piramiedes gegraveer. Dikwels is dit in die kleur groen of blou-groen beskilder, die kleur wat die simbool is vir regenerasie: mense wens die oorledene ʼn hernieude lewe in die hiernamaals toe. Die afsonderlike spreuke het geen titels nie maar word elk ingelei met die woorde 'djed medu' wat 'woorde te spreek' beteken, wat daarop sou kon dui dat hierdie tekste as ritueel by die begrafenis voorgedra is. Die volgorde van die spreuke is onduidelik, dit dui daarop dat die tekste wat gegraveer is uit ʼn groter corpus geselekteer is en met spesiale bedoelinge op bepaalde dele van die wande gegraveer is. Die algemene doel van die tekste was die verseker van ʼn voorspoedige reis van die koning na ʼn nuwe bestaan in ʼn hemelse Egipte en sy goeie ontvangs aldaar. Die gestorwe Farao word " ʼn Osiris = Orion" en sou as ster te midde van sy tot ster geworde voorgangers en die gode voortlewe. Die tekste gee die Farao kennis van die weg, die plek en die gevare wat hy sal teenkom. Die meeste tekste is ritueel van aard, en verwys na die Mondopeningseremonie en offerrituele, waarin die bring van offers soos olie, wierook, kleding, sierade, krone, ens. sentraal staan. Die taal waarin hierdie tekste geskryf is, is Oud-Egipties, ʼn vroeë vorm van die hiërogliefskrif. Baie hiëroglieftekens is half geskryf of vervorm weergegee uit vrees dat die tekens, bv. die van ʼn slang, skerpioen of seekoei, op magiese wyse tot lewe sou kom en die voortbestaan van die oorledene in die hiernamaals sou kon bedreig.
Piramiedtekste kan onderverdeel word in vyf kategorieë:
1. Dramatiese tekste: by die tekste gaan dit, soos die naam sê oor dramatiese gebeurtenisse, soos die Stryd tussen Horus en Set.
2. Gesange: verse en gebede met betrekking tot die gode.
3. Litanieë of wisselgebede: tekste wat opgebou is as verse en wat opsomminge en reekse met name wat verwys na sake met betrekking tot die gode.
4. Ophemeling: dit beslaan het grootste gedeelte van die piramiedtekste. Hierin word die reis na die hiernamaals beskryf.
5. Magiese tekste: spreuke wat die gees van die dode beskerm teen skepsels soos slange.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Baie interessant en insiggewend, dankie!
4 jaar 2 maande 1 week 5 dae 9 ure oud


Doen so voort
Nog n interresante skrywe deur jou
4 jaar 2 maande 1 week 5 dae 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Geweeg

deur Manie Jackson

Gedigte van skooldae af , die tyd toe ek geweeg is, tot ek getrou het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar