Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Suid Afrikaanse en buitelandse media se nuusdekking oor die "Zenofobiese" aanvalle op die onwettige immigrante in Suid Afrika het weke geduur en is wydveroordeel. Hoewel die aanvalle nie goedgepraat kan word nie, is die lewensverlies en ekonomiese impak t.o.v. die gebeure nie naastenby so geweldig soos die aanhoudende aanvalle op landbouers en hul gesinne deur die jare nie. Duisende landbouers het reeds hul lewens verloor. 'n Enkele boerdery eenheid wat 'n aanval beleef het veroorsaak nie net geweldige trauma, hartseer en lewensverlies vir die enkele gesin nie, maar raak en beinvloed lewens veel wyer as net die gesin. Plaaswerkers verloor dikwels hul inkomste wanneer hierdie plaas vir maande uit produksie geplaas word. Verder plaas dit verdere druk op voedselsekuriteit en kospryse in ons land. 'n Enkele boerdery eenheid wat maande buite produksie geplaas word kan 'n hele jaar se oes verloor wat meebring dat oor die totale land plaasaanvalle Suid Afrika miljoene tonne graan, vleis en melk produksie kos. Die verlies aan kundigheid weens plaasmoorde in onberekenbaar...

Bavarian Fleckvieh Genetics en die Simmentaler melkbelange groep veroordeel die plaasaanval verlede week op die 71 jarige Namibiese Simmentaler teler Mike Kraft en sy vrou Sabine wat vir ure lank gemartel is. Ook die sinnelose moord verlede week op mnr. Dirk Gildenhuys (46) van die plaas Witklip naby Malgas in die Suidwes Kaap ontlok woede en afgryse. Mnr Gildenhuys is verlede Donderdag naby die melkstal met 'n mes in die nek gesteek. Sy vrou Susan is ook met 'n mes gesteek. Die egpaar se 19 jarige dogter Sonja kon daarin slaag om te ontsnap en hulp te ontbied. Susan is in die Worcester Medi Kliniek opereer vir mes wonde in die gesig en maag. Die verdagte sal Dinsdag 17 Junie in die Swellendam-landdroshof verskyn.

Beide hierdie aanvalle ontlok reaksie vanuit Duitsland. In mnr Kraft se geval was die eerste oproep wat hy ontvang het die' van die Duitse ambasadeer in Namibia. Hierdie aanval is in die Duitse media goed gedek. Ook die aanval op Malgas het afgryse ontlok vanuit Duitsland. 'n Fleckvieh bul van Munchen Grub KI stasie is verlede jaar vernoem na Malgas en is die plekkie reeds goedbekend by Bavarian Fleckvieh Genetics en hul Duitse boere. Dr Thomas Grupp bestuurder van Bavarian Fleckvieh Genetics het hom as volg uitgespreek t.o.v. die plaasaanvalle: "I was shocked when I got the message. The time is ripe to act against all criminals in Africa....! We will support you but please be careful day and night. It might take a few years to overcome the existing illegal situation."

Dr Thomas Grupp het wye kontakte en invloede in Europa. Verskeie van sy artikels het reeds in publikasie in Duitsland verskyn en hy probeer daadwerklik die boere van Suid Afrika bystaan en ondersteun waar hy kan. Die vlg berig deur hom het 'enkele jare gelede in 'n Duitse publikasie verskyn asook in die Simmentaler Joernaal in Suid Afrika:

" Agriculture in South Africa is facing difficult times. The effects of the El Nino phenomenon are not yet forgotten - parts of the country are suffering from its disastrous consequences. However, that is not all. Marauding gangs are brutally attacking farmers in this vast country more and more frequently. Each one of the Simmentaler-cattle breeders present at the Simweek in Pretoria at the end of August can narrate an almost unbelievable "story". The fact that these are not fairy-tales is proved by the daily reports in the newspapers in all South African provinces.

While the western world was constantly informed of the developments in the "New South Africa" in Nelson Mandela's time of office, today no one in Europe or America is interested in the ongoing political events in South Africa or knows this other, ugly side of the country.
As a partner of the Simmentaler Society of Southern Africa we feel obliged to publish also these unpleasant truths and particularly to ask those persons in authority in our country Germany, and in the EU, whether there is any merit in allowing South Africa and Namibia to be swallowed by the lost continent of Africa."





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Plaasmoorde
Fleckvieh dankie tog, mens wonder soms of jy alleen dink wat jy dink.
So weer in die Rapport Sondag wat om nie te doen as jy aangeval word of jou huis besteel word. Ek word so kwaad dat ek sommige kere verdomp rooi sien. Moet ons nou sit dat jy verkrag, besteel en gemartel word? Dis altyd die ou storie, moenie die aanvallers teenstaan nie, doen wat hulle sê ens. ens. ens. Dis twak!! Verdedig jouself en jou kinders met alles wat jy het want in die meeste gevalle maak hulle jou in elk geval dood. Skiet jouself dan in die skouer en druk die wapen in die aanvaller se hande vir vingerafdrukke. Nee magtag, so kan dit nie aangaan nie. Van wanneer af het die monster, sot, imbisiel, regte. Asseblief. Hulle vertel al die snert omdat hulle weet van watter staal ons gemaak is. Ons is moeg om versigtig te wees, stil te bly en te laat begaan. Kyk hoe lyk ons land. Intussen moet jy die haatspraak aanhoor en niks doen nie. My oupa draai in sy graf om, gaan haal sy sanna en wag paraat want hy sou vir niks in hierdie wêreld stuit as dit by sy goed en gesin kom nie hoekom moet ons?
Ons kan ook gerus wees dat die buiteland niks aan ons saligheid gaan doen nie, hulle het nog nooit en sal nie want dit traak hulle nie.
11 jaar 7 maande 1 week 2 dae 21 ure oud


Dankie
Dankie vir nog 'n ware Boer soos jy, wat opstaan vir jou Volk. Elke woord wat jy hier skryf is waar!
11 jaar 7 maande 1 week 5 dae oud


Plaasmoorde
Blanke Xenophobie?
11 jaar 8 maande 6 dae oud


Plaasaanvalle
Dankie aan almal vir die kommentaar. Ek het geweldige reaksie van oor die land gekry oor hierdie artikel. Radio Pretoria het gister 'n onderhoud met my gehad asook Landbouweekblad het my geskakel vir toestemming om die artikel te publiseer. Ek stem saam ons moet ons kan verdedig. Ongelukkig as jy 'n aanvaller in jou eie huis dood word jy aangekla vir moord! Dit het onlangs weer gebeur waar 'n jongman 'n aanvaller deur sy kamerdeur dood geskiet het toe die aanvaller besig was om dit af te breek. Die polisie kla toe hom aan vir moord!!!


STATISTIEK

Oor die afgelope vyf jaar was die gemiddelde moordsyfer in SA 61 per 100 000.
Die internasionale syfer is minder as 10 per 100 000.
Die moordsyfer op SA boere was 274 per 100 000. (Syfers van Agri SA).
Duidelik is die boere moordsyfer uit pas met die ander syfers. Dit dui op 'n ernstige situasie wat spesifieke aandag verg.

11 jaar 8 maande 6 dae 8 ure oud


Plaasmoorde
Die geskiedenis herhaal homself.
In die verlede is die voortrekkers se laers ook aangeval deur hierdie roofbendes wat geplunder en gemoor het.
Die tyd het aangebreek dat elke boer en ook die publiek in die algemeen, met sy hand op die wapen moet loop, en leef, en slaap. Jy moet skiet om te dood want hulle kom om jou uit te moor. Hulle het die toestemming van hooggeplaaste politici wat hulle gedurende openbare toesprake opsweep met die woorde "kill the boer kill the farmer"! NEEM DIE WAPEN OP EN VERDEDIG JOU EN JOU GELIEFDES!!!
11 jaar 8 maande 6 dae 20 ure oud


Dieper euwels
Plaasmoorde is nie waar dit stop nie. Die ANC is sedert 1998 aktief besig om afrikaanse politieke ekstremiste te teiken en uit die samelewing te verwyder.

My vriend en leier van die JVO en SDP is nou al agt keer in 'n gestig opgesluit terwyl hy weinig makeer. Hy is onder seksie 34, verpligte behandeling so deur pro regering dokters verniel dat hy vir langer as ses maaande sy motoriese vermoens verloor het na geforseerde en hadhandige toediening van medikasie wat hy nie nodig het nie. Dit terwyl hy 'n marathon kon voltooi en 'n uur lank kon swem voor hy sonder rede gearresteer is. Hy het nooit voor 'n regter of magistraat verskyn nie, en is toegang tot 'n prokureur geweier vir byna twee jaar.

Al wat hy makeer is dat hy die geldigheid van die verkiesingskomisie se verpligting van R 200 000 om aan die verkiesing deel te neem bevraagteken het as onkonstitioneel en diskriminerend teen die wat dit nie kan bekostig nie.

Hy het gesê dat geen werklikke oposisie hul teenstanders sal betaal nie en nog minder geld van hulle sal aanvaar soos die komplot waarin die DP hulle bevind nie, synde hulle salarisse deur die regering betaal word.

Hy is sedert die toespraak op Stellenbosch uitgekryt as geestelik versteurd, 'n plakker op die kampus, en word deurv die ANC beheerde media as persona non grata beskou





11 jaar 8 maande 1 week 3 ure oud


Plaasmoordeversus Zenofobie
Hierdie is baie hartseer wat gebeur. Niemand kan goedpraat wat besig is om te gebeur nie.
11 jaar 8 maande 1 week 18 ure oud



Van ons ander lede

Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar