Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Skryf ons poësie om ontslae te raak van pyn of oortollige emosie, om ‘n pad tot emosionele genesing deur woorde te loop, of skep ons ‘n vorm van literêre kuns, waar ons kreatiewe gedagtes op skeppende wyse neerpen?
           
Is dit die emosionele ervaring van die hele proses wat jou noop om gedigte te skryf of is dit jou kreatiewe kunstenaarsiel wat na uitdrukking smag? Miskien albei?
           
Die begrip katarsis kan omskryf word as ‘n proses van emosionele reiniging of emosionele loslating. Dit behels ook kognitiewe manifestasie van ‘n gedagte of herinnering uit die onderbewuste. Innerlike konflik word verlig deur nie slegs integrasie en ordening van hierdie gedagte(s)  nie, maar ook deur die intense herlewing van hierdie begrip of idee. ‘n Private en/of persoonlike reinigingsritueel word sodoende omskep in ‘n genesingsritueel. Die proses van katarsis lei dus tot intrapsigiese konflikvermindering en mag ook manifesteer as ‘n spirituele en estetiese ervaring.
           
Poësie maak gebruik van die estetiese kwaliteite van taal om emosie uit te druk en ook te ontlok. Só dra die fisiese vorm van ‘n gedig ook by tot die unieke manipulering van taal en speel boonop ‘n kardinale rol in die visuele aanbieding daarvan. Die digter skilder as’t ware met woorde en verryk die leser met ‘n woordskildery. Poësie kan dan onder andere die vorm aanneem van ‘n portretstudie, ‘n landskap of ‘n stillewe. Maar, kan dit werklik as kuns geklassifiseer word?
           
           
Wat dryf jou om te dig?
           
           
             
       
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Katarsis?
Ek hou van die woord, maar het dit nog nooit gehoor nie. Ek kom glad van n akademies rigting nie.Om die waarheid te se ek kan taal was glad nie een van my sterk punte op skool nie.Ek kan my verwonder aan die taalreuse wat so kan toor met woorde.Hulle kan woorde gebruik om n taalstanbeeld op te rig en te verewig vir die nageslag.Hulle kan woorde soos gereedskap gebruik om te herstel en om te skep.Hulle kan woorde wat doelloos geraak van die rak af haal en afstof en ons taal so vars en nuut te maak dat n mens so warm gevoel kry net omdat jy afrikaans is.Hulle kan letters gebruik om woorde te skep wat n ou begrip met soveel liefde beskryf.Hulle is die mense wie die taal aan die lewe hou, op die rak hou en laat asem haal.

Ek is nie n taalreus.Ek het nou net uitgevind mens noem my geskribbel katarsis.Nogal cool.Ek dink die katagorie as mens dan skryf wil plaas,is net so belangrik soos die ander.Hulle is hartklop van taal.Die bloed in die are, en die pomp van die lewe.Hulle gee energie aan skyf(negatief of positief).Hulle klop aan ander se toe deure en hulle roer waar mens nie meer wil roer nie.Hulle raak nie persoonlike.Hulle is vry in hulle uitstort van gevoel en skinder genadeloos van hulle self.Hulle ontbloot hulle siele en pak alles op die tafel.Werk daarmee, gooi weg wat hulle nie wil stoor en stoor wat vir hulle kosbaar is.Hulle moet skryf om hulle harte reg te pak.

Hier is skrywers wie beslis afbei ewe goed kan doen...hulle is baie talentvol.

Maar vir my doel is heirdie plekkie waar ek kan gorrel en spoeg baie kosbaar en dis waar ek leeg maak en volmaak. Ek kry glad nie meer tyd vir skryf nie, maar lees met tye nog so n gedig of twee van die wie ek nou al geleer ken het. Ek dink ons is almal baie bevooreg om so woes te kuier in ons taal.

7 jaar 11 maande 3 weke 3 dae 8 ure oud


Katarsis ...

Heil Carol,

Wat jy hier aanroer, is só waar en só aktueel .. baie dankie.

Daar kom 'n tyd, of 'n stadium, wat gedagtes, woorde, klanke, vorm en inhoud saamvloei tot een groot geheel. As mens net na die woud kyk, sien jy nie die blare nie, en as jy net na die blare kyk, sien jy nie die woud nie. Ek dink digters is geskape met die genade om nie net alles te sien nie, maar om dit ook te ervaar; én met die talente om dit weer te gee ... sommige bietjie meer híér, en ander bietjie meer dáár.

En al kan mens nie altyd die goed skei nie, is dit goed om te weet dat daar 'n onderskeid is.

Maar later meer.

Steyn

7 jaar 11 maande 3 weke 3 dae 19 ure oud


Quo vadis?
Dig is soos asemhaal: daarsonder is daar nie lewe nie.
7 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 9 ure oud


Hi KB
Ek ken nie groot woorde nie - ek skryf want iets dryf my.
Sodra ek dit wil ontleed raak ek vasgevang in wol. Dus.. ek doen wat natuurlik kom en as iemand anders daarvan hou - des te meer.
7 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 15 ure oud


S em en Jaks
Dis baie waar wat albei van julle ook se: Die digter se meer met minder woorde. Dit impliseer dan dat slegs die minimum geselekteerde/gesuiwerde gedagtes uiteindelik neergepen word.
7 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 11 ure oud


Dig
Beslis altwee! Ek hou natuurlik van die beskrywing hierin van "skilder met woorde", het juis lank terug so `n gedig geskryf (Met verf en kwas).

Maar vir is die lekkerste om iets te kan sê, sonder om dit te sê! Omdat gedigte so lekker werk met beeldspraak, kan ek dit doen.
7 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 11 ure oud


Wat dryf my om te dig . . .
ek kon 'n sewe bladsy storie geskryf het, maar om te DIG bly lekker. En om die prentjie so in te kleur dat die volgende persoon dit saam met my ervaar - laat "my 'n GROOT lekker-kry, kry"!

KB, jy sit ons omtrent aan die dink oor hierdie een . . .
7 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 13 ure oud


Dig
Oor dig is ek helemal dig, maar woordskilderye kan ek herken en hier op Woes is Rudi 'n ware skilder as jy kyk na al die vorme van visuele aanbieding wat hy gebruik. Dog ek se maar net.
7 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 9 ure oud


oopmaak en regmaak
‘n Wyse geselser het eenkeer gesê dat baie van ons is wie ons nie wil wees nie – dit is net wanneer ons eerlik tyd neem om vas te stel, dat ons meer word wie ons moet wees. So is die dig-skrywe 'n deel daarvan.
So soekend het die skryfgoet vir my meer sinvol geraak.
7 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 12 ure oud


Ita
visualiseer
As kunstenaar wat gewonnlik met olie skep op doek,loop ek heeldag en visualiseer kleurnuanses vir landskappe en seetonele en sien ook emosies raak met verf van portrette...die visuele is dus heeldag met my.Nou skep ek met my taal om my kuns anders te verwoord en soms is dit in jukstaposisie met verf want ek raak nou te klinies bewus van wooruitheffing,inversie,beeldspraak,verstegnieke en dalk te verstrengel in taal as in emosie...baie dankie Carol ,my oë het oopgegaan...bietjie meer delf in emosie dink ek,soos ek met die verf tog tegniek en emosie moet saam verweef om drama te skep...kuns het so sy eise binne alle genres.
7 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 15 ure oud


Dryf?
Ek glo dis albei, maar eintlik dig ek omdat ek nie anders kan nie...
7 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 16 ure oud


illusies
Dalk is dit net n beskaafde manier om waansin te ondermyn? Hehe
7 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 18 ure oud


-
"Wat dryf jou om te dig?" en "waarom dig jy?" het 'n baie groot klem verskuiwing. Dit is dalk ook maklikliker om jou uit te laat oor waarom ander dig, want dit is gewoonlik waarneembaar - 'n mens kan jou immers nie self in die spieël dophou terwyl jy werk nie. Die dryfkrag om te dig gaan oor (by)motiewe wat kan eindig as 'n gedig of die skynsel van 'n gedig kan hê.
7 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 22 ure oud


&
Goeie vrae met verskeie moontlike antwoorde.
Ekself is nie op die poësie terrein aan't stoei nie, maar die vrae wat jy stel, is uiteindelik ook relevant vir siele wat 'n verhaal en selfs 'n roman probeer skep/skryf.
Katarsis?
Vir seker!
7 jaar 11 maande 4 weke oud


Katarsis en kuns
Indrukwekkend!

Vir my: begin as katarsis, eindig as kunswerk. Ek wil hê die leser moet saam met my die onderliggende boodskap van die kunswerk vind, sonder dat ek dit hoef uit te spel.

7 jaar 11 maande 4 weke 1 uur oud


Carol
Terwyl ek myself af vra wat my dryf om te dig, dan kan ek nie anders nie as om tot 'n aansluitende slotsom te kom nie.

Om te dig is vir my baie beslis om enersyds skeppend my kreatiewe gedagtes neer te pen en andersyds vir daardie nodige emosionele genesing. Vir my loop dit nie altyd noodwendig saam nie, maar die meeste van die tyd wel.

Maar wat myself betref, is dit baie gewis kuns. Daardie woordskildery of portretstudie waarvan jy praat, waar die digter so kwistig met woorde skilder. Daardie estetiese kwaliteite van ons mooiste mooiste taal waarin ons uitdruking aan ons emosies gee.

Dus is digkuns basies die woordkunstenaar se manier om sy of haar kuns inderdaad met woorde te skilder.

7 jaar 11 maande 4 weke 2 ure oud


Katarsis?
KATARSIS - Ja Nee!
Dis nie Katarsis, dis te 'medical'! Dis maar net 'n woord, of stuk van 'n sin,of liriek. Miskien 'n paar, of drie note, op 'n klavier...
Herrinerings of drome, wat voor of agter mekaar staan, en soebat vir die belofte van sonskyn om uit te groei en lewe te kry.
Van daar af sal die wind hulle laat vlieg - Miskien verby... maar tog iewers!
Spyker K
7 jaar 11 maande 4 weke 2 ure oud



Sonstraalbeloftes

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Digbundel. Grootliks in Afrikaans, maar bevat ook vyf van my gedigte wat ek in Engels vertaal het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar