Artikels

Titel: POPPIEDAG
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Aanstaande Sondag 9 November is dit weer poppiedag. Dit is die dag wat wêreldwyd gehou word ter herdenking van die gesneuwelde soldate in die eerste en tweede wêreldoorlog asook die oorloë daarna waaraan die betrokke lande deel geneem het.

In Suid-Afrika dus word sy gesneuweldes in hierde twee wêreld oorloë, die Koreaanse oorlog asook die bosoorlog gedenk. Daar word ook gedink aan soldate wat hulle lewens in vredestyd op militêre diens opgeoffer het.

Poppiedag word altyd gevier die naaste Sondag aan 11 November elke jaar. Hierdie datum is uitgekies om saam te val met die skietstilstand wat om 11h00 op 11 November 1918 in werking getree het om n einde aan die bloedige eerste wêreld oorlog te bring.

Daar word vertel dat die poppies in Vlaandere op hierdie dag aan die huil gaan oor die miljoene soldate wat hulle lewe in hierdie bloedige oorlog opgeoffer het, vandaar die naam poppiedag.

Veral in Bittanje, Amerika, Frankryk en Duitsland word groot militêre parades en kransleggings op hierdie dag gehou om hulle gesneuweldes te herdenk. Hierdie parades kry ook wye mediadekking en kan op CNN, Skynews en BBC gevolg word. As u kan kyk gerus, dit is roerend.

In Suid-Afrika wil die huidige regering nie eintlik iets met die viering van poppiedag te doen hê nie omdat dit hulle te veel aan die apartheidsera herinner. Vir hulle is die gesneuweldes van die twee wêreld oorloë van minder belang en die bosoorlog iets uit die bose.

Gelukkig is daar organisasies soos die S.A. Legioen en die M.O.T.H.S (Memorable order of the tin hats) wat poppiedag nog in stand hou en landswyd waar hulle takke het parades vir hierdie dag reël. Hierdie twee organisasies bestaan uit oudslodate en ook hulle wat op een of ander tyd militêre diens gedoen het.

Kroonstad kan spog met n tak van die S.A. Legioen wat 28 lede het. Ten spyte van die feit dat dit een van die kleinste takke in die land is het hierdie tak vanjaar die Vrystaat kongres asook die Nasionale kongres aangebied onder voorsitterskap van lgr. Deon Bester.

Poppiedag word dus hier in Kroonstad, soos elke jaar, deur die S.A. Legioen gereël. Die dag se verrigtinge begin met n kort erediens om agtuur die oggend by die kwartiere van die legioen. Tydens hierdie erediens word die name van al die gesneuweldes van Kroonstad in al hierdie oorloë gelees. Dit was vroër by die verrigtinge voor die monument by die stadsaal gelees maar is dit noyu verskuif na die hoofkwartiere toe omdat die menere apla en fapl se name ook wil gelees hë wat due legioen nie kan aanvaar nie.

Hoeveel belangstelling die munisipale bestuur werklik het het hulle hierdie jaar duidelik getoon deurdat daar op die laaste toestemming gekry is om die terrein by die monument te gebruik. Gelukkig was daar n plan B omdit by die N.G.moederkerk, waar Sarel Cilliers se standbeeld is, te hou.

Om ongeveer half elf kom almal voor die stadsaal kantoor, waar die eerste wêreld oorlog monument, asook n ou kanon is, bymekaar.

Dan word die militêre parade gehou, die volkslied word gesing en vind die kransleggings plaas. Tydens hierdie funksie tree die gasspreker ook op. Vroeër jare is die burgermeester genooi maar die stel nie meer belang nie, net soos die plaaslike pers nie belang gestel het om te berig oor die Nasionale kongres nie.

Net so terloops, Kroonstad het seker een van die mees netjiese versorgde begraafplase in die land waar die gesneuweldes in die Anglo-boere oorlog begrawe is.

Die S.A. Legioen se leuse is: “We will remember them”.

Dit is ook my oproep aan almal wat hierdie bydrae lees, bring ons gesneuwelde soldate in herinnering op Sondag 9 November, al is dit net met n minuut van stilte. Hulle het immers hulle lewens vi hulle land in n oorlog opgeoffer.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Poppiedag
Dankie Neels, weer een van daai interessante leestof waarby ek kon leer.
2 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 1 uur oud


Poppiedag
Lekker gelees Neels. Sal aan ons soldate dink op 9 November.
2 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 8 ure oud


Poppiedag
Baie interessant. Het nie eers geweet van so iets nie.

Sal probeer onthou en aan die gesneuweldes dink.
2 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 22 ure oud


Poppie
Ek onthou nou, toe ons in die Presbiteriaanse kerk was, het ons die dag herdenk en al die manne het n rooi papawertjie in die baadjie se lapelgaatjie gedra.
Lekker gelees aan jou skryfsel!
2 jaar 2 maande 3 weke 18 ure oud


Poppiedag
dankie vir hierdie interessante leesstuk Neels, ek het dit baie geniet
2 jaar 2 maande 3 weke 18 ure oud


POPPIEDAG
Ek kan niks byvoeg of sê nie, stem saam met woordverwerk.
2 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 3 ure oud


Poppiedag
Ek dink daar is bitter min mense in ons land wat nog aan hierdie gebeure dink. Dit gaan maar ongesiens verby sonder dat mense baie aandag skenk. Ongelukkig is ek een van hulle, en het nie eens geweet daar bestaan so iets nie. Ek is ook nie by met die "poppies" wat aan die huil gaan nie. Dit behoort interresant te wees om te weet.
Dankie Neels.
2 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 12 ure oud


poppie
Ek is ook maar heeltemal anti- oorlog. Tog dink ek dit is goed om dit te herdenk, sodat ons kan onthou hoeveel miljoene onskuldige mense hul lewens verloor het. Ek hoop die verrigtinge verloop vlot :-)
2 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 14 ure oud


Hmmmmmm
Ja. En dit is nogal 'n toepaslike op/aanmerking van Willie ook!

Die papawers se rooi herinner aan die bloed wat gevloei het.
In die ontledende geskiedenis is die Eerste wêreldoorlog seker "doellooste" .
Die enigste rede was dat die mense wat geld maak geld daaruit gemaak het om wapens aan beide kante te voorsien. Mense wat eintlik baie naby genetiese familie is het mekaar by die miljoene uitgemoor en die "vredesvoorwaardes" het inderwaarheid reeds die voorspel vir die tweede wêreldoorlog geskryf.
Al oorlog wat die moeite werd is, is as jy jou eie mense teen 'n ander agressiewe moontheid moet beskerm. As jy dan kan wen, is dit ook jou plig om dan seker te maak dat die klomo wat jou aangeval het, so platgetrap word dat jou kinders en kleinkinders nie weer dieselfde ding moet oordoen omdat jy halwe werk gedoen het nie.
2 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 16 ure oud


POPPIEDAG
En die twee afgetrede Generaals sit op die veranda van een van sulle se huisie by die see:

"Mater, en hoeveel het jy by daai Velsdslag verloor?"
"Koos, ek kon nie glo nie - al 5000 van hulle!"
En Koos skop verergd na die foksie wat teen sy been wil kom pie en brom:
"Ek was ook net so die donner in toe ek op kantoor kom en hoor al 6000 van my manne het geval!"

En na 'n kort stilte:
"Sluk daai dop Koos, die gety het gedraai, kom ons gaan haal daai stokke en aas."
2 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 23 ure oud


Poppiedag
Dankie Neels vir nog 'n insiggewende en leersame artikel uit jou pen. Altyd lekker om jou werke te lees.
2 jaar 2 maande 3 weke 2 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar