Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het gister ‘n ding gedoen.
Ek het hierdie doen van my ook met alle respekte gemotiveer – Gemotiveer op die beginsel: ‘Tugtig diegene wat jy lief het’

Ek is RSG verslaaf.
Die Stasie respekteer ek vir sy Afrikaans en vir sy alles.

Die programme is uitstekend
Maar
Op die grafiese aanbiedings is daar ‘n probleem:
Kosmaak>
Die aanbieders, hetsy dit die koker of die aanbieder is, is brein aangetas en soms beledigend.
Hulle praat en noem oordadig die woordjie . . . ‘ jou”

“Vat jou sout en strooi ‘n ½ t/ lepeltjie oor”
“Sny jou worteltjie in drie ewe dele . . .”
( Te hel of ek my wortel (tjie = beledigend!) in drie dele gaan sny
“Sny jou twee uitjies” in kwarte . . .
Uitjies ? Is dit wat dit genoem word ? . . .
Ek het pampoentjies gehad as kind en nou is my een uitjie groter as die ander een

Sien julle die groter prentjie ?

Ek gaan vir die Stasie Bestuurder my resep van die hoener piri-piri stuur.
Dan kan sy lees hoe beskryf mens kosmaak.

Johan en Martelize het gister in die oggend program gepraat met ‘n houtwerker.
Die vaardige man maak speelgoed vir kind en grootmens van hout.

Luister my uit:
Wanneer Johan Rugby uitsaai, praat hy grafies.
Ek SIEN wragtig die spel hier voor my.
Gister kyk hulle na die handegemaakte items en hulle en almal praat aanhoudend van ‘dit’ en ‘daai’ en ‘die’.

Dit is die Radio. Ek kan hoor maar ek kan nie sien nie.
Hoe moeilik is dit om te vertel :
“Ek kyk nou na ‘n hout blokkie wat pragtig in die vorm van ‘n motorkarretjie gesny is.
Die wieletjies se speke is selfs kunstig ingesny en die venstertjies is van deursigtige plastiek . . . “

Dit is mos grafiese vertelling – toe stuur ek sommer dadelik ‘n E pos en spreek hulle albei aan.

Ek sal een beter gaan.
Ek sal vir die Stasie Bestuurder ‘n aanbod maak.
Ek sal kom klas aanbied. Lesings vir die omroepers gee oor hoe om grafies te vertel –
Hoe om te vertel waarna gekyk word aan iemand wat net kan hoor maar nie kan sien nie en dan is die meeste luisteraars, soos ek, nog traag van verstand ook.

Julle moet mooi en duidelik vertel.
Ek hoop die Stasie het geld. Ek is ’n baie duur Dosent..

My raas rig ek ook na die skrywers op Woes.
Alles is stories hetsy ‘n gedig, verhaal, artikel of wat ook al, en dit moet duidelik uitspel waaroor die storie gaan.

Ek het lank vir ‘n bank gewerk. Die Bestuurder was Solly Pretorius. Elke oggend gaan hy die vorige dag se tjeks na.
Dan
Dan het hy ‘n rooi pen en trek twee rooi strepe skuins oor die tjek en hy skryf in rooi: VT.
Ek vra:
“Solly, hoekom skryf jy V T op die tjek ?”
“Willie, hierdie tjek word terug gestuur want die kliënt het Vokol Tjeld in sy rekening !"

(Eintlik is die Afrikaans vir VT – verwys na trekker – dan hop die tjek!)

Ek doen soortgelyk wanneer ek Bydraers se skrywers lees.
Wanneer ek nie die storie mooi en duidelik kan sien nie –
Wanneer die bydrae nie vir my sin maak nie –
Verwerp ek dit.

Ek is ‘n voorstander van suggestiewe skryf.
Abstrakte bedoeling . .
Dieselfde reël geld ook hier. Ek moet ‘n duidelike afleiding kan maak al sit ek die pot heeltemal mis en het die skrywer iets heel anders bedoel.

Dan maak die skryfsel sin want ek kon dan ‘n prentjie vorm!
(Al is dit my eie prentjie)

Raait.

RSG, trek op jou sokkies.
Skrywers, wees logies.

Koebaai.

Willie van Tonder.
2015/03/07



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Praat - ook skryf
Arnold,
Ek het aspris in die tweede persoon beduie.
Op die radio praat die Chef in die eerste persoon:
"Ek neem my knoffelhuisie en kerf dit . . . ."
Fokket!
Ek ken 'n hout huis
Ek ken 'n baksteen huis
Ek ken daai miljoener wat die luukse skip se neus afgesny het en dit is nou sy huis op die waterkant

Maar te hel of so 'n huis opgekerf kan word.
4 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 15 ure oud


Praat - ook skryf
Nou wonder ek waar oes hy hierdie twee uitjies, sout en worteltjies van sy liggaam af; “Sny jou twee uitjies” in kwarte . . ."

Vra maar net Sneeuwolf.
4 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 15 ure oud


Praat
Flippit en as mense alewig alles in die verkleinwoord seg, eish ek kry sommer pipperella koors.
Ek is ook verslaaf soos jy.
Ons neem kennis Wolf!
4 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 17 ure oud


Praat
Ek stem saam ! Moes lag vir die uitjies :)
4 jaar 6 maande 2 weke 3 dae oud


Praat . . . jy mos
soos 'n bek wat jêm moet kry. Wys – nie vertel nie – dis die ding!

Dankie vir hierdie bydrae.
4 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 12 ure oud


Praat - ook skryf
Jy vra 'n reguit vraag en ek antwoord reguit.

Ek het jou al probeer in 'n blik druk oor die reperterende (?)
Plasings.
Ek had die vermoede dat jy iewers gebergde werke het en dit nou na vore bring.

'n Vermoede wat jy verwerp en ek aanvaar en berus.

Ekself is by onvermoë om sinvol dag na dag 'n woord kunswerk te skep . . .
En dan is dit nog 'n sinvolle een ook !

Ek weet nie van nog 'n Woester wat die vermoë het nie.

Ander plaas wel elke dag maar dan is die meeste plasings herhaling van gelede plasings.

Ek admireer jou vermoë.

Verbeel gerus maar voort

Ek berus by die Warboel wat die Maan in my eie denke en redeneer skep.
4 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 13 ure oud


visueel
'n goeie les, dankie Willie

maar wat nou van tussen die lyne en my weghol verbeelding?
4 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 23 ure oud



Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar