Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jong dit is nie maklik om oud te word nie. Die begin van die maand moes ek n’ bynes 2 verdiepings hoog uithaal. Manie die “jungel jim” klimmerye op en af teen die skefilme ding maak toe my se rug heel beneuk en ek word gekerker in die voorhuis met die pyn.

Op die warm boontjie sakie word ek verwees agter gelaat en word ek ignor as ek lewens belangrike versoeke kombuis toe rig. Behoeftes soos tee en koeksister benodighede wat lewens gevaarlik lanklaas genuttig was word afgemaak as “ons gaan nou-nou eet”. Deep-heat walms omgewe my en geen kat wil op my meer le nie. Agter my is daar n’ onsigbare vyand wat my in die alie pooker elke keer as ek proebeer opstaan of rek vir die pop-corn bak.

So is ek toe nou qwak toe Maandag vir mediese intervensie. Hoe is dit as mens op sterwe le dat mense begin bo oor jou praat. Mevrou oom ingelsman sal moet spesialis toe se dok terwyl hy n’ klein voorskrif papierkie begriffel. Daar staan seker hoeveel komiese hy soek vir die verwysing verfoei ek hom.

Daar gekom praat die nersie ook bo oor my met die gryse en n’ portier wurm my genadiglik in n’ wiel stoel in. Cierie cierie .....cier cier word ek plate toe gestoot. Half dood word ek in n’ nagjurk gedwing en my kaalgat rug en alie word bevrore op daai staal tafel me ding van die ners neergelaat. Aambeie is my voorland dink ek wyl ek snak na my asem. Mooi stil le oupa se sy. Ek wou haar iets toesnou oor oupa se mo$^%& maar ek onthou sy gaan my nou bestraal. Netnou maak ek haar bemoerd dan gloei my bates miskien soos ET se vingerkie as sy klaar is met my. Pyn , Voltaren en moerse operasie is glo my voorland. Verduidelik my nou die een: hoekom sny hul jou pens oop as hul aan jou rug opereer?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar